Solidariteit Beweging maak vyf antwoorde op die VSA se versoeke bekend

Uitgereik deur die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel; en die uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann.

Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel is, het vandag vyf antwoorde op die VSA se vyf versoeke bekendgemaak. Die Amerikaanse regering het verlede jaar vyf versoeke aan die Suid-Afrikaanse regering gerig oor kwessies wat ʼn geskil tussen die twee lande ontketen het.

Die Solidariteit Beweging se vyf antwoorde het ten doel om oplossings vir die politieke en diplomatieke geskil tussen die twee lande te vind. Ons is daarvan oortuig dat dit in Suid-Afrika se nasionale belang is om goeie betrekkinge met die VSA te handhaaf, net soos met ander moondhede.

Die antwoorde handel oor kwessies soos rassewette, landelike veiligheid, “Kill the Boer”, eiendomsreg en die vlugtelingprogram. Die doel van die antwoorde is nie net om handelsbetrekkinge te herstel nie, maar ook om oplossings vir kritieke brandpunte in Suid-Afrika te vind. Ons wil dit duidelik stel dat ons uitgangspunt is om Suid-Afrika se kant te kies, en nie dié van die Withuis of Luthuli-huis nie. Ons voel ook sterk oor die handhawing van Suid-Afrika se soewereiniteit, maar glo dat dit nie gelyk gestel kan word aan die ANC se soewereiniteit nie. Kiesers het vir ʼn regering van nasionale eenheid (RNE) gestem. Ons glo as die ander partye in die RNE by die formulering van buitelandse beleid betrek word, ʼn oplossing vinnig binne die raamwerk van die Grondwet en ʼn onverbonde buitelandse beleid gevind sal kan word.

Dit is in Suid-Afrika se belang dat antwoorde op Amerikaanse versoeke gevind word. Ons glo die oplossings moet eers in Pretoria en daarna in Washington gevind word. Ons het groot verskille met die regering, maar ons is lief vir ons land en is diep bekommerd oor die uitwerking van langdurige diplomatieke geskille op Suid-Afrika se ekonomie en internasionale beeld.

Maande lange gesprekke

Die voorgestelde vyf antwoorde is die uitkoms van maande se werk, wat besoeke aan die Verenigde State, uitvoerige gesprekke met die Suid-Afrikaanse presidensie en deurlopende skakeling met die Amerikaanse ambassade in Pretoria, asook met besluitnemers in Washington ingesluit het. Ons beplan om steeds in gesprek hieroor met albei regerings te bly.

Ons glo die regerings kan mekaar vind. Ons vra dat voorwaardes in werking gestel moet word om die spanning te de-eskaleer en om gesprekke tussen die regerings te hervat. Dit behels onder meer ʼn bona fide-verbintenis om oplossings te vind en die wil om besluite te neem wat dit moontlik maak.

Ons vyf antwoorde val binne Suid-Afrika se grondwetlike raamwerk en bied terselfdertyd antwoorde op die Amerikaners se versoeke.

Dit is nie eise of ‘n lys van klagtes nie, maar praktiese antwoorde. Die Amerikaanse regering het breë beginselgoedkeuring aan ons vyf antwoorde verleen en ons glo dat dit ook vir die Suid-Afrikaanse regering aanvaarbaar kan wees indien die politieke wil bestaan.

Ons is uiters bekommerd dat die optrede teen Suid-Afrika gaan verskerp. Wanneer Suid-Afrika vir swak beleid en vyandige houdings teenoor ons handelsvennote gestraf word, is dit nie ministers wat die rekening kry nie, maar die vrugteboer in die Wes-Kaap, die fabriekwerker by ʼn motoraanleg in die Oos-Kaap en die sakeman in die Vaaldriehoek wat daarvoor betaal. Ons beleef dat die ANC teen sy eie mense regeer.

Die Suid-Afrikaanse regering maak dit baie moeilik om ʼn skikking tussen die twee lande te bereik. Daar is ʼn lang geskiedenis van keuses en uitsprake teen die Amerikaanse regering. Die spanning tussen Suid-Afrika en die Verenigde State bou al meer as 15 jaar op, sedert die Obama-jare en die aansluiting by Brics in 2010. Die onlangse uitsprake van Suid-Afrika se minister van buitelandse betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, was nog ʼn bevestiging daarvan. Dit is ʼn terugslag vir die Solidariteit Beweging se jare lange steunwerwing in die VSA vir Suid-Afrika se deelname aan Agoa.

Daar is ook ʼn direkte verband tussen die ondertekening van die Onteieningswet en president Trump se uitvoerende bevel van 7 Februarie 2025. Suid-Afrika se buitelandse beleid het ook die Amerikaanse administrasie deurlopend vervreem.

Ten spyte van hierdie verband is gepoog om die Solidariteit Beweging, AfriForum en Solidariteit die skuld vir die verslegtende verhouding te gee. Ons verwerp hierdie soeke na ʼn sondebok vir die ANC se powere diplomatieke skakeling met die VSA. Ons weier om ʼn pion in ʼn diplomatieke skaakspel tussen twee regerings te wees. Hoewel ons nie die oorsaak van die probleem is nie, sal ons saamwerk om ʼn oplossing te vind.

