Kerklike onafhanklikheid: tyd vir waaksaam wees

Gedurende die piektyd van die covid-19- pandemie het iemand iewers in die regering die belaglike idee gekry om die uitdeel van alle kos te sentraliseer. Dit het Solidariteit Helpende Hand geen keuse gelaat nie as om die regering noodgedwonge daaroor voor die hof te daag.

Die teorie en praktyk van die sentralisering van die uitdeel van álle kos, is ondenkbaar belaglik, en die hof het uiteraard in die guns van Helpende Hand beslis. Kerke en organisasies kan nie verplig word om hulpverlening te sentraliseer nie. Die impak daarvan as dit sou slaag, is ondenkbaar.

Dit is aan niemand onbekend nie dat hoe meer mag jy verloor, hoe meer wil jy mag sentraliseer. Hoe meer jy sentraliseer, hoe minder gebeur in praktyk. Juis daarom het Helpende Hand lankal begin met die desentralisering van ons werksaamhede na 14 streke en 230 takke. Die antwoord op baie kwessies, is eenvoudig: Gebruik die krag en vermoë van ʼn gedesentraliseerde gemeenskap.

Musa Xulu se bedanking

Bostaande lang inleiding is nodig om die belangrikheid te skets van die professor eerwaarde Musa Xulu se bedanking as voorsitter van die artikel 22-komitee op 15 Januarie vanjaar. By baie mense sal sy bedanking gewoon net verbygaan, maar ons mag dit nie ignoreer nie.

Vergeet wat agter die skerms gebeur en vergeet van interne politiek. Die rede wat Xulu vir sy bedanking aanvoer, is in wese ʼn beginselsaak. Dit maak op ʼn baie interessante wyse indirek van hom ʼn fluitjieblaser oor ʼn kwessie waaroor die kerk moet waak.

As daar een beginsel is wat die kerk nooit mag prysgee nie, is dit haar reg op onafhanklikheid, vryheid van assosiasie en om oor eie sake in eie vergadering te besluit.

Wat het gebeur?

Professor eerwaarde Musa Xulu is in April 2025 aangestel as voorsitter van die artikel 22- komitee van die kommissie vir die bevordering en beskerming van gemeenskappe se kultuur, godsdiens- en taalregte (CRL-kommissie). Die CRL-kommissie is ʼn artikel 9-instelling en moet dus slegs aan die nasionale vergadering verslag doen. Die nasionale vergadering is om die beurt weer verplig om die uitkomste van die kommissie se ondersoek sterk te oorweeg, net soos in die geval van die openbare beskermer.

Een van die kernredes vir prof. Xulu se bedanking is hoe die komitee se werksaamhede in die praktyk uitgespeel het. Hy voer aan dat verskeie vergaderings gehou is, wat hy as voorsitter nooit ten volle self kon lei nie. Hy beweer verder dat hy wel agendas vir die vergaderings opgestel het, maar dat dit nooit gebruik is nie.

Luidens Xulu se aanstellingsbrief sou die CRL slegs administratiewe bystand lewer tot die komitee, maar in praktyk het dit nooit so gebeur nie en was daar intense inmenging van die CRL se topbestuur. Xulu voer aan dat die voorsitter van die CRL, me. Thoko Mkwanazi-Xaluva, by elke geleentheid die vergaderings oorgeneem het, daarom kon hy nooit sy pligte as voorsitter uitvoer nie en is die komitee se praktiese werk nooit gedoen nie. Die verwysingsraamwerk waarbinne die komitee moes werk, het onder meer ʼn ondersoek na die stand van sake in kerke vereis asook om moontlike misbruike in kerke te ondersoek. Hierdie doel het in ʼn oogwink verander.

ʼn Veranderende verwysingsraamwerk

Tydens ʼn openbare geleentheid op 2 Oktober verlede jaar is ʼn totaal nuwe verwysingsraamwerk minute voor Xulu se spreekbeurt aan hom oorhandig. Dit was ʼn radikale ommekeer van die vorige verwysingsraamwerk. Dit het, onder meer, bepaal dat ʼn etiese kode en wetgewende raamwerk ontwikkel moet word om (alle) kerke te reguleer. (Wat ʼn angswekkende gedagte is dit nie!)

In 2015 is reeds beweer dat die staat kerke wil reguleer. Vir 11 jaar is die idee in stilte uitgebou – tot Xulu se bedanking dit weer direk op die tafel geplaas het.

As rede vir sy bedanking voer Xulu verder aan dat hy in ʼn toksiese omgewing moes werk en, let wel, dat hy homself nie kan vereenselwig met die staatse wetlike regulering van kerke nie. Hy merk op dat daar genoegsame wetgewing in plek is om uitdagings te hanteer, insluitend die strafproseswet, maatskappyewet en die Grondwet.

As voorbeeld van die toksiese omgewing verwys hy na Thoko Mkwanazi-Xaluva se rassistiese en lasterlike opmerkings. Sy het onder meer na Michael Swain, die uitvoerende direkteur van Freedom of Religion South Africa (FOR SA), verwys as “die wit man van Engeland wat in 1983 Suid-Afrika toe gekom het om apartheid te kom geniet”. Sy het verder gemeld dat sy klagtes van crimen injuria teen Swain gelê het, dat sy druk plaas dat hy voor Kersfees in hegtenis geneem moet word, en dat sy hoop hy word vyf jaar tronkstraf opgelê. Xulu beskryf die konteks en die opmerkings as van die ergste rassisme wat hy nog beleef het.

Waarna moet ons oplet?

Xulu sê ondubbelsinnig dat daar ʼn duidelike aanslag op Christenskap en Christen-kerke is. Dit is die enigste geloof wat onderhewig is aan so ʼn ondersoek. Hy is verder van mening dat die CRL die Pinkster- en Evangelistiese kerke nog duideliker teiken as ander Christen-kerke.

Die CRL moet slegs aan sy eie statute, die Grondwet en wetgewing gehoor gee. Máár hulle ontvang staatsbefondsing en moet jaarliks aan die nasionale vergadering verslag doen asook kwartaalliks aan die portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake. Die 12 kommissarisse wat in die CRL dien, word deur president Cyril Ramaphosa aangestel.

Wat moet ons hieruit leer?

Xulu se bedanking bring ʼn belangrike saak na vore: die geweldige gevaar van die sentralisering van mag. Dit is ʼn waarskuwing aan kerke om te waak teen regulering deur die staat.

Hoekom is die Christelike geloof die enigste godsdiens wat op so ʼn wyse gereguleer moet word? Wat verwag die staat van hierdie artikel 22-komitee as ʼn artikel 9-instelling? Hoe gaan die kerk haarself beskerm teen regulering en inmenging van die staat? Gaan ons naïef genoeg wees om te glo die staat wil nie kerkmag sentraliseer nie?

Hoede af vir Xulu wat met sy bedanking ʼn wesenlike kwessie bevestig. Die vryheid van kerke en die Christendom kan nog minder as die uitdeel van toebroodjies en kospakkies deur die staat gesentraliseer word.

Solidariteit Helpende Hand se 230 takke werk deurlopend saam met honderde kerke in gemeenskappe, daarom hou ons jaarliks ʼn kerkekongres.

 

Geskryf deur Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand.

Dit is nou nasionalisme teen globalisme in die Weste

Die winde van verandering waai weer stormsterk in die Weste. Die vroeëre post-Wêreldoorlog “vertikale” verdelingslyne tussen sentrum-regs en sentrum-links, maak plek vir ʼn groter politieke grondverskuiwing tussen pro-Westerse nasionaliste en anti-Westerse globaliste.

Hierdie swaai na regs kan oor die hele Weste gesien en gehoor word.

Waar regse partye soms misluk, wen die regse politiek steeds omdat die ou konserwatiewe en selfs linkse partye die regse beleid moet oorvat om te oorleef. Meer lande kan dalk, soos Brittanje, hul onafhanklikheid “terugvat”. Hierdie regse of nasionalistiese partye is nie rassistiese of aggressiewe nasionalistiese partye wat hulle bure wil aanval of ander kulture verag of minderwaardig ag nie. Dis positiewe pro-Westerse groepe, al noem die massamedia hulle “verregs” en beledig hulle met skeldname.

