Akademia: ʼn Fakkeldraer vir die Afrikaanse universiteitswese

Suksesvolle en veerkragtige taal- en kultuurgemeenskappe word gekenmerk deur gesonde, stabiele en florerende onderwys en beroepsopleiding. Wat die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe betref, dra Akademia trots die fakkel van die Afrikaanse universiteitswese. As onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit die Christelike en klassieke universiteitstradisie vier die instelling onomwonde sy roeping as moedertaalstudietuiste en word daar roepingsgedrewe na ʼn vrye toekoms gewerk.

Akademia: ʼn Hoopgewende alternatief vir Afrikaanssprekendes

Prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia, meen die instelling verteenwoordig ʼn hoopgewende alternatief vir Afrikaanssprekendes binne die Suid-Afrikaanse universiteitswese. Hierdie roepingsgedrewe bestaansreg word veral genoodsaak in ʼn tyd waarin Afrikaans as primêre onderrigtaal by openbare universiteite verskraal óf selfs mee weggedoen word. As gemeenskapsinstelling is Akademia daarop gerig om die universitêre ideale van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe te dien en ʼn akademiese tuiste te bied waar denke sowel as die hart gevorm word. Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van die instelling, streef Akademia daarna om méér as net wêreldklas opleiding te bied. Die instelling is ook verbonde tot die klassieke rol van die universiteitswese – om studente tot intellektuele, emosionele en lewensbeskoulike volwassenheid te bring. “Akademia werk onverpoosd in geloof, hoop en liefde om op hierdie manier diensbaar tot ons gemeenskap te wees. Op dié manier vestig ons ʼn vernuwende Afrikaanse universiteitswese,” verduidelik Visser.

Van ʼn nederige begin tot ʼn beduidende rolspeler

Die instelling bied sedert 2012 verskeie studieopsies aan studente en het snel ontwikkel tot ʼn voorkeur- Afrikaanse studietuiste. Behalwe vir vyf dinamiese fakulteite, het studente ook die geleentheid om by wyse van óf die voltydse kampusmodel óf die nauurse afstandsmodel te studeer. Eersgenoemde word by die instellings se kampusse in Centurion, en eersdaags ook in die Paarl, aangebied, terwyl die tweede opsie studente by wyse van ʼn sentrumnetwerk dwarsoor die land óf via ʼn e-leeropsie in staat stel om hul studie te voltooi. Laasgenoemde bied ook aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om in hul moedertaal te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit lande soos onder meer Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die Verenigde State van Amerika in.

Dertien jaar van groei

Die instelling kyk vanjaar terug op dertien jaar van klas aanbied en volgens Visser sal daar doelgerig voortgebou word op die positiewe momentum wat in die voorafgaande jare ontsluit is. Hierdie momentum verleen volgens Visser verdere stukrag aan die instelling se bestaansrede as gemeenskapsinstelling. “Akademia het oor die bestek van sy bestaan reeds verskeie gróót en betekenisvolle tree geneem en daar is nougeset gewerk om doelwitte oor verskeie terreine te verwesenlik. Óf dit nou die uitbouing van ons akademiese programaanbod, die vestiging van nuwe studentelewetradisies, geografiese uitbreidingsgeleenthede óf die groei van personeel- en studentegetalle was, die standaard is hóóg gestel en die grondslag is gelê vir selfs groter impak,” verduidelik Visser. Vanaf die registrasie van Akademia as ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling op 3 Januarie 2012 en met ʼn studentetal van 42 studente oor vyf programme het die instelling gegroei na ongeveer 3 800 studente, vyf fakulteite en 23 programme.

Verdere uitbouing van die Afrikaanse universiteitswese

Visser beklemtoon dat Akademia dankbaar is om dié groei van die afgelope dertien jaar te kan vier, maar dat die instelling opnuut die groter roepingsbesef ervaar wat betref die verantwoordelikheid jeens die toekoms. “Akademia is nou gevestig en die tyd van verdieping, verbreding en uitbou het aangebreek. Met ons waardes as kompas en ons visie as eindpunt, werk ons toegewyd om hierdie belangrike taak te verwesenlik,” sê Visser. Die instelling sal vanaf 2026 ʼn kampusteenwoordigheid in die Paarl, in die Wes-Kaap geniet. Hierdie geografiese uitbreiding sal nie net Akademia se bestaande voetspoor in dié streek uitbrei nie, maar ook sy verbondenheid tot die gemeenskap verder versterk. Akademia se kampusdroom, naamlik om ʼn wêreldklas residensiële kampus in Pretoria te vestig waar 5 000 voltydse voorgraadse studente en nagenoeg 1 500 nagraadse studente tuis sal wees, is tans in sy ontwikkelingsfase. Die doeldatum vir dié projek, in vennootskap met die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton, word op Januarie 2028 gestel. Die Toekomsbouer-projek bied aan lede van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe die geleentheid om nie net saam oor die toekoms te droom nie, maar ook aktief saam te bou by wyse van skenkings, beleggings en testamentêre bemakings ten einde hierdie kampusdroom te verwesenlik. Stuur gerus ʼn e-pos na skenking@akademia.ac.za en een van Akademia se fondsbestuurders sal spoedig met jou kontak maak om ʼn besoek te reël en die aard van jou skenking, bydrae of nalatenskap te bespreek.  

ʼn Wêreldklas kampus in wording. Dié argiteksvoorstelling bied ʼn oorsig van hoe die nuwe Akademia-kampus daarvan sal uitsien.

Die Toekomsbouer-veldtog is van stapel gestuur om Akademia se droom van ʼn wêreldklas residensiële kampus in Pretoria te help verwesenlik en só die voortbestaan van Afrikaanse universiteitswese te help verseker.

Agt dinge wat jy moet weet voordat jy vir vlugtelingstatus aansoek doen

Ná pres. Donald Trump se uitvoerende bevel dat die VSA Afrikaners as vlugtelinge sal verwelkom, het die Suid-Afrikaanse Sakekamer in die VSA (Saccusa) binne een naweek navrae van 20 000 Afrikaners gekry oor dié aanbod.

Die Solidariteit Beweging wil egter ’n beroep doen op diegene wat dit sterk oorweeg om die aanbod te aanvaar, om eers al die feite te oorweeg voor daar oorhaastig besluite geneem word.

Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit, sê dat die aanbod van vlugtelingstatus nugter benader moet word. Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, raai Afrikaners ten sterkste af om vlugtelingstatus te probeer verkry, “selfs al voel jy bekommerd oor die toekoms”.

Vlugtelingstatus beteken nie outomatiese burgerskap, verblyfreg en beter geleenthede nie. Hiér is wat jy oor vlugtelingstatus in die VSA moet weet:

 

  1. Jy kan nog nie vir vlugtelingstatus in die VSA aansoek doen nie

Afrikaners kan nie vir vlugtelingstatus in Amerika aansoek doen voordat die Amerikaanse regering nie regulasies ontwikkel het nie. Kleynhans verduidelik:

“Vlugtelingstatus word internasionaal aan die hand van verskeie handveste gedefinieer, maar lande bepaal grootliks hul eie beleid hieroor. Die uitvoerende bevel wat deur pres. Trump onderteken is, verwys na ’n plan wat nog opgestel moet word waarvolgens vlugtelingstatus gereguleer sal word. Niemand kan vir vlugtelingstatus aansoek doen voordat hierdie plan nie bekend gemaak en goedgekeur is nie.”

