Hoe hou jy op om “𝗷𝗮𝗺𝗺𝗲𝗿 𝘁𝗲 𝘄𝗲𝗲𝘀” oor dinge buite jou beheer, wil Christel Cornelissen, nuusredakteur by Maroela Media, by Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, weet.
Luister die volledige episode hier:
Kyk die volledige episode hier:
Hoe hou jy op om “𝗷𝗮𝗺𝗺𝗲𝗿 𝘁𝗲 𝘄𝗲𝗲𝘀” oor dinge buite jou beheer, wil Christel Cornelissen, nuusredakteur by Maroela Media, by Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, weet.
Luister die volledige episode hier:
Kyk die volledige episode hier:
Saamgestel deur Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging
Dit is maklik om kritiek en vals beskuldigings met feite te weerlê, en dít is presies wat Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, in Maroela Media se nuwe podsending Feit of versinsel doen.
Luister die volledige episode hier:
Kyk die volledige episode hier:
Hierdie jaar is ʼn groot jaar vir Afrikaans. Dis nie net die honderdste herdenking van Afrikaans as amptelike taal nie, maar ook die 150ste herdenking van die stigting van die GRA, oftewel die Genootskap van Regte Afrikaners. Die amptelike erkenning van Afrikaans is voorafgegaan en moontlik gemaak deur die GRA en skrywers en digters soos CJ Langenhoven, Totius en Eugene Marais.
Die groot vraag is nou wat is die toekoms van Afrikaans? Doemprofete meen die einde van Afrikaans as hoëfunksietaal het aangebreek, gegewe die regering se strewe om ons taal uit die openbare lewe te druk. Teenoor die doemprofete staan die “doenprofete”, wat ook die gevare sien, maar wat besluit het om iets daaraan te dóén.
Niemand is bang dat Afrikaans as informele taal uit ons huise en kombuise sal verdwyn nie, maar die groot vraag is wat gedoen kan word om te verseker dat Afrikaans ʼn volle funksionele taal bly. ʼn Taal wat nie in al sy funksies gebruik kan word nie, is geneig om deur ʼn proses van taalverskuiwing na ʼn wêreldtaal uiteindelik bedreig te word en selfs kan verdwyn. Daarom is dit nodig om ʼn oorsig te skets van die faktore wat inspeel op enige taal se oorlewing, en in die proses seker te maak dat Afrikaans se toekoms veilig is.
Die eerste en belangrikste bepaler van ʼn taal se toekoms, is die welstand van die kultuur of kulture wat die taal gebruik. Indien die bestaansvoorwaardes vir Afrikaners en ʼn kritiese massa ander Afrikaanssprekendes verval om in Suid-Afrika te bly, kan die taal nie oorleef as sy sprekers wegtrek of wegkwyn nie. Daarom behoort die begin van ʼn taalstrategie te wees om die voorwaardes te skep wat nodig is vir die kultuur om voort te bestaan. Die Romeine se taal, Latyn, kon uiteindelik nie die val van die Romeinse Ryk oorleef nie, behalwe in akademiese kringe waar Latynse terme nog gebruik word, soos in die regswese.
Die tweede bestaansvoorwaarde vir Afrikaans is die wíl van haar sprekers om hulle taal nie net te laat oorleef nie, maar te laat floreer. Die wil om Afrikaans te laat voortbestaan deur mense wat die bedreigings raaksien, ʼn plan vir die oorlewing en florering van Afrikaans kan maak, en wat genoeg mense kan begeester om die plan uit te voer is bepalend vir ʼn taal se toekoms. Daar word gesê ʼn Boer maak ʼn plan. Gelukkig bestaan daar oortuigende tekens dat die wil onder ʼn groot deel van die sprekers wel daar is om Afrikaans se voortbestaan te verseker.
ʼn Taal- of kultuurgemeenskap leef ín en deur instellings op elke belangrike gebied. ʼn Taal het onder meer skole, kolleges, universiteite, media, kultuurorganisasies, jeugbewegings, partye, vakbonde, maatskappye, ouetehuise en beroepsverenigings nodig om te kan voortbestaan.
Die Frans-Kanadese taalkundige, Jean Laponce, meen dat ʼn taal ʼn eie gebied of gebiede nodig het waar sy die meerderheid is en nie daar met ʼn wêreldtaal hoef mee te ding nie. Frans sal nie in Kanada as ʼn betekenisvolle taal voortbestaan sonder Quebec nie, en Vlaams sal heel waarskynlik verdwyn as Vlaandere sou ophou bestaan.