Amerika bly Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en 500 000 poste is afhanklik van handel met Amerika. Ons is uiters bekommerd dat strenger strafmaatreëls Suid-Afrika se deelname aan Agoa kan bedreig. ʼn Hersieningsproses om te bepaal watter Afrikalande volgende jaar vir deelname aan Agoa sal kwalifiseer, is tans in die Withuis aan die gang. Gebeure die afgelope twee weke veroorsaak dat daar ʼn wesenlike kans bestaan dat Suid-Afrika van Agoa uitgesluit kan word. Die Withuis sal waarskynlik voor November ʼn aankondiging hieroor maak. Daar is dus ʼn dringendheid om ʼn oplossing te vind.

Om ʼn oplossing te vind vir die geskil tussen die twee lande het niks met Suid-Afrika se soewereiniteit te make nie, en dit bedreig vir seker nie die land se reg om oor sy eie sake te besluit nie. Elke regering het egter wel ʼn reg, maar ook ʼn plig teenoor sy burgers om as soewereine rolspeler oplossings in belang van die land te vind.

Die Solidariteit Beweging se antwoorde kan soos volg opgesom word:

Rassewette

Die regering moet instem dat rassewette, soos wat internasionale konvensies bepaal, uitgefaseer sal word. Intussen sal rasneutrale ekwiteitsekwivalente, wat eienaarskapsvereistes vervang, vir sowel multinasionale as plaaslike maatskappye aanvaar word. Die ooreenkoms tussen Solidariteit en die regering, wat onder toesig van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) bereik is, en wat beperkings op rassewette in die werkplek plaas, sal in die Staatskoerant gepubliseer word.

Rasneutrale metodes van werknemerbemagtiging sal as voorkeurmeganismes vir bemagtiging deur eienaarskap aanvaar word. Mense se sosio-ekonomiese posisie, eerder as ras, sal gedurende die uitfaseringsproses as maatstaf gebruik word. Jongmense wat ná 1994 gebore is, sal ook as deel van die aangewese groep beskou word.

Landelike veiligheid

Die regering sal plaasmoorde en misdaad in plattelandse gebiede, soos in die geval van bendegeweld en renosterstropery, tot prioriteitsmisdade verklaar. ʼn Amptelike gemeenskapveiligheidsvennootskap sal gestig word waarin die SAPD, die privaat veiligheidsbedryf en gemeenskapsorganisasies soos AfriForum gelyke verteenwoordiging sal hê.

Die SAPD se bestaande landelike beveiligingstrategie sal uitgebrei word om veel groter betrokkenheid deur gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe moontlik te maak. AfriForum het reeds ʼn omvattende gemeenskapsveiligheidsplan vir landelike veiligheid opgestel en aan die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse regerings oorhandig. ʼn Nasionale gemeenskapsveiligheidsforum sal gestig word om die uitvoering van die Beveiligingsplan te monitor. Die Amerikaanse regering sal deur die forum met befondsing, kundigheid en die verskaffing van toerusting help.

‘Kill the Boer’

Die sing van “Kill the Boer” is, in die hedendaagse konteks, een van die ernstigste brandpunte. Daar moet ooreengekom word dat pres. Ramaphosa en senior regeringsleiers die sing van “Kill the Boer”, asook enige ander haatverwante slagspreuke teen minderhede, onvoorwaardelik sal veroordeel.

Ons belewing is nie dat ʼn grootskaalse regeringsgedrewe volksmoord (“genocide”) hier plaasvind nie, maar ons ervaar wel dat die ANC Afrikaners se voortbestaan teiken deur omvattende rassewetgewing, die onderspeling van plaasmoorde, aanvalle op ons taal en kultuur deur wetgewing soos Bela, en die verbreking van ooreenkomste wat die regering met ons daaroor aangegaan het.

Vlugtelingprogram

Die vlugtelingprogram bestaan reeds. Die regerings van die VSA en Suid-Afrika moet ooreenkom dat individue wat van die program wil gebruikmaak, toegelaat moet word om die proses sonder benadeling te volg. Minder as 1% van Afrikaners sal hulle waarskynlik in die VSA gaan vestig. Die Solidariteit Beweging is nie betrokke by hierdie program nie omdat ons glo dat ons toekoms in Suid-Afrika is en ons aan oplossings vir knelpunte hier werk.

Daar moet ooreengekom word dat ʼn direkte kanaal tussen die Amerikaanse administrasie en die Solidariteit Beweging gevestig sal word, onder meer met die oog op die stigting van ʼn Afrikaner-ontwikkelingsfonds. Dié fonds kan help met die ontwikkeling van opleidings- en kulturele infrastruktuur vir die Afrikanergemeenskap.