Die Russies Amerikaanse denker Ayn Rand beskryf hierdie nasionalisme as volg: “But nationalism properly understood – as a man’s devotion to his country because of an approval of its basic premises, principles, and social system, as well as its culture – is the common bond among men of that nation. It is a commonly understood culture, and an affection for it, that permits a society of men to live together peacefully. But a country and its system must earn this approval. It must be worthy of that kind of devotion.”

Nasionalisme vs. globalisme

Dit is interessant dat hierdie twee kampe se groot kampvegters wat teenoor mekaar staan albei Israeli’s is, naamlik die konserwatiewe Yoram Hazony teenoor die linkse Yuval Harari.

Hazony verwoord die nasionaliste se kant van die saak teen globale imperialisme in sy The Virtue of Nationalism soos volg:

“Nasionalisme is nie een of ander onpeilbare politieke siekte wat lande met bose bedoelings oorneem nie. Dit is ʼn beginselvaste standpunt wat meen dat die wêreld die beste regeer word wanneer nasies in staat is om hul eie onafhanklike koers te bepaal, hul eie tradisies te volg en hul eie belange sonder inmenging kan nastreef. Dit staan teenoor imperialisme, wat daarna streef om vrede en voorspoed na die wêreld te bring deur die mensdom onder ʼn enkele politieke regime te verenig.”

Daarteenoor stel Yuval Harari sy ideaal van een globale wêreldregering soos volg:

“Al hoe meer mense glo dat die ganse mensdom, eerder as die lede van ʼn bepaalde nasionaliteit, die regmatige bron van politieke gesag is. Hulle voel dat die beskerming van die ganse menslike spesie die rigtinggewende lig in die politiek behoort te wees. Hiervolgens is die bestaan van by die 200 onafhanklike state ʼn hindernis eerder as ʼn hulp. Aangesien Swede, Indonesiërs en Nigeriërs dieselfde menseregte verdien, sou dit makliker wees as ʼn enkele globale regering hierdie regte waarborg.”

Globalisme word imperialisme

Die groot probleem met Harari en sy aanhangers in die Europese Unie en onder die (vreemd genaamde) neokonserwatiewes in die VSA, is dat globalisme imperialisme die einde van vryheid en demokrasie vereis. Globalisme kan nie tot stand kom as dit nie deur die inperking van demokrasie en vryheid afgedwing word nie.

Die Harvard-professor Samuel Huntington reken dat die globaliste ʼn klein maar invloedryke minderheid is. Hy noem hulle die “Davos people” na aanleiding van die jaarlikse byeenkoms van die globale elite in Davos.

Huntington verwys na hulle as die sogenaamde gouekraag-kosmokrate (“gold-collar cosmocrats”) wat min behoefte het aan nasionale lojaliteit, landsgrense as struikelblokke beskou wat gelukkig aan die verdwyn is, en wat nasionale regerings beskou as oorblyfsels van die verlede met die enigste nuttige funksie om die elite se globale bedrywighede te vergemaklik.

Demokratiese opstand

Die vraag is wat die onderliggende redes vir hierdie grondverskuiwing is.

Die oppervlakkige ontledings wat die nuwe konserwatiewes vyandig probeer afskryf en as verregse rassiste en ongeskoolde dommes bespotlik maak, vuur eerder die momentum aan. Baie kiesers voel reeds dat die liberale elite beterweterig op hulle neersien en hulle net vir stemvee misbruik. Dit help ook nie om “populistiese” leiers wat net sê wat mense dink te verwyt nie. Hierdie leiers ry net die golf; hulle het dit nie geskep nie.

Die kort antwoord is dat dit grootliks ʼn demokratiese opstand van gewone kiesers teen die gevestigde magsorde se globalistiese beleidsrigtings is. Huntington het hierdie opstand al in 2004 in sy boek Who Are We? voorsien.

Verdeling

Hy het gewaarsku dat Westerse elites gevaarlik uit voeling raak met die publiek, veral waar dit by sake soos patriotisme, identiteit en buitelandse beleid kom. Volgens hom word die publiek veral gekwel deur persoonlike veiligheid en gemeenskapsbelange soos taal, kultuur, godsdiens en nasionale identiteit. Daarteenoor staan die elite beleidsrigtings voor soos globalisering, oop grense, massamigrasie, liberale sosiale waardes en die belange van nie-Westerse minderhede in Westerse state.

Die publiek se Westerse patriotisme staan dus teenoor die elite se liberale internasionalisme. Die liberale elite is klein, maar magtig, vanweë hul oorverteenwoordiging in die regerende klasse, die media, onder die sake-elite en in die kunste. Hierdie gedenasionaliseerde elite sien hulself as wêreldburgers. Hulle waardes en gedrag verskil skerp van die patriotisme en nasionale identifikasie van die breër publiek. Huntington het die groeiende gaping tussen die groepe gesien as die oorsaak vir die kommerwekkende afname van vertroue in demokratiese instellings. Daarom het hy gewaarsku teen die geneigdheid van die politieke klasse om die breë publiek se voorkeur vir landsbelang, identiteit en kultuur te ignoreer of te minag.

Woede

Die kloof tussen die heersende liberale internasionalistiese gesagsorde en die patriotiese Westerse publiek het mettertyd té groot geword. ʼn Diep ontevredenheid en selfs woede het ontstaan. ʼn Groeiende deel van die publiek voel dat die politici net hul eie belang dien, dat die media hulle wil manipuleer, dat politieke korrektheid wil voorskryf wat hulle mag dink en sê, en dat die globale ekonomie hulle verarm. In die VSA het mense boonop begin voel dat hul kinders misbruik word om in verafgeleë oorloë te gaan veg ter wille van die elite se politieke doelwitte in plaas van nasionale belang.

Die gevolge kan nou gesien word in ʼn Westers-wye demokratiese opstand teen die gesagsorde se liberale agenda. Die publiek vind aanklank by regse partye se standpunt dat die elite eerder internasionale as hul eie nasionale belange dien, dat oop grense en grootskaalse immigrasie hul lewenswyse bedreig en dat hul heersers Westerse waardes ter wille van internasionalisme opoffer. Die kwessie van massamigrasie staan sentraal in hierdie opstand omdat mense voel dat niemand ooit demokraties daarvoor gestem het nie, maar dat die elite dit sonder mandaat afgedwing het. Brexit, die kontinentwye swaai na regs in Europa en die Republikeinse oorwinnings in die VSA is die politieke wraak op die internasionalistiese elite in die politiek, die staatsburokrasie en die media.

Luister na kiesers

Die vraag is: Wat gaan volgende gebeur?

Dit is duidelik dat die media en die politieke gesagsorde se geloofwaardigheid ʼn ernstige knou gekry het. Voorheen betroubare meningspeilings was skouspelagtig verkeerd met Brexit ʼn paar jaar gelede, moontlik omdat die elite onbewus hul eie menings probeer weerspieël of hulself begin glo het. Die liberale internasionaliste sal die demokratiese wil van die Westerse publiek moet begin respekteer as hulle nie opsy gevee wil word nie. Die beledigende verwysings na “verregse, ondemokratiese populiste” waarmee die elite konserwatiewe politici beplak, gaan die woede en vervreemding net vererger.

Die politieke klasse sal die ondenkbare moet doen: Hulle sal na hul kiesers se drome en vrese moet begin luister en hul demokratiese wil moet uitvoer as hulle nie uitgeskop wil word nie.

Dieselfde geld vir die media wat met politieke preke te veel aan hul gebruikers wil voorskryf in plaas van om hulle gebalanseerd in te lig en te respekteer. Die globalistiese media se probleem is dat hulle hul monopolie op inligting en meningsvorming verloor het vanweë die demokratisering van die media danksy sosiale media en vanweë sakereuse soos Elon Musk wat X gekoop het om spraakvryheid te verskans.

Horisontale bondgenootskap

Opkomende konserwatiewe politici dink reeds aan ʼn soort “horisontale bondgenootskap” van lande en gemeenskappe wat dieselfde waardes aanhang. Dit staan teenoor die “vertikale verdeling” tussen mededingende magsblokke, soos in die ou en nuwe Koue Oorlog. Hulle glo dit kan politieke, kulturele en godsdienstige grense oorspan en wêreldvrede en die internasionale ekonomie bevorder. So kan die VSA, konserwatiewe Europese lande, en selfs lande soos Indië en China met mekaar saamwerk sonder die verwaande aandrang dat hulle liberale Westerse waardes moet aanvaar.