ʼn Mens kan moeilik jouself ʼn betekenisvolle taal indink sonder ʼn stad of stede wat die taal anker en wat vol taalinstellings is wat die taal in al sy funksies gebruik. Was dit nie vir Londen, Parys of Berlyn nie, sou Engels, Frans of Duits groot uitdagings gehad het om in alle taalfunksies voort te bestaan. Talle kleiner streekstale word geanker deur groter streeksdorpe waarin daardie taal gebruik en beveilig word.
ʼn Kritiese massa gekonsentreerde sprekers is nodig vir ʼn taal se voortbestaan. Afrikaans se uitdaging is dat sy sprekers yl verspreid bly, en daar min plekke is waar Afrikaans die meerderheidstaal uitmaak. Omdat Afrikaans nie ʼn natuurlike taalgebied of taalstad het nie, is dit nodig dat daar taalinstellings en taalruimtes is waar die minderheid ʼn meerderheid kan wees. Die rede is dat die meerderheid die taal van ʼn gebied of instelling bepaal, en dat byvoorbeeld ʼn skool of universiteit waar die meerderheid mense Afrikaans is, die taal se toekoms kan beveilig.
Tegnologie is aan die een kant ʼn bedreiging vir kleiner tale, maar kan terselfdertyd ʼn belangrike hulpmiddel wees om ʼn taal te bevorder. Die Afrikaanse gemeenskap sal dus moet bybly in die tegnologiese wedloop, en daarom is dit verblydend dat kunsmatige intelligensie reeds in Afrikaans gebruik kan word.
ʼn Taal se hoër funksies soos onderwys en opleiding is baie belangrik vir voortbestaan. Daarom is die vinnige groei van ʼn universiteit soos Akademia ʼn riem onder die hart van mense wat lief is vir Afrikaans. Hier is Afrikaanse studente veilig, tuis en welkom.
Dit is verblydend dat dit nog so goed gaan met die Afrikaanse letterkunde, soos gesien kan word in die hoeveelheid Afrikaanse boeke wat gepubliseer word. Daarom moet die Afrikaanse publiek aangemoedig word om hierdie boeke te koop. Dit is ook noodsaaklik dat skole seker maak dat die top Afrikaanse letterkunde soos Van Wyk Louw se Raka aan kinders oorgedra word.
Dit is nodig dat daar gewerk word aan die hele Afrikaanse pyplyn, vanaf kleuterskole tot universiteite. Die goeie nuus is dat daar verskeie organisasies is wat hulself daarvoor beywer, te meer so omdat die ANC teen Afrikaanse skole regeer.
Hoewel die belangrikheid van ʼn universiteit reeds as deel van Afrikaans se hoër funksies genoem is, is dit nodig om dit weer te noem. Die goeie nuus is dat daar reeds ʼn hele paar instellings ontstaan het wat opleiding op universiteitsvlak aanbied.
Dit is ook nodig dat Afrikaans se informele funksies aandag kry, of dit nou by braaivleis of troues is. Die belangrikheid om ons taal aan die jonger geslag oor te dra kan nie oorbeklemtoon word nie.
Daar is ook ʼn rol vir taalaktivisme, omdat dit soms nodig is dat ʼn sterk organisasie met spierkrag en getalle standpunt teen die benadeling van Afrikaans inneem. Dink maar hoeveel hofsake oor Afrikaans AfriForum al suksesvol gemaak het.
Afrikaans geniet tans nog die momentum van die werk en beleggings van die verlede. Taalverbruik verwys onder meer na ligte musiek of populêre vermaak, en is belangrik vir Afrikaans. Terselfdertyd is dit nodig dat meer aandag aan taalproduksie gegee word, wat onder meer verwys na navorsing en die hoër funksies van Afrikaans.
Afrikaners se kulturele selfvertroue is vir dekades aangeval en ondermyn, wat die lojaliteit aan Afrikaans nadelig geraak het. Dit hang saam met die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis, in ʼn poging om ons “op ons plek” en onderdanig aan die ANC-regering te hou. Daarom is dit noodsaaklik dat Afrikaners se geskiedenis “genormaliseer” word, en dat ons ons verlede “terugvat” en ewewigtig aan die volgende geslagte oordra.
ʼn Taal wat net in sy informele funksies gebruik word se sprekers gaan mettertyd oorskuif na ʼn wêreldtaal met meer funksies en ʼn hoër status. Daarom is dit nodig dat platforms geskep word vir die hoogste vorme van kulturele selfverwesenliking, of dit nou die Afrikaanse filosofie, kuns en letterkunde, drama en teater, of wetenskap en die akademie is. Dit is ook nodig dat daar genoeg kulturele energie oftewel kulturele “kapitaal” moet wees om steeds groot prestasies in Afrikaans moontlik te maak. Spesiale aandag moet aan geleenthede vir Afrikaanse denkers en skrywers gegee word, omdat hulle ʼn bepalende rol in ʼn taal se toekoms speel.
