Author: anneke
Daar is ‘n nuwe regering op die dorp
Maroela Media
16 Januarie 2024
Kallie Kriel
Suid-Afrika het nie net ‘n regeringsprobleem nie. Dit het ook ‘n diepliggende bedelingsprobleem. Die lofsange wat die land se Grondwet en nuwe bedeling in die verlede toegesing is ten spyt, bly die werklikheid dat die huidige sentralistiese bedeling nie aan die bedoelings aan sommige destyds gemeet moet word nie, maar eerder aan die uitkomste daarvan.
Lees die volledige artikel in Maroela Media hier.
Kallie Kriel oor Buthelezi: Maklik om klippe te gooi na een wat dood is
Die redakteur van City Press, Mondli Makhanya, se striemende aanval op prins Mangosuthu Buthelezi verlede week op hierdie blaaie is misleidend en onbillik.
Dit is jammer dat hy dit skryf oor ’n man wat nie meer hier is om homself te verdedig nie.
Makhanya se wanvoorstelling van Buthelezi se rol tydens die politieke oorgang is bloot ’n voortsetting van die ANC se destydse propagandastrategie om Inkatha te diskrediteer.
Dr. Anthea Jeffery se gesaghebbende navorsing, soos vervat in haar boek People’s War, asook die dokumentêr Tainted Heroes, wat gratis gestroom kan op word afriforumtv.co.za, sit hierdie strategie van die ANC duidelik uiteen. ’n ANC-afvaardiging het Viëtnam in 1978 besoek met die uitsluitlike doel om hulself te vergewis van die strategie wat tydens die kommunistiese “volksoorlog”daar gebruik is deur die revolusionêre groepering om hul opponente te vernietig. Die ANC het hierdie strategie met Sowjet-wapens en -finansiering gebruik om op plaaslike bodem Inkatha, Azapo en die PAC met geweld te probeer verswak sodat die ANC uiteindelik die toneel kon oorheers tydens die onderhandelings vir ’n politieke oorgang.
In die ANC se strewe om ook mag oor gemeenskappe te verkry, het hierdie strategie om geweld te gebruik selfs gelei tot wreedaardige halssnoermoorde op gewone swart mense.
Buthelezi verdien krediet dat hy hom om gewetensredes nie wou skaar by die Sowjet-gesteunde gewapende stryd nie en dat hy gekies het om apartheid op ’n niegewelddadige wyse teen te staan. Makhanya en ander sal Buthelezi waarskynlik nooit vergewe dat hy geweier het dat Inkatha aan die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes meedoen nie. Om gegewe hierdie werklikheid nou vir prins Buthelezi as die leidende oorsaak van die geweld tydens die politieke oorgang te probeer voorhou, is dus misleidend.
Ek glo nie daarin dat ’n persoon ná hul afsterwe tot “heilige” verhef moet word nie, maar dit is eenvoudig ’n miskenning van Buthelezi se menswaardigheid en sy familie en volgelinge se hartseer deur hom kort ná sy afsterwe te verguis deur leuens oor sy rol tydens die politieke oorgang te verkondig.
Lees die volledige artikel op Netwerk24.
Kallie Kriel oor Buthelezi: Maklik om klippe te gooi na een wat dood is
Prins Mangosuthu Buthelezi was ’n indrukwekkende leier wat lief was vir sy kultuur en mense, skryf Kallie Kriel.
Bron: Netwerk24, 24 September 2023
Die redakteur van City Press, Mondli Makhanya, se striemende aanval op prins Mangosuthu Buthelezi verlede week op hierdie blaaie is misleidend en onbillik.
Dit is jammer dat hy dit skryf oor ’n man wat nie meer hier is om homself te verdedig nie.
Makhanya se wanvoorstelling van Buthelezi se rol tydens die politieke oorgang is bloot ’n voortsetting van die ANC se destydse propagandastrategie om Inkatha te diskrediteer.
Dr. Anthea Jeffery se gesaghebbende navorsing, soos vervat in haar boek People’s War, asook die dokumentêr Tainted Heroes, wat gratis gestroom kan op word afriforumtv.co.za, sit hierdie strategie van die ANC duidelik uiteen. ’n ANC-afvaardiging het Viëtnam in 1978 besoek met die uitsluitlike doel om hulself te vergewis van die strategie wat tydens die kommunistiese “volksoorlog”daar gebruik is deur die revolusionêre groepering om hul opponente te vernietig. Die ANC het hierdie strategie met Sowjet-wapens en -finansiering gebruik om op plaaslike bodem Inkatha, Azapo en die PAC met geweld te probeer verswak sodat die ANC uiteindelik die toneel kon oorheers tydens die onderhandelings vir ’n politieke oorgang.