Politieke leiers in die Weste sal moet kennis neem dat die wêreld dalk onder hul neuse verander. Die Westerse liberale elite se projek om die “wêreld soos hul lande te maak en hul lande soos die wêreld”, kan homself op die rotse van die openbare mening te pletter loop.

Gewone Westerlinge begeer eerder ʼn besadigde Westerse herlewing as liberale Westerse oorheersing of die self-aftakeling van die Westerse kultuur. Die elite stel hul liberale ideologie voorop; die publiek stel hul Westerse kultuur voorop. Die publiek is kwaad omdat hulle voel dat die massas immigrante net die voordele van die Westerse kultuur wil geniet, maar nie wil verwesters nie en eerder hul eie kulture op al groter wordende eilande wil voortsit en die Weste wil afbreek.

Suid-Afrika en Afrikaners

Hierdie verdelingslyne het na Suid-Afrika oorgespoel. Dit kan gesien word in die klein maar invloedryke groepie “kommentators”, wat danksy hul toegang tot die media die selfvertroue het om Afrikaners te probeer “ontbind” en by die meerderheid in te lyf.

Hoewel hulle die ANC se korrupsie en swak regering soms hewig kritiseer, ondersteun hulle die onderliggende beleid wat dit veroorsaak.

Daarom bly dit noodsaaklik dat Afrikaners nie probeer oorheers nie, maar oorleef en herleef deur die kulturele infrastruktuur te bou om dit moontlik te maak, en dan saam met ander gemeenskappe te werk in ʼn gees van wedersydse erkenning en respek. Dít is ʼn voorvereiste vir ware vryheid en demokrasie vir almal.

 

Geskryf deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Dit is wie en wat Solidariteit is, so hou nou op twak praat

Die afgelope paar maande word daar vreeslik óór Solidariteit gepraat, maar min mét Solidariteit. Allerhande bordjies word om ons nekke gehang. Strooipoppe word opgerig, wat die slimjanne dan self afskiet.

Ons word só beskryf dat ek onsself skaars herken: Regses, rassiste, Trump-pionne en selfs Suid-Afrika-haters!

Kom ons sê dit sommer in gewone taal: Hier by Solidariteit hou ons niks van die ANC nie, maar ons is lief vir die land. Soos Flip Buys sê: “Ons verlang nie terug na die verlede onder die NP-regering nie, maar ons is ook nie positief oor die toekoms onder die ANC-regering nie.”

Ons is egter toekomsmense. Ons dink geslagmatig. Die instellings wat ons bou is daarop gemik om jongmense te help om ʼn toekoms te skep. Die laaste ding wat ons is, is slagoffers. Ons ontken nie die onreg wat met ons mense gebeur nie, maar ons maak planne.

Ons is gelowige mense. Ons glo aan woorde soos roeping, werk en verantwoordelikheid. Ons glo almal wat wil werk, moet kan werk en hul volle potensiaal bereik. Ons primêre fokus is mense se werk, want werk bied sekuriteit vir soveel ander aspekte van die lewe.

Ons lede is meestal werkende mense. Hulle is gewone mense en baie van hulle werk dikwels in moeilike omstandighede. Vir jare reeds werk hulle op die werksvloer saam met mense van verskillende agtergronde. Die meesterverhaal dat hulle hulself wil isoleer, is onsin.

Oor die jare heen het Solidariteit saam met ander vakbonde gewerk en ons het tot vandag toe samewerkingsooreenkomste met hierdie vakbonde in verskeie bedrywe. Ons ken van saamwerk.

Ons lede ken die werklikhede en uitdagings van die land baie beter as baie kommentators en ontleders. Hulle weet van diskriminasie. Daarom verwerp ons die regering se rasmalheid. Dit diskrimineer daagliks teen ons mense in werksplekke reg oor die land en is eenvoudig boos.

Hierdie beleide verryk ʼn klein elite en vernietig die ekonomie en werksgeleenthede, met vaardighede wat uitvloei. Ons verwerping van rasbeleid het niks daarmee te doen dat ons nie swart mense wil sien vorder nie. Inteendeel, die wette doen juis die teenoorgestelde. Dit is die groot leuen van ons tyd.

Rasmalheid beperk handel. ʼn Land soos die VSA sien dit as ʼn handelsbeperking en Europese lande toenemend ook. Wanneer ons die regering aanspoor om dit vir maatskappye moontlik te maak om internasionaal handel te dryf, doen ons dit omdat ons positief is oor groei in die land.

Ons kyk nie neer op enigiemand nie en ons glo nie in meerderwaardigheid nie. Ons het ʼn afkeer van rassemeerderwaardigheid. Hier by ons loop daar nie rassiste rond nie. Dit is in elk geval nie wat die Bybel ons leer nie.

Ons glo aan die vrye mark, omdat dit die beste stelsel is om welvaart en werk te skep. Ons hou nie van sosialiste wat ʼn utopie wil bou, maar ʼn geskiedenis van smart nalaat nie. Ons hou ook nie van uitbuiters wat onder die vaandel van die vrye mark skuil nie.

Die kernpilaar van die vrye mark is eiendomsreg. Wanneer ons vir eiendomsreg opstaan, doen ons dit omdat ons vir die mark en vir welvaartskepping opstaan.

Wanneer ons met die Amerikaners praat, tree ons in vir die land ten spyte van die regering. Die regering het sy belangrikste handelsvennoot vervreem. Ons tree in vir Agoa omdat dit goed is vir die ekonomie en vir groei. Ons vra nooit dat die land op enige manier gestraf word nie.

Ons soek oplossings vir Suid-Afrika, nie vir die VSA nie, want dit is waar ons lede leef en werk. Ons versprei geen waninligting nie en talle mediahuise moes reeds om verskoning vra vir hul valse bewerings dat ons waninligting in die VSA versprei het. Wat ons doen sal altyd daarop gemik wees om die situasie in die land in die algemeen en vir ons lede in besonder te verbeter.

Ons is lief vir ons taal, kultuur en gemeenskap. Om vir iets te wees, mag egter nooit beteken dat jy teen ander is nie. Ons sien Afrikaners nie as een of ander uitverkorene nie, maar as deel van Suid-Afrika se groot verskeidenheid.

Ons glo baie sterk aan moedertaalonderrig. Ons sien Bela as boos en as ʼn aanval op ons siel. Ons glo jy mag aan jou eie kant wees, maar nie net aan jou eie kant nie. Ons neem self verantwoordelikheid en bou. Baie van wat ons aanpak is ook ten bate van die land en tot voordeel van mense veel wyer as ons eie gemeenskap.

Ons gaan nie ons kinders se toekoms aan die staat oorlaat nie. Daarom sê ons: “Ons sal self”. Ons sê dit nie net nie, ons doen dit. Ons bou letterlik dat die stof staan. Ons glo nie dat die staat jou toekoms moet beskik nie; ons glo ʼn gemeenskap moet dit self beskik. Ons glo aan minder staatsbetrokkenheid en meer privaat- en gemeenskapsinisiatief. Dit is die beginsel agter ons stryd teen die staat se planne om ons gesondheidstelsel te kaap.

Ons glo aan gemeenskapsfederalisme. Dit staan teenoor staatsentralisme. Dit beteken bloot dat gemeenskappe besluite op die laagste moontlike vlak moet kan neem. Ons gaan nêrens heen nie. Ons hoort hier. Ons is van Afrika, en ons taal en volk se naam is na Afrika vernoem. Die ANC en wie ook al sal maar daarmee moet vrede maak. Ons is hier om te bly.

Dus, mense wat strooipoppe van meerderwaardigheid, rassisme, dislojaliteit, slagofferskap, uitverkorenheid, waninligting, verraad en ander booshede oprig: Julle praat twak. Moenie ons oordeel op grond van wat julle van ons gemaak het nie, maar op grond van wie ons is en wat ons doen.