Gesprekke sal ook tussen die Solidariteit Beweging en die Amerikaanse administrasie gevoer word oor die uitvoer van vaardighede na daardie land deur middel van aanlyn werk, sonder dat mense Suid-Afrika hoef te verlaat.

Onteiening sonder vergoeding

Die regerings van die VSA en Suid-Afrika neem kennis van die hangende hofsaak in dié verband, maar is steeds van mening dat ʼn skikking verkieslik is bo ʼn hofsaak. In die lig hiervan moet artikel 12(3) van die Onteieningswet geskrap word. Artikel 19(2) moet gewysig word om te voorkom dat grond onteien word voordat ʼn hof ʼn finale beslissing gelewer het. Verdere wysigings moet aangebring word om te verseker dat eiendomsreg beskerm word soos deur die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal.

Die Afrikaner maak só

Kallie Kriel skryf op Maroela Media:

Die nuwe veelpartyregering is ʼn positiewe tree in die regte rigting. Ons kon veel slegter af gewees het indien die MK-party en die EFF ook deel van die regering sou vorm. Dit sou egter wensdenkery wees om te dink dat die veelpartyregering die einde van staatsverval en ander uitdagings sal beteken.

Lees die volledige artikel hier.

Die Afrikaner maak so wys in Oktober in die AfriForum Teater
Die Afrikaner maak so wys in Oktober in die AfriForum Teater

Forum Tydskrif: Kallie Kriel se bydraes

Lees al Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, se bydraes in die Forum tydskrif.

Forum Tydskrifis propvol nuus oor die organisasie se burgerregteprojekte, -veldtogte en -aksies. Dis ’n ledetydskrif van AfriForum wat daarop gemik is om lede op verskillende terreine en oor allerlei gebeure ingelig te hou, maar ook te laat saampraat en saamdink.

(Volume 1-30)

Volume 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Forum Tydskrif
Forum Tydskrif

 

 

 

 

 

Daar is ‘n nuwe regering op die dorp

Maroela Media

16 Januarie 2024

Kallie Kriel

 

Suid-Afrika het nie net ‘n regeringsprobleem nie. Dit het ook ‘n diepliggende bedelingsprobleem. Die lofsange wat die land se Grondwet en nuwe bedeling in die verlede toegesing is ten spyt, bly die werklikheid dat die huidige sentralistiese bedeling nie aan die bedoelings aan sommige destyds gemeet moet word nie, maar eerder aan die uitkomste daarvan.

Lees die volledige artikel in Maroela Media hier.

Kallie Kriel oor Buthelezi: Maklik om klippe te gooi na een wat dood is

Prins Mangosuthu Buthelezi was ’n indrukwekkende leier wat lief was vir sy kultuur en mense, skryf Kallie Kriel.

Bron: Netwerk24, 24 September 2023

Die redakteur van City Press, Mondli Makhanya, se striemende aanval op prins Mangosuthu Buthelezi verlede week op hierdie blaaie is misleidend en onbillik.

Dit is jammer dat hy dit skryf oor ’n man wat nie meer hier is om homself te verdedig nie.

Prince Mangosuthu Buthelezi
Prince Mangosuthu Buthelezi

Makhanya se wanvoorstelling van Buthelezi se rol tydens die politieke oorgang is bloot ’n voortsetting van die ANC se destydse propagandastrategie om Inkatha te diskrediteer.

Dr. Anthea Jeffery se gesaghebbende navorsing, soos vervat in haar boek People’s War, asook die dokumentêr Tainted Heroes, wat gratis gestroom kan op word afriforumtv.co.za, sit hierdie strategie van die ANC duidelik uiteen. ’n ANC-afvaardiging het Viëtnam in 1978 besoek met die uitsluitlike doel om hulself te vergewis van die strategie wat tydens die kommunistiese “volksoorlog”daar gebruik is deur die revolusionêre groepering om hul opponente te vernietig. Die ANC het hierdie strategie met Sowjet-wapens en -finansiering gebruik om op plaaslike bodem Inkatha, Azapo en die PAC met geweld te probeer verswak sodat die ANC uiteindelik die toneel kon oorheers tydens die onderhandelings vir ’n politieke oorgang.

In die ANC se strewe om ook mag oor gemeenskappe te verkry, het hierdie strategie om geweld te gebruik selfs gelei tot wreedaardige halssnoermoorde op gewone swart mense.

Buthelezi verdien krediet dat hy hom om gewetensredes nie wou skaar by die Sowjet-gesteunde gewapende stryd nie en dat hy gekies het om apartheid op ’n niegewelddadige wyse teen te staan. Makhanya en ander sal Buthelezi waarskynlik nooit vergewe dat hy geweier het dat Inkatha aan die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes meedoen nie. Om gegewe hierdie werklikheid nou vir prins Buthelezi as die leidende oorsaak van die geweld tydens die politieke oorgang te probeer voorhou, is dus misleidend.

Ek glo nie daarin dat ’n persoon ná hul afsterwe tot “heilige” verhef moet word nie, maar dit is eenvoudig ’n miskenning van Buthelezi se menswaardigheid en sy familie en volgelinge se hartseer deur hom kort ná sy afsterwe te verguis deur leuens oor sy rol tydens die politieke oorgang te verkondig.