In die ANC se strewe om ook mag oor gemeenskappe te verkry, het hierdie strategie om geweld te gebruik selfs gelei tot wreedaardige halssnoermoorde op gewone swart mense.
Buthelezi verdien krediet dat hy hom om gewetensredes nie wou skaar by die Sowjet-gesteunde gewapende stryd nie en dat hy gekies het om apartheid op ’n niegewelddadige wyse teen te staan. Makhanya en ander sal Buthelezi waarskynlik nooit vergewe dat hy geweier het dat Inkatha aan die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes meedoen nie. Om gegewe hierdie werklikheid nou vir prins Buthelezi as die leidende oorsaak van die geweld tydens die politieke oorgang te probeer voorhou, is dus misleidend.
Ek glo nie daarin dat ’n persoon ná hul afsterwe tot “heilige” verhef moet word nie, maar dit is eenvoudig ’n miskenning van Buthelezi se menswaardigheid en sy familie en volgelinge se hartseer deur hom kort ná sy afsterwe te verguis deur leuens oor sy rol tydens die politieke oorgang te verkondig.
In sy aanval op Buthelezi versuim Makhanya om te noem dat hyself saam met ander ANC-kaders ’n rol gespeel het in die swart-teen-swart-geweld wat destyds plaasgevind het. Die ANC, en nie Inkatha nie, was die hoofoorsaak van die tragiese verlies van meer as 20 000 menselewens in die aanloop tot die politieke oorgang. Eerder as om die ANC se rol daarin te erken, probeer Makhanya nou om al die blaam te plaas op ’n man wat nie meer met ons is om die ander kant van die saak te stel nie.
’n Beseerde Inkatha-man se oë is uitgesteek en sy geslagsdele afgesny, terwyl Makhanya as meedoener toegekyk het.
Makhanya voer in sy meningstuk aan hy was destyds ’n jong verslaggewer wat verslag gedoen het oor “Inkatha-massamoorde”. Die waarheid is dat Makhanya veel meer as ’n verslaggewer was.
Jeffery wys met stawende bronne in haar boek daarop dat Makhanya aan die ANC se oorlog teen “swart” groeperings meegedoen het wat deur die ANC as mededingers beskou is. Makhanya het byvoorbeeld, volgens Jeffery, in 1991 onder ’n skuilnaam geskryf dat hy op 11 Februarie 1990 huise afgebrand het, terwyl sy kamerade gewonde Inkatha-vegters doodgemaak het. ’n Beseerde Inkatha-man se oë is uitgesteek en sy geslagsdele afgesny, terwyl Makhanya as meedoener toegekyk het.
’n Ander Inkatha-ondersteuner is in die pad af gesleep en aan die brand gesteek, terwyl rommel op hom gepak is sodat hy nie kon ontsnap nie. Jeffery wys daarop dat Makhanya geskryf het dat dié man nie vir hom ’n mens was nie, maar ’n vyand wat gekry het wat hy verdien.
Makhanya het ook gemeld dat hy trots is op sy rol, dat hy die gevegte opwindend gevind het, asook om onder meer te sien hoe desperate mans hardloop vir hul lewe.
Dit is dus jammer dat Makhanya prins Buthelezi die “prins van strydlus” noem, terwyl Makhanya en die ANC self meegedoen het aan die tragiese moorddadige konflik van destyds.
Niemand van ons is perfek nie. Maar tydens die geleenthede waar ek die voorreg gehad het om persoonlik met Buthelezi te skakel, het ek onder die diep indruk gekom van ’n indrukwekkende leier wat lief was vir sy kultuur en mense, en sy lewe daaraan gewy het om hulle onbaatsugtig te dien. Hy was ook sonder huiwering bereid om ’n hand van vriendskap uit te reik om verhoudings gegrond op wedersydse erkenning en respek met ander groepe te vestig.
Buthelezi het ook onbeskaamd ’n hand van vriendskap na Afrikaners uitgereik en dit onlangs weer gedoen met ’n videoboodskap aan die Voortrekkermonument. Hy het dit ook gedoen deur by verskeie geleenthede verskoning te vra vir koning Dingane se moord op Piet Retief – ten spyte daarvan dat niemand van hom verwag het om dit te doen nie. Ook tydens Buthelezi se deelname aan die regering van nasionale eenheid ná die oorgang het hy gewerk om te verseker dat die Voortrekkermonument ’n staatsubsidie kry.
Dié subsidie het opgedroog ná sy vertrek as minister.
Dié ingesteldheid om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder, is navolgenswaardig vir almal van ons wat ’n toekoms vir ons kinders hier aan die suidpunt van Afrika wil bou. Juis daarom sal AfriForum voortgaan om samewerkingsooreenkomste aan te gaan met die onderskeie kultuurgemeenskappe, wat ook Zoeloe-gemeenskappe insluit.