 

Geskryf deur Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Die wêreld kan in ʼn Derde Wêreldoorlog strompel – Flip Buys

Deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Duncan Kidd/Unsplash)

“Europa moet voorberei vir ʼn oorlog op ʼn skaal wat ons grootouers en húlle ouers moes deurmaak. Rusland het oorlog teruggebring na Europa,” het Mark Rutte, Navo se hoof in Desember gesê, met verwysing na die Eerste- en Tweede Wêreldoorloë. Hierdie skokkende waarskuwing van Rutte is opgevolg deur soortgelyke waarskuwings oor die gevaar van ʼn kontinentale oorlog teen Rusland deur die Duitste kanselier, Friedrich Merz, die Duitse minister van verdediging, Boris Pistorius, Navo se militêre hoof, admiraal Rob Bauer, asook senior leiers van Brittanje, Pole, Swede en Noorweë.

Hoewel Rusland se konvensionele magte nie sterk genoeg is om teen die hele Navo te veg nie, is daar drie faktore wat die Europeërs slapelose nagte gee:

  • die eerste is dat die Amerikaanse regering wil hê dat Europa vir sy eie veiligheid moet sorg, omdat die VSA op China wil  fokus;
  • dat Europa nie kan kers vashou by die Russiese militêre massaproduksie nie; en
  • dat die Russe die wêreld se grootste kernarsenaal het, en hulle militêre doktrine die gebruik daarvan onder bepaalde voorwaardes insluit.

Die skrikwekkende waarskuwing van die kernfisikus Albert Einstein doem weer voor die mensdom op: “As daar ʼn Derde Wêreldoorlog is, sal die vierde een met stokke en klippe gevoer moet word.” Einstein het natuurlik bedoel dat ʼn volgende globale oorlog die wêreld kan vernietig.

Oekraïne

Militêre kenners beskou die oorlog in Oekraïne as die gevaarlikste internasionale konflik sedert die Kubaanse Missielkrisis van 1962. Die gevaar bestaan dat dit kan eskaleer tot ʼn grootskaalse Europese oorlog, wat taktiese kernwapens kan insluit. Die belangrikste elemente van só ʼn nagmerrie is reeds teenwoordig, en die toestand herinner aan die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog. Dit is onder meer:

  • twee kante met onversoenbare standpunte wat elkeen sterk in sy saak glo;
  • geen formele vredesonderhandelings nie, en beide magte wat veg vir ʼn militêre oorwinning;
  • beide kante wat hulle doelwitte sedert die aanvang van die oorlog geëskaleer het;
  • dis nie net ʼn streekskonflik nie – verskeie groot moondhede met kernwapens is betrokke; en
  • die alliansiestelsel vergroot die kanse op ʼn groter oorlog, omdat ʼn “aanval op een as ʼn aanval op almal” beskou word.

Die geskiedenis van oorlog wys dat ʼn betreklik beperkte konflik tussen twee lande maklik na ʼn groter oorlog tussen grootmoondhede kan uitbrei. ʼn Toepaslike voorbeeld is die Krim-oorlog van die 1850’s tussen Rusland aan die een kant, en Brittanje, Frankryk, Turkye en Sardinië aan die ander kant.

Prof. Shepard Clough, professor in geskiedenis aan die Universiteit van Columbia, het die aanloop tot hierdie oorlog soos volg beskryf:

“The war was not the result of a calculated plan, nor even of hasty last-minute decisions made under stress. It was the consequence of more than two years of fatal blundering in slow-motion by inept statesmen who had months to reflect upon the actions they took. It arose from [some leaders’] search for prestige; the competing quest for control over the Straits; the mutual naïve miscalculation of the probable reactions of other powers; the failure of those powers to make their positions clear; and the pressure of public opinion in all countries at crucial moments.”

Hierdie woorde geld ook vir die huidige oorlog, omdat daar ʼn baie lang aanloop tot hierdie tragiese gebeure was waartydens dit voorkom moes word.

Doelwitte verander

Die Russe se doelwit was aanvanklik om te keer dat Oekraïne by Navo se militêre bondgenootskap aansluit. Dit sou uit die Russiese oogpunt ʼn “regstreekse gevaar vir Russiese veiligheid” word, in die woorde van president Wladimir Poetin.

Die Russe het hierdie doelwit nou geëskaleer tot ʼn militêre oorwinning en die besetting van grondgebied, veral in die Ooste waar daar ʼn groot aantal Russe woon.

Navo het aanvanklik net beoog om Oekraïne by te staan om ʼn Russiese oorwinning te keer en om ʼn gunstige vredesooreenkoms te help verseker. Intussen het die Weste se doelwit egter ook geëskaleer tot ʼn miltêre oorwinning en die uitskakeling van Rusland as ʼn groot moondheid.

Daar is normaalweg drie roetes na grootskaalse eskalasie wat deel van die dinamika van oorlog is:

  • Een of albei kante eskaleer die oorlog om te wen.
  • Een of albei kante eskaleer die oorlog om ʼn nederlaag te verhoed.
  • Die oorlog eskaleer onbedoeld, bv. as gevolg van ʼn onvoorsiene gebeurtenis wat tipies is van oorloë.

Verdedig na aanval

Die Weste het aanvanklik verdedigende wapens aan Oekraïne verskaf, soos tenks en lugverdedigingswapens. Nadat hulle doelwit na ʼn militêre oorwinning verander het, is groot hoeveelhede moderne aanvalswapens aan Oekraïne gestuur.

Die Amerikaanse staatsman, Henry Kissinger, se waarskuwende woorde oor die foute met die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog van 1914, is vandag steeds van toepassing:

“They seemed oblivious to the huge casualties of the still relatively recent American Civil War, and expected a short, decisive conflict. It never occurred to them that the failure to make their alliances correspond to rational political objectives, would lead to the destruction of civilization as they knew it. Instead, the Great Powers managed to construct a diplomatic doomsday machine, though they were unaware of what they had done.”

Die Eerste Wêreldoorlog is ook ʼn les dat goeie bedoelings tot verskriklike uitkomste kan lei. Soos die Amerikaanse denker, Thomas Sowell, dit gestel het: The First World War […] was said to be a war ‘to make the word safe for democracy.’ What it actually led to was the replacement of despotic dynasties by totalitarian dictatorships that were far worse”.

Een skoot, drie oorloë

Die moord op die Oostenrykse kroonprins, Frans Ferdinand, deur ʼn jeugdige Serwiese sluipmoordenaar op 28 Junie 1914, het ʼn ketting van gebeure aan die gang gesit. Dit het uiteindelik tot twee wêreldoorloë gelei waarin daar saam sowat 100 miloen mense gesterf het, en daarna die Koue Oorlog tussen Oos en Wes. Die einde van een oorlog het in die geskiedenis dikwels net as aanleiding tot die volgende gedien. Só het die verdrukkende vredesooreenkoms van die Eerste Wêreldoorlog ʼn bepalende rol in die ontstaan van die Tweede Wêreldoorlog gespeel. Daarna het die einde van hierdie oorlog weer die aanvang van die gevaarlike Koue Oorlog gemerk, wat die wêreld vir dekades in twee magsblokke verdeel het wat mekaar oor kernwapens aangegluur het.

Kernwapens

Die vraag is onder watter omstandighede een van die twee kante kernwapens sal aanwend. Die Weste maak gebruik hul volle arsenaal van ekonomiese en diplomatieke magsmiddele, en verskaf grootskaalse wapens en finansiële bystand aan Oekraïne, sonder om troepe te stuur

Uit die uitsprake van Westerse leiers blyk dit dat daar vier moontlike beweegredes is waarom die Weste self militêr betrokke kan raak: indien die oorlog lank aanhou; indien daar geen vooruitsig op ʼn diplomatieke oplossing of ʼn Oekraïense oorwinning is nie; indien die ekonomiese koste vir die Weste te hoog raak; of indien hulle desperaat is om die konflik vinnig te beëindig, byvoorbeelduit vrees dat die Chinese die krisis sal gebruik om ‘n aanslag op Taiwan te loods. Indien die Oekraïense leër in gevaar is om te verloor, kan die Weste ook inspring om ʼn nederlaag te voorkom. Die laaste moontlikheid is indien die Oekraïeners Russiese dorpe of stede aanval om ʼn groot Russiese teenreaksie te ontlok wat die Weste by die oorlog kan betrek.