In sy aanval op Buthelezi versuim Makhanya om te noem dat hyself saam met ander ANC-kaders ’n rol gespeel het in die swart-teen-swart-geweld wat destyds plaasgevind het. Die ANC, en nie Inkatha nie, was die hoofoorsaak van die tragiese verlies van meer as 20 000 menselewens in die aanloop tot die politieke oorgang. Eerder as om die ANC se rol daarin te erken, probeer Makhanya nou om al die blaam te plaas op ’n man wat nie meer met ons is om die ander kant van die saak te stel nie.

’n Beseerde Inkatha-man se oë is uitgesteek en sy geslagsdele afgesny, terwyl Makhanya as meedoener toegekyk het.

Makhanya voer in sy meningstuk aan hy was destyds ’n jong verslaggewer wat verslag gedoen het oor “Inkatha-massamoorde”. Die waarheid is dat Makhanya veel meer as ’n verslaggewer was.

Jeffery wys met stawende bronne in haar boek daarop dat Makhanya aan die ANC se oorlog teen “swart” groeperings meegedoen het wat deur die ANC as mededingers beskou is. Makhanya het byvoorbeeld, volgens Jeffery, in 1991 onder ’n skuilnaam geskryf dat hy op 11 Februarie 1990 huise afgebrand het, terwyl sy kamerade gewonde Inkatha-vegters doodgemaak het. ’n Beseerde Inkatha-man se oë is uitgesteek en sy geslagsdele afgesny, terwyl Makhanya as meedoener toegekyk het.

’n Ander Inkatha-ondersteuner is in die pad af gesleep en aan die brand gesteek, terwyl rommel op hom gepak is sodat hy nie kon ontsnap nie. Jeffery wys daarop dat Makhanya geskryf het dat dié man nie vir hom ’n mens was nie, maar ’n vyand wat gekry het wat hy verdien.

Makhanya het ook gemeld dat hy trots is op sy rol, dat hy die gevegte opwindend gevind het, asook om onder meer te sien hoe desperate mans hardloop vir hul lewe.

Dit is dus jammer dat Makhanya prins Buthelezi die “prins van strydlus” noem, terwyl Makhanya en die ANC self meegedoen het aan die tragiese moorddadige konflik van destyds.

Niemand van ons is perfek nie. Maar tydens die geleenthede waar ek die voorreg gehad het om persoonlik met Buthelezi te skakel, het ek onder die diep indruk gekom van ’n indrukwekkende leier wat lief was vir sy kultuur en mense, en sy lewe daaraan gewy het om hulle onbaatsugtig te dien. Hy was ook sonder huiwering bereid om ’n hand van vriendskap uit te reik om verhoudings gegrond op wedersydse erkenning en respek met ander groepe te vestig.

Buthelezi het ook onbeskaamd ’n hand van vriendskap na Afrikaners uitgereik en dit onlangs weer gedoen met ’n videoboodskap aan die Voortrekkermonument. Hy het dit ook gedoen deur by verskeie geleenthede verskoning te vra vir koning Dingane se moord op Piet Retief – ten spyte daarvan dat niemand van hom verwag het om dit te doen nie. Ook tydens Buthelezi se deelname aan die regering van nasionale eenheid ná die oorgang het hy gewerk om te verseker dat die Voortrekkermonument ’n staatsubsidie kry.

Dié subsidie het opgedroog ná sy vertrek as minister.

Dié ingesteldheid om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder, is navolgenswaardig vir almal van ons wat ’n toekoms vir ons kinders hier aan die suidpunt van Afrika wil bou. Juis daarom sal AfriForum voortgaan om samewerkingsooreenkomste aan te gaan met die onderskeie kultuurgemeenskappe, wat ook Zoeloe-gemeenskappe insluit.

As AfriForum dra ons ons meegevoel oor aan die Zoeloe-volk met die heengaan van ’n groot leier soos Buthelezi.

’n AfriForum-afvaardiging het die prins se familie besoek om ons meegevoel persoonlik oor te dra en het ook sy begrafnis bygewoon.

Kom ons respekteer Buthelezi se geliefdes en gun aan hulle die geleentheid om te rou. Ons kan dit doen deur ons uit te spreek teen die ongevoelige aanvalle op prins Buthelezi deur mense wat probeer om sy dood nou te misbruik om die propagandastryd oor die verlede voort te sit.

  • Kallie Kriel is uitvoerende hoof van AfriForum.

Onderwyswetsontwerp = kulturele etniese suiwering

Kallie Kriel skryf op Maroela Media (23 Augustus 2023):

Indien die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) ʼn wet word, sal dit aan die staat die mag gee om openbare skole se taalbeleid te bepaal. Dit is kommerwekkend omdat die ANC-regering se geskiedenis wys dat hulle daarop uit is om Afrikaans as onderrigtaal in openbare onderwys te vernietig.

Lees die volledige artikel hier.