As AfriForum dra ons ons meegevoel oor aan die Zoeloe-volk met die heengaan van ’n groot leier soos Buthelezi.
’n AfriForum-afvaardiging het die prins se familie besoek om ons meegevoel persoonlik oor te dra en het ook sy begrafnis bygewoon.
Kom ons respekteer Buthelezi se geliefdes en gun aan hulle die geleentheid om te rou. Ons kan dit doen deur ons uit te spreek teen die ongevoelige aanvalle op prins Buthelezi deur mense wat probeer om sy dood nou te misbruik om die propagandastryd oor die verlede voort te sit.
- Kallie Kriel is uitvoerende hoof van AfriForum.
Onderwyswetsontwerp = kulturele etniese suiwering
Kallie Kriel skryf op Maroela Media (23 Augustus 2023):
Indien die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) ʼn wet word, sal dit aan die staat die mag gee om openbare skole se taalbeleid te bepaal. Dit is kommerwekkend omdat die ANC-regering se geskiedenis wys dat hulle daarop uit is om Afrikaans as onderrigtaal in openbare onderwys te vernietig.
Lees die volledige artikel hier.
Kallie: Aanvalle op AfriForum misluk
Bron: Netwerk24, 24 Mei 2023
Kritici van AfriForum staan aan die linker- en verregse kante van die Afrikaanse gemeenskap en hou daarom nie ’n bedreiging vir dié organisasie in nie, skryf Kallie Kriel.
Die aanvalle op AfriForum deur ’n paar kommentators wie se siening gereeld op Netwerk24 en in Media24 se dagblaaie gepubliseer word, begin nou aan ’n histeriese reaksie grens.
Ongelukkig is daar ook ’n paar joernaliste wat lustig hieraan meedoen. Terwyl die aanvalle daarop gemik is om AfriForum valslik uit te beeld as ’n onverdraagsame organisasie wat wanvoorstellings maak, hoef ’n mens nie ’n vuurpylwetenskaplike te wees om te kan sien dit is eerder diegene wat AfriForum aanval, wat hulle aan venynige onverdraagsaamheid en wanvoorstellings skuldig maak nie.
Die jongste aanval op AfriForum deur Amanda Gouws in haar artikel getuig juis van die soort onverdraagsaamheid en wanvoorstellings waarvan sy en ’n paar ander AfriForum beskuldig.
Gouws se onverdraagsaamheid blyk duidelik uit haar gebruik van woorde soos “walglik” en “minagting wat dit verdien” in haar verwysings na AfriForum. Dat Gouws in haar artikel ’n lang aanhaling waarna Ernst Roets verwys het, aanhaal asof dit sy eie woorde is, is verstommend. Dit is ook ’n verdraaiing van die waarheid deurdat Gouws versuim om te noem dat Roets duidelik gesê het dat hy niemand leed wil aandoen nie en die aanhaling genoem het om te wys dat daar in die geskiedenis verskeie voorbeelde is van sommige akademici wat voeling met die lot van gewone mense verloor het. Dit is soortgelyk aan sommige hedendaagse akademici wat wil voorgee dat die ernstige bedreiging wat plaasmoorde en die skending van eiendomsreg inhou, kwansuis nie so erg is as wat AfriForum sou voorgee nie.
Die ironie is dat onophoudelike aanvalle op AfriForum nie net daarin misluk om AfriForum te diskrediteer nie, maar dat dit AfriForum sterker maak.
Ook Gouws se aanspraak dat ek kwansuis sou gesê het Max du Preez is ’n “rassis” wat AfriForum aanval om homself “links” te posisioneer, is vals. As sy my uitspraak gelees het, sou sy gesien het dat ek gesê het dat daar verskeie swart mense is wat Du Preez van rassisme beskuldig en dat hy nou AfriForum as strooipop opstel en aanval om die aanval uit swart geledere verkeerd te bewys. Ook Gouws se bewering dat AfriForum nie apartheid as ’n “onreg” sien nie, is vals. Ons erken die onregte, die debat handel of dit gelykgestel kan word met Hitler se optrede as misdaad teen die mensdom. Anders as wat Gouws beweer, voer AfriForum geen “vete” teen mense uit haar dampkring nie.
‘Ons reageer slegs op aanvalle’
Om die waarheid te sê, ons het elke keer slegs gereageer op hul aanvalle. Gewoonlik sou ons hulle ignoreer, maar omdat sy en haar geesgenote ondanks hul beperkte steun in die Afrikaanse wêreld, byna onbeperkte toegang tot mediablootstelling in sommige media kry, is dit nodig om AfriForum se kant te stel sodat Afrikaanse luisteraars en lesers ten minste die ander kant van die saak kan hoor.