Russiese kernwapens

President Poetin het reeds die strawwe Westerse sanksies as ʼn oorlogsverklaring beskryf, wat uit ʼn Russisese oogpunt die tafel dek vir moontlike kragdadige optrede teen Navo. Die Russiese militêre doktrine maak voorsiening vir omstandighede waaardie Russe kernwapens salaanwend. Dit is:

  • wanneer die Russe besluit om die vloei van Westerse wapentuig te stop, en dan ʼn Navo-land soos Pole, waardeur die wapens beweeg, aanval;
  • wanneer Navo-magte self tot die oorlog toetree;
  • om ʼn Russiese nederlaag te verhoed; en
  • indien die oorlog te lank en uitgerek raak dat hulle dit ten alle koste wil beëindig.

Die  (CIA) neem die gevaar van kernwapens so ernstig op, dat hulle al in 2022 gewaarsku het: “Niemand van ons kan die dreigende gevaar van die gebruik van taktiese kernwapens lig opneem nie.”

Taktiese kernwapens is kleiner wapens om stede of ʼn leër te vernietig, en is nie interkontinentale ballistiese missiele nie. Nogtans kan dit vinnig lei tot ʼn groter eskalasie waar nóg gevaarliker kernwapens gebruik kan word.

Ander moontlikhede

Die gevaar van ʼn eskalasie na kernwapens beteken gelukkig beslis nie dat dit noodwenig gaan gebeur nie. In die verlede was die grusame moontlikheid daarvan genoeg om dit te verhoed. Die Russe het wel reeds verskriklike skade in Oekraïne aangerig, maar was tot dusver baie huiwerig om die oorlog verder te eskaleer. Hulle het nog nie hulle volledige weermag ingestuur, groot getalle soldate opgeroep of ʼn “totale oorlog” verklaar nie.

Die beste afskrikking vir ʼn oorlog bly die lesse van die geskiedenis. Die probleem is dat daar nie oortuigende tekens is dat die hedendaagse wêreldleiers die historiese kennis het om oorloë te verhoed nie. Soos Thomas Sowell dit so treffend stel:

“The monumental tragedies of the 20th century — a world-wide Great Depression, two devastating World Wars, the Holocaust, famines killing millions in the Soviet Union and tens of millions in China — should leave us with a sobering sense of the threats to any society. But this generation’s ignorance of history leaves them free to be frivolous — until the next catastrophe strikes, and catches them completely by surprise.”

Die mensdom kan slegs hoop en bid dat die dreigende gevaar van ʼn eskalerende oorlog, ʼn kragtige aansporing vir die vegtende partye sal wees om voortydig ʼn diplomatieke oplossing te vind. In die praktyk sal ‘n “derde wêreldoorlog” gelukkig nie maklik uitbreek nie, omdat die VSA se militêre mag tans so oorweldigend is dat ander groot moondhede dit nie sommer sal uitdaag nie. Die sleutel tot blywende wêreldvrede was histories tweeledig: afskrikking van vyande, en gerusstelling dat daar nie ‘n aanval teen iemand beplan word nie. Die uitdaging vir die VSA is dus om China byvoorbeeld af te skrik, maar terselfderyd gerus te stel dat hulle nie aangeval sal word nie. Dan is die wêreld ‘n veiliger plek!

‘Afrikaners’ se ope brief lyk al meer na ANC-staatsveiligheidsprojek

Dit lyk al hoe meer of die “ope brief” wat deur 44 Afrikaanse mense onderteken is, ʼn gekoördineerde ANC-staatsveiligheidsprojek was. Rapport het onthul dat Karen Burger, ʼn direkteur in die kantoor van die direkteur-generaal van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), die eerste konsep geskryf het. Sy het steun vir die ondertekening daarvan gewerf en beweer nou dit was in haar persoonlike hoedanigheid. Burger was tot onlangs by die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington werksaam.

Die raaisel rakende die ope brief het verdiep nadat betroubaar verneem is dat Burger die mees senior Afrikaanse persoon by die Suid-Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap (SSA) is. Die feit dat sy dit nie self onderteken het nie, maar slegs agter die skerms bedrywig was, versterk die vermoede dat dit ʼn projek van die ANC-beheerde geheime diens is. Die ANC se geesdriftige verwelkoming van die ope brief laat dit ook na ʼn georkestreerde poging lyk.

ANC-staatsprojek

Sowat 44 bekende linkse Afrikaanse persone het die ope brief onderteken. Die ondertekenaars was heel waarskynlik onbewus daarvan dat dit ʼn ANC-staatsprojek was en het dit op eie inisiatief onderteken. Die onderliggende temas van die ope brief sluit ten nouste aan by die ANC se propaganda dat Solidariteit en AfriForum “waninligting” aan Republikeinse leiers in Washington versprei het. Die ANC kon nog geen bewyse vir hierdie bewering verskaf nie, en vyf van die grootste mediahuise in die land moes al verskonings aan AfriForum en Solidariteit publiseer. Solidariteit het ook die minister in die presidensie vir laster gedagvaar.

Strafmaatreëls

Die waarheid is dat ons verlede jaar reeds verneem het dat die Amerikaanse regering beplan het om strafmaatreëls teen Suid-Afrika in te stel. Daarom het ons die Amerikaners gevra om nie die land te straf as die ANC droogmaak nie. Daarby het ons die feite oor die gevolge van drie dekades van ANC-regering bekendgemaak en gewaarsku teen die gevare van onteiening en rassewette, asook die kwessie van landelike veiligheid. Die ANC het egter voortgegaan om vyande van die Amerikaanse regering te maak, waarna die Trump-administrasie 30%-tariewe ingestel het.

Blaam

Die ANC blameer AfriForum en Solidariteit nou valslik vir die Amerikaanse regering se optrede teen Suid-Afrika, in plaas daarvan om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul beleidsfoute. Die leiers van die twee organisasies word selfs vir hoogverraad ondersoek, ten spyte daarvan dat daar geen regsgronde daarvoor bestaan nie. Die jongste uitgawe van ANC Today bestempel AfriForum se leiers kamtig selfs as “vyande van die staat”.

Slagoffers

Kom ons stel dit duidelik: Ons hou nie van die ANC-regering nie, maar ons is lief vir ons land en sy mense. Ons is nie teen die staat nie, maar teen die korrupte en onbevoegde ANC. Ons kan nie toelaat dat die ANC almal in die land se toekoms vernietig met kommunistiese en rassistiese beleidsrigtings wat nog altyd orals misluk het nie. Die voorbeeld is Zimbabwe. Die boere wie se plase gesteel is, kon meestal weer opstaan en van voor af begin – al was dit in ander lande. Die grootste slagoffers was egter die miljoene swart Zimbabwiërs wat in werkloosheid en hongersnood gedompel is weens Mugabe se rassistiese optrede.

Dit sal nie die land baat as daar geheime projekte geloods word om Solidariteit en AfriForum verdag te maak nie, selfs nie deur Afrikaanse linkses onwetend daarby te betrek nie. Hierdie linkses val ons al jare lank aan oor verskeie kwessies en het nog nooit om verskoning gevra nadat ons uiteindelik reg bewys is nie. Hulle moes nooit toegelaat het dat hulle misbruik word om ANC-beleidsrigtings soos rassewette goed te praat nie. Daarom moet hulle nie kwaad word as talle mense hulle as “nuttige idiote” – Lenin se term vir meelopers – bestempel nie.

Die enigste uitweg is daadwerklike hervorming en beleidsverandering deur die regering. Die ANC klou egter aan hul kommunistiese beleidsrigtings en diepgewortelde korrupsie vas, en gaan deur die geskiedenis agtergelaat word. Ons bepleit nie ʼn terugkeer na die verlede nie, maar glo aan samewerking vir ʼn beter toekoms, waar Afrikaners nie die ANC se sondebokke en melkkoeie is nie.

𝗔𝗡𝗖 ʼn ‘𝗺𝗼𝗿𝗲𝗹𝗲 𝘀𝘂𝗽𝗲𝗿𝗺𝗼𝗼𝗻𝗱𝗵𝗲𝗶𝗱’? 𝗟𝗮𝗴𝘄𝗲𝗸𝗸𝗲𝗻𝗱!

Deur Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging

Continue reading “𝗔𝗡𝗖 ʼn ‘𝗺𝗼𝗿𝗲𝗹𝗲 𝘀𝘂𝗽𝗲𝗿𝗺𝗼𝗼𝗻𝗱𝗵𝗲𝗶𝗱’? 𝗟𝗮𝗴𝘄𝗲𝗸𝗸𝗲𝗻𝗱!”

