Milei se ‘skokterapie’ lewer resultate – Werner Human

Dit is net meer as twee jaar sedert die inhuldiging van die vuurvreter Argentynse President, Javier Milei. In die aanloop tot die verkiesing in 2023 het hy ’n veldtog gevoer wat hom wêreldwyd bekend gemaak het – ten minste veel meer as enige van sy voorgangers.

Nieteenstaande sy ongekamde bos hare, charismatiese persoonlikheid en die ondubbelsinnige taal waarmee hy die stand van Argentinië beskryf het, is dit sy boodskap van destyds wat by gewone Argentyne aanklank gevind het.

Die boodskap was doodgewoon: die Argentynse ekonomie het “skokterapie” nodig om te herstel. “Daar is geen ander alternatief as skokterapie nie,” het Milei tydens sy inhuldigingstoespraak gesê. Anders as ander politieke leiers wat lugkastele van voorspoed en vooruitgang aan kiesers belowe, was Milei se boodskap gewees dat swaarkry die daeraad sou voorafgaan.

Milei se prioriteit was om inflasie nek om te draai, alle versperrings tot ekonomiese groei te verwyder, die ekonomie te stabiliseer en om beleggersvertroue in die Argentynse ekonomie te herstel.

Om dit te bereik was streng besuinigingsmaatreëls nodig, insluitend die halvering van staatsdepartemente, die opskorting van staatstoelae, die skrapping van oorbodige regulasies en enige reëls wat handel inperk, die privatisering van staatsondernemings, die devaluering van die peso-geldeenheid om dit meer in lyn met die werklike dollar-wisselkoers te bring, en nog meer.

Dit is die soort stappe wat tipiese linkse regerings nie kan neem nie. Die hoofrede is dat sulke ingrypende stappe die mislukking van ’n ideologie wat gewortel is in sentralisme en herverdeling impliseer. ’n Tweede verwante rede, is dat die sentrale regering onvermydelik mag sou moes afstaan.

’n Vorige artikel op Maroela Media bespreek die aanloop tot die 2023-verkiesing, sowel as die oorsake van die treurige stand van die ekonomie en politiek in Argentinië gedurende die 20ste eeu.

Wat sê die syfers? 

In teenstelling met Argentinië se sukkelende tog belowende ekonomie – ’n land met buitengewoon ryk en unieke natuurlike hulpbronne – verteenwoordig Milei die skerpste breuk van die mislukte Peronistiese ekonomiese beleide van die afgelope agt dekades in Argentinië.

Sy beleidsverandering het onder meer die volgende teweeg gebring: die jaarlikse inflasiekoers het tot ongeveer 30% gedaal, vanaf ’n halstarrige 211%; die armoedesyfer (die maatstaaf wat oor die algemeen aangewend word om werkskepping en die lewenstandaard van die armste mense aan te dui) staan op 36%, af van 42%, met die Wêreldbank wat bereken dat dit tot so laag as 14,5% in 2026 kan daal; ’n begrotingsurplus is bereik, wat ’n begrotingstekort van 15% omgekeer het; ekonomiese groei het ongeveer 4,5% bereik, ’n styging vanaf 1,6% negatiewe groei; staatskuld wat skerp afneem; en Argentinië wat ’n handelstekort van ongeveer R115 miljard in 2023 na ’n handelsurplus van byna R312 miljard kon omskakel.

Hierdie syfers dien as sterk bewyse dat Milei se ingrypings vrugte afwerp. Dit beteken nie dat die pad na herstel seepglad verloop nie. Sy administrasie kry steeds teenkanting van die sosialistiese vakbonde, omdat hy die arbeidsmark hervorm en die werkloosheidskoers tussen 5% en 7% bly dobber, wat volgens Argentynse maatstawwe steeds hoog is.

Nogtans bly Milei se ingrypings merkwaardig en dit is vreemd dat daar nie groter belangstelling vanaf die wêreldmedia is om hieroor te berig nie. Die liberale Friedrich Naumann-stigting het in ’n onlangse artikel na Milei se gewildheid in Argentinië verwys. Milei geniet steun van meer as 49% Argentyne, teenoor die Duitse bondskanselier, Friedrich Merz, wat op 23% in Duitsland staan. In ’n tyd waarin baie hedendaagse Westerse leiers sukkel om ’n visie vir hul land te vertolk en om sin te maak van verskuiwings in wêreldmagte, doen Milei uitstekend op albei fronte. Hy stel ten doel dat hy Argentinië “groot wil maak” (“Make Argentina Great Again”), en hy staan nie terug om die regte (moeilike) besluite te neem nie, al is dit ongewild.

In ’n wêreld van stadige ekonomiese groei moet die ontwikkelinge in Argentinië verwelkom word.

Ontsluiting van innovasie en skeppende denke

Die vrugte van ’n oper en vryer ekonomie strek verder as gunstige ekonomiese syfers.

Totalitêre, sosialistiese en linksgesinde regerings soos Kuba, Venezuela (ten minste voor Januarie 2026), Noord-Korea en dies meer, onderdruk innovasie en kreatiwiteit wat nodig is vir ’n vrye samelewing en ’n groeiende ekonomie.

Die feitestudie van die Sowjet-Unie is sekerlik die beste voorbeeld van ’n staatsbestel wat gebaseer is op die oortuiging dat ’n sentrale staat ’n samelewing in sy geheel moet orden – of meer direk, dit moet herkonstrueer. Die diktator Josef Stalin het geglo dat ’n revolusie “van bo af” plaasvind, menend dat die staat die eindbepaler is van die ekonomie, die politiek en selfs hoe mense moet dink, glo en optree.

Die gevolge en lewensverlies wat met die Sowjet-Unie geassosieer word, is welbekend. Tog is die vertrekpunte van die beskouing van die rol van die staat ongelukkig vandag nog in talle lande teenwoordig.

Onderdrukkende regimes onderdruk vrye denke, kreatiwiteit en innovasie deur gesentraliseerde beheer en beperkte politieke vryheid. In sulke stelsels word nuwe idees versmoor, aangesien die regime poog om ideologiese en sosiale eenvormigheid af te dwing.

In teenstelling hiermee bevorder die verligting van onderdrukking en die oorskakeling na vryer stelsels met minder regeringsinmenging innovasie. Wanneer mense vry is om idees uit te ruil, eiendom te beskerm en risiko’s te aanvaar sonder vrees, word skeppende denke ontsluit.

’n Nuttige voorbeeld is Pole ná die val van Kommunisme in 1989. Onder die Sowjet-beheerde regime was alles gesentraliseer en idees is onderdruk. Ná die land sy vryheid verkry het en regeringsinmenging afgeneem het, het entrepreneuriese denke begin posvat. Nuwe ondernemings het vinnig uitgebrei en Pole het een van die vinnigste groeiende ekonomieë in Europa geword – hoofsaaklik omdat mense sonder volgehoue staatsdruk skeppend kon dink en innoveer.

In Argentinië onder Milei sien ons iets soortgelyks: Danksy minder regulasies, meer privatisering en ’n sterker fokus op vrye markte, word ruimte vir entrepreneurs en beleggings geskep. Al is daar steeds uitdagings (soos teenkanting van vakbonde), wys die vinnige ekonomiese herstel dat minder staatsbeheer idees en ekonomiese groei stimuleer – presies soos in Pole gebeur het.

Die Suid-Afrikaanse regering, daarenteen, glo nog dat die rol van die staat uitgebrei moet word om die samelewing te orden. Ten spyte van vrome woorde soos “gelykheid”, “inklusiwiteit” en “billikheid”, is die werklikheid dat hulle alle magshefbome wil gebruik om volle beheer oor die samelewing te probeer uitoefen.

Al is die ANC se steun aan die kwyn, is die staatsmasjinerie, wetgewing en staatsdepartemente nog vas in die verkeerde rigting gestel. Die totstandkoming van die RNE kon dalk daarin slaag om die gevaarliker linkse sameflansing van partye af te weer, maar daar is nog geen duik gemaak aan die skadelike regeringsbestel wat ekonomiese groei en vryhede van mense kelder nie.

Veral politieke partye binne die RNE moet kennis dra dat sagte beleidskuiwe en sekere verslappings nie voldoende sal wees om die skip om te draai nie.

Die les wat Suid-Afrika by Argentinië – en meer spesifiek by die leierskap van president Javier Milei – kan leer, is as dit kom by regeringsbeleide en die aanspreek van swak ekonomiese groei, Suid-Afrika ook ’n vorm van “skokterapie” nodig het.

… En Milei se roetekaart kan omtrent net so gevolg word.

  • Werner Human is die operasionele hoof van die Solidariteit Beweging

Die wêreld kan in ʼn Derde Wêreldoorlog strompel – Flip Buys

Deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Duncan Kidd/Unsplash)

“Europa moet voorberei vir ʼn oorlog op ʼn skaal wat ons grootouers en húlle ouers moes deurmaak. Rusland het oorlog teruggebring na Europa,” het Mark Rutte, Navo se hoof in Desember gesê, met verwysing na die Eerste- en Tweede Wêreldoorloë. Hierdie skokkende waarskuwing van Rutte is opgevolg deur soortgelyke waarskuwings oor die gevaar van ʼn kontinentale oorlog teen Rusland deur die Duitste kanselier, Friedrich Merz, die Duitse minister van verdediging, Boris Pistorius, Navo se militêre hoof, admiraal Rob Bauer, asook senior leiers van Brittanje, Pole, Swede en Noorweë.