Die ironie is dat onophoudelike aanvalle op AfriForum nie net daarin misluk om AfriForum te diskrediteer nie, maar dat dit AfriForum sterker maak. Die kommentaar van lesers onderaan die aanvalle op AfriForum wat op Netwerk24 gepubliseer word, getuig daarvan dat die gewone Afrikaanse lesers hulle oorweldigend aan AfriForum se kant skaar. Natuurlik is die kommentaar nie ’n wetenskaplike peiling nie, daarom gebruik ek ook AfriForum se ledetal as akkurate barometer.
Met die aanslag op AfriForum op sy felste die afgelope twee weke het slegs 0,0002% van AfriForum se meer as 208 000 lede bedank as gevolg van die wanvoorstellings wat oor ons gemaak word.
Dit is natuurlik jammer, maar moet gesien word in die lig daarvan dat AfriForum in dieselfde tydperk sowat 17 nuwe lede bygekry het vir elke lid wat bedank het.
Die positiefste gevolg van die opkoms van sosiale en elektroniese media is dat die gewone Afrikaanse mense nou toegang tot alle sienings kan kry en dan vir hulself kan dink.
Die rede waarom die fel aanslag teen AfriForum deur ’n groep kommentators en enkele joernaliste misluk, is omdat die tyd vir ewig verby is dat ’n klein groepie mense wat ’n monopolie oor die tradisionele media het, aan mense kan voorskryf hoe hulle moet dink.
In die ou dae kon ’n paar meningsvormers in die “hoofstroommedia” na hartelus etikette soos “verlig”, “verkramp”, “regs”, “links” en “liberalis” skep en mense wat anders as hulle dink, diskrediteer deur hulle in eng kampe te plaas.
Die koms van die sosiale en ander elektroniese media het die mag van ’n paar mense oor die openbare mening finaal gebreek. Skynbaar sukkel sommige kommentators om dit te aanvaar en probeer hulle om hul invloed te behou deur al hoe onbilliker en onverdraagsamer te raak teenoor enige persoon wat dit durf waag om van hulle te verskil. Hoe harder hulle aanval, hoe meer vervreem hulle die gewone Afrikaanse lesers en luisteraars.
Die positiefste gevolg van die opkoms van sosiale en elektroniese media is dat die gewone Afrikaanse mense nou toegang tot alle sienings kan kry en dan vir hulself kan dink.
‘Selfrespek ’n voorvereiste vir wedersydse respek’
’n Groot groep Afrikaanse lesers en luisteraars weet dat die mening van ’n paar kommentators lankal nie meer aan die openbare mening gelyk gestel kan word nie. Dit is soos Winston Churchill gesê het: “Published opinion should not be confused with public opinion.”
Baie Afrikaanse lesers en luisteraars weet dus ook dat plaasmoorde en die marteling wat soms daarmee gepaardgaan, krisisafmetings aanneem. Hulle weet ook dat die bedreiging wat onteiening sonder vergoeding inhou, ’n werklikheid is. Dit is immers die regerende party se beleid. Hulle weet ook dat probleme soos hierdie en die vele ander nie vanself sal verdwyn nie en dat dit noodsaaklik is dat ’n organisasie soos AfriForum alles moontlik moet doen om hierdie probleme te pak.
Die grootste pluspunt is dat ’n groot groep Afrikaanse lesers en luisteraars hulle nie laat mislei om te glo dat AfriForum en die Solidariteit Beweging, wat saam sowat 450 000 gesinne verteenwoordig, ’n randverskynsel is nie. Hulle weet dat hulle saam met AfriForum en die Solidariteit Beweging binne die 80%-middelgroep- Afrikaanssprekendes en -Afrikaners staan en dat ons hard werk vir ’n beter toekoms gebou op ’n basis van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe. Hulle besef egter ook dat selfrespek ’n voorvereiste vir wedersydse respek is en daarom mag ’n mens maar met selfvertroue standpunt teen plaasmoorde, die skending van eiendomsreg en ander brandpunte inneem.
’n Beduidende groep Afrikaanse luisteraars en lesers staan ook verstom dat ’n paar kommentators vra dat die middelgroep in die Afrikaanse en Afrikanergemeenskap ’n stem moet kry.
Hulle weet dat die Solidariteit Beweging en AfriForum reeds oorweldigende steun in die middelgroep het en as stem vir hulle kan optree. Hulle weet ook dat AfriForum se kritici aan die linker- en verregse rande van die Afrikaanse wêreld staan en juis daarom hou hulle aan om AfriForum in groterwordende getalle te steun.
Kallie Kriel: Dís hoekom ek Lesufi se plan steun
Bron: Netwerk24, 8 Mei 2023
Die Gautengse premier se “bewaarders” van misdaad is verdag, maar desentralisering van polisiëring is wel nodig, skryf Kallie Kriel.