Kallie Kriel
Kallie Kriel

Kallie: Aanvalle op AfriForum misluk

Bron: Netwerk24, 24 Mei 2023

Kritici van AfriForum staan aan die linker- en verregse kante van die Afrikaanse gemeenskap en hou daarom nie ’n bedreiging vir dié organisasie in nie, skryf Kallie Kriel.

Die aanvalle op AfriForum deur ’n paar kommentators wie se siening gereeld op Netwerk24 en in Media24 se dagblaaie gepubliseer word, begin nou aan ’n histeriese reaksie grens.

Ongelukkig is daar ook ’n paar joernaliste wat lustig hieraan meedoen. Terwyl die aanvalle daarop gemik is om AfriForum valslik uit te beeld as ’n onverdraagsame organisasie wat wanvoorstellings maak, hoef ’n mens nie ’n vuurpylwetenskaplike te wees om te kan sien dit is eerder diegene wat AfriForum aanval, wat hulle aan venynige onverdraagsaamheid en wanvoorstellings skuldig maak nie.

Die jongste aanval op AfriForum deur Amanda Gouws in haar artikel getuig juis van die soort onverdraagsaamheid en wanvoorstellings waarvan sy en ’n paar ander AfriForum beskuldig.

Gouws se onverdraagsaamheid blyk duidelik uit haar gebruik van woorde soos “walglik” en “minagting wat dit verdien” in haar verwysings na AfriForum. Dat Gouws in haar artikel ’n lang aanhaling waarna Ernst Roets verwys het, aanhaal asof dit sy eie woorde is, is verstommend. Dit is ook ’n verdraaiing van die waarheid deurdat Gouws versuim om te noem dat Roets duidelik gesê het dat hy niemand leed wil aandoen nie en die aanhaling genoem het om te wys dat daar in die geskiedenis verskeie voorbeelde is van sommige akademici wat voeling met die lot van gewone mense verloor het. Dit is soortgelyk aan sommige hedendaagse akademici wat wil voorgee dat die ernstige bedreiging wat plaasmoorde en die skending van eiendomsreg inhou, kwansuis nie so erg is as wat AfriForum sou voorgee nie.

Die ironie is dat onophoudelike aanvalle op AfriForum nie net daarin misluk om AfriForum te diskrediteer nie, maar dat dit AfriForum sterker maak.

Ook Gouws se aanspraak dat ek kwansuis sou gesê het Max du Preez is ’n “rassis” wat AfriForum aanval om homself “links” te posisioneer, is vals. As sy my uitspraak gelees het, sou sy gesien het dat ek gesê het dat daar verskeie swart mense is wat Du Preez van rassisme beskuldig en dat hy nou AfriForum as strooipop opstel en aanval om die aanval uit swart geledere verkeerd te bewys. Ook Gouws se bewering dat AfriForum nie apartheid as ’n “onreg” sien nie, is vals. Ons erken die onregte, die debat handel of dit gelykgestel kan word met Hitler se optrede as misdaad teen die mensdom. Anders as wat Gouws beweer, voer AfriForum geen “vete” teen mense uit haar dampkring nie.

‘Ons reageer slegs op aanvalle’

Om die waarheid te sê, ons het elke keer slegs gereageer op hul aanvalle. Gewoonlik sou ons hulle ignoreer, maar omdat sy en haar geesgenote ondanks hul beperkte steun in die Afrikaanse wêreld, byna onbeperkte toegang tot mediablootstelling in sommige media kry, is dit nodig om AfriForum se kant te stel sodat Afrikaanse luisteraars en lesers ten minste die ander kant van die saak kan hoor.

Die ironie is dat onophoudelike aanvalle op AfriForum nie net daarin misluk om AfriForum te diskrediteer nie, maar dat dit AfriForum sterker maak. Die kommentaar van lesers onderaan die aanvalle op AfriForum wat op Netwerk24 gepubliseer word, getuig daarvan dat die gewone Afrikaanse lesers hulle oorweldigend aan AfriForum se kant skaar. Natuurlik is die kommentaar nie ’n wetenskaplike peiling nie, daarom gebruik ek ook AfriForum se ledetal as akkurate barometer.

Met die aanslag op AfriForum op sy felste die afgelope twee weke het slegs 0,0002% van AfriForum se meer as 208 000 lede bedank as gevolg van die wanvoorstellings wat oor ons gemaak word.

Dit is natuurlik jammer, maar moet gesien word in die lig daarvan dat AfriForum in dieselfde tydperk sowat 17 nuwe lede bygekry het vir elke lid wat bedank het.

Die positiefste gevolg van die opkoms van sosiale en elektroniese media is dat die gewone Afrikaanse mense nou toegang tot alle sienings kan kry en dan vir hulself kan dink.

Die rede waarom die fel aanslag teen AfriForum deur ’n groep kommentators en enkele joernaliste misluk, is omdat die tyd vir ewig verby is dat ’n klein groepie mense wat ’n monopolie oor die tradisionele media het, aan mense kan voorskryf hoe hulle moet dink.