Taalmedia speel ʼn onmisbare rol in die voortbestaan en florering van ʼn taal, veral omdat dit as taalvermenigvuldiger dien. Dis noodsaaklik dat daar gratis gehalte Afrikaanse inligting op die internet beskikbaar is, soos Maroela Media, anders begin mense net die Engelse media lees. Afrikaanse radio en ander Afrikaanse media is net so belangrik. WEET, die nuwe Afrikaanse kinderensiklopedie, en die Afrikaanse Wikipedia is ook kernbelangrik vir Afrikaans.
Dis belangrik dat daar ondernemers is wat nie net vir hulleself besighede begin nie, maar hulle ondernemingsgees gebruik om Afrikaanse gemeenskapsinstellings op te rig. Dit geld vir die hele spektrum van instellings soos skole, kunstefeeste, Afrikaanse media en ander kulturele instellings, groot en klein.
ʼn Taal moet ʼn ekonomiese waarde hê. Daarom moet Afrikaans in die ekonomie bevorder word, en nuwe tegnologie kan hier goed gebruik word. Dit is merkwaardig hoeveel Afrikaanse ondernemings die afgelope jare ontstaan het, vanaf LekkeSlaap, Virseker tot Boerboel en De Afrikander Handelshuis.
Die kunste, soos drama en teater, blyspele, musiek en ander kunsvorme moet deur die Afrikaanse publiek ondersteun word. Kinders en jongmense moet ook daaraan blootgestel word, omdat ʼn liefde van kleins as gekweek moet word.
Die wêreld ontwikkel geweldig vinnig, en Afrikaans moet bybly met woordeskat en vakterme. Daarom is dit belangrik dat instellings soos die SA Akademie, Akademia, en VivA ondersteun moet word sodat Afrikaans voortdurend verder kan ontwikkel.
ʼn Kleiner taal kan nie net sy toekoms aan die toeval of ʼn regering oorlaat nie. Daar moet doelbewus taalbeplanning gedoen word deur alle instellings wat ʼn belang by die voortbestaan van Afrikaans het.
Ten slotte
Die toekoms behoort nie aan die doemprofete nie, maar aan die “doenprofete” wat planne maak en dan skouer aan die wiel sit om dit uit te voer. Afrikaans het ʼn blink toekoms voor as daar genoeg mense met ʼn taalwil is wat die hand aan die ploeg slaan om ʼn toekoms vir ons taal en sy sprekers te verseker.
Politieke oorwegings weeg swaarder as ekonomiese faktore wanneer dit by die VSA-tariewe kom. Senior ANC-leiers soos Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, en Gwede Mantashe, minister van minerale en petroleumbronne, hou aan om die VSA te beledig in plaas daarvan om diplomatieke verhoudinge te bou.
Dít ten spyte van VSA-leiers wat gewaarsku het “you’re not going to insult America for free”.
Hul openlike politieke weersin in die VSA-regering ondermyn die Suid-Afrikaanse ekonomie en veroorsaak nóg groter werkloosheid. Hul pogings om die ANC se politieke probleme op te los, gaan tot ekonomiese krisisse lei wat meestal hul kiesers gaan raak.
Terselfdertyd weier die ANC om die VSA se aandrang op noodsaaklike politieke hervormings ernstig op te neem en hanteer dit bloot as ʼn ekonomiese kwessie.
Die ANC is klaarblyklik vasgevang in die Koue Oorlog-era. Hulle bly klou aan die destydse anti-Westerse politieke beleide en alliansies, ten spyte van die ekonomiese krisis wat hulle veroorsaak.
Hul benepe rassebeleid gaan veel meer oor hul historiese anti-Westerse houding as oor regstelling. Hul vyandigheid strek tot die geboelie van wit burgers van Suid-Afrika as deel van hul diepgewortelde weersin in die Weste.
Die ANC probeer vergeefs om die winde van verandering te weerstaan en dink hulle is steeds die liefling van die wêreld. Daarom soek hulle aanhoudend en onnodig skoor met ʼn supermoondheid. Hierdie benadering gaan nog ernstige gevolge hê, en hulle gaan skoppend en skreeuend die toekoms ingesleep word.
Die ANC sal nog leer: Die verlede gaan nie terugkom nie, die hede gaan nie weggaan nie, en die toekoms gaan nie vanself regkom nie.
Die Solidariteit Beweging glo dat nasionale gesprekke om oplossings vir die land se knellende krisisse te kry, noodsaaklik is, maar dit lyk asof die Nasionale Dialoog net op nóg nuttelose gesprekke in plaas van aksie gaan uitloop. Die rede hiervoor is dat dit blyk dat die ANC die beoogde Nasionale Dialoog wil kaap om verlore steun te probeer terugwen, eerder as om antwoorde vir die krisisse te vind.