Die Gautengse regering se nuwe “misdaadvoorkomingsbewaarders” is met goeie rede deur baie mense met skeptisisme begroet. Die beeldmateriaal van dié groep se bekendstellingsparade het nou nie juis die indruk geskep van ’n goed opgeleide en gedissiplineerde eenheid wat deur misdadigers gevrees sal word nie.
Verder wys ANC-beheerde regerings op verskillende regeringsvlakke se baanrekord dat hulle eenvoudig nie in staat is om ’n sukses te maak van die meeste projekte wat hulle aanpak nie. Grootskaalse korrupsie, kaderontplooiing, nepotisme, wanbestuur, rasbeheptheid en ondoeltreffendheid het onlosmaaklik deel van ANC-regerings geword. Dit geld ook die Gautengse regering.
Die man wat homself as die groot kampvegter teen misdaad voorhou met sy nuwe “bewaarders”, premier Panyaza Lesufi, word natuurlik ook onthou vir die feit dat die Gautengse onderwysdepartement R431 miljoen op die ontsmetting van skole wanbestee het terwyl hy as LUR in beheer was en dat hy Afrikaanse skole geteiken het om sy eie onvermoë om genoeg skole te laat bou te verdoesel. Ook sy huidige pogings om fondse vir noodsaaklike maatskaplike dienste te sny laat ’n bitter smaak in die mond.
Ten spyte hiervan is dit wel belangrik om raak te sien dat Lesufi met sy jongste poging om homself op die voorgrond te plaas, onbedoeld en onwetend die deur begin oopmaak het vir die afwenteling van mag vanaf ’n ewe onbeholpe nasionale ANC-regering, na provinsies, dorpe en gemeenskappe.
Lesufi sal dit nie graag wil hoor nie, want hy en die ander ideoloë in die ANC is verknog aan die sentralisering van mag en verafsku enige sprake van federalisme en desentralisering.
Die huidige sentralistiese bedeling het homself reeds as ’n mislukking bewys. Die klaaglike agteruitgang van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Eskom, die SAL, Denel, regeringsdepartemente en munisipaliteite is maar ’n paar van die wrang vrugte van sentralisme wat ons nou pluk. Om hierdie probleme te pak is die afwenteling van mag nodig. Dán kan probleme in kleiner dele opgedeel word en gemeenskappe se energie ontsluit word om ’n groter rol te speel en inspraak te kry oor hoe probleme opgelos moet word. Gemeenskappe verstaan hul eie behoeftes baie beter as byvoorbeeld Bheki Cele, die minister van polisie, wat iewers ver in ’n kantoor sit en toekyk hoe misdaadsyfers jaar ná jaar styg.
Met dié stap het Lesufi onwetend erken dat die huidige sentralistiese model van polisiëring misluk.
‘Gedesentraliseerde werklikheid’
Terwyl Cele verbete aan sy sentrale beheer vasklou, is ons as gemeenskappe se hande gelukkig nie afgekap nie. Dit is moontlik dat gemeenskappe nou reeds sonder om enigiemand se toestemming te vra, kan toetree om binne die raamwerk van die wet buurt- en plaaswagte te skep om self misdaad te beveg. AfriForum het reeds met hierdie ons-sal-self-ingesteldheid 165 buurtwagte landswyd gevestig, wat sowat 10 000 vrywilligers, duisende radio’s, honderde koeëlvaste baadjies en tientalle hommeltuie en opgeleide hommeltuigvlieëniers het. Die waarde wat hierdie buurtwagte met byvoorbeeld hul hommeltuie toevoeg tot die stryd teen misdaad, het daartoe gelei dat plaaslike polisielede op die meeste plekke graag met AfriForum se buurtwagte saamwerk. Die werk van buurtwagte het in praktyk daartoe gelei dat ’n nuwe gedesentraliseerde werklikheid geskep is wat die sentraliste nie meer kan misken nie.
Gemeenskapsfederalisme en gedesentraliseerde dienslewering en polisiëring moet nou verder uitgebou word as ’n normale verskynsel wat oplossings bied. Dit is in hierdie verband dat Lesufi se vestiging van sy “bewaarders” onbedoeld in desentraliseerders se hande speel.
Met dié stap het Lesufi onwetend erken dat die huidige sentralistiese model van polisiëring misluk. As die model gewerk het, sou daar immers nie nut vir sy “bewaarders” gewees het nie. Lesufi se optrede sal dit ook vir die DA-beheerde Wes-Kaap makliker maak om nog meer afwenteling van mag te vra. As ’n ANC-beheerde provinsie dit begin doen, waarom kan die Wes-Kaap nie? En sou die ANC dalk net in 2024 die mag in Gauteng verloor, het Lesufi reeds die grondslag gelê vir ’n nuwe koalisie om die desentralisering van magte verder te dryf.