Hoewel Rusland se konvensionele magte nie sterk genoeg is om teen die hele Navo te veg nie, is daar drie faktore wat die Europeërs slapelose nagte gee:

  • die eerste is dat die Amerikaanse regering wil hê dat Europa vir sy eie veiligheid moet sorg, omdat die VSA op China wil  fokus;
  • dat Europa nie kan kers vashou by die Russiese militêre massaproduksie nie; en
  • dat die Russe die wêreld se grootste kernarsenaal het, en hulle militêre doktrine die gebruik daarvan onder bepaalde voorwaardes insluit.

Die skrikwekkende waarskuwing van die kernfisikus Albert Einstein doem weer voor die mensdom op: “As daar ʼn Derde Wêreldoorlog is, sal die vierde een met stokke en klippe gevoer moet word.” Einstein het natuurlik bedoel dat ʼn volgende globale oorlog die wêreld kan vernietig.

Oekraïne

Militêre kenners beskou die oorlog in Oekraïne as die gevaarlikste internasionale konflik sedert die Kubaanse Missielkrisis van 1962. Die gevaar bestaan dat dit kan eskaleer tot ʼn grootskaalse Europese oorlog, wat taktiese kernwapens kan insluit. Die belangrikste elemente van só ʼn nagmerrie is reeds teenwoordig, en die toestand herinner aan die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog. Dit is onder meer:

  • twee kante met onversoenbare standpunte wat elkeen sterk in sy saak glo;
  • geen formele vredesonderhandelings nie, en beide magte wat veg vir ʼn militêre oorwinning;
  • beide kante wat hulle doelwitte sedert die aanvang van die oorlog geëskaleer het;
  • dis nie net ʼn streekskonflik nie – verskeie groot moondhede met kernwapens is betrokke; en
  • die alliansiestelsel vergroot die kanse op ʼn groter oorlog, omdat ʼn “aanval op een as ʼn aanval op almal” beskou word.

Die geskiedenis van oorlog wys dat ʼn betreklik beperkte konflik tussen twee lande maklik na ʼn groter oorlog tussen grootmoondhede kan uitbrei. ʼn Toepaslike voorbeeld is die Krim-oorlog van die 1850’s tussen Rusland aan die een kant, en Brittanje, Frankryk, Turkye en Sardinië aan die ander kant.

Prof. Shepard Clough, professor in geskiedenis aan die Universiteit van Columbia, het die aanloop tot hierdie oorlog soos volg beskryf:

“The war was not the result of a calculated plan, nor even of hasty last-minute decisions made under stress. It was the consequence of more than two years of fatal blundering in slow-motion by inept statesmen who had months to reflect upon the actions they took. It arose from [some leaders’] search for prestige; the competing quest for control over the Straits; the mutual naïve miscalculation of the probable reactions of other powers; the failure of those powers to make their positions clear; and the pressure of public opinion in all countries at crucial moments.”

Hierdie woorde geld ook vir die huidige oorlog, omdat daar ʼn baie lang aanloop tot hierdie tragiese gebeure was waartydens dit voorkom moes word.

Doelwitte verander

Die Russe se doelwit was aanvanklik om te keer dat Oekraïne by Navo se militêre bondgenootskap aansluit. Dit sou uit die Russiese oogpunt ʼn “regstreekse gevaar vir Russiese veiligheid” word, in die woorde van president Wladimir Poetin.

Die Russe het hierdie doelwit nou geëskaleer tot ʼn militêre oorwinning en die besetting van grondgebied, veral in die Ooste waar daar ʼn groot aantal Russe woon.

Navo het aanvanklik net beoog om Oekraïne by te staan om ʼn Russiese oorwinning te keer en om ʼn gunstige vredesooreenkoms te help verseker. Intussen het die Weste se doelwit egter ook geëskaleer tot ʼn miltêre oorwinning en die uitskakeling van Rusland as ʼn groot moondheid.

Daar is normaalweg drie roetes na grootskaalse eskalasie wat deel van die dinamika van oorlog is:

  • Een of albei kante eskaleer die oorlog om te wen.
  • Een of albei kante eskaleer die oorlog om ʼn nederlaag te verhoed.
  • Die oorlog eskaleer onbedoeld, bv. as gevolg van ʼn onvoorsiene gebeurtenis wat tipies is van oorloë.

Verdedig na aanval

Die Weste het aanvanklik verdedigende wapens aan Oekraïne verskaf, soos tenks en lugverdedigingswapens. Nadat hulle doelwit na ʼn militêre oorwinning verander het, is groot hoeveelhede moderne aanvalswapens aan Oekraïne gestuur.

Die Amerikaanse staatsman, Henry Kissinger, se waarskuwende woorde oor die foute met die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog van 1914, is vandag steeds van toepassing:

“They seemed oblivious to the huge casualties of the still relatively recent American Civil War, and expected a short, decisive conflict. It never occurred to them that the failure to make their alliances correspond to rational political objectives, would lead to the destruction of civilization as they knew it. Instead, the Great Powers managed to construct a diplomatic doomsday machine, though they were unaware of what they had done.”

Die Eerste Wêreldoorlog is ook ʼn les dat goeie bedoelings tot verskriklike uitkomste kan lei. Soos die Amerikaanse denker, Thomas Sowell, dit gestel het: The First World War […] was said to be a war ‘to make the word safe for democracy.’ What it actually led to was the replacement of despotic dynasties by totalitarian dictatorships that were far worse”.

Een skoot, drie oorloë

Die moord op die Oostenrykse kroonprins, Frans Ferdinand, deur ʼn jeugdige Serwiese sluipmoordenaar op 28 Junie 1914, het ʼn ketting van gebeure aan die gang gesit. Dit het uiteindelik tot twee wêreldoorloë gelei waarin daar saam sowat 100 miloen mense gesterf het, en daarna die Koue Oorlog tussen Oos en Wes. Die einde van een oorlog het in die geskiedenis dikwels net as aanleiding tot die volgende gedien. Só het die verdrukkende vredesooreenkoms van die Eerste Wêreldoorlog ʼn bepalende rol in die ontstaan van die Tweede Wêreldoorlog gespeel. Daarna het die einde van hierdie oorlog weer die aanvang van die gevaarlike Koue Oorlog gemerk, wat die wêreld vir dekades in twee magsblokke verdeel het wat mekaar oor kernwapens aangegluur het.

Kernwapens

Die vraag is onder watter omstandighede een van die twee kante kernwapens sal aanwend. Die Weste maak gebruik hul volle arsenaal van ekonomiese en diplomatieke magsmiddele, en verskaf grootskaalse wapens en finansiële bystand aan Oekraïne, sonder om troepe te stuur

Uit die uitsprake van Westerse leiers blyk dit dat daar vier moontlike beweegredes is waarom die Weste self militêr betrokke kan raak: indien die oorlog lank aanhou; indien daar geen vooruitsig op ʼn diplomatieke oplossing of ʼn Oekraïense oorwinning is nie; indien die ekonomiese koste vir die Weste te hoog raak; of indien hulle desperaat is om die konflik vinnig te beëindig, byvoorbeelduit vrees dat die Chinese die krisis sal gebruik om ‘n aanslag op Taiwan te loods. Indien die Oekraïense leër in gevaar is om te verloor, kan die Weste ook inspring om ʼn nederlaag te voorkom. Die laaste moontlikheid is indien die Oekraïeners Russiese dorpe of stede aanval om ʼn groot Russiese teenreaksie te ontlok wat die Weste by die oorlog kan betrek.

Russiese kernwapens

President Poetin het reeds die strawwe Westerse sanksies as ʼn oorlogsverklaring beskryf, wat uit ʼn Russisese oogpunt die tafel dek vir moontlike kragdadige optrede teen Navo. Die Russiese militêre doktrine maak voorsiening vir omstandighede waaardie Russe kernwapens salaanwend. Dit is:

  • wanneer die Russe besluit om die vloei van Westerse wapentuig te stop, en dan ʼn Navo-land soos Pole, waardeur die wapens beweeg, aanval;
  • wanneer Navo-magte self tot die oorlog toetree;
  • om ʼn Russiese nederlaag te verhoed; en
  • indien die oorlog te lank en uitgerek raak dat hulle dit ten alle koste wil beëindig.

Die  (CIA) neem die gevaar van kernwapens so ernstig op, dat hulle al in 2022 gewaarsku het: “Niemand van ons kan die dreigende gevaar van die gebruik van taktiese kernwapens lig opneem nie.”

Taktiese kernwapens is kleiner wapens om stede of ʼn leër te vernietig, en is nie interkontinentale ballistiese missiele nie. Nogtans kan dit vinnig lei tot ʼn groter eskalasie waar nóg gevaarliker kernwapens gebruik kan word.

