RSG-onderhoud met Flip Buys
Flip Buys gesels Woensdag 19 Maart op RSG se program “Land en Sand” in “Op en Wakker”. Luister die onderhoud hier.

DIE PAD NA SELFBESTUUR – Slot (Flip Buys)
“In hierdie wêreld wen die optimiste, nie omdat hulle altyd reg is nie, maar omdat hulle altyd positief is. Selfs wanneer die optimiste verkeerd is, is hulle steeds positief, en dit is die weg waarlangs prestasie, regstelling, verbetering en sukses behaal word. Ingeligte, nugtere optimisme baat ‘n mens, terwyl pessimisme slegs die skyntroos bied dat ‘n mens reg was.” – David Landes, Amerikaanse historikus.
Voorgelees deur Martin Jansen.
Hoofstuk 34 – Die padkaart na kulturele selfbestuur (Flip Buys)
“Dit blyk asof ‘n spesiale stel instellings vir heterogene gemeenskappe benodig word om te verseker dat minderhede wat moontlik deur meerderheidstelsels uitgesluit word, ingesluit word by die besluitnemingsproses.” – Donald Horowitz, Amerikaanse kenner van etniese en rassegeweld van Duke University.
Voorgelees deur Martin Jansen.
Hoofstuk 32 – Skep omstandighede vir voortbestaan (Flip Buys)
“Die ligging van volke, rasse en beskawings kan hulle lot bepaal. Dit hang af of hulle op die regte plek op die regte tyd is, of op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.” – Uit “Wealth, poverty and politics,” deur Thomas Sowell, Afro-Amerikaanse ekonoom en denker.
Voorlesing deur Martin Jansen.
Hoofstuk 31 – Misdaad kan met goue driehoek verslaan word (Flip Buys)
“As geweldmisdaad gestop gaan word, is dit net die beoogde slagoffer wat dit kan doen. Die misdadiger vrees nie die polisie nie, en hy vrees ook nie die regter of jurie nie. Daarom moet hy geleer word om sy slagoffer te vrees.” – Jeff Cooper, Amerikaanse veiligheidskenner.
Voorgelees deur Martin Jansen.
Hoofstuk 28 – Plan A, B en C (Flip Buys)
“‘n Boer maak ‘n plan.” – Ou Afrikaanse spreekwoord.
Voorgelees deur Martin Jansen.
Hoofstuk 25 – Kultuur: ‘n Westerse suksesresep (Flip Buys)
“Die Westerse kulturele pakket bied vandag nog steeds die beste beskikbare stel ekonomiese, maatskaplike en politieke instellings – die wat die grootste waarskynlikheid het om die individuele skeppende vermoë van mense te ontsluit om die uitdagings van die wêreld in die een-en-twintigste eeu te oorkom.” – Uit “Civilization: The West and the Rest,” deur Niall Ferguson, Britse historikus.
Voorgelees deur Martin Jansen
Hoofstuk 23 – Bevolkingsriviere (Flip Buys)
“Kulture kan verander, en die aard van hul impak op politiek en die ekonomie kan tussen die een tydperk en die volgende verskil. Tog is die groot verskille in politieke en ekonomiese ontwikkeling onder beskawings duidelik diepgewortel in hul onderskeie kulture. Oos-Asiese ekonomiese sukses spruit uit die Oos-Asiese kultuur, net soos die uitdagings van Oos-Asiese gemeenskappe in die verwerwing van bestendige demokratiese politieke stelsels. Islamitiese kultuur verduidelik grootliks die mislukking van demokrasie wat in die grootste deel van die Moslemwêreld na vore tree.” – Uit “The clash of civilizations and the remaking of world order,” deur Samuel P. Huntington.
Voorgelees deur Martin Jansen
Hoofstuk 22 – Vrystede as model vir groeiende selfbestuur (Flip Buys)
“Deur die verloop van die geskiedenis het stede die wêreld se grootste beskawings geskep. Die een-en-twintigste eeu sal die herverskyning van stede en metropolitaanse gebiede as die smeltkoers van vooruitgang bring, aangesien die stadstaat nog altyd ‘n meer natuurlike politieke en ekonomiese entiteit as die nasiestaat was.” – Uit “The wealth of cities,” deur Johan O Norquist, Amerikaanse politikus.
Voorgelees deur Martin Jansen
Hoofstuk 21 – Skotland en ‘n Afrikanervrystad (Flip Buys)
“[D]it berus uiteindelik op die moraliteit en dissipline van die burgers. ‘n Demokrasie […] hang af van die karakter van individuele mans en vroue en die morele standaard van die gemeenskap. Reëls rakende verkiesings kan gemaak word; vryhede kan in grondwette gebied word; en handveste van regte kan goedgekeur word; in die openbaar sal dit weerstand vir willekeurige dade makliker maak, maar dit sal nie op sigself demokrasie verseker nie. Daar is ongeskrewe reëls, soos eerlikheid, integriteit, selfbeheersing, en respek vir demokratiese prosedures.” – Uit “Africa in search of democracy,” deur Kofi Abrefa Busia, voormalige eerste minister van Ghana.
Voorgelees deur Martin Jansen.