Intussen hoef ons as burgerlike samelewing nie net te hoop op bepaalde verkiesingsuitslae nie, ons kan onverpoosd voortgaan om ons gemeenskappe sterk en selfstandig te maak.
Ons doen dit deur misdaad binne die raamwerk van die wet te bekamp deur ons buurtwagte en in samewerking met sekuriteitsmaatskappye, GPF’s en plaaslike polisielede. Lesufi se optrede het nou immers bevestig dat polisiëring in die praktyk nie meer onder die uitsluitlike beheer van die nasionale regering is nie. Dit is ’n welkome wending.
Gemeenskapskrag kan gemeenskapsfederalisme ontsluit
Kallie Kriel skryf op Maroela Media (12 April 2023):
ʼn Gedesentraliseerde kragvoorsieningsnetwerk, waar plaaslike instellings ʼn rol speel, is nie ʼn vreemde verskynsel hier aan die suidpunt van Afrika nie. Die ontstaansgeskiedenis van elektrisiteitsvoorsiening was juis gekenmerk deur ʼn gedesentraliseerde benadering.
Gemeenskapsfederalisme vorm die basis waarop AfriForum en die Solidariteit Beweging se federale toekomsplanne gebou is. Dit beteken dat dié planne nie in die eerste plek afhanklik is van die instemming van die ANC-regering om magte na gemeenskappe af te wentel nie, maar eerder gebou word rondom die vermoë van gemeenskappe om self deur die vestiging van gemeenskapsinstellings beheer oor hulle eie toekoms te kan neem. Federalisme veronderstel verskillende vlakke van besluitneming, terwyl gemeenskapsfederalisme spesifiek besluitnemingsmag vir gemeenskappe toe-eien deur ʼn selfdoenbenadering.
Lees die volledige artikel hier.
Kallie Kriel: Boer eerder met die feite
Bron: Netwerk24, 29 Augustus 2018
Max du Preez (28.08) slaan die bal mis wanneer hy in sy artikel “Hou op met vrees boer” aanvoer dat AfriForum vrees rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde wil aanjaag.
AfriForum wil egter ook nie soos Du Preez met naïwiteit en goedgelowigheid boer nie en boer dus eerder met die feite.
Hoop vir die toekoms kan net geskep word deur die werklikhede van Suid-Afrika vierkant in die oë te kyk en dan met ’n goed beplande strategie te werk om die werklikheid ten goede te beïnvloed.
Ek moedig Du Preez aan om die ANC se strategiedokumente te lees. Daarin sal hy sien dat die ANC ’n “balance of forces”-benadering volg waarvolgens hy net ’n tree terugneem as daar genoeg druk op hom is om dit te doen.
Die feit is dat pres. Cyril Ramaphosa nog op 31 Julie aangekondig het dat die ANC die land se Grondwet gaan wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Juis omdat die ANC slegs op druk reageer, sal AfriForum ongestoord voortgaan om internasionale druk teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te mobiliseer
Ná die openbare en internasionale druk wat op AfriForum se publisering van die regering se eie “onteieningslys” gevolg het, is die ANC op die agtervoet en trap hy al wat landbou-organisasie is se drumpel deur. Du Preez se vooroordele jeens AfriForum is blykbaar so groot dat hy hom nie so ver kan bring om dit te erken nie.
Juis omdat die ANC slegs op druk reageer, sal AfriForum ongestoord voortgaan om internasionale druk teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te mobiliseer deur bloot aan te hou om die feite oor gebeure in Suid-Afrika te verkondig.
Dié feite is soos volg:
Dit is onwaar dat die getal plaasmoorde tans afneem. Die landbou-unie TLU SA se statistieke oor plaasmoorde – wat verifieerbare slagoffername, plaasname en datums waarop die moorde gepleeg is, bevat – bevestig plaasmoorde was verlede jaar op die hoogste vlak in 13 jaar.
’n Goed begronde PoliticsWeb-ontleding van polisiestatistieke dui verder daarop dat die polisiestatistieke wat Agri SA gebruik om voor te gee dat plaasmoorde afneem, ernstige gebreke het.
Dié wat plaasmoorde probeer afmaak deur daarop te wys dat die plaasmoordsyfer laer as 20 jaar gelede is, ignoreer ook die feit dat die getal kommersiële boere in dié tydperk na raming byna gehalveer het.
PoliticsWeb het ook bevind dat ’n wit boer se kans om vermoor te word na raming 3,2 soveel is as die land se reeds buitensporige hoë gemiddelde moordsyfer.
PoliticsWeb het ook bevind dat ’n wit boer se kans om vermoor te word na raming 3,2 soveel is as die land se reeds buitensporige hoë gemiddelde moordsyfer, en bevestig dat plaasmoorde ’n ernstige krisis is wat dringend aandag moet kry.