Die proses om vir vlugtelingstatus aansoek te doen, kan dus nog lank neem en sal stelselmatig plaasvind. Dit is voortydig en naïef om te glo dat duisende Afrikaners net uit Suid-Afrika kan stroom en as vlugtelinge in Amerika kan aanmeld.

 

  1. As jy vlugtelingstatus het, kan jy nooit weer terugkeer na Suid-Afrika nie – nie eens vir ’n begrafnis nie

Indien jy as vlugteling uit vrye wil na jou tuisland terugkeer, verloor jy onmiddellik jou vlugtelingstatus en jou reg om langer in Amerika te woon. Dit beteken jy sal nie vinnig “huis toe” kan vlieg vir ’n begrafnis, troue of krisis met geliefdes tuis nie.

Om jou tuisland en geliefdes wat hier agterbly permanent te groet, is ’n gewigtige en emosionele besluit wat nie oorhaastig geneem moet word nie.

 

  1. As vlugteling is jy onderhewig aan streng regulasies

Kleynhans waarsku dat vlugtelingstatus nie verwar moet word met verblyfreg of selfs burgerskap nie. Vlugtelinge word onder baie streng regulasies beheer en jy as individu het baie min seggenskap. Vlugtelinge se voorregte is ook baie beperk teenoor dié van ander immigrante.

Dit is belangrik om te onthou dat alle vlugtelinge immigrante is, maar nie alle immigrante is vlugtelinge nie. Owerhede sal byvoorbeeld alle reëlings rakende behuising, werk, basiese behoeftes, beweegruimte, huwelike en kinders onder streng toesig beheer.

 

  1. Jy kan nie werk en bly waar jy wil nie

Om aan te sluit by die vorige punt, jy as vlugteling het nie vrye teuels om jou eie keuses oor jou leefwyse in die VSA te maak nie. Jy word in behuising spesifiek vir vlugtelinge geplaas waar jy geen beheer oor die verblyfomstandighede het nie. Verder kan jy nie enige beroep van jou keuse volg nie – die vlugtelingplan bepaal watter werk jy moet doen.

Afrikaners moet beslis nie verwag om ’n middelklassalaris te verdien nie. Die hoë lewenskoste in Amerika moet in gedagte gehou word en jou kwalifikasies en ondervinding sal nie noodwendig in ag geneem word wanneer daar oor jou beroep besluit word nie. Vlugtelinge verrig dikwels lae-inkomste werk teen die minimum loon.

 

  1. Jy kan enige tyd beveel word om terug te keer na Suid-Afrika

Wanneer die VSA-regering hul beleid verander of besluit dat die situasie in Suid-Afrika verbeter het, kan die vlugtelinge enige tyd terug na Suid-Afrika gedeporteer word.

Jou verblyf in die VSA is dus nie gewaarborg nie, wat dit moeilik maak om met stabiliteit en sekerheid te leef. Dit is nie onmoontlik vir Afrikaners om as vlugtelinge te “begin en hulself op te werk” tot Amerikaanse burgers nie, maar die moontlikheid hang af van baie veranderlikes wat nog onseker is.

 

  1. Jy mag slegs met beperkte besittings aanmeld

Vlugtelingstatus beteken nie dieselfde as emigrasie nie. Jou meubels en aardse besittings sal ongelukkig nie saam met jou kan reis nie. Jy kan in Amerika aanmeld met slegs die nodigste.

Dit sal vir die middelklaspersoon in Suid-Afrika ’n geweldige ekonomiese verlies wees.

Kleynhans vestig die aandag daarop dat vlugtelingstatus vir mense bedoel is wat werklik swaarkry, alles verloor het, deur erge trauma (soos geweldsmisdade) gegaan het en nog talle ander gevalle. Vir hierdie mense is dit ’n werkbare opsie, en in hierdie gevalle moet die individu se keuse gerespekteer word.

 

  1. Jy sal nie oor grense heen kan reis nie

Vlugtelinge mag nie sonder toestemming oor die grense van die gasheerland reis nie. Weens die streng regulasies is jou beweging ook beperk.

Bailey waarsku ook: “As ’n mens boonop een keer ’n vlugteling was of om vlugtelingstatus probeer aansoek doen het, sal jy internasionaal ook moeiliker ’n visum kry omdat jy as ʼn risikogeval beskou word wat moontlik ’n onwettige immigrant kan word.”

 

  1. Dit is onwaar dat die Solidariteit Beweging “nee dankie” gesê het vir pres. Trump se aanbod

Emigrasie en om vir vlugtelingstatus aansoek te doen, is ’n persoonlike besluit en behoort met empatie en ondersteuning benader te word.

Die Solidariteit Beweging se mening is dat dit nie vir almal ’n opsie is om te vlug nie en dat die bogenoemde aspekte deeglik oorweeg moet word.

“Die belangrikste is om te besef dat die Trump-administrasie die eerste Amerikaanse regering is wat direk op die hoogste vlak weer na Afrikaners verwys en dus Afrikaners as ’n wesenlike rolspeler, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in geopolitiek beskou. Dit opsigself is ’n reusedeurbraak. Afrikaners staan nou sentraal in die globale magstryd. Dit hou baie geleenthede in, maar selfs groter risiko’s,” sê Kleynhans.

Die Solidariteit Beweging verwelkom pres. Trump se erkenning van die Afrikaner. Dié wat egter in die land moet of wil agterbly, benodig erkenning en steun om vir onsself ’n toekoms in die land te bou waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan leef.

 

Om te vlug is nie noodwendig die antwoord op die uitdagings wat ons in Suid-Afrika beleef nie. In baie opsigte is dit meer voordelig vir Afrikaners om in die land te bly en te help bou aan ’n beter toekoms. Indien jy regtig graag wil emigreer, moenie vlugtelingstatus as ’n “maklike uitweg” sien nie. Volg eerder die regte kanale vir emigrasie en maak seker van die vereistes en voorwaardes van verblyf in jou nuwe land. Om met Kleynhans se woorde af te sluit:

“Afrikaners se toekoms is in Suid-Afrika, maar altyd met ’n wete dat daar voortdurend geleenthede vir ons mense sal oopgaan om oorsee te gaan woon en werk – soms tydelik, soms permanent. Dit moet ons met groot sensitiwiteit en respek bejeën.”

 

Solidariteit Beweging verwelkom diplomatieke druk, maar oplossing moet intern gevind word

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, gaan op dringende basis ‘n gesprek met president Ramaphosa aanvra en na die VSA reis vir gesprekke met verteenwoordigers van die Withuis.
Dit volg op president Donald Trump se uitvoerende bevel rakende Suid-Afrika se buitelandse beleid, onteiening, rasgebaseerde beleid en die repatriasie van Afrikaners. Ons was nie bewus daarvan dat mnr. Trump hierdie bevel sou uitreik nie.

Die ANC het oor jare ‘n roekelose binnelandse en buitelandse beleid gevolg, wat daartoe gelei het dat hulle die wêreld se grootste ekonomie en een van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote vervreem het.
Die G20-beraad het internasionale aandag op Suid-Afrika gevestig, en dit sal deur die res van die jaar voortduur. Indien die ANC as voorsitter van die G20-beraad ‘n globale rolspeler wil wees, moet sy internasionale en binnelandse beleid hiermee strook. Dit beteken onder meer dat die ANC nie die grondwetlike skikking mag verbreek deur Afrikaanse skole en moedertaalonderrig deur wetgewing te probeer afskaal nie.