Jaco Kleynhans | Mackinac Republican Leadership Conference, Michigan, VSA

Speech | 21 SEPTEMBER 2025 | Michigan
Ladies and Gentlemen, Chairman Jim Runestad, members of the U.S. House of Representatives, the Michigan Legislature and other political institutions in the U.S. and here in Michigan, distinguished guests,
It is an honor and a privilege to stand before you today at this 36th Mackinac Republican Leadership Conference, a gathering that embodies the unyielding spirit of liberty, resilience, and principled leadership that has defined the Republican movement for generations.
 I serve as the Head of International Liaison for Solidarity a large South African civil rights organization dedicated to protecting the rights, dignity, and future of minorities – particularly the Afrikaner minority – in a nation that increasingly seems bent on erasing our culture and identity.
But before I delve into the heart of my message, I must address a shadow that looms over us all, a stark reminder of the perils we face in this global battle for conservative values. Just last week, on a day that should have been filled with the promise of discourse and debate in the great state of Utah, we lost Charlie Kirk—a brilliant, fearless voice for the next generation of conservatives – to a cowardly assassination. His death was not merely a personal tragedy; it was a chilling escalation in the wave of violent rhetoric and actions targeted at conservative voices everywhere. From the streets of America to the town halls of Europe, and yes, even to the farmlands of my own country, South Africa, the enemies of freedom are emboldened. They chant slogans of hate, they incite division, and they strike without remorse.
As Afrikaners in South Africa, we will forever be grateful to Charlie Kirk and his huge contribution to focusing the world’s eyes on the murders of farmers in South Africa and the escalatingattack on the future of my people. Together with President Donald Trump and others, Kirk did great work over the past few years to tell the truth of what is happening in South Africa. Thank you, Charlie. We salute you! For now,and forever.
In South Africa, the toxic leftwing rhetoric has a name and a tune: “Kill the Boer, Kill the Farmer.” It is not some relic of the past; it is sung openly at political rallies, chanted by leaders who hold the reins of power, and echoed in the halls of government.
Thank you for giving me this platform to speak,not just for South Africa, but for all minorities under siege in a world that increasingly tolerates authoritarianism in the name of “progress.” Today, I want to focus on why South Africa matters to you – to America, to the Republican cause, and to the free world.
Let us begin with why South Africa is so crucially important to the United States, and why the Afrikaners, as a beleaguered minority, must be central to any American strategy in Africa. South Africa is not merely another country on the map; it is the economic powerhouse of the continent, commanding vast reserves of critical minerals that power everything from your smartphones to electric vehicles and defense systems. We hold over 80% of the world’s platinum supply and significant portions of manganese and vanadium, key to steel production and battery technology. In a world racing toward green energy and technological dominance, South Africa’s resources are a geopolitical goldmine. Losing influence here means ceding ground to authoritarian adversaries such as China.
But beyond these resources, South Africa is America’s gateway to Africa. With a sophisticated financial system and a G20 membership, we bridge the Global North and the emerging markets of the Global South. Trade between our nations exceeds $20 billion annually, supporting jobs in manufacturing, agriculture, and services across both countries.
Yet this partnership is fraying under the weight of South Africa’s internal decay and external alignments. America needs a stable, pro-Western South Africa to counter the spread of communism and authoritarianism on the continent. Without it, China’s Belt and Road Initiative will swallow Africa whole, Russia’s Wagner mercenaries will destabilize more regimes, and Iran’s proxies will find safe havens for mischief.
Now, why Afrikaners specifically? As a minority of about 2.5 million – roughly 5% of South Africa’s population – we represent a cultural and ideological bulwark against the tide of radicalism sweeping our land. We are conservatives at heart: family-oriented, entrepreneurial, religious, and committed to private property, rule of law, and individual liberty. Our values align seamlessly with the Republican ethos – think self-reliance, like the pioneers of the American West, or the unyielding faith of the Founding Fathers.
Historically, Afrikaners have been the stewards of South Africa’s agricultural heartland, producing 90% of the country’s food despite owning only a fraction of the land. We are the innovators in tech and engineering who keep the lights on and the doctors, teachers, and entrepreneurs who built modern South Africa. Marginalizing us does not just harm a minority; it undermines the very stability America needs in Africa. Supporting Afrikaners means bolstering a pro-American, pro-freedom force that can help reclaim the continent for democracy.
To understand our importance, one must know our background—a story of perseverance, innovation, and tragedy that mirrors the American journey in many ways. The Afrikaners trace our roots to the 17th century, when Dutch settlers arrived at the Cape of Good Hope, establishing a refreshment station for the Dutch East India Company. These were hardy Protestants—farmers, craftsmen, and traders—fleeing religious persecution in Europe, muchlike the Pilgrims who landed at Plymouth Rock. These Dutch settlers intermarried with French Huguenots and Germans and forged a unique identity; the Afrikaans language, a blend of Dutch and local tongues, became our voice; the Calvinist faith was our compass.
In the 19th century, as British imperial ambitions encroached, we embarked on the Great Trek – a mass migration inland of over 12,000 pioneers seeking freedom from colonial overreach. Our pioneer forefathers carved out republics such asthe Orange Free State and Transvaal, fighting epic battles against Zulu warriors at Blood River in 1838 and later against the British in the Anglo-Boer Wars of 1880 and 1899-1902.
The British were the first to use concentration camps during war, and during the Anglo Boer War of 1899 to 1902 most of our Afrikaner women and children were placed inconcentration camps by the English. More than 34 000 women and children perished in those concentration camps in some of the worst conditions you could ever imagine.
But after the war, we decided to forgive. We decided to move forward. We built a nation on the principle of self-determination, inventing technologies like the world’s first heart transplant in 1967 and pioneering conservation efforts that protected Africa’s wildlife.
Coming to the second topic: South Africa since 1994, and how the liberal Western vision of a “rainbow nation” has crumbled under the weight of ANC governance. When Nelson Mandela walked free from prison in 1990 and became president in 1994, the world hailed it as a miracle. The end of apartheid promised unity – a rainbow nation where black, white, brown, and Indian people could coexist in harmony. Western liberals, from Bill Clinton to Tony Blair, poured in billions in aid and investment, betting on reconciliation, affirmative action, and a mixed economy to heal old wounds.
For a brief, shining moment during the 1990’s it worked. Under Jacob Zuma from 2009 to 2018, “state capture” siphoned billions from public coffers—funds meant for housing, schools, and hospitals vanished into private jets and mansions. Eskom, our state power utility, was looted, leading to rolling blackouts that crippled industry. The ANC’s cadre deployment – placing loyalists in key positions – prioritized politics over competence, turning bureaucracies into fiefdoms. Racial quotas under Black Economic Empowerment (BEE) laws sidelined skilled workers, regardless of merit, fostering resentment and inefficiency.
At the commencement of President Cyril Ramaphosa’s tenure in 2018, the damage was irreversible. Unemployment soared above 30%, youth joblessness hit 60%, and inequalityworsened. The “rainbow” faded as tribalism and populism rose: the Economic Freedom Fighters (EFF), led by Julius Malema, openly calls for nationalizing everything, from all farmland to all financial institutions and mines. They advocate for land seizures, chanting “Kill the Boer” at rallies. Liberal ideals of meritocracy and non-racialism have been sacrificed on the altar of revenge politics. The ANC destroyed South Africa not through malice alone, but through incompetence masked as transformation. What was promised as upliftment became exploitation; what was envisioned as unity devolved into division. The West’s blind faith in this model – ignoring warning signs of socialism- left us a failed experiment, a cautionary tale for America as you grapple with your own progressive overreach.
This brings us to the third focus point: where South Africa stands today. As an increasinglyfailed state, service delivery has collapsed. Water shortages affect 40% of households; potholed roads and collapsing bridges symbolize infrastructure decay. Rolling power outages have been a reality in South Africa for the past 15 years. The brain drain is real: over a million South Africans, many Afrikaners, have emigrated since 1994, taking their expertise to Australia, Canada, and yes, America.
Land expropriation without compensation, enshrined in the 2018 ANC policy and accelerated under Ramaphosa with a new expropriation act signed late last year.
Racial laws and discrimination against minorities are rampant. BEE mandates high percentages of black ownership in companies, often through shady deals that enrich elites while excluding whites, Indians, and brown people from jobs and contracts. Affirmative action quotas fill universities and civil service with underqualified candidates, sidelining merit.
Crime is an epidemic: over 27,000 murders are committed annually – the highest in the world outside war zones. But farm attacks stand outas a special scourge against rural whites. Since 1994, over 3,000 farmers have been killed in brutal assaults involving torture, rape, and execution-style murders. Today there are less than 30,000 commercial farmers left in South Africa who must feed a growing population of more than 60 million.
Farm attacks and murders are not random robberies; they are ethnically motivated, with attackers targeting isolated homesteads, stealing little but inflicting maximum terror. The government downplays it, claiming it is mere crime, but the patterns—disproportionate violence against white farmers—tell another story. As President Trump rightly noted, it is a crisis demanding international attention.
Finally, our foreign policy has veered dangerously toward authoritarian embrace. South Africa, under ANC influence, has warmed to China, Russia, and Iran, aligning with BRICS to counter the West. In 2023, South Africahosted joint naval exercises with Russia and China in the Indian Ocean codenamed “Mosi”,signaling military cooperation amid Russia’s Ukraine invasion.
With Iran, ties deepened in 2025: high-level military talks in Tehran discussed hosting Iranian naval flotillas in our ports, and the South African government defended Iran’s nuclear ambitions at the UN. Ramaphosa’s government abstained from condemning Russia’s aggression and sued Israel at the ICJ over Gaza, earning praise from Tehran.
In February 2025, President Donald J. Trump issued Executive Order 14204, titled “Addressing Egregious Actions of the Republic of South Africa.” This landmark decree declared it U.S. policy to oppose South Africa’s human rights violations, particularly against white Afrikaners, and its undermining of international norms. It suspended foreign aid – over $500 million annually – until reforms are made. It also created a fast-track refugee program for persecuted Afrikaner farmers and professionals.
Since February, a bill was approved in the http://U.S.House of Representatives Committee on Foreign Affairs, further implementing President Trump’s executive order and even suggesting that targeted sanctions be imposed on ANC officials involved in corruption and land grabs. We support this proposal and hope that the act will soon be approved by the full House and the Senate so that President Trump can sign it.
President Trump’s reciprocal tariffs in April 2025 hit South African exports such as steel and agricultural products, retaliating against our BRICS alignments. Our fear now is that the tariffs are punishing the people closest to the U.S., such as Afrikaner farmers. We want to make a plea to the U.S. to lower the tariffs and instead focus on punitive measures against the South African government and radical anti-American politicians.
Within this crisis lies opportunity: strained relations can be leveraged for change. America holds the cards: market access, military aid, and diplomatic clout. By supporting Solidarity and civil society, the U.S. can empower pro-Western voices, pressure the ANC toward accountability, and reclaim South Africa as a strategic ally. I repeat: Please do not punish your friends, such as Afrikaner farmers, with tariffs. Punish the real scoundrels who have acted, and continue to act,against American interests!
In conclusion, my friends, South Africa’s story is one of promises betrayed but not yet lost. The assassination of Charlie Kirk reminds us that violence against our ideas is real, but so is our resolve. The chants of “Kill the Boer” echo the global assault on freedom, but with leaders like President Trump, we have hope.
I urge you: Pressure your government to enforce the executive order fully. Shine a light on farm murders and corruption. Support South African civil society with donations, media reports and access to a platform where we can share our views.
We ask you to counter South Africa’s drift toward tyrants by strengthening ties with true partners like us. Together, we can rebuild a South Africa that honors all its people – a beacon of liberty in Africa, allied with the greatest nation on earth, the United States of America. God bless you, God bless the Republican Party, God bless the great people of Michigan, God bless the Afrikaner people at the southern tip of Africa and God bless the enduring spirit of freedom. Thank you.
  • Watch the broadcast here.