Die ANC gee nou hoog op oor die noodsaak van deelname aan die Nasionale Dialoog, maar was oor die afgelope dekades nie bereid om in goeie trou met ander belanghebbendes te praat en na hulle voorstelle te luister nie. Die ervaring is dat die ANC eerder ’n ANC-monoloog voer as om aan nasionale dialoë deel te neem.
Die ANC het alle vorige gesprekke oorheers en dit bloot as forums gebruik om hul beleid te probeer verkoop, eerder as forums waar hulle kon luister na voorstelle oor hoe om hul onwerkbare beleid aan te pas.
Daarby is die ondervinding dat ooreenkomste wat wel bereik is, kort daarna deur die ANC verbreek is, om maar net weer alleen in hul sosialistiese doodloopstraat voort te strompel en die land saam te sleep.
Daarom sal die Solidariteit Beweging ’n wag-en-kyk-benadering ten opsigte van die Nasionale Dialoog inneem. Ons is te besig met werk om die gevolge van mislukte ANC-beleid te probeer aanpak, en het nie tyd om vir weke en maande lank na hul uitgediende blaampolitiek en ’n herhaling van verbeeldinglose idees te luister nie.
Ons ondervinding is dat “gemeenskapsdialoë” meer vrugte oplewer as ’n staatsdialoog, en dat gesprekke tussen gemeenskappe meer praktiese resultate voortbring.
Daarom beplan ons om in samewerking met ander kultuurgemeenskappe ’n standpunt oor die land se knellende vraagstukke by die Nasionale Dialoog in te dien, en aanvanklik slegs ’n waarnemer na die Dialoog te stuur voordat ons oor deelname sal besluit.
Die ANC het nog geen aanduiding gegee dat hulle oor mislukte beleidsrigtings gaan herbesin nie. Die beste aanduidings is dat hulle sedert die totstandkoming van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) nog steeds voortgaan asof hulle alleen regeer, en dat hulle eerder die land die teiken van Amerikaanse sanksies sal maak as om in landsbelang beleidsaanspassings te maak. Die land het nuwe en vars idees nodig omdat die ou ANC-idees misluk het en dit geensins van enige nut sal wees om hierdie idees net weer te laat hersirkuleer nie. Miljoene mense het nou al lank genoeg onder die ANC se leierskap gely.
Deur Flip Buys
Die geskiedenis wys dat feitlik elke volk ʼn bestaansvraagstuk het. Die Duitsers se ligging in Sentraal-Europa was histories hul bestaansvraagstuk, omdat hulle ideaal geleë is vir vrede, maar rampspoedig vir oorlog. Die Russe se bestaansvraagstuk was dat hulle nog altyd agter die Weste was, en verskeie kere deur Westerse magte aangeval is soos Napoleon, Imperiale Duitsland en Nazi-Duitsland. Talle Afrikalande se bestaansvraagstuk is hardnekkige armoede waaruit min volke op die kontinent nog kon ontsnap.
Afrikaners se bestaansuitdaging is nie ons klein getalle nie, maar ons yl verspreiding. Ons is meer Afrikaners as die totale bevolkings van onderskeidelik Namibië, Lesotho, Macedonië, Slowenië, Letland, Botswana, Gambië, Gaboen, Estland, Eswatini (Swaziland), Mauritius, Ciprus en Luxemburg, asook menige ander. Ons woon egter nie in ʼn gekonsentreerde gebied soos al hierdie volke nie, en is gevolglik ʼn kwesbare minderheid tussen ʼn groter meerderheid. Ons het nie ʼn natuurlike “Skotland” waar ons as ʼn meerderheid woon en werk nie. As die Skotte yl versprei oor Brittanje was, sou hulle oral ʼn betekenislose minderheid sonder hul eie instellings gewees het. Dieselfde beginsel geld vir die mense van Lesotho en vir enige ander volk.
Dieselfde probleme
Hierdie landswye verspreiding veroorsaak dat ons oral in die minderheid is en dieselfde probleme regoor die land ervaar. In meer as 200 munisipaliteite is Afrikaners polities magloos, blootgestel aan geweldsmisdaad, toenemende dorpsverval, druk op Afrikaanse skole, en rasseteikens in die werksplek wat teen ons ingestel is.