Dié wat kommer oor die skending van eiendomsreg en onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika as vals probeer afmaak, ignoreer skynbaar ook die feit dat die president, regeringsleiers en die regerende ANC by talle geleenthede uitsprake gemaak het wat bevestig dat hulle daarop uit is om eiendomsreg in die land te skend.
Sou hierdie onteiening slaag, sal dit op sigself op ’n ernstige skending van eiendomsreg neerkom.
AfriForum se ontleding van die feite tot sy beskikking dui daarop dat die staat nóú eers begin het om plase te onteien teen vergoeding wat aansienlik laer as die markwaarde is. Die voorgenome onteieningsproses van ’n plaas genaamd Akkerland Boerdery in Limpopo het reeds begin. Die staat bied die eienaar slegs 10% van die grond se markwaarde aan as vergoeding.
Sou hierdie onteiening slaag, sal dit op sigself op ’n ernstige skending van eiendomsreg neerkom en sal dit die weg baan vir Ramaphosa se plan om die Grondwet te wysig om eiendom uiteindelik sonder enige vergoeding te kan onteien.
Ongelukkig gebruik die ANC ook vals statistieke oor grondeienaarskappatrone om sy skending van
eiendomsreg te probeer regverdig. Dit is ’n onwaar dat wit boere 72% van die grond in Suid-Afrika besit. Volgens PoliticsWeb se ontleding staan die syfer eerder op sowat 22% van die totale oppervlak.
AfriForum het dus genoeg rede om voort te gaan om internasionale steun ter beskerming van eiendomsreg en teen plaasmoorde te werf. En dit is presies wat hy gaan doen.
Kallie: ‘My voorgeslagte nie soos Hitler’
Bron: Netwerk24, 21 Mei 2018
Dit was ’n groot misstap om toe te laat dat die instelling van apartheid daartoe gelei het dat mense se waardigheid geskend is, maar dit is tog onbillik om sy voorgeslagte met Hitler te vergelyk, skryf Kallie Kriel in antwoord op die ope brief van Carryn-Ann Nel.
Beste Carryn-Ann
Baie dankie vir jou openhartige ope brief aan my.
Soos jy weet, word Afrikane met ’n bleek gelaatskleur soos ek dikwels daarvan beskuldig dat ons nie oor apartheid wil praat nie en dat ons kwansuis almal daarop sou aandring dat ons die verlede moet vergeet en aanbeweeg.
Ek is egter meer as bereid om oor apartheid te praat en jou ope brief bied my die geleentheid om te antwoord.
Die afgelope week het dit weer duidelik geblyk dat die poging om “wit mense” by die apartheidsdebat te betrek, nie werklik daarop gemik is om hul perspektiewe te hoor nie, maar eerder ’n poging is om te help toesien dat almal in die land 100% inval by die ANC se weergawe van die geskiedenis.
Hierdie weergawe hou Afrikaners as wreedaardige misdadigers voor wat geen positiewe bydrae gelewer het nie, in teenstelling met die ANC, wat “foutlose” bevryders is. Ek val nie daarvoor nie.
Ek en AfriForum probeer egter ook nie om, in teenstelling met die ANC se weergawe van die geskiedenis, Afrikaners as foutlose engeltjies voor te hou nie. Soos die baie ander volke in die wêreld het Afrikaners groot foute gemaak, maar ook buitengewone prestasies behaal.
Dit was ’n groot misstap om toe te laat dat die instelling van apartheid daartoe gelei het dat mense se waardigheid geskend is, maar dit is tog onbillik om my voorgeslagte met Hitler – wat onder andere 6 miljoen Jode in gaskamers laat vermoor het – te vergelyk.
Dit is ook onbillik om apartheid nie binne die konteks van sy tyd te beoordeel nie. Indien in ag geneem word dat die ANC hom tydens die Koue Oorlog by die kommunistiese blok geskaar het, was die ANC se alternatief tot apartheid die instelling van ’n kommunistiese bestel.
Meer as 100 miljoen mense het wêreldwyd aan die hand van onderdrukkende kommunistiese regerings gesterf.
Die groep kommentators wat hulself as waghonde aangestel het om die ANC se ideologiese uitgangspunte en weergawe van die geskiedenis in stand te hou, laat ongelukkig geen ruimte vir genuanseerde debat nie.
Carry-Ann, jy is reg as jy sê dat ons onsself in ander se skoene moet kan plaas. Ek probeer dit doen en het daarom baie empatie met mense wie se waardigheid tydens apartheid geskend is.
Sou ’n mens, soos ek gedoen het, dit durf waag om te sê dat apartheid nie in dieselfde kraal as Naziïsme as misdaad teen die mensdom geklassifiseer moet word nie, spring die waghonde van die huidige orde in om die “afvallige” te verguis en valslik voor te hou as apartheidsapologeet, ontkenner van menseregteskendings en rassis.