Die Solidariteit Beweging, insluitend Solidariteit en AfriForum, verteenwoordig sowat 600 000 Afrikaner-gesinne en 2 miljoen individue. Ons boodskap aan presidente Ramaphosa en Trump is dat ons probleme in Suid-Afrika self wil oplos. Ons is bereid om eerlike gesprekke met beide partye te voer oor die stand van die land en ons gemeenskap en onderneem om feite korrek en verantwoordelik oor te dra, soos ons nog altyd gedoen het.

Die VSA moet Suid-Afrikaners die geleentheid gee om ons eie uitdagings te hanteer. Die Solidariteit Beweging bly verbind tot gesprek en beskikbaar vir samewerking. Ons verwelkom die politieke druk wat die VSA op die ANC plaas, maar sal standpunt inneem teen die onttrekking van hulp. Ons ondersteun Suid-Afrika se voortgesette deelname aan AGOA, wat duisende boere en werknemers se lewensbestaan verseker.

Gewone Suid-Afrikaners moet nie die prys betaal vir diplomatieke geskille en die ANC se roekelose beleid nie. Die onttrekking van hulp kan ernstige maatskaplike gevolge en verhoogde werkloosheid tot gevolg hê. Enige hulp moet egter deeglik geëvalueer word.
Die oplossing is dat internasionale hulp aan Suid-Afrika moet voortgaan, terwyl Afrikaners praktiese ondersteuning ontvang in hul strewe na kulturele outonomie.

Afrikaners is verbind tot Suid-Afrika en die vasteland. Ons verskil met die ANC, maar is lief vir ons land. Soos in enige gemeenskap is daar individue wat wil emigreer, maar repatriasie van Afrikaners as vlugtelinge is nie vir ons ‘n oplossing nie. Ons wil ‘n toekoms in Suid-Afrika bou en het minimum bestaansvoorwaardes wat ons sal stel en voor sal werk.
Indien die internasionale gemeenskap ons help om ‘n omgewing te skep waarin Afrikaners volhoubaar in Suid-Afrika kan bly, kan ons ‘n blywende bydrae tot die welstand van die land en al sy mense lewer.

Ons lojaliteit aan die land is net so onwrikbaar as ons regmatige strewe na kulturele vryheid en die afskaffing van rassediskriminasie teen ons. Hierdie verbintenis tot ons land en kulturele vryheid is vervat in die Afrikaner-verklaring, wat verlede jaar saam met gemeenskapsleiers onderteken en bekendgestel is.

Die Solidariteit Beweging, spesifiek Solidariteit en AfriForum, sal onmiddellik begin om voorstelle te ontwikkel vir die oplossing van dispute oor onteiening en rasgebaseerde beleid. Verdere inligting sal binnekort bekend gemaak word.

Die Solidariteit Beweging, AfriForum en Solidariteit het Saterdag 8 Februarie 13:00 by AfriForum se hoofkantoor, ’n mediakonferensie oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitvoerende bevel rakende die posisie van Afrikaners in Suid-Afrika, asook oor befondsing aan Suid-Afrika gehou.

Flip Buys, chairperson of the Solidarity Movement
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

Solidariteit Beweging gaan met Trump-administrasie praat

Die Solidariteit Beweging het aangekondig dat hy met die VSA regering in gesprek gaan tree oor pres. Donald Trump se uitsprake Sondagaand in die media oor Suid-Afrika. Die Beweging gaan terselfdertyd die Suid-Afrikaanse regering skakel en voortgaan met plaaslike druk om beleidsrigtings wat skadelik vir die land is, te takel.

Trump het Sondagaand aangekondig dat alle befondsing aan projekte in Suid-Afrika onmiddellik gestaak word. Verlede jaar het die Amerikaanse regering meer as 400 miljoen dollar se projekte in Suid-Afrika, veral in die bekamping van MIV/vigs gefinansier. Suid-Afrikaanse universiteite het ook finansiering van die Amerikaanse regering ontvang. Trump is duidelik bewus van pres. Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet en dit, gekombineerd met die Suid-Afrikaanse regering se voortgesette internasionale regstryd teen Israel, was waarskynlik die katalisators wat tot Trump se ingrepe gelei het.
Trump word ook tans deur adviseurs in die Withuis aangemoedig om standpunt oor minderheidsregte in Suid-Afrika in te neem. Dit volg onder meer op verslae oor die omvang van rassediskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika, die omvang van plaasaanvalle en -moorde die afgelope drie dekades en die ondertekening van die Bela-wet. Trump is die afgelope paar dae deeglik hieroor deur sy Afrika-adviseurs ingelig.

Die Solidariteit Beweging is een van die grootste burgerlike bewegings in Suid-Afrika en verteenwoordig sowat twee miljoen Suid-Afrikaners en ʼn netwerk burgerlike instellings, waaronder Solidariteit en AfriForum. Die Beweging is reeds die afgelope paar jaar met verskeie Amerikaanse politici in verbinding om te verseker dat Suid-Afrika se verhouding met die VSA nie skipbreuk lei nie.
“Die Solidariteit Beweging gaan die Trump-administrasie vra om druk op die ANC se beleidsrigtings te plaas, maar om nie gewone Suid-Afrikaners te straf deur maatreëls wat groter werkloosheid veroorsaak of die weerloses benadeel nie. “Ons hou nie van die ANC nie, maar ons is lief vir die land. Om hulp aan Suid-Afrika te sny sal die verkeerde mense raak,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

Terselfdertyd is groter buitelandse druk op die ANC noodsaaklik omdat die grondwetlike skikking tans  oor ʼn wye front verbreek word en die ANC voortgaan om alleen te regeer terwyl ʼn regering van nasionale eenheid (RNE) eintlik aan bewind is. Die VSA het ʼn groot verantwoordelikheid om toe te sien dat grondwetlike beloftes soos eiendomsreg, moedertaalskole en -universiteite, en die afskaffing van rassediskriminasie nagekom word, omdat dié beloftes instrumenteel was in die grondwetlike skikking van die 1990’s.

Die Solidariteit Beweging beplan ʼn reeks diplomatieke optredes wat insluit gesprekke met plaaslike diplomate en besoeke aan die Withuis. Die Solidariteit Beweging sal binnekort meer inligting bekend maak.
“Ons gaan gesprek voer oor kwessies soos onteiening, onderwys, gesondheidsorg, rassewette en Agoa. Die uitkoms waarna ons op soek is, is druk vir verandering van beleid, maar nie finansiële tipe sanksies teen die land nie. Om Suid-Afrika uit byvoorbeeld Agoa te skop sal tot die verlies van duisende werksgelenthede lei. Die gevolg sal groter armoede wees en die teelaarde vir meer radikale beleid,” het Buys gesê.

Intussen gaan die Solidariteit Beweging voort met die uitoefening van plaaslike druk. Volgens Buys gaan instellings soos Solidariteit en AfriForum voort met regsaksie oor die nuwe Onteieningswet, die Nasionale Gesondheidsorgversekering, Bela en die land se rassebedeling. “Ons beplan ook gesprekvoering met die ANC oor sy roekelose plaaslike en internasionale beleid wat vernietigende gevolge vir gewone Suid-Afrikaners kan hê,” het Buys gesê.

Dít is waarom die Solidariteit Beweging ons eie onderriginstellings bou

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê: “Ons brand nie en breek nie; ons bou en beskerm. Ons wag nie dat die regering ons probleme oplos nie; ons sal dit self doen, en ons sal dit ook saam doen as dit kan.”