Ander moontlikhede

Die gevaar van ʼn eskalasie na kernwapens beteken gelukkig beslis nie dat dit noodwenig gaan gebeur nie. In die verlede was die grusame moontlikheid daarvan genoeg om dit te verhoed. Die Russe het wel reeds verskriklike skade in Oekraïne aangerig, maar was tot dusver baie huiwerig om die oorlog verder te eskaleer. Hulle het nog nie hulle volledige weermag ingestuur, groot getalle soldate opgeroep of ʼn “totale oorlog” verklaar nie.

Die beste afskrikking vir ʼn oorlog bly die lesse van die geskiedenis. Die probleem is dat daar nie oortuigende tekens is dat die hedendaagse wêreldleiers die historiese kennis het om oorloë te verhoed nie. Soos Thomas Sowell dit so treffend stel:

“The monumental tragedies of the 20th century — a world-wide Great Depression, two devastating World Wars, the Holocaust, famines killing millions in the Soviet Union and tens of millions in China — should leave us with a sobering sense of the threats to any society. But this generation’s ignorance of history leaves them free to be frivolous — until the next catastrophe strikes, and catches them completely by surprise.”

Die mensdom kan slegs hoop en bid dat die dreigende gevaar van ʼn eskalerende oorlog, ʼn kragtige aansporing vir die vegtende partye sal wees om voortydig ʼn diplomatieke oplossing te vind. In die praktyk sal ‘n “derde wêreldoorlog” gelukkig nie maklik uitbreek nie, omdat die VSA se militêre mag tans so oorweldigend is dat ander groot moondhede dit nie sommer sal uitdaag nie. Die sleutel tot blywende wêreldvrede was histories tweeledig: afskrikking van vyande, en gerusstelling dat daar nie ‘n aanval teen iemand beplan word nie. Die uitdaging vir die VSA is dus om China byvoorbeeld af te skrik, maar terselfderyd gerus te stel dat hulle nie aangeval sal word nie. Dan is die wêreld ‘n veiliger plek!

Akademia se nuwe kampus moontlik gemaak deur kulturele ekostelsel

Deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

 

Flip Buys, Dirk Hermann, Henk Schalekamp en Marthinus Visser.

In die politieke “wittebroodtydperk” van die Mandela-era ná 1994 het die Afrikaanse gemeenskap gevoel dat die stigting van onafhanklike Afrikaanse universiteite onnodig én boonop onmoontlik was. Onnodig, omdat die Grondwet uitdruklik voorsiening gemaak het vir Afrikaanse staatsuniversiteite en omdat daar skynbaar genoeg universiteite in die land was. Tweedens is dit as onmoontlik beskou omdat die stigting van ʼn nuwe universiteit sonder staatshulp eenvoudig te duur sou wees. Onafhanklike universiteite was boonop in Suid-Afrika grotendeels onbekend, anders as in baie ander dele van die wêreld.

Die werklikhede van sogenaamde “radikale transformasie” en ʼn geweldige toename in studentegetalle het egter reeds teen die vroeë 2000’s begin gewys dat ʼn nuwe Afrikaanse universiteit wél nodig was. Die suksesvolle stigting en groei van Akademia het terselfdertyd bewys dat dit inderdaad moontlik is. In Suid-Afrika is dit dikwels juis dít wat op die oog af moontlik lyk, wat in die praktyk onmoontlik word, en andersom: dit wat onmoontlik lyk, blyk tog moontlik wees.

Waarom die Solidariteit Beweging ontstaan het

Daar is twee hoofredes waarom Solidariteit, en later die breër Solidariteit Beweging, in die vroeë 2000’s tot stand gekom het. Eerstens het die stigters voorsien dat ʼn bevrydingsbeweging soos die ANC nie noodwendig ʼn moderne staat suksesvol sou kon regeer nie. Die Chinese wysgeer, Jia Yi, het al reeds twee eeue voor Christus daarop gewys dat die vereistes om ʼn land deur ʼn “struggle” oor te neem, lynreg bots met die vereistes om ʼn land doeltreffend te regeer.

Die tweede rede was omdat ons die ANC se woord gevat het dat hulle steeds ʼn rewolusionêre party is. Sulke partye is in wese sosialistiese sentraliste, en gebruik ʼn grondwetlike demokrasie om vryheid te ondergrawe. Dit sluit bepaald die vryheid in van taal- en kultuurgemeenskappe om besluite oor hulle grondliggende belange te neem en uit te voer. Rewolusionêre partye se regering “deur” die mense, word in die praktyk regering “oor” die mense. Die dienaars word die heersers.

Uitkoms

Die uitkoms van bykans drie dekades van die ANC-regering bevestig ongelukkig hierdie vrese. Die ANC kon nie die land doeltreffend regeer nie en het die demokratiese stelsel misbruik om vryheid te ondergrawe. Dink maar net aan die verwoestende gevolge van die inperking van ekonomiese vryheid – oftewel sakelui se vryheid om hul ondernemings sonder staatsinmenging te bestuur. Dit het ʼn beduidende rol gespeel in dekade lange ekonomiese stagnasie, rekordwerkloosheidsyfers en Suid-Afrika se status as een van die grootste uitvoerders van werkskeppers, belastingbetalers en hoëvlakvaardighede.

Die ANC het die pad van ʼn sogenaamde “ontwikkelingstaat” gevolg, soortgelyk aan die model wat onder meer in kommunistiese China toegepas is, waar staatsentiteite die ekonomie moes dryf. Die gevolge vir Suid-Afrikaanse staatsinstellings soos Eskom, Transnet, die Poskantoor en Denel is welbekend – om nie eens te praat van die verval van munisipaliteite en ander dele van die staatsdiens nie. Suid-Afrika moes eerder ʼn “ontwikkelingsamelewing” geword het, soos deur verskeie senior sakelui voorgestel, met restourasie eerder as transformasie as nasionale rigtingwyser.

Bevrydingsbewegings wat aan bewind kom, eindig dikwels in armoede en onderdrukking omdat hulle in die praktyk meer “gelykheidsbewegings” as vryheidsbewegings is. Hulle gebruik staatsmag om gelyke uitkomste af te dwing, met die gevolg dat individuele vryheid en algemene voorspoed skade ly. Die prosedurele vorm van demokrasie, soos gereelde verkiesings, bly staan, maar vryheid as die kern van demokrasie word ondermyn.

Daarby is wit Suid-Afrikaners se politieke, ekonomiese en kulturele vryhede nie deel van die ANC se toekomsvisie nie. In die nuutste (2025) weergawe van die ANC se “Strategy and Tactics”-dokument word die land steeds beskryf asof dit in die 1980’s vasgevang is. Wit mense word wel as deel van die samelewing geduld, maar is in werklikheid tweedeklasburgers oor wie se belange die regering min besorgdheid toon: “Die hoofdoel van ons vryheidstryd bly die bereiking van politieke- en ekonomiese vryheid van die onderdruktes – Afrikane in besonder en swart mense in die algemeen, binne ʼn samelewing waarvan die wit minderheid onlosmaaklik deel is.”

Daarom bly dit belangrik dat ons na ons eie belange omsien, waarvan ʼn wêreldklas Afrikaanse universiteit ʼn belangrike deel uitmaak.

Universiteite

Volgens denkers soos die Keniaan Ali Mazrui het universiteite in postkoloniale Afrika tipies deur agt fases beweeg:

  • Massifikasie deur “toegang vir almal”, dikwels via gratis studies
  • Kultuur van “slaag vir almal”
  • Sogenaamde “dekolonisering” van instellings
  • Aantasting van universiteitsoutonomie, akademiese vryheid en standaarde
  • Finansiële druk weens massifikasie en krimpende begrotings
  • Studente- en dosente-onrus
  • Toenemende regeringsbeheer
  • Opkoms van privaat universiteite wat staatsuniversiteite begin verbysteek
Die nuwe Akademia-kampus in wording.

Ekostelsel

Die strategiese uitdaging vir die Solidariteit Beweging was om volhoubare “staatsdienste” te lewer sonder staatsinkomste. Daarom moes ons eers stelselmatig ʼn omvattende kulturele ekostelsel bou, wat ons in staat sou stel om ʼn universiteit op te rig. Die gemeenskap moet eers die universiteit help voordat die universiteit die gemeenskap kan help.

Die beginpunt was om Solidariteit as ʼn “80%-organisasie” te stig uit verskeie Afrikaanse vakbonde, waarvan die eertydse MWU die bekendste was. ʼn “80%-organisasie verwys daarna dat die 80% middelgroep daarin moes tuisvoel, sonder die twee uiterste kante van die spektrum. Ons wou wegkom van die mislukte historiese verdelingslyne wat soveel skade aan Afrikaners én die land gedoen het.

Die volgende stappe was om binne Solidariteit ʼn Boufonds en Opleidingsfonds te stig, omdat gewone ledegeld vir lededienste bedoel was, en ook nie naastenby voldoende sou wees om ʼn universiteit te finansier nie.