As ek en AfriForum toegee aan hierdie soort boelietaktiek en verguising, sal niemand in die toekoms dit durf waag om iets te sê wat nie strook met die regerende elite se uitgangspunte nie. Ek gaan dus beslis nie swig voor die boelies nie!
Carryn-Ann, jy is reg as jy sê dat ons onsself in ander se skoene moet kan plaas. Ek probeer dit doen en het daarom baie empatie met mense wie se waardigheid tydens apartheid geskend is.
Ten spyte daarvan dat ek dit al by herhaling gesê het, is dit jammer dat jy ook nou by die koor inval wat my stelling dat ek nie apartheid as ’n misdaad teen die mensdom sien nie, valslik voorhou as ’n poging om apartheid te verheerlik.
Die werklikheid is dat hierdie en baie ander nuwe ongeregtighede wat in die nuwe bedeling gepleeg word, geregverdig word met die beskouing dat apartheid soos Naziïsme ’n misdaad teen die mensdom was.
Sonder om voor te gee dat ek nou ten volle mense teen wie gediskrimineer is, se gevoelens kan verstaan, het ek wel al in ’n mate die rou emosie van die skending van iemand se menswaardigheid beleef.
Ek sal nooit my seun se gesigsuitdrukking vergeet toe hy na ’n ure lange soektog na ’n studiebeurs op die internet vir my kom sê het: “Jammer, Pappa, hier is nie beurse waarvoor ‘wit’ kinders soos ek kwalifiseer nie.”
In nog ’n voorval het een van my dogters op 9-jarige ouderdom deelgeneem aan ’n streeksuitdunronde in ’n wiskundekompetisie. Sy het die tweede plek behaal en hoewel twee deelnemers tot die volgende ronde deurgedring het, was sy nie een van hulle nie, want een wat deurdring, moes swart wees.
My dogter se teleurstelling dat sy uitgeval het omdat sy wit is, sal my altyd bybly.
Die werklikheid is dat hierdie en baie ander nuwe ongeregtighede wat in die nuwe bedeling gepleeg word, geregverdig word met die beskouing dat apartheid soos Naziïsme ’n misdaad teen die mensdom was.
Indien minderhede dus die ANC se weergawe van die geskiedenis ten volle onderskryf, onderwerp ons ons vrywillig daaraan dat ons kinders, kleinkinders en selfs geslagte daarna benadeel mag word vir die sonde van die “misdaad teen die mensdom” wat hul voorgeslagte gepleeg het.
Hoewel AfriForum talle “bruin” lede het, gaan ek my nie die reg aanmatig om voor te gee dat ek namens bruin mense kan praat nie, soos wat ek ondanks die oorweldigende steun wat AfriForum onder Afrikaners het, ook nie aanvoer dat ons namens elke liewe Afrikaner praat nie.
Wat bruin mense betref, weet ons dat die ANC se weergawe van die geskiedenis ’n hiërargie van benadeling probeer skep.
Hiervolgens voer die ANC aan dat swart mense erger as bruin mense benadeel is en daarom mag bruin mense nie ook voor in die ry staan wat regstellende aksie en vele ander sake betref nie. As bruin mense ook inval by die siening van “misdaad teen die mensdom waarin bruin mense minder benadeel is”, sal hulle eweneens permanent daaraan onderwerp word om ook in die nuwe bedeling tweedeklasburgers te wees.
’n Verdere gevolg daarvan as lede van minderheidsgemeenskappe wat buite die ANC en EFF se dampkring val, nou ook begin om apartheid ’n misdaad teen die mensdom te noem, is dat hulle direk in die ANC en EFF se hande sal speel.
Die EFF en ANC het reeds verskeie kere gesê dat minderhede dít wat hulle het, onregmatig bekom of selfs gesteel het en dat onteiening sonder vergoeding daarom regverdigbaar is.
Carryn-Ann, daar is nog baie waaroor ons moet gesels.
Sou ons ons vereenselwig met die “misdaad-teen-die-mensdom”-argument, stem ons inderwaarheid in dat apartheid as geheel en álles wat in dié tyd gebeur het, misdadig was.
Die klein groepie wit mense wat so lief is om AfriForum te kritiseer oor my uitsprake oor apartheid, sal moet besef dat die logiese gevolg van hul argument is dat alles wat hulle het, misdadig bekom is en gekonfiskeer behoort te word.
Carryn-Ann, daar is nog baie waaroor ons moet gesels. Ek nooi jou graag om saam met my koffie te kom drink. Daarna sal jy AfriForum en myself ten minste kan beoordeel op grond van wie en wat ons werklik is en nie op grond van die valse beeld wat ’n paar onverdraagsame kommentators van ons probeer skep nie.
Vriendelike groete
Kallie