Kritiek wat die Solidariteit Beweging dikwels oor ons onderriginstellings (Sol-Tech, Akadmia, Bo-Karoo Opleiding en Gimnasium) kry, is dat ons ander ras- en kultuurgroepe wil uitsluit en poog om onsself van die res van Suid-Afrika te isoleer.

Dit sal egter meer akkuraat wees om te argumenteer dat openbare universiteite nie ruimte gun vir Afrikaanse kultuur nie. Afrikaans is in die meeste tersiêre staatsinstellings byna uitfaseer. Christelike waardes is nie noodwendig meer die norm nie. Ons universiteite het ’n politieke speelveld geword, eerder as ’n plek waar jongmense hul denke en menswees in ’n veilige omgewing kan vorm.

Die ware redes waarom die Solidariteit Beweging ons eie onderriginstellings bou, is die bevordering van moedertaalonderrig, om ’n plek te skep waar ons Christelike waardes kan beoefen en uitleef, om ruimte te skep waar studente kan deel wees van ’n gemeenskap met ooreenstemmende waardes, om gehalte-onderrig te bied wat behoeftes in die arbeidsmark takel, en om studente voor te berei om uitnemend in hul beroepe te wees.

Die Solidariteit Beweging bou hul eie onderriginstellings, soos die Sol-Tech kampus.
Die Solidariteit Beweging bou hul eie onderriginstellings, soos die Sol-Tech kampus.

 

  1. Die bevordering van moedertaalonderrig

Navorsing bewys dat studente wat in hul moedertaal onderrig word, akademies beter presteer as studente wat in hul tweede of derde taal leer. Jaar na jaar bewys Afrikaans-medium skole se matriekuitslae dat moedertaalonderrig die resep vir sukses is.

By die onderriginstellings van die Solidariteit Beweging word daar slegs in Afrikaans onderrig. Dié instellings is van die enigste tersiêre instellings in die land wat onderrig slegs in Afrikaans aanbied. Met Afrikaans wat toenemend as onderrigtaal bedreig word, skep ons instellings hoop. Sonder om vervolging te vrees, kuier, leer, sing en bid studente in Afrikaans – hul moedertaal.

 

  1. Om ’n plek te skep waar ons Christenskap kan beoefen

Om in die openbaar met skriflesing en gebed te open, is ’n voorreg wat nooit as vanselfsprekend aanvaar mag word nie. Buys verwoord die Solidariteit Beweging se uitgangspunt oor geloof: “Ons voel sterk oor Christenskap, ook omdat dit een van die min samebindende waardes in ons verdeelde land is, waar die Suid-Afrikaanse nasie grootliks net ’n geografiese uitdrukking is.”

By die Solidariteit Beweging se onderriginstellings word Christelike waardes gekoester en openlik onder die studente en personeel bevorder. Christenskap is die enigste geloof wat hier beoefen word en die studente voel veilig om hul geloof uit te leef en te groei in ’n omgewing waar hulle ondersteun word.

 

  1. Om ’n ruimte te skep waar studente deel kan wees van ’n gemeenskap met ooreenstemmende waardes

Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding bied verskeie studente-aktiwiteite aan waar studente hul leierskapvaardighede kan slyp en vriende kan maak wat dieselfde as hulle dink en glo.

Hiér is waar jongmense in ’n veilige omgewing geslyp en gevorm word om selfstandige en standvastige volwassenes te wees.

 

  1. Die bied van gehalte-onderrig wat behoeftes in die arbeidsmark takel

Sol-Tech is begin omdat gesien is dat daar ’n tekort aan opgeleide ambagslui in die land was. Suid-Afrika het nie oor genoeg gehalte-opleidingskolleges beskik nie en al hoe minder jong persone het hulself in dié loopbaanrigting gekwalifiseer.

Vandag is Sol-Tech tjokvol studente en die leemte in die arbeidsmark word gevul. Studente word nog voor die einde van hul studie by werkgewers geplaas, en baie studente word bemagtig om hul eie ondernemings te begin.

In 2025 open Sol-Tech ook sy eie toetssentrum waar ambagslui akkreditasie kan ontvang. Deur die gapings in die arbeidsmark aan te pak, dra die Solidariteit Beweging by tot die bevordering en groei van die ekonomie. Verder word daar nuwe werksgeleenthede vir jongmense geskep.

 

  1. Studente word voorberei om uitnemend in hul beroepe te wees

In Suid-Afrika verseker ’n tersiêre kwalifikasie alleen nie meer ʼn pos vir ’n jong gegradueerde nie. Die werksloosheidsyfer is 32,1% en byna die helfte van dié werkloses is jongmense. Verder het jong werkendes nie altyd die ervaring of kennis om in hul werksomgewing suksesvol te wees nie.

By die Solidariteit Beweging se onderriginstellings word studente bemagtig om vanaf die eerste dag by ’n nuwe werk uitnemend te wees. Die Solidariteit Beweging lei nie net studente op in ’n vakgebied nie, maar in waardes en werksetiek wat hul kop en skouers bo ander kandidate laat uitstaan.

 

Die Solidariteit Beweging hoop nie op ’n goeie toekoms nie; ons bou vir onsself ’n toekoms waarin ons gemeenskappe en kinders vry, veilig en voorspoedig kan leef en leer. Ons onderriginstellings is nie op politieke motiewe gebou nie, maar eerder om hoop en geleenthede te skep.

 

 

Twaalf wenke vir studente

Flip Buys 

Hierdie artikel is gepubliseer op Maroela Media

Duisende eerstejaarstudente pak eersdaags hulle studie aan. Hoewel Langenhoven gesê het jy moet jou studie met lekkerkry klaarkry, wys die praktyk dat baie jongmense eerder swaarkry as lekkerkry.

  1. Geniet jou studentetyd

is ʼn groot voorreg om te kan studeer. Gryp die geleentheid aan en geniet dit, want jy is net een keer ʼn student! Studente het die voordele van volwassenheid sonder al die verantwoordelikhede. Studentwees is soos om met jou pa se kar rond te ry: Die vryheid en mobiliteit het jy, maar die paaiemente gaan nog van iemand anders se rekening af!

  1. Gebruik jou kans

Gebruik jou kans om te studeer, want ʼn goeie kwalifikasie is ʼn onontbeerlike voorvereiste vir ʼn goeie werk of eie besigheid. Geniet jou studentelewe, maar sorg dat jy jou kwalifikasie suksesvol en in die minimum tyd afhandel. Jy sal die res van jou lewe dankbaar daarvoor wees. ʼn Goeie kwalifikasie kom nie verniet nie; dit kos harde werk en baie geld, maar bied ʼn onvergelykbare opbrengs op die belegging.

  1. Besef wat die doel van studie is

Die doel van studie is nie net om jou vir jou beroep voor te berei nie, maar om jou vir jou roeping toe te rus. ʼn Kwalifikasie help met ʼn werk, maar wie vir sy of haar roeping voorberei, is verseker van ʼn loopbaan, en selfs ʼn snelweg! Werk dus aan jou kwalifikasie, maar ook aan jou eie vorming, ontwikkeling en menswees.Vryheid en verantwoordelikheid

  1. Vryheid en verantwoordelikheid

ʼn Student het ongekende vryheid, want jy is nie meer onder die skool of jou ouers se toesig nie, en is nog nie onderworpe aan die dissipline van die werkplek nie. Hierdie vryheid laat studente soms struikel, want nie almal besef dat dit met verantwoordelikheid gepaard gaan nie. Sorg dus dat jy jou tyd so struktureer dat die vryheid jou nie pootjie nie. Gebruik jou vryheid om doelgerig te werk, en geniet jouself ten volle, maar kom jou belangrikste verantwoordelikheid na, naamlik om jouself te kwalifiseer. Tydbestuur is ʼn groot uitdaging, maar niemand wat sukkel om sy dag te bemeester kan ooit sy graad ten volle bemeester nie.