Solidariteit se Bela-ooreenkoms met die regering (insluitend die minister en die Presidensie)

FEITEBLAD

Die Solidariteit Beweging, waarvan Solidariteit en AfriForum deel is, is betrokke by ʼn omvattende proses met verskeie rolspelers oor die Bela-wet.

1. Die konsultasieproses wat president Ramaphosa op 13 September aangekondig het, is van stapel gestuur na aanleiding van telefoonoproepe van president Ramaphosa na AfriForum en Solidariteit in die lig daarvan dat hierdie instellings heftige beswaar teen sekere bepalings in artikel 4 en artikel 5 van die Bela-wet uitgespreek het.

2. Die aanvang van die konsultasieproses was nie beperk tot die RNE se geskilbeslegtingskomitee (Clearing House Committee) om ’n oplossing te vind nie, en daar was ook nie ʼn vaste formaat wat alle betrokke partye moes nakom, gestel nie.

3. Die konsultasieproses is as ʼn oop proses aangekondig waarin AfriForum en Solidariteit as die primêre beswaarmakers teen die Bela-wet ʼn sleutelrol sou speel.

In hierdie mate  het AfriForum en Solidariteit uitgereik na politieke partye wat sowel binne as buite die RNE is, en in die besonder na die ANC aangesien die ANC die sterkste voorstander is vir die behoud van artikel 4 en artikel 5 van die Bela-wet.

4. As deel van die pogings om die gevolge van die Bela-wet te beklemtoon, het Solidariteit ingevolge artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge ʼn dispuut oor Bela by Nedlac oor Bela verklaar met dié doel om ʼn artikel 77-sertifikaat te bekom wat sy lede toelaat om aan protesoptrede deel te neem.

Die kennisgewing in dié verband is in Oktober ingedien met Solidariteit as applikant en die president van Suid-Afrika en die minister van basiese onderwys as die respondente Solidariteit was die applikant en die president van Suid-Afrika en die minister van basiese onderwys is as die respondente aangewys.

Volgens Nedlac se reëls moet Nedlac poog om so ʼn dispuut te bemiddel.

5. Ná ʼn omvattende proses is twee ooreenkomste bereik.

6. Die eerste raamwerkooreenkoms is tussen Solidariteit, die Presidensie en die Ministerie van Basiese Onderwys gesluit. Beide respondente was behoorlik deur onderskeidelik die minister van basiese onderwys en die president gemagtig om die proses te onderneem, en om ʼn oplossing te vind vir die dooiepunt wat geskep is deur artikel 4 en artikel 5 van die Bela-wet.

7. Hierdie ooreenkoms sit die rol van die president en dié van die minister met betrekking tot die inwerkingtreding en implementering van die Bela-wet uiteen.

Die president moet die inwerkingtredingsreëlings vir die Bela-wet in werking stel , en die minister moet aanbevelings in hierdie verband maak. Die minister is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling van nasionale norme en standaarde, regulasies en beleid om die implementering van die wet te ondersteun, waar nodig en toepaslik.

Die ooreenkoms verwater nie die president se finale verantwoordelikheid om die inwerkingstredingsreëlings vir die wet te proklameer nie, maar erken die rol van die minister om aanbevelings in hierdie verband aan die president te maak.

Daar moet beklemtoon word dat hoewel die president se magte om ʼn wet of sekere bepalings van ʼn wet te proklameer gehandhaaf word, hy nie die aanbevelings van ʼn kabinetsminister – in hierdie geval die minister van basiese onderwys – kan ignoreer nie. Hy moet daaroor besin, asook oor enige ander aanbevelings wat hy vanaf enige ander proses ontvang, en hy moet verseker dat die inwerkingtredingsreëlings rasioneel is.

Die ooreenkoms erken ook dat nasionale norme en standaarde, regulasies en beleid rakende die Bela-wet nie voltooi is nie.

Die ooreenkoms beaam dat die kantoor van die president bevestig het dat 13 Desember nie die aanvangsdatum van die wet is nie, maar eerder die einde van die RNE se konsultasieproses is.

Die ooreenkoms bepaal dat die minister ingevolge haar regsplig aanbevelings aan die president sal maak.

Al drie die partye het die ooreenkoms onderteken. Die ondertekenaars wat namens al drie partye opgetree het, was almal behoorlik daartoe gemagtig om die ooreenkoms te onderteken. Al die partye is aan die ooreenkoms gebonde.
Die president het ʼn mandaat aan sy span gegee, en die minister het ʼn mandaat aan haar span gegee om aan die proses deel te neem.