Hierdie landswye yl verspreiding en minderheidstatus beteken ook dat daar op te min plekke genoeg Afrikaners is vir kostedoeltreffende dienste soos veiligheid, goeie gesondheidsorg, ʼn lewendige kultuurlewe, groot skole, vol kerke en hoër opleiding. Hierdie uitdagings, tesame met die verswakkende infrastruktuur in die meeste dorpe, lei tot ekonomiese probleme en selfs verarming van die platteland. ʼn Voorbeeld hiervan is dat slegs 27% van wit Afrikaanssprekendes universiteit bywoon, teenoor die 40% van verstedelikte wit Engelssprekendes – hoofsaaklik omdat laasgenoemde gekonsentreerd naby universiteite bly. Ons yl verspreiding beteken dat ons verder van universiteite af woon en uiteindelik nie so welvarend soos Engelssprekendes is nie.
Groot Trek
Bevolkingstatistieke wys dat Afrikaners, in reaksie op al hierdie uitdagings, weer ʼn “Groot Trek” na groter streekdorpe en -stede aangepak het. Alhoewel hierdie verskuiwing ʼn negatiewe impak op die kleiner “senderdorpe” het, het dit ʼn positiewe uitwerking op die groter “ontvangerdorpe”. Hierdie bevolkingsverskuiwing lei daartoe dat baie kleiner dorpe selfs nóg vinniger verswak, maar terselfdertyd lei dit na ʼn groter saamtrek van Afrikaners op baie ander plekke. Die groter getalle wat op groter dorpe en in stede saamtrek, maak dit makliker om dáár dienste soos Afrikaanse skole, sterker buurtwagte, beter munisipale dienste en meer werksgeleenthede te lewer.
Dit is noodsaaklik dat hierdie natuurlike bevolkingsverskuiwing van Afrikaners deur gemeenskapsorganisasies ondersteun word met ʼn konsentrasiestrategie. So ʼn strategie kan streekdorpe as “Ankerdorpe” uitwys, waar daar meer gefokusde dienste aangebied kan word. Dit behels dienste soos veiligheid met sterk buurtwagte, ondersteuning aan Afrikaanse skole, maatskaplike bystand soos bejaardesorg en gemeenskapsklinieke vir mense sonder ʼn mediese fonds, hulp met noodsaaklike munisipale dienste soos water, paaie en elektrisiteit, sowel as werksverskaffing en opleiding, en dienste aan sakelui om hul ondernemings meer staatsbestand te maak.
Dit beteken nie dat die platteland en kleiner dorpe aan hul lot oorgelaat word nie. Inteendeel, sterk streekdorpe sal dit juis moontlik maak om op kleiner dorpe te oorleef, aangesien nabygeleë dienste beskikbaar sal wees. Buitendien sal so ʼn konsentrasiestrategie bloot die formalisering wees van ʼn proses wat reeds aan die gang is.
Groeiende selfbestuur
Die formalisering van so ʼn konsentrasiestrategie sal meer gefokusde en vinniger ontwikkeling van dienste moontlik maak, om te verhoed dat alles oral verval. Met verloop van tyd sal dit nodig wees om ʼn gemeenskapsforum op elke “Ankerdorp” te stig om hierdie dienste te belyn. Organisasies wat wesenlike getalle Afrikaners verteenwoordig – in sektore soos onderwys, maatskaplike dienste, veiligheid, sake en landbou, asook erfenis-, taal- en kultuurorganisasies – sal genooi word om aan hierdie forums deel te neem. Terwyl elke organisasie sy onafhanklikheid behou, kan hulle saamwerk en mekaar ondersteun.
Hierdie strategie sal Afrikaners in staat stel om hoë vlakke van selfbestuur te kan ontwikkel in gebiede waar hulle saamtrek om sodoende die gevolge van swak staatsbestuur te ontkom. Terselfdertyd kan die forums in streekdorpe en -stede dan na die kleiner dorpe uitreik om met knelpunte te help. Namate hierdie proses van groeiende selfbestuur vorder, kan al hierdie dorps- en streeksforums selfs op provinsiale en nasionale vlak begin koördineer. Yl verspreiding is ons probleem; groter konsentrasie is die oplossing. Dit is nou tyd vir ʼn daadwerklike konsentrasiestrategie.
Deur Flip Buys
Die regering kry met reg kritiek oor die treurige stand van die land. Soveel van wat oor ʼn eeu opgebou is, is oorgevat, vervalle en selfs verwoes. Die rede hiervoor is tweeledig. Die uitkoms van meer as drie dekades van ANC-regering het duidelik gewys dat hulle nie in staat is om ʼn moderne land te regeer nie. Ons hét gevolglik ʼn regeringsprobleem. Die kwessie is egter ongelukkig nie so eenvoudig nie. Suid-Afrika se probleme lê dieper as dit. Ons het nie net ʼn regeringsprobleem nie, ons het ʼn bedelingsprobleem. Die vraag kan selfs gestel word: Is Suid-Afrika ʼn regeerbare eenheid?