In die ou dae kon ’n paar meningsvormers in die “hoofstroommedia” na hartelus etikette soos “verlig”, “verkramp”, “regs”, “links” en “liberalis” skep en mense wat anders as hulle dink, diskrediteer deur hulle in eng kampe te plaas.

Die koms van die sosiale en ander elektroniese media het die mag van ’n paar mense oor die openbare mening finaal gebreek. Skynbaar sukkel sommige kommentators om dit te aanvaar en probeer hulle om hul invloed te behou deur al hoe onbilliker en onverdraagsamer te raak teenoor enige persoon wat dit durf waag om van hulle te verskil. Hoe harder hulle aanval, hoe meer vervreem hulle die gewone Afrikaanse lesers en luisteraars.

Die positiefste gevolg van die opkoms van sosiale en elektroniese media is dat die gewone Afrikaanse mense nou toegang tot alle sienings kan kry en dan vir hulself kan dink.

‘Selfrespek ’n voorvereiste vir wedersydse respek’

’n Groot groep Afrikaanse lesers en luisteraars weet dat die mening van ’n paar kommentators lankal nie meer aan die openbare mening gelyk gestel kan word nie. Dit is soos Winston Churchill gesê het: “Published opinion should not be confused with public opinion.”

Baie Afrikaanse lesers en luisteraars weet dus ook dat plaasmoorde en die marteling wat soms daarmee gepaardgaan, krisisafmetings aanneem. Hulle weet ook dat die bedreiging wat onteiening sonder vergoeding inhou, ’n werklikheid is. Dit is immers die regerende party se beleid. Hulle weet ook dat probleme soos hierdie en die vele ander nie vanself sal verdwyn nie en dat dit noodsaaklik is dat ’n organisasie soos AfriForum alles moontlik moet doen om hierdie probleme te pak.

Die grootste pluspunt is dat ’n groot groep Afrikaanse lesers en luisteraars hulle nie laat mislei om te glo dat AfriForum en die Solidariteit Beweging, wat saam sowat 450 000 gesinne verteenwoordig, ’n randverskynsel is nie. Hulle weet dat hulle saam met AfriForum en die Solidariteit Beweging binne die 80%-middelgroep- Afrikaanssprekendes en -Afrikaners staan en dat ons hard werk vir ’n beter toekoms gebou op ’n basis van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe. Hulle besef egter ook dat selfrespek ’n voorvereiste vir wedersydse respek is en daarom mag ’n mens maar met selfvertroue standpunt teen plaasmoorde, die skending van eiendomsreg en ander brandpunte inneem.

’n Beduidende groep Afrikaanse luisteraars en lesers staan ook verstom dat ’n paar kommentators vra dat die middelgroep in die Afrikaanse en Afrikanergemeenskap ’n stem moet kry.

Hulle weet dat die Solidariteit Beweging en AfriForum reeds oorweldigende steun in die middelgroep het en as stem vir hulle kan optree. Hulle weet ook dat AfriForum se kritici aan die linker- en verregse rande van die Afrikaanse wêreld staan en juis daarom hou hulle aan om AfriForum in groterwordende getalle te steun.

Kallie Kriel: Dís hoekom ek Lesufi se plan steun

Bron: Netwerk24, 8 Mei 2023

Die Gautengse premier se “bewaarders” van misdaad is verdag, maar desentralisering van polisiëring is wel nodig, skryf Kallie Kriel.

Die Gautengse regering se nuwe “misdaadvoorkomingsbewaarders” is met goeie rede deur baie mense met skeptisisme begroet. Die beeldmateriaal van dié groep se bekendstellingsparade het nou nie juis die indruk geskep van ’n goed opgeleide en gedissiplineerde eenheid wat deur misdadigers gevrees sal word nie.

Verder wys ANC-beheerde regerings op verskillende regeringsvlakke se baanrekord dat hulle eenvoudig nie in staat is om ’n sukses te maak van die meeste projekte wat hulle aanpak nie. Grootskaalse korrupsie, kaderontplooiing, nepotisme, wanbestuur, rasbeheptheid en ondoeltreffendheid het onlosmaaklik deel van ANC-regerings geword. Dit geld ook die Gautengse regering.

Die man wat homself as die groot kampvegter teen misdaad voorhou met sy nuwe “bewaarders”, premier Panyaza Lesufi, word natuurlik ook onthou vir die feit dat die Gautengse onderwysdepartement R431 miljoen op die ontsmetting van skole wanbestee het terwyl hy as LUR in beheer was en dat hy Afrikaanse skole geteiken het om sy eie onvermoë om genoeg skole te laat bou te verdoesel. Ook sy huidige pogings om fondse vir noodsaaklike maatskaplike dienste te sny laat ’n bitter smaak in die mond.

Ten spyte hiervan is dit wel belangrik om raak te sien dat Lesufi met sy jongste poging om homself op die voorgrond te plaas, onbedoeld en onwetend die deur begin oopmaak het vir die afwenteling van mag vanaf ’n ewe onbeholpe nasionale ANC-regering, na provinsies, dorpe en gemeenskappe.