Die derde stap was om die Solidariteit Helpende Hand te begin, om armoede wat ontstaan het as gevolg van die nuwe rassewette, die reuse-afskalings ná 1994 en die ekonomiese stagnasie teen te werk. Vierdens is die Helpende Hand Studietrust gestig om studielenings aan verdienstelike jongmense toe te ken sodat hulle kan studeer. Die hele idee is dat elke geslag die volgende geslag moet help om te studeer, en dat hulle daardie studiehulp wat aan hulle verleen is terugbetaal sodat die daaropvolgende geslag ook kan studeer. Die sukses van die Helpende Hand Studietrust is dat die terugbetalingskoers ʼn allemintige 99% is. Dit stel die Trust in staat om hierdie jaar sowat 1 200 studente met meer as R70 miljoen se studiehulp by te staan. Grootskaalse studiehulp is ʼn voorwaarde vir ʼn universiteit wat nie staatsfondse ontvang nie, anders kan net ʼn ryk elitegroep dit bekostig.

Die vyfde blokkie van die kulturele legkaart was die stigting van ʼn landswye netwerk van “Ons Winkels” – tweedehandse winkels onder die vleuel van die Helpende Hand. Die winste wat in hierdie winkels gemaak word, word in elke winkel se gebied aangewend vir maatskaplike dienste, en om deur die Studietrust jongmense van die omgewing te laat studeer.

Die Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) was die sesde stap in die ekostelsel. Die sewende stap was om onder die SBM-sambreel ʼn finansiëledienstemaatskappy te stig, waarvan die belang wat in die Afrikaanse versekeraar Virseker gehou word, die bekendste is. Die opbrengs van die Virseker Trust gaan vir Afrikaanse onderwys en opleiding, en word na Akademia, die Helpende Hand Studietrust en die Skoleondersteuningsentrum gekanaliseer.

Die agtste blokkie was die stigting van ʼn eiendomsmaatskappy, wat later tot Kanton Beleggings uitgebrei het. Kanton is ʼn eiendomsbeleggingsmaatskappy, en is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal waarin privaat beleggers belê vir ʼn wins én ʼn kulturele dividend. Kanton het al verskeie suksesvolle projekte ontwikkel, waarvan die bou van die wêreldklas Sol-Tech-kampus met hul koshuise die bekendste is. SBM bied, deur sy finansiëledienstemaatskappy, ook rentedraende lenings vir studente wat nie vir die Helpende Hand Studietrust se rentevrye studielenings kwalifiseer nie.

Die negende blokkie was die stigting van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat ten doel het om wêreldklas Afrikaanse onderwys te bevorder. Die rede hiervoor is dat goeie onderrig op skool ʼn voorvereiste vir goeie naskoolse onderrig is. Die SOS bedryf talle projekte, soos die gewilde Wolkskool, en het ook verskeie vakverenigings, soos die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, wat voortgesette opleiding vir Wiskunde-onderwysers aanbied. Benewens ondersteuning aan Afrikaanse openbare skole, werk die SOS ook aan nuwe oplossings vir onderwys in Afrikaans.

Die tiende blokkie om die kulturele legkaart te voltooi, was die stigting van Akademia, vernoem na die eerste universiteit in die Westerse wêreld, Plato se Akademia wat in 387 voor Christus in Atene gestig is. Die bekende Aristoteles, leermeester van Alexander die Grote, het daar Wiskunde, Filosofie en Politiek studeer. Akademia sluit aan by die klassieke tradisie, en is gegrond op wêreldklas-opleiding en ook die breër vorming en toerusting van studente op ʼn Christelike grondslag. Akademia is ʼn nuwe universiteit wat 15 jaar gelede begin is, maar is op ou en tydlose fondamente gebou, om jongmense vir die toekoms toe te rus.

Eksterne ekostelsel

Die sukses van Akademia word nie net deur hierdie “interne” ekostelsel bepaal nie, maar ook deur ʼn eksterne kulturele ekostelsel, soos goeie skole, toegewyde leerders, betrokke ouers, ʼn helpmekaar-kultuur en werkgewers wat hierdie studente ʼn kans sal gee. Onafhanklike Afrikaanse trusts en sakelui wat die vennootskap tussen kultuur en kapitaal steun, speel ook ʼn onontbeerlike rol. Die feit dat Sol-Tech se studente reeds so gesog in die mark is, is ʼn goeie teken dat werkgewers selfs in ʼn tyd van rassewette, graag studente aanstel wat goed opgeleide en gevormde mense is.

Nuwe kampus

Akademia is deur die Solidariteit Beweging begin, maar is ʼn outonome hoëronderwysinstelling wat vir alle Afrikaanse studente oop is. Akademia het hierdie jaar sy eerste satelliet-kampus in Paarl in die Wes-Kaap geopen, en beplan om die huidige vyf fakulteite vinnig verder uit te brei. ʼn Belangrike rede vir Akademia se sukses is die topdosente wat aangestel is om aan ʼn wêreldklas universiteit te bou. Akademia het dus nie van “voor” af nuut begin nie, maar voortgebou op die akademiese werk wat oor baie jare opgebou is. Die afgelope jare is daar ook bande gebou met top- buitelandse universiteite. Akademia verwag hierdie jaar sowat 5 000 studente in totaal. Dit is hoekom nuwe en groter geriewe dringend noodsaaklik geword het. Die volgende stap vorentoe is Kanton Beleggings wat eersdaags begin om ʼn splinternuwe wêreldklas-kampus in die ooste van Pretoria te bou. Die eerste fase gaan sowat R1,8 miljard beloop, en gaan bykans twee jaar neem om te bou. Dit behels nuwe akademiese geboue, koshuise en al die moderne geriewe wat daarmee gepaardgaan. Daar word beoog om die kampus in 2028 in gebruik te neem.

Hierdie kampus is die grootse Afrikaanse bouprojek in baie dekades in Suid-Afrika, en is voorafgegaan deur twee dekades se opbou van hierdie omvattende ekostelsel wat nodig is vir kulturele selfverwesenliking. Hierdie ekostelsel maak ʼn wêreldklas, onafhanklike, klassieke Christelike Afrikaanse hoëronderwysinstelling moontlik. ʼn Taal het ʼn universiteit nodig vir sy voortbestaan, en ʼn universiteit het ʼn taal nodig om werklik wêreldklas te kan wees. Dit wys die sukses van talle mense wat in enkeltalige Afrikaanse universiteite opgelei is, maar wat nou met groot sukses hul kennis in ʼn ander taal toepas. Akademia is wel Afrikaans, maar studente bemeester terselfdertyd Engels om die oorgang na die wêreld van werk makliker te maak.

Hierdie kulturele ekostelsel se onderbou is skeppende vernuwing, gegrond op beproefde waardes. Die onderliggende filosofie is dat elke geslag dit wat hy van sy voorgeslagte gekry het moet bewaar, en dit dan in ʼn beter toestand vir die volgende geslag moet oorgee. Dít is ons Beweging se plegtige onderneming aan ons jongmense! Ons wil help om ʼn toekoms vir jongmense te skep, sodat hulle volhoubaar hier kan woon en werk, en sodoende ʼn blywende bydrae kan lewer tot die welstand van hulle gemeenskap, die land en al sy mense.

 

*Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging, en ʼn direksielid van Akademia en Kanton Beleggings.

𝗔𝗡𝗖 ʼn ‘𝗺𝗼𝗿𝗲𝗹𝗲 𝘀𝘂𝗽𝗲𝗿𝗺𝗼𝗼𝗻𝗱𝗵𝗲𝗶𝗱’? 𝗟𝗮𝗴𝘄𝗲𝗸𝗸𝗲𝗻𝗱!

Deur Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging

Continue reading “𝗔𝗡𝗖 ʼn ‘𝗺𝗼𝗿𝗲𝗹𝗲 𝘀𝘂𝗽𝗲𝗿𝗺𝗼𝗼𝗻𝗱𝗵𝗲𝗶𝗱’? 𝗟𝗮𝗴𝘄𝗲𝗸𝗸𝗲𝗻𝗱!”