Dit is nie ʼn onredelike vraag nie. Die verval in die land vereis ʼn dieper ondersoek as om bloot na verkiesingsuitslae te kyk. Die werklikheid is dat Suid-Afrika geografies en demografies geweldig uiteenlopend is. Die grootte van die land en die multinasionale bevolkingsamestelling wys dat Suid-Afrika meer ʼn landstreek as ʼn natuurlike land is – meer ʼn geografiese uitdrukking as ʼn regeerbare staat.
Dit klink onwerklik, maar Suid-Afrika is só groot dat agt Europese lande binne ons grense kan pas, naamlik Brittanje, Ierland, Nederland, Denemarke, België, Duitsland, Italië en Griekeland. Niemand sou dink dat dit moontlik is om hierdie agt lande sentraal saam te regeer nie. Tog is Suid-Afrika ʼn sentralistiese staat, waar die Wes-Kaap en Limpopo deur dieselfde regering met dieselfde beleid regeer word.

Die uitdaging is nie net geografies nie, maar ook demografies. Die beste bewys hiervan is dat die land 12 amptelike tale het, wat wys hoe uiteenlopend die bevolking is. Die regering probeer gevolglik Engels orals afdwing, met verwoestende gevolge vir die land se skoolstelsel.

Die gevolg van ons gesamentlike regerings- én bedelingsprobleem, is dat die staat op soveel terreine verval dat die land in werklikheid uit vyf soorte gebiede bestaan:
Die onvermydelike gevolg van die regerings- én bedelingsprobleem, is dat die staat van bo af begin verval het. Dit is die slegte nuus. Maar daar is ook goeie nuus: die privaat sektor en
gemeenskappe begin van onder af opbou. Namate die polisie, gesondheidsorg en munisipale dienste ingeplof het, het die privaat sektor ingetree en oplossings soos privaat gesondheidsorg, privaat sekuriteitsdienste en selfs privaat dorpsgebiede in werking gestel.
Terselfdertyd het gemeenskappe ook ingeklim. AfriForum-buurtwagte is byvoorbeeld landswyd gestig, terwyl Solidariteit se instellings soos Sol-Tech, Akademia en Helpende Hand dienste lewer wat die staat nie wil of kán lewer nie.
Hoewel die staatsbestel dus sentralisties is, veroorsaak die verval dat die werklikheid begin desentraliseer. Mense wil nou maar eenmaal besluite oor hul eie lewens neem, en wil nie hul gesinne se toekoms aan korrupte, onbevoegde en rassistiese politici toevertrou nie.
Die Ons sal self-strewe is dus ʼn strewe na normaliteit. Ons verlang nie na die verlede onder die NP nie, maar sien ook nie uit na ʼn toekoms onder die ANC nie.
Daar is hoop vir die toekoms, ten spyte van ʼn regerings- én bedelingsprobleem. Die regering se mag oor mense se lewens neem af, namate individue en gemeenskappe self dinge begin doen. In die praktyk verander die sentralistiese bedeling in ʼn meer werkbare gedesentraliseerde stelsel wat makliker en beter werk. Hoewel die regering steeds probeer om meer mag te sentraliseer en mense se vryhede in te perk, sal hulle nie vir altyd teen die kragte van selfdoen, normaliteit en ʼn aandrang op vryheid kan standhou nie.
Die Romeinse denker Salustius het gesê dat min mense vryheid begeer, die meeste soek net goeie heersers. Die geskiedenis wys egter dat vryheid ʼn voorwaarde vir goeie regering is. Oorheersing is die onvermydelike gevolg van onvryheid. Dit is veral die geval in multinasionale state soos Suid-Afrika, waar die demografie meer bepalend is as die demokrasie. Mense stem nou een maal eerder vir identiteit as beleid. In die praktyk is demokrasie in ʼn demografies verdeelde land soos Suid-Afrika eerder ʼn resep vir oorheersing as vir vryheid. Die meerderheidsgroep se partye word as regering verkies, omdat verkiesings meer soos ʼn rassesensus as ʼn mededinging tussen partye lyk.
Die geskiedenis is die verhaal van die stryd tussen vryheid en gelykheid. Anders gestel, ʼn stryd tussen demokrasie en sosialisme. Karl Marx het betekenisvol gesê dat stemreg vir die werkersklas politieke mag vir hulle beteken, wat dan gebruik moet word om ekonomiese mag te bekom deur die instelling van sosialisme. Tog het sosialisme nog altyd geëindig in armoede en verdrukking.