Lesufi sal dit nie graag wil hoor nie, want hy en die ander ideoloë in die ANC is verknog aan die sentralisering van mag en verafsku enige sprake van federalisme en desentralisering.

Die huidige sentralistiese bedeling het homself reeds as ’n mislukking bewys. Die klaaglike agteruitgang van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Eskom, die SAL, Denel, regeringsdepartemente en munisipaliteite is maar ’n paar van die wrang vrugte van sentralisme wat ons nou pluk. Om hierdie probleme te pak is die afwenteling van mag nodig. Dán kan probleme in kleiner dele opgedeel word en gemeenskappe se energie ontsluit word om ’n groter rol te speel en inspraak te kry oor hoe probleme opgelos moet word. Gemeenskappe verstaan hul eie behoeftes baie beter as byvoorbeeld Bheki Cele, die minister van polisie, wat iewers ver in ’n kantoor sit en toekyk hoe misdaadsyfers jaar ná jaar styg.

Met dié stap het Lesufi onwetend erken dat die huidige sentralistiese model van polisiëring misluk.

‘Gedesentraliseerde werklikheid’

Terwyl Cele verbete aan sy sentrale beheer vasklou, is ons as gemeenskappe se hande gelukkig nie afgekap nie. Dit is moontlik dat gemeenskappe nou reeds sonder om enigiemand se toestemming te vra, kan toetree om binne die raamwerk van die wet buurt- en plaaswagte te skep om self misdaad te beveg. AfriForum het reeds met hierdie ons-sal-self-ingesteldheid 165 buurtwagte landswyd gevestig, wat sowat 10 000 vrywilligers, duisende radio’s, honderde koeëlvaste baadjies en tientalle hommeltuie en opgeleide hommeltuigvlieëniers het. Die waarde wat hierdie buurtwagte met byvoorbeeld hul hommeltuie toevoeg tot die stryd teen misdaad, het daartoe gelei dat plaaslike polisielede op die meeste plekke graag met AfriForum se buurtwagte saamwerk. Die werk van buurtwagte het in praktyk daartoe gelei dat ’n nuwe gedesentraliseerde werklikheid geskep is wat die sentraliste nie meer kan misken nie.

Gemeenskapsfederalisme en gedesentraliseerde dienslewering en polisiëring moet nou verder uitgebou word as ’n normale verskynsel wat oplossings bied. Dit is in hierdie verband dat Lesufi se vestiging van sy “bewaarders” onbedoeld in desentraliseerders se hande speel.

Met dié stap het Lesufi onwetend erken dat die huidige sentralistiese model van polisiëring misluk. As die model gewerk het, sou daar immers nie nut vir sy “bewaarders” gewees het nie. Lesufi se optrede sal dit ook vir die DA-beheerde Wes-Kaap makliker maak om nog meer afwenteling van mag te vra. As ’n ANC-beheerde provinsie dit begin doen, waarom kan die Wes-Kaap nie? En sou die ANC dalk net in 2024 die mag in Gauteng verloor, het Lesufi reeds die grondslag gelê vir ’n nuwe koalisie om die desentralisering van magte verder te dryf.

Intussen hoef ons as burgerlike samelewing nie net te hoop op bepaalde verkiesingsuitslae nie, ons kan onverpoosd voortgaan om ons gemeenskappe sterk en selfstandig te maak.

Ons doen dit deur misdaad binne die raamwerk van die wet te bekamp deur ons buurtwagte en in samewerking met sekuriteitsmaatskappye, GPF’s en plaaslike polisielede. Lesufi se optrede het nou immers bevestig dat polisiëring in die praktyk nie meer onder die uitsluitlike beheer van die nasionale regering is nie. Dit is ’n welkome wending.

Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, op ’n nuuskonferensie waar hy die provinsie se nuwe misdaadvoorkomingsbewaarders bekend gestel het
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, op ’n nuuskonferensie waar hy die provinsie se nuwe misdaadvoorkomingsbewaarders bekend gestel het

Gemeenskapskrag kan gemeenskapsfederalisme ontsluit

Kallie Kriel skryf op Maroela Media (12 April 2023):

ʼn Gedesentraliseerde kragvoorsieningsnetwerk, waar plaaslike instellings ʼn rol speel, is nie ʼn vreemde verskynsel hier aan die suidpunt van Afrika nie. Die ontstaansgeskiedenis van elektrisiteitsvoorsiening was juis gekenmerk deur ʼn gedesentraliseerde benadering.

Gemeenskapsfederalisme vorm die basis waarop AfriForum en die Solidariteit Beweging se federale toekomsplanne gebou is. Dit beteken dat dié planne nie in die eerste plek afhanklik is van die instemming van die ANC-regering om magte na gemeenskappe af te wentel nie, maar eerder gebou word rondom die vermoë van gemeenskappe om self deur die vestiging van gemeenskapsinstellings beheer oor hulle eie toekoms te kan neem. Federalisme veronderstel verskillende vlakke van besluitneming, terwyl gemeenskapsfederalisme spesifiek besluitnemingsmag vir gemeenskappe toe-eien deur ʼn selfdoenbenadering.