  1. Bly by

Op skool was die onderwysers deurlopend daar om jou te help om by te bly, en hulle het mede-verantwoordelikheid vir jou sukses geneem. Universiteite en kolleges werk anders. Studente wat nie by die vinnige tempo bybly nie, is seker die grootste rede vir die mislukking van studente wat nie deurkom nie. Sorg dus dat jy nie agter raak nie, anders raak die werk net te veel om in te haal.Byt vas

  1. Byt vas

Dis nie maklik om ʼn kwalifikasie te verwerf nie, anders het almal een gehad. Moenie opgee nie – byt vas en volhard wanneer dit moeilik gaan. Dit bou karakter en vorm jou om eendag uitdagende take in die werkplek aan te pak. As dinge druk, bly kalm en glo in jouself, want soos Henry Ford dit gestel het: Ongeag of jy dink jy kan, of dink jy kan nié, jy sal in albei gevalle reg wees.

  1. Neem deel aan die studentelewe

Die doel van universiteite en kolleges is nie net opleiding nie, maar ook die ontwikkeling en vorming van die student vir sy of haar lewe. Daar word gesê dat deelname aan die studentelewe net soveel werd is as ʼn ekstra graad. Dit bied ʼn veilige omgewing waarin studente veel meer lewensvaardighede kan leer as net wat in die handboek staan.

Daarom is die vormingsideaal so belangrik. ʼn Universiteit of kollege is immers nie net ʼn akademiese supermark nie; dit gaan oor die volle ontwikkeling van jou menswees. Neem dus deel aan die studentelewe, ook as jy nie in ʼn koshuis is nie, en waar moontlik selfs as jy ʼn afstandstudent is. Dit bou ook lewenslange netwerke waaruit jy dekades lank kan put. Die vroeë blootstelling aan leierskap, verantwoordelikheid en gesonde druk in ʼn veilige omgewing sal jou ook in jou werksonderhoude onderskei en jou CV laat uitstaan. Benut elke geleentheid vir ontwikkeling.

  1. Benut elke geleentheid vir ontwikkeling

Studentetyd bied baie geleenthede vir ontwikkeling, maar jy sal dit moet gaan soek en benut, want dit land nie in jou skoot nie. Loop die ekstra myl vir die plek waar jy studeer, vir jou medestudente en vir jou studie. Jy sal verseker die vrugte daarvan pluk, omdat enige werkgewer voorkeur sal gee aan ʼn aansoeker wat meer gedoen het as wat hulle moes.

  1. Beroep en roeping

Leer die verskil tussen ʼn beroep en ʼn roeping. ʼn Beroep is wat jy doen, en ʼn roeping is hoekom jy dit doen. Dis verskriklik om vir dekades lank te werk aan ʼn beroep waar jy voel dat jy jou lewensdoel mis. Soek dus na jou roeping, bid daaroor, en vra raad by mense met wysheid. Ware lewensgeluk spruit uit iemand wat hulle passie lewenslank uitleef, en boonop daarvoor betaal word.

  1. Vra en gebruik hulp

Hulp is dikwels net ʼn e-pos, oproep of besoek vêr. Enige mens het soms hulp nodig. Die universiteit of kollege wil graag hê jy moet suksesvol wees en bied verskeie hulpdienste aan studente. Hierdie dienste strek gewoonlik vanaf bystand met studiemetodes, finansies, persoonlike uitdagings en geestelike behoeftes. Vind uit waar daardie hulp beskikbaar is en gebruik dit as jy dit nodig het.</p><p>Die grootste fout wat jy kan maak, is om nie vir hulp te vra as jy dit nodig het nie. Die tweede grootste fout sou wees om te laat vir hulp te vra. Opleiding is gebou op die skouers en sweet van hulle wat voor ons gekom het. Hulle wou die volgende geslagte help, en het instellings gebou met die uitgesproke doel om jou te help om jou talente te ontgin en jou drome te verwesenlik.

  1. Werk aan jou welstand

Mense is veelkantig. Daarom gaan menslike welstand oor welstand in die wydste sin: fisiek, akademies, geestelik, emosioneel, finansieel en sosiaal. Handhaaf ʼn balans tussen al hierdie fasette, en werk gedurig aan almal.

  1. Kulturele burgerskap

ʼn Samelewing kan net voortbestaan as elke geslag vir die volgende een leef. Diegene wat voor jou was, het die universiteit of kollege opgerig waar jy nou die versamelde kennis en wysheid van baie geslagte kan leer. Bemeester dit, bewaar dit, voeg jou deel daarby, en gee dit dan aan vir die volgende geslag sodat hulle ook daaruit kan put.

ʼn Universiteit of kollege is nie net ʼn plek waar jy moet leer nie; dit is ook ʼn ruimte waar ons kultuur van geslag tot geslag oorgedra word. Jy is nie net ʼn landsburger nie, maar ook ʼn “kultuurburger”, oftewel lid van ʼn kultuurgemeenskap soos Afrikaners wat uit ʼn ketting van geslagte bestaan. Dis dié wat reeds weggeval het, dié wat nou leef, en dié wat nog kom. Dis hoekom die gemeenskap hierdie universiteit of kollege vir jou opgebou het.

Al kry jy dit verniet, was dit beslis nie gratis nie. Bou voort op wat ander vir jou opgebou het.

Skooltassie-projek vier 18 jaar van hoop

Graad 1-leerders van nagenoeg 130 skole landwyd het die nuwe skooljaar met ʼn breë glimlag afgeskop ná hulle skooltassies propvol skryfbehoeftes ontvang het.

Solidariteit Helpende Hand dryf jaarliks die skooltassie-projek, wat behoeftige kinders reeds vir 18 jaar met ʼn skooltas, gevul met al die nodige skryfbehoeftes vir die eerste jaar van hulle skoolloopbaan, toerus.

Alhoewel baie van die tassies verlede jaar uitgedeel is, het Helpende Hand Woensdag (17 Januarie) ʼn simboliese uitdeeldag by Laerskool Saamspan in die weste van Pretoria gehou. Die organisasie se gelukbringer, Braaf die Boerboel, het sommer ook sy spiere ingespan om van die tassies aan leerders te oorhandig.

“Ons missie is om kinders ʼn gelyke kans te gee op sukses deur hulle met die regte gereedskap te bemagtig. Hierdie tassies is meer as net houers – dit is ʼn simbool van hoop, selfvertroue en die moontlikheid van ʼn blink toekoms,” sê Danelle du Plessis, die organiseerder van die projek.

Elke tassie bevat ʼn pennesakkie, grys potlode, inkleurpotlode, uitdraaikryte, ʼn skêr, uitveër, gom, liniaal, witbordjie en witbordpenne. Elke tassies bevat ook ʼn Christelike leesboekie.

Met die ondersteuning van verskeie borge soos Pretoria FM, Boerboel Wear, Lig in Duisternis Uitgewers (verskaffers van die Witrokkie-boekie) BIC (verskaffer van HB- en inkleurpotlode), Finesse Voelgoed Media (skenking van kontant) en KIMOsource (verskaffers van liniale), was die dag ʼn feestelike geleentheid.

Leerders het hul tasse met groot opgewondenheid ontvang en is nou gereed om hul akademiese reis te begin.