Hel op aarde
Dit is baie belangrik om die verskil tussen vryheid en gelykheid te verstaan. Sosialiste sien gelykheid nie as ʼn gelyke wegspring nie, maar as gelyk by die wenpaal. Geen samelewing kan “gelyk” én vry wees nie. In kommunistiese lande was almal (behalwe die regeerders) gelyk, maar niemand was vry nie. Die rede hiervoor is dat sosialiste se utopiese ideale om “hemel op aarde” te skep, in hel op aarde eindig. Die sosialistiese aandrang op gelykheid, lei noodwendig tot die einde van vryheid. Dit is mos nie moontlik om alles vir sekeres te gee, sonder om alles van ander af weg te vat nie. Daarom het Winston Churchill gesê die keuse is tussen ʼn ongelyke verdeling van welvaart, en die gelykop verspreiding van armoede. Die verdrukking kom in by die sosialistise staat wat die rol van “groot gelykmaker” speel, deur met wette of wapens van die “rykes” te vat, en met groot gebaar vir hulle ondersteuners uit te deel asof dit hulle s’n is. In sosialistiese lande is gelykheid nie gelyke vryheid nie, maar “gelyke knegskap”.
Waar Christene die armes ryker wil maak met mededeelsaamheid, wil sosialiste die “rykes” armer maak met herverdeling. Die gevolg hiervan is nog groter armoede. Die produktiewe deel van die samelewing produseer minder, want die vrugte van hulle arbeid word deur die staat gesteel. Die onproduktiewes werk nóg minder, want hulle kry mos gratis wat hulle wil hê.
Na die val van kommunisme in die vroeë negentigs, het die wêreld van sosialisme af begin wegbeweeg. Suid-Afrika het egter in die teenoorgestelde rigting beweeg, omdat die ANC steeds aan sosialisme vasklou. Die regering gee dikwels hulle drakoniese rassewette mooi name, soos die Wet op “billike indiensneming”, of die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering, of die nuwe onderwyswetgewing (Bela) wat onderwys kamtig meer “toeganklik” sal maak. In die praktyk is dit egter drakonies, omdat dit op gedwonge herverdeling met staatsmag of ontneming van ouers se demokratiese inspraak neerkom. Hulle planne met die Onteieningswet het ook ten doel om “gelykheid van grondbesit” te bevorder, al weet ons nou wat die uiteinde van só ʼn drakoniese wet sal wees. Die goeie nuus is dat vryheid op die lange duur nog altyd sosialisme oorwin het, omdat sosialisme nie ʼn werkbare stelsel is nie. Voorstanders van vryheid het dekades gelede al die Koue Oorlog gewen. Daarom moet ons nie optree as verloorders nie, maar die saak van vryheid met mag en mening bevorder.
Flip Buys is the chairperson of the Solidarity Movement.
It is essential to respond to the growing barrage of negative media reporting directed at the Solidarity Movement. Much of the criticism is vested in ideological bias and fails to engage with the movement’s actual contributions to South African society.
That the media has a duty to report facts and events accurately is a widely accepted and uncontroversial expectation, just as it is expected of public officials to carry out their responsibilities with diligence, transparency and integrity, free from bias or malicious intent.
This seemingly common cause position, which both the media and politicians claim to uphold, has recently exposed a stark shortcoming in the media coverage of a series of executive orders and public statements issued by US President Donald Trump in relation to South Africa, and of a visit by a Solidarity Movement delegation, including AfriForum and Solidarity, to the US.
We have seen a convergence of views coming from many quarters in the media and from politicians in high office to advance a certain narrative in relation to the actions of the Trump administration as they pertain to the Solidarity Movement and the Afrikaner in South Africa.
A narrative has taken root, suggesting that the Solidarity Movement – which includes AfriForum and Solidarity – has engaged in a widespread misinformation campaign in the US. According to this view, this campaign led directly to the US withdrawing its support for aid programmes in various forms in South Africa.
Furthermore, it is claimed that the Solidarity Movement is actively engaged in presenting South Africa in a negative light, with the aim of provoking American aversion towards South Africa – a strategy supposedly designed to negatively influence both current and future US actions towards the country.
The presupposition of this is that the US, despite having one of the world’s most sophisticated intelligence infrastructures, supported by highly trained analysts with extensive global capabilities, is not capable of reaching its own conclusions, and is therefore susceptible to any wayward view. This view undermines the extensive capabilities of the US and impedes any objective understanding of the true causes of US actions.
Two of the most prominent points pinning the “misinformation” label on the back of the Solidarity Movement are that we have claimed that a “genocide” is taking place in the country and that the state is carrying out “land grabs”, similar to those that occurred in Zimbabwe.