Jaco Kleynhans | Mackinac Republican Leadership Conference, Michigan, VSA

Speech | 21 SEPTEMBER 2025 | Michigan
Ladies and Gentlemen, Chairman Jim Runestad, members of the U.S. House of Representatives, the Michigan Legislature and other political institutions in the U.S. and here in Michigan, distinguished guests,
It is an honor and a privilege to stand before you today at this 36th Mackinac Republican Leadership Conference, a gathering that embodies the unyielding spirit of liberty, resilience, and principled leadership that has defined the Republican movement for generations.
 I serve as the Head of International Liaison for Solidarity a large South African civil rights organization dedicated to protecting the rights, dignity, and future of minorities – particularly the Afrikaner minority – in a nation that increasingly seems bent on erasing our culture and identity.
But before I delve into the heart of my message, I must address a shadow that looms over us all, a stark reminder of the perils we face in this global battle for conservative values. Just last week, on a day that should have been filled with the promise of discourse and debate in the great state of Utah, we lost Charlie Kirk—a brilliant, fearless voice for the next generation of conservatives – to a cowardly assassination. His death was not merely a personal tragedy; it was a chilling escalation in the wave of violent rhetoric and actions targeted at conservative voices everywhere. From the streets of America to the town halls of Europe, and yes, even to the farmlands of my own country, South Africa, the enemies of freedom are emboldened. They chant slogans of hate, they incite division, and they strike without remorse.
As Afrikaners in South Africa, we will forever be grateful to Charlie Kirk and his huge contribution to focusing the world’s eyes on the murders of farmers in South Africa and the escalatingattack on the future of my people. Together with President Donald Trump and others, Kirk did great work over the past few years to tell the truth of what is happening in South Africa. Thank you, Charlie. We salute you! For now,and forever.
In South Africa, the toxic leftwing rhetoric has a name and a tune: “Kill the Boer, Kill the Farmer.” It is not some relic of the past; it is sung openly at political rallies, chanted by leaders who hold the reins of power, and echoed in the halls of government.
Thank you for giving me this platform to speak,not just for South Africa, but for all minorities under siege in a world that increasingly tolerates authoritarianism in the name of “progress.” Today, I want to focus on why South Africa matters to you – to America, to the Republican cause, and to the free world.
Let us begin with why South Africa is so crucially important to the United States, and why the Afrikaners, as a beleaguered minority, must be central to any American strategy in Africa. South Africa is not merely another country on the map; it is the economic powerhouse of the continent, commanding vast reserves of critical minerals that power everything from your smartphones to electric vehicles and defense systems. We hold over 80% of the world’s platinum supply and significant portions of manganese and vanadium, key to steel production and battery technology. In a world racing toward green energy and technological dominance, South Africa’s resources are a geopolitical goldmine. Losing influence here means ceding ground to authoritarian adversaries such as China.
But beyond these resources, South Africa is America’s gateway to Africa. With a sophisticated financial system and a G20 membership, we bridge the Global North and the emerging markets of the Global South. Trade between our nations exceeds $20 billion annually, supporting jobs in manufacturing, agriculture, and services across both countries.
Yet this partnership is fraying under the weight of South Africa’s internal decay and external alignments. America needs a stable, pro-Western South Africa to counter the spread of communism and authoritarianism on the continent. Without it, China’s Belt and Road Initiative will swallow Africa whole, Russia’s Wagner mercenaries will destabilize more regimes, and Iran’s proxies will find safe havens for mischief.
Now, why Afrikaners specifically? As a minority of about 2.5 million – roughly 5% of South Africa’s population – we represent a cultural and ideological bulwark against the tide of radicalism sweeping our land. We are conservatives at heart: family-oriented, entrepreneurial, religious, and committed to private property, rule of law, and individual liberty. Our values align seamlessly with the Republican ethos – think self-reliance, like the pioneers of the American West, or the unyielding faith of the Founding Fathers.
Historically, Afrikaners have been the stewards of South Africa’s agricultural heartland, producing 90% of the country’s food despite owning only a fraction of the land. We are the innovators in tech and engineering who keep the lights on and the doctors, teachers, and entrepreneurs who built modern South Africa. Marginalizing us does not just harm a minority; it undermines the very stability America needs in Africa. Supporting Afrikaners means bolstering a pro-American, pro-freedom force that can help reclaim the continent for democracy.
To understand our importance, one must know our background—a story of perseverance, innovation, and tragedy that mirrors the American journey in many ways. The Afrikaners trace our roots to the 17th century, when Dutch settlers arrived at the Cape of Good Hope, establishing a refreshment station for the Dutch East India Company. These were hardy Protestants—farmers, craftsmen, and traders—fleeing religious persecution in Europe, muchlike the Pilgrims who landed at Plymouth Rock. These Dutch settlers intermarried with French Huguenots and Germans and forged a unique identity; the Afrikaans language, a blend of Dutch and local tongues, became our voice; the Calvinist faith was our compass.
In the 19th century, as British imperial ambitions encroached, we embarked on the Great Trek – a mass migration inland of over 12,000 pioneers seeking freedom from colonial overreach. Our pioneer forefathers carved out republics such asthe Orange Free State and Transvaal, fighting epic battles against Zulu warriors at Blood River in 1838 and later against the British in the Anglo-Boer Wars of 1880 and 1899-1902.
The British were the first to use concentration camps during war, and during the Anglo Boer War of 1899 to 1902 most of our Afrikaner women and children were placed inconcentration camps by the English. More than 34 000 women and children perished in those concentration camps in some of the worst conditions you could ever imagine.
But after the war, we decided to forgive. We decided to move forward. We built a nation on the principle of self-determination, inventing technologies like the world’s first heart transplant in 1967 and pioneering conservation efforts that protected Africa’s wildlife.
Coming to the second topic: South Africa since 1994, and how the liberal Western vision of a “rainbow nation” has crumbled under the weight of ANC governance. When Nelson Mandela walked free from prison in 1990 and became president in 1994, the world hailed it as a miracle. The end of apartheid promised unity – a rainbow nation where black, white, brown, and Indian people could coexist in harmony. Western liberals, from Bill Clinton to Tony Blair, poured in billions in aid and investment, betting on reconciliation, affirmative action, and a mixed economy to heal old wounds.
For a brief, shining moment during the 1990’s it worked. Under Jacob Zuma from 2009 to 2018, “state capture” siphoned billions from public coffers—funds meant for housing, schools, and hospitals vanished into private jets and mansions. Eskom, our state power utility, was looted, leading to rolling blackouts that crippled industry. The ANC’s cadre deployment – placing loyalists in key positions – prioritized politics over competence, turning bureaucracies into fiefdoms. Racial quotas under Black Economic Empowerment (BEE) laws sidelined skilled workers, regardless of merit, fostering resentment and inefficiency.
At the commencement of President Cyril Ramaphosa’s tenure in 2018, the damage was irreversible. Unemployment soared above 30%, youth joblessness hit 60%, and inequalityworsened. The “rainbow” faded as tribalism and populism rose: the Economic Freedom Fighters (EFF), led by Julius Malema, openly calls for nationalizing everything, from all farmland to all financial institutions and mines. They advocate for land seizures, chanting “Kill the Boer” at rallies. Liberal ideals of meritocracy and non-racialism have been sacrificed on the altar of revenge politics. The ANC destroyed South Africa not through malice alone, but through incompetence masked as transformation. What was promised as upliftment became exploitation; what was envisioned as unity devolved into division. The West’s blind faith in this model – ignoring warning signs of socialism- left us a failed experiment, a cautionary tale for America as you grapple with your own progressive overreach.
This brings us to the third focus point: where South Africa stands today. As an increasinglyfailed state, service delivery has collapsed. Water shortages affect 40% of households; potholed roads and collapsing bridges symbolize infrastructure decay. Rolling power outages have been a reality in South Africa for the past 15 years. The brain drain is real: over a million South Africans, many Afrikaners, have emigrated since 1994, taking their expertise to Australia, Canada, and yes, America.
Land expropriation without compensation, enshrined in the 2018 ANC policy and accelerated under Ramaphosa with a new expropriation act signed late last year.
Racial laws and discrimination against minorities are rampant. BEE mandates high percentages of black ownership in companies, often through shady deals that enrich elites while excluding whites, Indians, and brown people from jobs and contracts. Affirmative action quotas fill universities and civil service with underqualified candidates, sidelining merit.
Crime is an epidemic: over 27,000 murders are committed annually – the highest in the world outside war zones. But farm attacks stand outas a special scourge against rural whites. Since 1994, over 3,000 farmers have been killed in brutal assaults involving torture, rape, and execution-style murders. Today there are less than 30,000 commercial farmers left in South Africa who must feed a growing population of more than 60 million.
Farm attacks and murders are not random robberies; they are ethnically motivated, with attackers targeting isolated homesteads, stealing little but inflicting maximum terror. The government downplays it, claiming it is mere crime, but the patterns—disproportionate violence against white farmers—tell another story. As President Trump rightly noted, it is a crisis demanding international attention.
Finally, our foreign policy has veered dangerously toward authoritarian embrace. South Africa, under ANC influence, has warmed to China, Russia, and Iran, aligning with BRICS to counter the West. In 2023, South Africahosted joint naval exercises with Russia and China in the Indian Ocean codenamed “Mosi”,signaling military cooperation amid Russia’s Ukraine invasion.
With Iran, ties deepened in 2025: high-level military talks in Tehran discussed hosting Iranian naval flotillas in our ports, and the South African government defended Iran’s nuclear ambitions at the UN. Ramaphosa’s government abstained from condemning Russia’s aggression and sued Israel at the ICJ over Gaza, earning praise from Tehran.
In February 2025, President Donald J. Trump issued Executive Order 14204, titled “Addressing Egregious Actions of the Republic of South Africa.” This landmark decree declared it U.S. policy to oppose South Africa’s human rights violations, particularly against white Afrikaners, and its undermining of international norms. It suspended foreign aid – over $500 million annually – until reforms are made. It also created a fast-track refugee program for persecuted Afrikaner farmers and professionals.
Since February, a bill was approved in the http://U.S.House of Representatives Committee on Foreign Affairs, further implementing President Trump’s executive order and even suggesting that targeted sanctions be imposed on ANC officials involved in corruption and land grabs. We support this proposal and hope that the act will soon be approved by the full House and the Senate so that President Trump can sign it.
President Trump’s reciprocal tariffs in April 2025 hit South African exports such as steel and agricultural products, retaliating against our BRICS alignments. Our fear now is that the tariffs are punishing the people closest to the U.S., such as Afrikaner farmers. We want to make a plea to the U.S. to lower the tariffs and instead focus on punitive measures against the South African government and radical anti-American politicians.
Within this crisis lies opportunity: strained relations can be leveraged for change. America holds the cards: market access, military aid, and diplomatic clout. By supporting Solidarity and civil society, the U.S. can empower pro-Western voices, pressure the ANC toward accountability, and reclaim South Africa as a strategic ally. I repeat: Please do not punish your friends, such as Afrikaner farmers, with tariffs. Punish the real scoundrels who have acted, and continue to act,against American interests!
In conclusion, my friends, South Africa’s story is one of promises betrayed but not yet lost. The assassination of Charlie Kirk reminds us that violence against our ideas is real, but so is our resolve. The chants of “Kill the Boer” echo the global assault on freedom, but with leaders like President Trump, we have hope.
I urge you: Pressure your government to enforce the executive order fully. Shine a light on farm murders and corruption. Support South African civil society with donations, media reports and access to a platform where we can share our views.
We ask you to counter South Africa’s drift toward tyrants by strengthening ties with true partners like us. Together, we can rebuild a South Africa that honors all its people – a beacon of liberty in Africa, allied with the greatest nation on earth, the United States of America. God bless you, God bless the Republican Party, God bless the great people of Michigan, God bless the Afrikaner people at the southern tip of Africa and God bless the enduring spirit of freedom. Thank you.
  • Watch the broadcast here.

