Author: marisa@solidariteit.co.za
Studietrust belê 15 jaar lank in Afrikaanse studente se drome
‘n Parkie van hoop
Boer in jou agterplaas
Solidariteit Helpende Hand het op 15 Oktober (op Nasionale Tuindag) ‘n inisiatief van stapel gestuur wat nie net armoede wil bestry nie, maar ook ‘n pad na selfonderhoudendheid aanwys.
Die tyd is nóú! Solidariteit op pad na VN om rassewette te stop
Solidariteit gaan Verenigde Nasies (VN) toe om te eis dat die Suid-Afrikaanse regering ’n besliste einddatum gee wanneer sy beleid van rastellende aksie, asook alle gepaardgaande rassewette, sal verstryk.
Hierdie verskerpte VN-veldtog het ten doel om ’n einde te maak aan die regering se beheptheid met rassewetgewing wat strydig is met die Internasionale Konvensie vir die Uitskakeling van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD).
Sowel die Suid-Afrikaanse regering as Solidariteit sal dus laat in November voor die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) verskyn.
“Al hierdie rasmalheid vind plaas onder die vaandel van mooi woorde soos regstelling, gelykheid, diversiteit en transformasie. Maar pleks daarvan is die uitkoms ongelykheid, plundering, selfverryking en die vernietiging van die staatsdiens,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
“Vroeër die jaar wou die regering ook wetgewing deurdruk waarmee die privaat sektor aan rassekwotas gemeet sou word. Daardie mal rasplanne is tans deur die gemeenskap – en danksy ’n skikking – gestuit.
“Tog is die groot stryd nog nie gewonne nie en veg ons voort. Ons veg selfs harder. Ons mik om rassewette in die geheel te smoor en ons boodskap word deur honderde duisende mense ondersteun. Die boodskap sê dat rassewette moet stop. En die tyd daarvoor is nóú,” sê Hermann.
Volgens Anton van der Bijl, Solidariteit se adjunkbestuurshoof vir regsake, is die regering se beheptheid met statistiese rasseverteenwoordiging alombekend, en die beheptheid blyk duidelik uit hulle toepassing van regstellendeaksiebeleid.
“Ons regering se toepassing van rastellende aksie is nie net strydig met die VN se konvensie wat oor rassediskriminasie handel nie. Dit is ook in stryd met die wêreldwye siening oor regstellende aksie, wat die beginsel onderskryf dat regstellende aksie tydelik van aard moet wees en ʼn spesifieke eindpunt moet hê,” sê Van der Bijl.
Solidariteit gaan tydens die VN-besoek die feit dat regstellende aksie ingevolge internasionale riglyne en konvensies tydelik van aard moet wees, beklemtoon en gaan daarop aandring dat die Suid-Afrikaanse regering ʼn einddatum daarvoor stel.
Hermann glo ook die suksesse van die vorige VN-besoeke voorspel goeie uitkomste vir die nuwe veldtog.
“Solidariteit glo hy kan nou met die hulp van, en namens die gemeenskap, ʼn nóg groter deurbraak bewerkstellig. Sodoende kan ons begin om uiteindelik ʼn einde te maak aan rassewetgewing.”
Lees Solidariteit se skaduverslag hier: https://cms.solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2023/10/Solidariteit-VN-Verslag-Nov-2023.pdf
Kyk vanaf 13:00 na die mediakonferensie: https://fb.me/e/4RjwvEq4g
Onthou vir oom Paul – hy was ‘n rots
Krugerdagvieringe bring meer as 25 instansies byeen
‘Ons behoort’ sê Ons Plek-kinders met eie vlag, skoollied
Erkenning word ’n instelling
Hiers my hand – Die Boodskapper
Solidariteit Helpende Hand het lankal gesê ons kan dit nie alleen doen nie. Die uitdagings is te veel en
die laste te swaar. Gemeenskappe moet self ook help en individue moet aanmeld. Ja, ons het ’n hoofkantoor,
vriende, ondersteuners, vrywilligers, streke, takke en vennote – maar steeds kan ons dit nie alleen doen nie.
Gemeenskappe moet vorentoe tree en verantwoordelikheid neem en doen wat hulle moet doen. Anders
gaan die uitdagings van die dag ons benoud maak en die antwoorde ver en moeilik lyk.
Lees gerus Hannes Noëth se insetsel in Die Boodskapper – Amptelike blad van die Afrikaanse Protestantse Kerk (Jul/Aug 2023) op bladsy 24.