On that score, it is worth mentioning that News24, Sunday World, the Mail & Guardian, TimesLIVE and Newzroom Afrika had to issue apologies for specifically claiming that AfriForum has referred to farm murders as a “white genocide” and that it (AfriForum) is promoting the claim in the US of a “white genocide” taking place in South Africa.
Despite the apologies offered by the above media outlets, along with several other instances where AfriForum had successfully lodged complaints with the Press Ombudsman, the overarching recurring claim of “misinformation” persists.
The earliest traceable reference linking the Solidarity Movement’s visit to and engagements in the US to actions taken by the American government appears in a media statement issued by the ANC on 3 February. In this statement, spurious claims are directed specifically at AfriForum, accusing it, among other things, of attempting to protect “post-apartheid era landownership patterns”, defend “white privilege” and uphold the “oppressive status quo”.
Although much could be said about these claims – clearly intended to deflect responsibility from the ANC – the statement goes on to assert that the ANC “strongly condemns the misinformation campaign orchestrated by AfriForum”. It further claims that “President Trump’s recent tweet, echoing AfriForum’s false claims of ‘land confiscation’, is a direct result of the lobby group’s ongoing efforts to mislead the global community”.
On 27 March, Minister in the Presidency Khumbudzo Ntshavheni stated – without a hint of hesitation – that “Cabinet noted with concern the continuing spreading of false information campaigns by Solidarity and AfriForum and their allies at home and in the US”, as though it were an undisputed truth. No acknowledgement was given to the increasingly evident reality that the ANC itself had committed significant blunders in managing its relationship with the US.
‘Missed’ information by the ANC and the media at large
Since Trump’s public statement and the ANC’s media release on 3 February, the media has largely remained one-sided in its views, operating within the boundaries set by the ANC under the broad and vague label of “misinformation” – a claim that has been offered with little substantive evidence. No meaningful challenge or serious scrutiny has followed, and this pattern continues to this day.
It is a strange phenomenon that the charge of “misinformation” can so easily be normalised and accepted as a fact and is being advanced consistently. The ANC’s unquestionable fault lines are so evident that they remind one of the quote by George Orwell in his epic book, 1984: “The Party told you to reject the evidence of your eyes and ears. It was their final, most essential command.”
The “evidence”, to use Orwell’s words, is there for all to see. And if there is any doubt as to the rationale for the US actions, it is to be found in the Bill introduced by Congressman Ronny Jackson (R-TX) this month, the US-South Africa Bilateral Relations Review Act of 2025.
This Bill will serve before the House Committees on the Judiciary and on Foreign Affairs.
A summary of the core objections that serve as the basis for reviewing the relationship between the US and South Africa, includes the following pertinent points:
The gravity of this long list of objections against the South African government predates the second Trump presidency and warrants serious, sustained scrutiny – not just by the media, but also by members of the government of national unity (GNU) and civil society at large.
The Solidarity Movement’s position
In this context, it is essential to respond to the growing barrage of negative media reporting directed at the Solidarity Movement. Much of the criticism is vested in ideological bias and fails to engage with the movement’s actual contributions to South African society – especially in areas where the state has failed. The movement has consistently advocated for constitutionalism, functional institutions and self-reliance, often stepping in where the government has been absent or ineffective.
Within the context of this article, we add that:
We reaffirm our unwavering loyalty to South Africa.
Our aspirations for cultural autonomy are not in opposition to national unity but are aimed at the wellbeing of the country and all its people. We firmly believe in the importance of healthy race relations and the promotion of mutual recognition and respect among all people in the country. That is why it remains our aim to achieve our goals within the framework of the Constitution.
We hold fundamentally different views from the ANC regarding the path South Africa should follow. Disagreeing with a party that has steered the country into decline over decades does not equate to being against the nation’s prosperity. On the contrary, our divergence stems from a deep commitment to South Africa’s success. To differ from the ANC is not to stand against the country – it is, in fact, to stand for it.
Many of South Africa’s current challenges under the ANC stem from a focus on redistribution rather than on the creation of real economic value. Policies such as expropriation without compensation and rigid race legislation may serve political interests, but they do little to create long-term growth.
Economic progress depends fundamentally on the development of human capital – education, skills and entrepreneurship – not on state grants or populist grandstanding. When these foundations are ignored, the result is rising dependency, declining productivity and worsening inequality.
The pattern to invoke historical injustice as justification for poor governance and failing policies has also become a serious obstacle to progress.
For this reason, we propose in the Afrikaner Declaration that a cultural accord be concluded with Afrikaners to safeguard our cultural interests and institutions, enabling us to once again enjoy equal citizenship and contribute to the nation and the country. DM

https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2025-04-24-anc-and-medias-missed-information-in-claims-against-solidarity-movement/