Die “Witrokkie”-boekie verskaf deur Lig in Duisternis Uitgewers is by elke tassie ingesluit. (Foto: Verskaf)

Die projek is oor die jare moontlik gemaak danksy vrygewige donasies van die publiek en die betrokkenheid van plaaslike gemeenskappe. Helpende Hand nooi alle Suid-Afrikaners om deel van hierdie inisiatief te word deur ʼn skooltassie te skenk en só die lewe van ʼn kind te verander.

Vir meer inligting of om by te dra, besoek Solidariteit Helpende Hand se webwerf by Tassie.co.za.

Afrikaner-opkoms in die 21ste eeu

Ernst Roets 

Hierdie artikel is op Maroela Media gepubliseer. 

Meer as drie dekades het verloop sedert politieke oorgang in Suid-Afrika in 1994. Die wêreld het dit gevier toe die ANC, onder leiding van Nelson Mandela, die bewind oorgeneem het in wat algemeen beskou is as die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika.

Die viering is in 1995 herhaal toe Suid-Afrika die Rugbywêreldbeker gewen het – wat geneem is as ʼn teken dat die Suid-Afrikaanse politieke projek werk. Die viering is ook in 1996 herhaal toe Suid-Afrika dít wat as die mees liberale, mees moderne en mees demokratiese grondwet in die wêreld beskryf is, aangeneem het.

Die BBC het ʼn dokumentêr getiteld Miracle Rising vervaardig waarin bekendes soos Oprah Winfrey, Bono (van die rock-groep U2) en Charlize Theron die situasie in Suid-Afrika ontleed en verduidelik het tot watter mate die politieke oorgang die gevolg van ʼn goddelike ingryping moes wees. Suid-Afrika het ook die ná-kindertydse suksesverhaal van die Verenigde Nasies geword – ʼn voorbeeld dat die toepassing van moderne globalistiese ideologieë op diverse samelewings tot sukses lei.

Natuurlik was daar, benewens die feit dat die oorgang nie tot die burgeroorlog gelei het wat deur talle voorspel is nie, regtig geen tasbare aanduiding dat die stelsel sou werk nie. Die destydse viering was grootliks daaraan te danke dat mense werklik gehou het van die ANC en Nelson Mandela wat die status van ʼn heilige verkry het – meestal as gevolg van sy passievolle pleidooi vir versoening ondanks sy tronkstraf, en danksy die feit dat die geskrewe teks van die Suid-Afrikaanse Grondwet ʼn manifestasie van die liberale demokrasie was.

Op daardie tydstip was dit bykans onmoontlik om enigiets hiervan teë te staan. Die narratief was net té sterk. En ʼn poging om ʼn teenargument te bied of om te waarsku teen die vooruitsigte van ʼn sosialistiese ANC-geleide regering is met aggressiewe beskuldigings van rassisme en anti-demokratiese sentiment begroet.

Mense het blykbaar vergeet dat die meeste Afrikaners ook ʼn einde wou maak aan die apartheidstelsel wat gevestig was op die idee van verskillende tuislande vir verskillende volke, maar wat op die ou end ʼn onverdedigbare stelsel van gedwonge skeiding geword het, kompleet met banke en strande wat volgens ras toegewys is.

Die vraag was nie of die stelsel moes eindig nie, maar hoe dit beëindig behoort te word, en nog belangriker waarmee dit vervang moes word. Maar, om aan te voer dat ʼn stelsel wat in ʼn land so groot en so divers soos Suid-Afrika eksklusief op Westerse individualistiese menseregte gebou is, nie ʼn volhoubare alternatief sou wees nie aangesien dit nie na behore voorsiening sou maak vir die aspirasies van die diversiteit van kulturele gemeenskappe nie, is met fel skeptisisme begroet. Om so te argumenteer is as ʼn aanval op die demokrasie geïnterpreteer.

Dit was ʼn rampspoedige tyd vir die Afrikaners. Alles wat as “Afrikaner” geëtiketteer kon word, is fundamenteel as rassisties en agterlik bestempel. Ons kon nie eers die woord “Afrikaner” gebruik om ons gemeenskap te beskryf nie. Nie vanweë een of ander wet nie, maar bloot omdat dit algemeen as onvanpas beskou is om ʼn Afrikaner te wees. Voorts het feitlik elke Afrikaner-instelling in duie gestort – insluitend die politieke partye en drukgroepe. Dit is deels toe te skryf aan die feit dat talle van hierdie instellings op een of ander manier afhanklik was van, of met die staat verbind was.

Tog het dinge nie uitgedraai soos wat Oprah Winfrey, Bono en Charlize Theron voorspel het nie. Die destydse politieke golf was koorsagtig ten gunste van die nuwe Suid-Afrikaanse regering en die regerende ANC – ʼn beweging wat sy eie ideologie met trots as ʼn mengsel van ras-nasionalisme en sosialisme beskryf het. En so, in ʼn tragies ironiese draai, het ʼn self-toegedigte nasionaal-sosialistiese beweging ná die val van die Berlynse Muur, die gevierde gesig van liberale demokrasie geword.

Op daardie tydstip het die jong Flip Buys, wat die leier van die hoofsaaklik Afrikaanse Mynwerkersunie (MWU) van Suid-Afrika geword het, gemeen dat wanneer politiek beoordeel word, dit belangriker is om die getye as die golwe in ag te neem. Al was die golwe oorweldigend heuglik, was die gety ook duidelik – geen sosialistiese, revolusionêre beweging kon nog ooit verantwoordelik regeer nie.

Toe die ANC aan bewind gekom het, het hulle seker gemaak om dit te stel dat hulle nie as ʼn politieke party of as ʼn regering beskou moes word nie, maar as ʼn bevrydingsbeweging-aan-bewind, wat steeds tot revolusie verbind was. Dit moes ʼn ooglopende rooi lig gewees het. Tog was die vreugdevolle stemming net te oorweldigend om oor sulke ongemaklikhede bekommerd te wees.

En so het die Afrikaners begin beplan.

Die prys om ons identiteit, kultuur en tradisie te laat vaar, was net té hoog, al is dit wat van ons verwag was. Die nuwe Suid-Afrikaanse projek kan in die woorde van Samora Machel beskryf word: “ … for the nation to prosper, the tribe must die”. Met ander woorde, om die nuwe Suid-Afrikaanse identiteit te laat slaag, moet die kultuurgemeenskappe wat Suid-Afrikaanse burgers as lede het ontbind. Dit is omdat die ANC en sy rasieleiers kultuur en gemeenskaplike identiteit beskou het as “agterlik” en as “stamdenke” wat tot die verlede behoort.

Dit was in hierdie tyd wat die Afrikaners besluit het om ʼn beweging te bou. Gegrond op dit wat ons uit historiese ervaring kon leer, was die mees waarskynlike toekomsvooruitsig dat Suid-Afrika nie die suksesverhaal sou wees wat van die dakke af uitgebasuin is nie.

Ons het die uiters belangrike les oor die gevare van statisme geleer – die Afrikaners het ʼn groot deel van die tweede helfte van die 20ste eeu daaraan bestee om ʼn sterk staat te bou wat eerstens moreel onverdedigbaar geword het en tweedens amper oornag ingehaal is, en onmiddellik teen ons gedraai is. Weens die feit dat ons ʼn numeriese minderheid is, het die vooruitsig om sake deur verkiesings te verander onrealisties geword.</p>

En so het ons omstandighede daartoe gelei dat ons ʼn fundamentele waarheid oor die menslike toestand herontdek het. Dit is die belangrikste feit waarop nie net die Afrikanerdom nie, maar die Weste gebou is. Eerstens en primêr is dit die feit dat mense van nature gemeenskapswesens is. Ons wil instinktief ons gemeenskappe en die dinge wat ons geërf het bewaar, al is moderne globalistiese ideologieë hewig daarteen gekant. Tweedens is dit ʼn feit dat die enigste weg na voorspoed en sukses deur gemeenskapsinstellings loop.