My land is waar my hart woon

– Deur Marisa Engelbrecht

Langs my op die vliegtuig sit ‘n tannie. Sy is feitlik heeltemal grys met diep hartseer-plooie langs haar oë. Sy is op pad om vir haar kinders in Nederland te gaan kuier. Sy het haar seun en sy gesin drie jaar laas gesien.

“Die kinders het so groot geword!” skerts sy opgewonde. Haar kleindogter het mamma geword en sy gaan om die nuwe babatjie te ontmoet en bietjie uit te help. Haar man kon ongelukkig nie saamgaan nie. Die vliegtuigkaartjies is net te duur, maar hy sal volgende jaar ‘n beurt kry.

Haar dogter is in Australië. “Sy en haar man is al bykans 20 jaar daar. Die kinders praat glad nie meer Afrikaans nie. Dis so hartseer,” sê sy. “My engels is ook nie eintlik waffers nie, so ons sukkel maar om met mekaar te praat.”

Ek luister aandagtig na die tannie se opgewondenheid en hartseer oor haar kinders. Maar sy is so dankbaar dat hulle die geleenthede in die buiteland kon kry en dat dit met hulle goed gaan. Ek self is nie ‘n vreemdeling vir familie en vriende in die buiteland nie. Ons almal ken iemand in die buiteland. Kinders, ooms, tannies, hartsvriende, kennisse, oud-kollegas. Mense wat die uiterse moeilike besluit moes neem om op te pak en nuwe wortels in die “veiliger” vreemde te gaan plant.

Ek het voorreg gehad om verlede jaar saam met die Solidariteit Navorsingsinstituut ‘n uitgebreide navorsingsprojek aan te pak onder Afrikaners in die buiteland. Hoekom het ons die navorsing gedoen? Omdat ons ‘n behoefte geïdentifiseer het onder ons mense in die buiteland dat hulle hierdie vervreemding van ons Afrikaanse kultuur eerstehands ervaar. Die risiko van ons tweede en derde generasie in die buiteland is natuurlik nóg groter en uit die navorsing het daar telkemale die kwessie van identiteit, vervreemding, waardes, isolasie, taal, erfenis, opvoeding, ens na vore gekom.

Wat wou ons met hierdie navorsing bereik? Ons wou vir Afrikaners in die buiteland ‘n digitale tuiste bou waar hulle weer die tipiese tuis-wees en gasvryheid van Afrikaners virtueel kan ervaar. Dit was natuurlik geen maklike taak nie, maar die terugvoer en insette wat ons op die navorsing gekry het, was werklik insiggewend en van onskatbare waarde. Ons het ook gaan kyk wat ander lande vir hul diaspora doen en hoe hulle projekte lyk. Die verskil natuurlik is dat ander lande se regerings meestal hierdie projekte dryf. Die Suid-Afrikaanse regering het geen so ‘n projek vir Afrikaners nie, en ons het verantwoordelik gevoel om hierdie leemte te vul.

Uit ons wenslys van wat ons alles op hierdie virtuele tuiste wou ontwikkel en aanbied, het ons uitgereik na al die instellings binne die Solidariteit Beweging om hand by te sit om hierdie virtuele wêreld se hartklop te bou – en daar is hy vandag – MyHartland, die virtuele kultuurtuiste vir elke Afrikaner wat vandag in die buiteland is.

Ons wegspring aanbod het agt afdelings naamlik ‘n Afrikaanse kultuurhuis, My Gemeenskap, ‘n Kinderhoekie, Boerekos resepte, Kom kuier-jeugprogram, Entrepeneurs, Werksgeleenthede en Nuus. Dan is daar natuurlik ook geleentheid vir mense om ‘n digitale burger van MyHartland te word deur enigeen (of meer) van ons 10 projekte te ondersteun. Hulle is ook Welkom om ‘n gratis profiel te skep waarmee hulle hul virtuele reis na MyHartland kan begin en ons op hierdie nuwe reis kan volg.

Pak vandag jou tasse, bring jou familie, hartsvriende, ooms, tannies, kennisse en oud-kollegas saam op hierdie virtuele reis na MyHartland, want ons wortels is geplant in ons taal, ons kultuur, ons identiteit en ons verbondenheid tot mekaar, ongeag waar ons, of ons kinders, in die wêreld woon. MyHartland, jou virtuele kultuurtuiste.

Die Solidariteit Beweging waarsku: ANC se voortgesette aanvalle op die VSA kan tot nóg straftariewe lei

Die Solidariteit Beweging is uiters bekommerd dat die Amerikaanse regering se groeiende frustrasie met president Cyril Ramaphosa en die ANC tot verdere straftariewe teen Suid-Afrika kan lei.

Tydens die Solidariteit Beweging se onlangse besoek aan Washington is daar groot frustrasie by die Amerikaanse regering opgemerk teenoor Suid-Afrika se tekort aan politieke wil om ʼn ooreenkoms te bereik. Dit is ten spyte van bewerings dat daar glo vordering met die onderhandelinge is.

Terwyl die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel vorm, tans alles in hul vermoë doen om diplomatieke en bilaterale verhoudinge met die VSA te herstel, gaan die ANC voort met sy voortgesette aanvalle op die wêreld se grootste ekonomie. Die Solidariteit Beweging waarsku dat dit rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika en sy burgers kan inhou.

“Ons land bloei. ʼn Vlaag van afleggings het Suid-Afrika reeds getref, en ons kan dit nie as blote statistieke beskou nie: Dit is mense wat hul werk en huise verloor; dit is kinders wat honger gaan slaap. Ons kan eenvoudig nie nóg skade aan ons ekonomie bekostig nie,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

Die plaaslike ekonomie het reeds groot skade gely sedert die VSA in Augustus vanjaar 30%-handelstariewe teen Suid-Afrika ingestel het. Dit sal slegs vererger indien daar nie dringend ʼn positiewe handelsooreenkoms met die VSA bereik word nie.
Volgens Buys is dit ook uiters roekeloos van die ANC om die VSA, wat boonop Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot is, aktief te antagoniseer.

“As die grootste ekonomie ter wêreld is dit onverantwoordelik vir enige land om nie uitstekende bilaterale verhoudinge met die Verenigde State te hê nie. As president van die ANC het Ramaphosa probeer om die blaam vir die huidige diplomatieke krisis met die VSA te verskuif. Die harde werklikheid is egter dat die krisis en gevolglike ekonomiese skade bloot deur die ANC self veroorsaak is,” sê Buys.

Met die eerste aankondiging van die straftariewe deur die VSA op 2 April 2025, het die ANC-geleide regering meer as ʼn maand geneem om met die VSA begin skakel is. Ná rampspoedige gesprekke het die ANC eenvoudig die probleem geïgnoreer.

President Ramaphosa se optrede by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York einde verlede maand het die land beslis ook nie enige gunsies besorg nie. Hy het tydens sy toespraak beweer dat “…handel nou as ʼn wapen teen verskeie lande in die wêreld gebruik [word]” en dat “…geopolitieke skokke en ongekende handelsbeleid” die wêreldekonomie destabiliseer.

Dié VN-vergadering was juis die platform waar onderhandelings vir ʼn ooreenkoms moes plaasvind. In plaas daarvan om opbouende kantlyngesprekke te voer, het die president egter die VSA vanaf die verhoog verder gekritiseer. Hoewel hy nie president Trump by die naam genoem het nie, het sy opmerkings klaarblyklik na president Trump se tariewe verwys.

Die Solidariteit Beweging is steeds bereid om die Suid-Afrikaanse regering by te staan in pogings om ʼn positiewe handelsooreenkoms te bereik. Die Solidariteit Beweging het nou ʼn dringende skrywe aan president Ramaphosa gerig waarin die instelling weereens sy hulp aanbied om die regering by te staan om ʼn positiewe handelsooreenkoms met die VSA te probeer fasiliteer.