Lees die volledige artikel hier.

Ons sal self spotprent
Ons sal self spotprent

Kallie Kriel: Boer eerder met die feite

Bron: Netwerk24, 29 Augustus 2018

Max du Preez (28.08) slaan die bal mis wanneer hy in sy artikel “Hou op met vrees boer” aanvoer dat AfriForum vrees rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde wil aanjaag.

AfriForum wil egter ook nie soos Du Preez met naïwiteit en goedgelowigheid boer nie en boer dus eerder met die feite.

Hoop vir die toekoms kan net geskep word deur die werklikhede van Suid-Afrika vierkant in die oë te kyk en dan met ’n goed beplande strategie te werk om die werklikheid ten goede te beïnvloed.

Ek moedig Du Preez aan om die ANC se strategiedokumente te lees. Daarin sal hy sien dat die ANC ’n “balance of forces”-benadering volg waarvolgens hy net ’n tree terugneem as daar genoeg druk op hom is om dit te doen.

Die feit is dat pres. Cyril Ramaphosa nog op 31 Julie aangekondig het dat die ANC die land se Grondwet gaan wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Juis omdat die ANC slegs op druk reageer, sal AfriForum ongestoord voortgaan om internasionale druk teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te mobiliseer

Ná die openbare en internasionale druk wat op AfriForum se publisering van die regering se eie “onteieningslys” gevolg het, is die ANC op die agtervoet en trap hy al wat landbou-organisasie is se drumpel deur. Du Preez se vooroordele jeens AfriForum is blykbaar so groot dat hy hom nie so ver kan bring om dit te erken nie.

Juis omdat die ANC slegs op druk reageer, sal AfriForum ongestoord voortgaan om internasionale druk teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te mobiliseer deur bloot aan te hou om die feite oor gebeure in Suid-Afrika te verkondig.

Dié feite is soos volg:

Dit is onwaar dat die getal plaasmoorde tans afneem. Die landbou-unie TLU SA se statistieke oor plaasmoorde – wat verifieerbare slagoffername, plaasname en datums waarop die moorde gepleeg is, bevat – bevestig plaasmoorde was verlede jaar op die hoogste vlak in 13 jaar.

’n Goed begronde PoliticsWeb-ontleding van polisiestatistieke dui verder daarop dat die polisiestatistieke wat Agri SA gebruik om voor te gee dat plaasmoorde afneem, ernstige gebreke het.

Dié wat plaasmoorde probeer afmaak deur daarop te wys dat die plaasmoordsyfer laer as 20 jaar gelede is, ignoreer ook die feit dat die getal kommer­siële boere in dié tydperk na raming byna gehalveer het.

PoliticsWeb het ook bevind dat ’n wit boer se kans om vermoor te word na raming 3,2 soveel is as die land se reeds buitensporige hoë gemiddelde moordsyfer.

PoliticsWeb het ook bevind dat ’n wit boer se kans om vermoor te word na raming 3,2 soveel is as die land se reeds buitensporige hoë gemiddelde moordsyfer, en bevestig dat plaasmoorde ’n ernstige krisis is wat dringend aandag moet kry.

Dié wat kommer oor die skending van eiendomsreg en ont­eiening sonder vergoeding in Suid-Afrika as vals probeer afmaak, ignoreer skynbaar ook die feit dat die president, regeringsleiers en die regerende ANC by talle geleenthede uitsprake gemaak het wat bevestig dat hulle daarop uit is om eiendomsreg in die land te skend.

Sou hierdie onteiening slaag, sal dit op sigself op ’n ernstige skending van eiendomsreg neerkom.

AfriForum se ontleding van die feite tot sy beskikking dui daarop dat die staat nóú eers begin het om plase te onteien teen vergoeding wat aansienlik laer as die markwaarde is. Die voorgenome onteieningsproses van ’n plaas genaamd Akkerland Boerdery in Limpopo het reeds begin. Die staat bied die eienaar slegs 10% van die grond se markwaarde aan as vergoeding.

Sou hierdie onteiening slaag, sal dit op sigself op ’n ernstige skending van eiendomsreg neerkom en sal dit die weg baan vir Rama­phosa se plan om die Grondwet te wysig om eiendom uiteindelik sonder enige vergoeding te kan onteien.

Ongelukkig gebruik die ANC ook vals statistieke oor grondeienaarskappatrone om sy skending van
eiendomsreg te probeer regverdig. Dit is ’n onwaar dat wit boere 72% van die grond in Suid-Afrika besit. Volgens PoliticsWeb se ontleding staan die syfer eerder op sowat 22% van die totale oppervlak.

AfriForum het dus genoeg rede om voort te gaan om internasionale steun ter beskerming van eiendomsreg en teen plaasmoorde te werf. En dit is presies wat hy gaan doen.

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.