Al bly verantwoordelike burgerskap vir ons belangrik, het ons besef dat die staat net probleme en geen oplossings nie sou oplewer. As ons as ʼn gemeenskap wou oorleef, moes ons ons eie oplossings vind. Ons het weer geïnspireer geraak deur die woorde van die Afrikaner-godsdiensleier Vader Kestell wat gedurende die 1930’s gesê het: “ʼn Volk red homself” en uiteindelik het ons ʼn aangepaste weergawe daarvan aangeneem as slagspreuk van ons tyd: “Ons sal self”.

En so is die Afrikanerprojek van die 21ste eeu daarop gemik om ʼn toekoms vir ons gemeenskappe te verseker deur die bou en versterking van ʼn netwerk van gemeenskapsinstellings. Dit het begin met die herbenaming en verandering van die beeld van die Mynwerkersunie tot Solidariteit, die herskryf van sy grondwet en Buys se aankondiging dat hierdie instelling die basis van ʼn nuwe beweging van instellings moet vorm.

Al het feitlik al die Afrikanerinstellings teen die einde van die 20ste eeu in duie gestort, het die Solidariteit Beweging, soos ons dit vandag ken, in ʼn kwessie van ʼn paar dekades tot ʼn netwerk van meer as 50 instellings gegroei wat aktief in verskeie sfere van die Afrikanergemeenskapslewe werk om ʼn toekoms vir ons gemeenskap te verseker.

Hierdie instellings sluit in:

  • die Christelike werkersinstelling Solidariteit;
  • die burgerregtegroep AfriForum;
  • die gemeenskapsopheffingsinstelling Solidariteit Helpende Hand;
  • die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, die FAK;
  • verskeie akademiese instellings, insluitend die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, die ambagsopleidingskollege, Sol-Tech, en die hoëronderwysinstelling, Akademia;
  • verskeie media-instellings, insluitend Maroela Media, die grootste Afrikaanse aanlyn nuusplatform;
  • die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton;
  • die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, OOM; en talle ander.

Ons glo dat die enigste volhoubare toekoms een is waarin gemeenskappe deur hul eie instellings verantwoordelikheid vir hulself aanvaar en waarin wedersydse erkenning en respek en vreedsame naasbestaan aangemoedig word. Gevolglik is ons benadering gebaseer op dit wat ons binding en brugbou kan noem. Binding impliseer om aktief binne ons eie gemeenskap te werk en om trots te wees op wie ons is en waarvoor ons staan. Brugbou beteken om uit te reik na ander gemeenskappe om saam te werk in die geval van sake waaroor ons saamstem.

Intussen lyk dit of die politieke bedeling in Suid-Afrika na alle waarskynlikheid gaan misluk. Suid-Afrika is volgens amper elke denkbare maatstaf op pad na mislukking. Tog is dit eenvoudig te vergesog om oplossings van die regering te verwag. Ons sal met die regering saamwerk waar ons kan, maar ons is dankbaar vir die feit dat ons weer ontdek het wat dit van ʼn gemeenskap verg om te floreer.

Om hierdie redes vind die woorde van Winston Churchill, dat die toekoms reeds gebeur het al is dit nie eweredig versprei nie, diep aanklank by ons. Ons glo dat wat die krisis betref die toekoms van die Westerse wêreld op sekere belangrike maniere reeds in Suid-Afrika gebeur het. Maar meer as dit, ons glo ook dat wat die oplossings betref, die toekoms op sekere belangrike maniere reeds aan die gebeur is.

Ernst Roets is die hoof van die Afrikanerstigting
Ernst Roets is die hoof van die Afrikanerstigting

Helpende Hand Studietrust steek R61 miljoen-mylpaal verby

Solidariteit Helpende Hand mediaverklaring

Die Helpende Hand Studietrust het ‘n rekordbedrag van R61 miljoen toegeken om 1 170 studente se studiedrome vir die 2025 akademiese jaar te verwesenlik.

Helpende Hand het sedert die ontstaan van sy Studietrust in 2009 reeds meer as 7 000 studente met finansiële hulp bygestaan. Tot op hede beloop die bydraes altesaam sowat R400 miljoen.

Dié aankondiging volg net een dag nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) Maandag genoem het dat hul Onderwystrust 18 leerders gehelp het om hul matriekeksamen in 2024 suksesvol af te lê. Die trust is in 2010 gestig vir kinders van polisiebeamptes wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het en bied ondersteuning deur die opvoedkundige koste van die kinders te finansier.

Volgens die SAPD het sy trust sedert 2010 meer as 1 000 kinders gehelp waarvan meer as 100 reeds hul tersiêre opleiding voltooi het. Nog tien studente behoort vanjaar hul tersiêre studies af te handel en te gradueer.

“As jy die twee instellings se statistieke vergelyk, toon dit die enorme roepingstaak wat Helpende Hand vervul om duisende voornemende studente die geleentheid te gee om hul toekomsdrome te verwesenlik,” sê Hannes Noëth, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur.

Volgens Noëth bly die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika steeds hoog en beklemtoon dit die belang van opleiding.

“Een van die kragtigste maniere om werkloosheid te bekamp, is met opleiding. Daarom is Helpende Hand baie dankbaar dat ons die R60 miljoen-kerf kon oorskry. Dit is die eerste keer in ons geskiedenis. Ons gaan van krag tot krag met die Studietrust wat stukkie vir stukkie en student vir student ‘n volhoubare verskil maak.”

Noëth voeg by dat om ‘n student te bemagtig om te studeer baie meer is as net finansiële hulp.

“Dit gaan oor die waarborg van ‘n toekoms. Dit verseker ‘n pad uit armoede. Dit raak gesinne, families en selfs generasies. Daarom is die bestuur van die Studietrust en hierdie mylpaal vir ons van onskatbare waarde.”

Die Studietrust is ‘n platform van Solidariteit Helpende Hand waardeur donateurs studente wat finansiële hulp benodig, kan ondersteun met rentevrye studielenings in ruil vir belastingvoordele en ‘n blywende nalatenskap.

Die Studietrust gaan ‘n ooreenkoms aan met studente aan wie hulle rentevrye studielenings toestaan om slegs die oorspronklike leningsbedrag terug te betaal nadat hulle afgestudeer het, geen rente of administratiewe fooie nie. Fondse wat teruggevorder word, word heraangewend om toekomstige studente se studies moontlik te maak.

“Ons spog met ‘n 98%-terugbetalingskoers vir rentevrye studielenings. Dit getuig van die groot verantwoordelikheidsin onder studente om die lenings terug te betaal. Redes vir nieterugbetaling sluit in gevalle waar studente tragies sterf. Helpende Hand hou nie die families verantwoordelik nie, aangesien hulle reeds groot trauma ervaar,” sê Yolandi Theron, administratiewe hoof van die Studietrust.

Hoewel aansoeke vir studiehulp by tersiêre instellings vir 2025 reeds gesluit het, kan voornemende studente steeds tot 30 Januarie aansoek doen vir studiehulp vir die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se kursus in tuisgebaseerde versorging.