“Vanaf ons aanvanklike gesprekke met die Amerikaanse administrasie was die Solidariteit Beweging se doel om die diplomatieke en ekonomiese skade wat die ANC oor dekades veroorsaak het, te herstel,” sê Buys.

In dié verband het ons herhaaldelik na die ANC-geleide regering uitgereik om hande te vat. Hierdie pogings is telkens afgewys en met intimidasie en radikale rasse-retoriek begroet.

Die ANC het dalk nie ʼn handelsooreenkoms met die VSA nodig nie, maar Suid-Afrika het beslis. Omdat ons die land liefhet, reik ons weereens uit na die regering om te probeer om ʼn positiewe handelsooreenkoms met die Verenigde State te fasiliteer.”

Die Solidariteit Beweging betreur die moord op Amerikaanse aktivis, Charlie Kirk

Die Solidariteit Beweging spreek sy innige meegevoel uit ná die tragiese sluipmoord op die konserwatiewe Amerikaanse politieke aktivis, Charlie Kirk (31).
Charlie, die stigter en uitvoerende hoof van Turning Point USA, ʼn invloedryke konserwatiewe jeugorganisasie, is op die verhoog by ʼn byeenkoms by die Utah Valley-universiteit doodgeskiet.
Ons spreek ons opregte en innige medelye uit aan sy familie, vriende en almal wat hom liefgehad het. Miljoene mense regoor die wêreld rou saam oor hierdie onverwagse en tragiese verlies.
Charlie was ʼn vriend van die Afrikaner – ʼn voorstander van samewerking, dialoog en politieke betrokkenheid. In hierdie donker tyd word ons herinner aan hoe kosbaar politieke verdraagsaamheid is; dat verskille met respek hanteer moet word en dat ʼn vreedsame samelewing nie as vanselfsprekend beskou moet word nie.
Mag sy familie troos en krag vind, en mag ons almal op die voorbeeld van verdraagsaamheid en menslikheid wat Charlie beklemtoon het, voortbou.
Die Solidariteit Beweging staan in hierdie moeilike tyd saam met diegene wat treur.

Die toekoms van Afrikaans

Hierdie jaar is ʼn groot jaar vir Afrikaans. Dis nie net die honderdste herdenking van Afrikaans as amptelike taal nie, maar ook die 150ste herdenking van die stigting van die GRA, oftewel die Genootskap van Regte Afrikaners. Die amptelike erkenning van Afrikaans is voorafgegaan en moontlik gemaak deur die GRA en skrywers en digters soos CJ Langenhoven, Totius en Eugene Marais.

Die groot vraag is nou wat is die toekoms van Afrikaans? Doemprofete meen die einde van Afrikaans as hoëfunksietaal het aangebreek, gegewe die regering se strewe om ons taal uit die openbare lewe te druk. Teenoor die doemprofete staan die “doenprofete”, wat ook die gevare sien, maar wat besluit het om iets daaraan te dóén.

Niemand is bang dat Afrikaans as informele taal uit ons huise en kombuise sal verdwyn nie, maar die groot vraag is wat gedoen kan word om te verseker dat Afrikaans ʼn volle funksionele taal bly. ʼn Taal wat nie in al sy funksies gebruik kan word nie, is geneig om deur ʼn proses van taalverskuiwing na ʼn wêreldtaal uiteindelik bedreig te word en selfs kan verdwyn. Daarom is dit nodig om ʼn oorsig te skets van die faktore wat inspeel op enige taal se oorlewing, en in die proses seker te maak dat Afrikaans se toekoms veilig is.

  1. Kultuur

Die eerste en belangrikste bepaler van ʼn taal se toekoms, is die welstand van die kultuur of kulture wat die taal gebruik. Indien die bestaansvoorwaardes vir Afrikaners en ʼn kritiese massa ander Afrikaanssprekendes verval om in Suid-Afrika te bly, kan die taal nie oorleef as sy sprekers wegtrek of wegkwyn nie. Daarom behoort die begin van ʼn taalstrategie te wees om die voorwaardes te skep wat nodig is vir die kultuur om voort te bestaan. Die Romeine se taal, Latyn, kon uiteindelik nie die val van die Romeinse Ryk oorleef nie, behalwe in akademiese kringe waar Latynse terme nog gebruik word, soos in die regswese.

  1. Taalwil

Die tweede bestaansvoorwaarde vir Afrikaans is die wíl van haar sprekers om hulle taal nie net te laat oorleef nie, maar te laat floreer. Die wil om Afrikaans te laat voortbestaan deur mense wat die bedreigings raaksien, ʼn plan vir die oorlewing en florering van Afrikaans kan maak, en wat genoeg mense kan begeester om die plan uit te voer is bepalend vir ʼn taal se toekoms. Daar word gesê ʼn Boer maak ʼn plan. Gelukkig bestaan daar oortuigende tekens dat die wil onder ʼn groot deel van die sprekers wel daar is om Afrikaans se voortbestaan te verseker.

  1. Taalinstellings

ʼn Taal- of kultuurgemeenskap leef ín en deur instellings op elke belangrike gebied. ʼn Taal het onder meer skole, kolleges, universiteite, media, kultuurorganisasies, jeugbewegings, partye, vakbonde, maatskappye, ouetehuise en beroepsverenigings nodig om te kan voortbestaan.

  1. Taalgebied

Die Frans-Kanadese taalkundige, Jean Laponce, meen dat ʼn taal ʼn eie gebied of gebiede nodig het waar sy die meerderheid is en nie daar met ʼn wêreldtaal hoef mee te ding nie. Frans sal nie in Kanada as ʼn betekenisvolle taal voortbestaan sonder Quebec nie, en Vlaams sal heel waarskynlik verdwyn as Vlaandere sou ophou bestaan.

  1. Taalstad

ʼn Mens kan moeilik jouself ʼn betekenisvolle taal indink sonder ʼn stad of stede wat die taal anker en wat vol taalinstellings is wat die taal in al sy funksies gebruik. Was dit nie vir Londen, Parys of Berlyn nie, sou Engels, Frans of Duits groot uitdagings gehad het om in alle taalfunksies voort te bestaan. Talle kleiner streekstale word geanker deur groter streeksdorpe waarin daardie taal gebruik en beveilig word.

  1. Demografie

ʼn Kritiese massa gekonsentreerde sprekers is nodig vir ʼn taal se voortbestaan. Afrikaans se uitdaging is dat sy sprekers yl verspreid bly, en daar min plekke is waar Afrikaans die meerderheidstaal uitmaak. Omdat Afrikaans nie ʼn natuurlike taalgebied of taalstad het nie, is dit nodig dat daar taalinstellings en taalruimtes is waar die minderheid ʼn meerderheid kan wees. Die rede is dat die meerderheid die taal van ʼn gebied of instelling bepaal, en dat byvoorbeeld ʼn skool of universiteit waar die meerderheid mense Afrikaans is, die taal se toekoms kan beveilig.

  1. Tegnologie

Tegnologie is aan die een kant ʼn bedreiging vir kleiner tale, maar kan terselfdertyd ʼn belangrike hulpmiddel wees om ʼn taal te bevorder. Die Afrikaanse gemeenskap sal dus moet bybly in die tegnologiese wedloop, en daarom is dit verblydend dat kunsmatige intelligensie reeds in Afrikaans gebruik kan word.

  1. Hoër funksies

ʼn Taal se hoër funksies soos onderwys en opleiding is baie belangrik vir voortbestaan. Daarom is die vinnige groei van ʼn universiteit soos Akademia ʼn riem onder die hart van mense wat lief is vir Afrikaans. Hier is Afrikaanse studente veilig, tuis en welkom.

  1. Letterkunde

Dit is verblydend dat dit nog so goed gaan met die Afrikaanse letterkunde, soos gesien kan word in die hoeveelheid Afrikaanse boeke wat gepubliseer word. Daarom moet die Afrikaanse publiek aangemoedig word om hierdie boeke te koop. Dit is ook noodsaaklik dat skole seker maak dat die top Afrikaanse letterkunde soos Van Wyk Louw se Raka aan kinders oorgedra word.

  1. Onderwys-pyplyn

Dit is nodig dat daar gewerk word aan die hele Afrikaanse pyplyn, vanaf kleuterskole tot universiteite. Die goeie nuus is dat daar verskeie organisasies is wat hulself daarvoor beywer, te meer so omdat die ANC teen Afrikaanse skole regeer.

  1. Universiteit

Hoewel die belangrikheid van ʼn universiteit reeds as deel van Afrikaans se hoër funksies genoem is, is dit nodig om dit weer te noem. Die goeie nuus is dat daar reeds ʼn hele paar instellings ontstaan het wat opleiding op universiteitsvlak aanbied.

  1. Laer informele funksies

Dit is ook nodig dat Afrikaans se informele funksies aandag kry, of dit nou by braaivleis of troues is. Die belangrikheid om ons taal aan die jonger geslag oor te dra kan nie oorbeklemtoon word nie.