8. Binne hierdie raamwerk is ʼn tweede bilaterale ooreenkoms tussen Solidariteit en die minister van Basiese Onderwys onderteken.

9. Hierdie ooreenkoms bepaal dat die minister by die president sal aanbeveel om die omstrede artikels van Bela slegs te implementeer slegs wanneer norme en standaarde, beleide en regulasies ontwikkel is om die implementering van hierdie artikels te ondersteun.

Dit is ook haar regsplig, selfs sonder hierdie ooreenkoms. Geen proses kan dit verwater nie. Die ooreenkoms stel nie die regsplig van óf die president óf die minister tersyde nie, maar verleen erkenning daaraan.

Die bilaterale ooreenkoms beskryf die norme en standaarde, beleid en regulasies wat in meer besonderhede ontwikkel moet word. Dit is daarop gemik om groter regsduidelikheid en sterker konsultasiemeganismes ter ondersteuning van die betrokke artikels te verskaf.

Hierdie ooreenkoms sluit nie die moontlikheid van toekomstige wetswysigings uit indien die behoefte daarna sou onstaan nie.

Die ooreenkoms benadruk ook die ontwikkeling van moedertaalonderwys in die algemeen.

10. Die Nedlac-proses en die proses wat binne die regering van nasionale eenheid (RNE) aan die gang is, staan op hul eie bene, sluit mekaar nie uit nie en is selfs komplementerend.

Die RNE-proses sal egter met groot moeite tot ʼn ander gevolgtrekking kan kom, want die skikking in die Nedlac-proses is binne die bestaande regsraamwerk bereik.

Trouens, die skikking stipuleer bloot die logiese proses wat van die president en die minister vereis word om te volg. Die beste uitkoms vir die RNE is om die rolle van die president en die minister in hierdie aangeleentheid te erken en om hulle aan te moedig om hul werk te doen.

11. Die RNE mag probleme ondervind om tot ʼn ander politieke ooreenkoms te kom terwyl ʼn duidelike regsraamwerk en proses daargestel is. Die Nedlac-ooreenkoms is binne daardie raamwerk geleë.

Die oplossing vir die Bela-dispuut lê duidelik binne die wet.

Nasionale dialoog: net ’n kletskongres? – Litnet

Kan ’n nasionale dialoog tot praktiese oplossings lei?

Freek Robinson gesels met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Luister gerus hier na die onderhoud Nasionale dialoog: net ’n kletskongres? – LitNet

Rewolusie op die gholfbaan – Flip Buys

Die gemoedere op die jaarvergadering van Gelykheidshoop se gholfklub loop hoog. Gladdes Coetzee, plaaslike menseregteprokureur, is aan die woord: “Voorsitter, hierdie gholfklub is besig om dié simbool van ongelykheid in die land te word. Dis ʼn skánde.” ʼn Paar mense klap hande, ander knik die kop. Almal weet hoe goed Gladdes alles bedoel. Die Voorsitter probeer weer: ”Gladdes, dis ʼn tragedie dat Gholfhoogte se kampioen selfmoord gepleeg het toe hy verloor het, maar dis darem hoogs uitsonderlik.” “Uitsonderlik?” brul Gladdes. “Dis die gevolg van ongelykheid – die hoéveelste hierdie jaar in die gholfwêreld! Koerantkenners sê gholf sal doodloop as dit so aangaan.”

Slim, die plaaslike koerantman, kyk beskeie af toe hy die oë op hom voel. H‎‎y‎ is die kenners. Gladdes stoom voort: “Hierdie sogenaamde “uitsondering” kon vermy gewees het as daar net groter gelykheid en geregtigheid in gholf was. Ons moet nóú optree om nog ‘n tragedie te verhoed. Nóú!”. “Maar gholf het mos ‘n voorgeestelsel wat die swakker spelers ‘n gelyke kans gee, pleit-sê die Voorsitter”. “Gelyke kanse is nog nie werklike gelykheid nie”, sê Gladdes dreigend, “ek eis gelyke tellings”.

Die Voorsitter wens die vergadering is al verby. Hy boer met hoenders, wat net eiers lê en nie op hulle regte staan nie. “Gladdes, wat wil jy dan nou eintlik hê?”, vra hy moeg. “Ons benodig ‘n Akte van Gholfregte” sê Gladdes belangrik. “Is dit nie kommunisties nie”, vra Oudominee. “Moenie simpel wees nie,” brom Felix, die afgetrede plaaslike filosoof met die poniestert. “Stilte nou,” sê Slim en leun vorentoe. Hy ruik ‘n storie. As hy maar net iets in die Gelykheidsnuus geplaas kan kry, is hy weer in tel. (Hy wonder vinnig of dít dan nie ongelyk is nie.)

Akte van Gholfregte

“Ons moet die modernste akte van gholfregte in die wêreld opstel,” begin Gladdes. “Hoor, hoor!,” skree die Stadsraadslid en Jongjuffrou. “Ja,” sê Gladdes, bemoedig deur die ondersteuning. “Ons moet breek met die ou Gholforde, ons moet dit bréék sê ek jou. Ons moet begin deur al die putjies toe te gooi.” “Wat?,” skree Potties, die dorp se beste speler, en spring op. “Is jy mal?” Gladdes laat hom nie van stryk af bring nie: “Gholftellings bevoordeel net die beste spelers, moedig net ongesonde mededinging aan en lei tot ongelykheid”, sê hy. “As Gholfhoogte se kampioen nie verloor het nie, was hy vandag nog met ons.”

Tant Koekie begin treurig huil. Sy speel nie gholf nie, maar het gehoor hier word vandag oor hartseersake gepraat, en sy mis nie smart nie. Sy kyk onderlangs of Oudominee en Slim sien hoe bedroef sy is. “Geen tellings meer nie; almal moet gelyke punte hê en ‘n beurt kry om te wen,” gaan Gladdes voort. Nou is Pottie kwaad. “Dan sit ek nie my voet weer hier nie,” dreig hy. “Ons ook nie,” stem ‘n paar van die beter spelers saam. “Orde!” sê die voorsitter, maar niemand hoor nie. Almal praat gelyk.

Transformasie vir die nasie

Oudominee voel dis nou tyd vir leierskap: “Vrinne,” begin hy. “Gholfgenote.” Maar niemand luister nie. “Orde!” dreun Gladdes. Die saal word stil. Netnou maak Gladdes ‘n hofsaak, almal weet hy’s getroud met Kallie Kriel se een Tante. “Tweedens moet ons nuwe baanreëls instel wat bepaal wanneer, hoe ver en met watter stok geslaan kan word. Mense kan nie net aanhou maak wat hulle wil nie. So kan ons ongelykheid, dood en beserings voorkom.” “Maar dit sal nooit werk nie,” val die Voorsitter hom in die rede. “Niemand sal meer hier speel nie.” “Nonsens,” sê Felix, “As almal gelyk is en dieselfde punte kry, sal niemand uitgesluit wees nie en sal daar geen verloorders wees nie. Almal sal wil speel. Dís nou ware transformasie- vir die héle gholfnasie.”

Gladdes praat weer: “Derdens vereis geregtigheid dat hierdie gholfbaan van nou af behoort aan almal wat daarop speel, en dié wat dit nie kan bekostig nie, hoef nie meer speelgeld te betaal nie.” Oudominee knik gewigtig; hy wéét van geregtigheid.

Later die aand word Gladdes se Gholfakte op voorstel van Oudominee, gesekondeer deur Jongjuffrou, oorwéldigend aanvaar. Terwyl tant Koekie nog snik van aandoening, word die ou bestuur uitgestem en Gladdes, Felix en Jongjuffrou (as Sekretaresse) tot die bestuur verkies. Nog baie ander reëls word ingebring, en die beste spelers moet ook nou dubbeld betaal. Agttien baanbeamptes word aangestel om die nuwe reëls af te dwing.

Ongelukkig het die Gholfklub ‘n jaar later bankrot gespeel. Dit word nou vir gemeenskaplike weiding van die gemeenskap se vee gebruik ter viering van gelykheid. Pottie het intussen die nuwe kampioen van die buurdorp Gholfhoogte geword.

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.