Die ses maande lange QCTO NKR Vlak 2-assistentsertifikaat bied praktiese en teoretiese opleiding in noodsaaklike versorgingsvaardighede. Die kursus duur van Februarie tot Augustus by die Pretoria-kampus. Die koste beloop R18 000. Die minimum vereistes is graad 10 en Afrikaansvaardigheid. Besoek helpendehandopleiding.co.za of hh-studietrust.co.za vir meer inligting.

Die vegters teen vryheid

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

Bron: Maroela Media

Daar is ʼn skreeusnaakse toneeltjie in Monty Python se ikoniese Life of Brian, waar Joodse rebelle in ʼn ondergrondse skuiling hulle opstand teen die Romeinse heersers beplan. Die leier van die rebelle sweep sy manne op deur te sê dat die Romeine “alles van ons vadere en hulle vadere gevat het”.

Dan vra hy die retoriese vraag: “En wat het die Romeine ooit vir ons gedoen?”. Net voor hy sy eie vraag kon antwoord, waag een van die rebelle ʼn onsekere “die akwaduk?”. Nog een voeg aarselend by: “sanitasie?”. ʼn Volgende noem “paaie”. Net toe die leier dit toegee en dink hy kan sy motiveringspraatjie verder voer, ryg sy kamerade nog ʼn hele lys uit: besproeiing, medisyne, onderwys, wyn, openbare baddens, wet en orde, vrede.

Die vergadering eindig in wanorde met die leier wat “Stilte!” bulder toe hy nie meer wou hoor wat die Romeine alles gedoen het nie!

 

Oplossings

Hierdie verhaaltjie hou belangrike lesse in vir Suid-Afrika, wat naarstiglik na oplossings soek om die land te herbou. Die president praat steeds van ʼn “nuwe ekonomie” en “radikale ekonomiese transformasie” wat “bemagtigend vir vroue, jongmense en hoofsaaklik vir swart mense” moet wees.

Die groot vraag is wat die ekonomiese beleid moet wees wat mense uit armoede en ellende kan ophef. Die groot geluk is egter dat ons nie meer in die antieke Romeinse era leef nie en dat die wêreld oor die afgelope 2 000 jaar geleer het wat werk en wat nie.

Die enigste betroubare padkaart uit armoede wat die geskiedenis vir ons gee, is treffend deur ʼn Nobelpryswenner in ekonomie, Milton Friedman, saamgevat: “The record of history is absolutely clear. There is no alternative way, so far discovered, of improving the lot of the ordinary people that can hold a candle to the productive activities that are unleashed by a free enterprise system…”

Die ANC se weerstand teen hierdie samevatting van eeue se ervaring van die mensdom is dat kapitalisme net die “rykes” baat. Hierop gee Friedman net so ʼn goeie antwoord:

“Industrial progress, mechanical improvement, all of the great wonders of the modern era have meant relatively little to the wealthy. The rich in Ancient Greece would have benefited hardly at all from modern plumbing: running servants replaced running water. Television and radio? The patricians of Rome could enjoy the leading musicians and actors in their home, could have the leading actors as domestic retainers. Ready-to-wear clothing, supermarkets – all these and many other modern developments would have added little to their life.

“The great achievements of Western capitalism have redounded primarily to the benefit of the ordinary person. These achievements have made available to the masses conveniences and amenities that were previously the exclusive prerogative of the rich and powerful.”

Die ANC se tweede beswaar teen kapitalisme is dat dit tot uitbuiting en groter ongelykheid lei. Friedman se antwoord hou belangrike lesse vir Suid-Afrika in.

“In the past century, a myth has grown up that free market capitalism – equality of opportunity as we have interpreted that term – increases such inequalities, that it is a system under which the rich exploit the poor. Nothing could be further from the truth. Wherever the free market has been permitted to operate, wherever anything approaching equality of opportunity has existed, the ordinary man has been able to attain levels of living never dreamed of before.

“Nowhere is the gap between rich and poor wider, nowhere are the rich richer and the poor poorer, than in those societies that do not permit the free market to operate. That is true of feudal societies like medieval Europe, India before independence, and much of modern South America, where inherited status determines position. It is equally true of centrally planned societies, like Russia or China or India since independence, where access to government determines position. It is true even where central planning was introduced, as in all three of these countries, in the name of equality.”

 

Werksmag-welstand

Die derde beswaar is dat gewone werkers deur ekonomiese vryheid benadeel word. Maar die vader van kapitalisme, Adam Smith, het meer as twee eeue gelede reeds geskryf dat die “majority of any society comprised, not landlords or merchants, but ‘servants, labourers, and workmen of different kinds,’ who derived their income from wages. Their welfare was the prime concern of economic policy. No society can surely be flourishing and happy, of which the far greater part of the members is poor and miserable,” het hy gesê.

“It is but equity, besides, that they who feed, clothe and lodge the whole body of the people should have such a share of the produce of their own labour as to be themselves tolerably well fed, clothed, and lodged.”

Die wetgewer se vernaamste ekonomiese doelwit, na Smith se mening, moet die koopkrag van lone wees, want dit is die maatstaf van die materiële welsyn van die grootste deel van die bevolking. Kort gestel, die welstand van ʼn land word bepaal deur die welstand van die werksmag.

Die vierde standpunt van die ANC is dat die oplossing meer in herverdeling as in ekonomiese groei lê. Daarop antwoord die swart Amerikaanse denker Coleman Hughes: “I do not know of a single instance in which an underachieving group rose to economic prominence by asking the government for cash transfers, preferential policies in education and employment, or apologies for past injustices.”

vyfde standpunt van die ANC is dat daar op die verlede gefokus moet word omdat dit die oorsaak van swart armoede is. Die swart Amerikaanse ekonoom, Thomas Sowell, meen egter dat daar eerder na die oorsake van voorspoed gekyk moet word: “There’s no explanation needed for poverty. The species began in poverty. So, what you really need to know is what are the things that enable some countries, and some groups within countries, to be prosperous.”

Sowell vervolg: “What do the poor most need? They need to stop being poor. And how can that be done, on a mass scale, except by an economy that creates vastly more wealth? Yet the political left has long had a remarkable lack of interest in how wealth is created. As far as they are concerned, wealth exists somehow, and the only interesting question is how to redistribute it.”

 

ANC vs. Vryheid

Die vraag is of ʼn krisis tot ʼn ommekeer in die ANC se dekades-lange rampspoedige ekonomiese denke kan lei. Milton Friedman het goeie nuus: “Only a crisis produces real change. When that crisis occurs, the actions that are taken depend on the ideas that are lying around. That, I believe, is our basic function: to develop alternatives to existing policies, to keep them alive and available until the politically impossible becomes the politically inevitable.”

Die bewese sukses van hierdie denkers se idees het die afgelope twee dekades tot die ekonomiese opheffing van minstens 750 miljoen mense in Asië gelei. Die vraag is hoekom daar steeds regerings is wat teen die voordele van ʼn vrye ekonomie gekant is. Friedman se verduideliking daarvoor laat die rooi ligte flikker: “Die weersin in ʼn vrye ekonomie is in wese eerder ʼn weersin in vryheid self”.

Die vraag is of dít nie die ANC se eintlike probleem met ʼn vrye samelewing en ʼn vrye ekonomie is nie. Die belangrikste verskil tussen sosialisme en kapitalisme is uiteindelik dat sosialisme gedwonge is en kapitalisme vrywillig.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

 

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.