  1. Taalaktivisme

Daar is ook ʼn rol vir taalaktivisme, omdat dit soms nodig is dat ʼn sterk organisasie met spierkrag en getalle standpunt teen die benadeling van Afrikaans inneem. Dink maar hoeveel hofsake oor Afrikaans AfriForum al suksesvol gemaak het.

  1. Taalproduksie en -verbruik

Afrikaans geniet tans nog die momentum van die werk en beleggings van die verlede. Taalverbruik verwys onder meer na ligte musiek of populêre vermaak, en is belangrik vir Afrikaans. Terselfdertyd is dit nodig dat meer aandag aan taalproduksie gegee word, wat onder meer verwys na navorsing en die hoër funksies van Afrikaans.

  1. Kulturele selfvertroue

Afrikaners se kulturele selfvertroue is vir dekades aangeval en ondermyn, wat die lojaliteit aan Afrikaans nadelig geraak het. Dit hang saam met die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis, in ʼn poging om ons “op ons plek” en onderdanig aan die ANC-regering te hou. Daarom is dit noodsaaklik dat Afrikaners se geskiedenis “genormaliseer” word, en dat ons ons verlede “terugvat” en ewewigtig aan die volgende geslagte oordra.

  1. Kulturele selfverwesenliking

ʼn Taal wat net in sy informele funksies gebruik word se sprekers gaan mettertyd oorskuif na ʼn wêreldtaal met meer funksies en ʼn hoër status. Daarom is dit nodig dat platforms geskep word vir die hoogste vorme van kulturele selfverwesenliking, of dit nou die Afrikaanse filosofie, kuns en letterkunde, drama en teater, of wetenskap en die akademie is. Dit is ook nodig dat daar genoeg kulturele energie oftewel kulturele “kapitaal” moet wees om steeds groot prestasies in Afrikaans moontlik te maak. Spesiale aandag moet aan geleenthede vir Afrikaanse denkers en skrywers gegee word, omdat hulle ʼn bepalende rol in ʼn taal se toekoms speel.

  1. Taalmedia

Taalmedia speel ʼn onmisbare rol in die voortbestaan en florering van ʼn taal, veral  omdat dit as taalvermenigvuldiger dien. Dis noodsaaklik dat daar gratis gehalte Afrikaanse inligting op die internet beskikbaar is, soos Maroela Media, anders begin mense net die Engelse media lees. Afrikaanse radio en ander Afrikaanse media is net so belangrik. WEET, die nuwe Afrikaanse kinderensiklopedie, en die Afrikaanse Wikipedia is ook kernbelangrik vir Afrikaans.

  1. Kulturele ondernemingsgees

Dis belangrik dat daar ondernemers is wat nie net vir hulleself besighede begin nie, maar hulle ondernemingsgees gebruik om Afrikaanse gemeenskapsinstellings op te rig. Dit geld vir die hele spektrum van instellings soos skole, kunstefeeste, Afrikaanse media en ander kulturele instellings, groot en klein.

  1. Taalekonomie

ʼn Taal moet ʼn ekonomiese waarde hê. Daarom moet Afrikaans in die ekonomie bevorder word, en nuwe tegnologie kan hier goed gebruik word. Dit is merkwaardig hoeveel Afrikaanse ondernemings die afgelope jare ontstaan het, vanaf LekkeSlaap, Virseker tot Boerboel en De Afrikander Handelshuis.

  1. Kuns en kultuur

Die kunste, soos drama en teater, blyspele, musiek en ander kunsvorme moet deur die Afrikaanse publiek ondersteun word. Kinders en jongmense moet ook daaraan blootgestel word, omdat ʼn liefde van kleins as gekweek moet word.

  1. Taalontwikkeling

Die wêreld ontwikkel geweldig vinnig, en Afrikaans moet bybly met woordeskat en vakterme. Daarom is dit belangrik dat instellings soos die SA Akademie, Akademia, en VivA ondersteun moet word sodat Afrikaans voortdurend verder kan ontwikkel.

  1. Taalbeplanning

ʼn Kleiner taal kan nie net sy toekoms aan die toeval of ʼn regering oorlaat nie. Daar moet doelbewus taalbeplanning gedoen word deur alle instellings wat ʼn belang by die voortbestaan van Afrikaans het.

Ten slotte

Die toekoms behoort nie aan die doemprofete nie, maar aan die “doenprofete” wat planne maak en dan skouer aan die wiel sit om dit uit te voer. Afrikaans het ʼn blink toekoms voor as daar genoeg mense met ʼn taalwil is wat die hand aan die ploeg slaan om ʼn toekoms vir ons taal en sy sprekers te verseker.

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners wêreldwyd

Die Solidariteit Beweging het Dinsdag ’n splinternuwe digitale kultuurtuiste bekendgestel wat Afrikaners wêreldwyd tot ’n lewende gemeenskap verbind wat kultuur, Afrikaans en betrokkenheid bevorder en ondersteun.
MyHartland is gebore vanuit die droom om Afrikaners regoor die wêreld met mekaar en hulle tuisland – oftewel Hartland – te verbind, maak nie saak waar hulle hulself bevind nie.
Navorsing wat deur die Solidariteit Beweging onderneem is, het gevind dat Afrikaners in baie gevalle geïsoleerd voel wanneer hulle emigreer, en veral ’n hunkering het na hul taal, kultuur, familie en alles wat Afrikaners uniek maak.
Die Solidariteit Beweging het ook na suksesvolle projekte van ander lande soos Armenië, Indië, Ierland, Hongarye, Italië en Israel, wat hul diasporas tot wedersydse voordeel saamsnoer, gekyk.
Dié navorsing het bygedra tot die ontwikkeling van MyHartland en die aanbod wat daarin verpak is.
Dié kultuurtuiste laat Afrikaners toe om ook digitaal ʼn kultuurburger te word en bied hulle die geleentheid om deel te wees van iets groter deur by verskeie projekte betrokke te raak wat ’n wesenlike verskil in die lewe en toekoms van Afrikaners en Afrikaanse gemeenskappe kan maak.
“Iets wat ons die meeste vanuit die navorsing bekommer het, was tweede generasie vervreemding en Afrikaners in die buiteland se behoefte om die Afrikaanse taal en kultuur by hul kinders in te burger – en die uitdagings wat daarmee saamgaan om dít suksesvol te kan doen,” sê Marisa Engelbrecht, internasionale skakelbeampte by die Solidariteit Beweging.
“Ons het só baie opwindende projekte en hulpmiddels in die Solidariteit Beweging wat ons maklik vir ons mense in die buiteland kon herverpak. In dieselfde asem was daar ook ’n behoefte van ons mense in die buiteland om steeds betrokke te wees by plaaslike projekte. Baie Afrikaners het nog familie en vriende in Suid-Afrika en wil graag bydra tot suksesvolle kultuurprojekte hier.”
MyHartland is ook nie net op sekere Afrikaners gemik nie: Of jy tydelik of permanent, lank gelede óf meer onlangs na die buiteland verhuis het – MyHartland is vir jou.
Hier kan Afrikaners onder meer na radiovervogverhale en boekvoorlesings luister, Afrikaanse programme kyk, in hulle Moedertaal op hoogte van die jongste nuus en geleenthede bly, meer oor die Afrikanerkultuur, huidige projekte en geleenthede leer, boerekosresepte ontdek en deel, en selfs hulle eie storie neerpen.
Die kinderhoekie op die MyHartland-blad bied ook hope vermaak, lees- en leerstof vir die kleinspan, wat beslis ’n passie vir Afrikaans en die Afrikanerkultuur by hulle sal kweek.
“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou – ook vir die tweede en derde generasies wat in die buiteland grootword.
“MyHartland wil die brug wees tussen emosionele verbondenheid en praktiese bydrae, sodat mense nie net nostalgies terugkyk nie, maar aktief kan help bou. Ons planne is nog baie groot en hierdie is slegs die wegspringpunt. Ons sal natuurlik ook baie graag van ons mense in die buiteland wil hoor – wat hulle kultuurbehoeftes is, waarvan hulle meer wil sien, wat hulle nodig het om ons taal en kultuur by ons kinders en jongmense lewendig te hou ensovoorts,” sê Engelbrecht.
Sonder ’n gedeelde platform soos MyHartland bly gemeenskappe losstaande en individue vervreem. MyHartland wil die sentrale plek wees waar Afrikaanse mense hulself aanlyn oor grense heen kan herorganiseer.
Dié platform is vir diegene wat weg is, maar nie noodwendig “weg” van hul mense, taal en kultuur wil wees nie.
“As jy al ooit verlang het na ’n braai saam met jou mense, ’n Geloftedagviering met jou kinders, of as jy bloot met iemand, wat regtig verstaan hoe jy voel, wil skakel, dan is MyHartland vir jou,” sê Engelbrecht.
Daar is verder verskeie projekte waarby jy as digitale kultuurburger betrokke kan raak, insluitend:
  • Noodvoeding by behoeftige Afrikaanse skole: Kosblikkieprojek
  • Plaas- en gemeenskapsveiligheid
  • Afrikaanse onderwys
  • Studiefondse vir behoeftige studente
  • Regsfonds om rassekwotas en korrupsie te beveg
  • Bevordering van Afrikaans as taal
  • Erfenisbewaring: Voortrekkermonument
Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.