Lees gerus Hannes Noëth se Twyfelhoekie – Almal loop ekstra myl nie ewe verTwyfelhoekie 6 Julie
Author: marisa@solidariteit.co.za
Twyfelhoekie – Seun se opregte dankie-sê
Lees gerus Hannes Noëth se Twyfelhoekie rubriek – Seun se opregte dankie-sêTwyfelhoekie - 29 Junie
Groot deurbraak oor regering se rasbeleid
Daar is die afgelope tyd baie gepraat oor die regering se drakoniese raswet en rasseregulasies. Ingevolge dié regulasies moet maatskappye aan streng rassekwotas voldoen, en die enigste maatstaf wat daarvoor gebruik word, is rasseverteenwoordiging.
Terselfdertyd was Solidariteit in ’n bemiddelingsproses onder toesig van die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO).
Dit volg ná ’n klag van Solidariteit by die IAO oor die regering se rigiede rasbenadering. Solidariteit het aangevoer dat dit ’n oortreding van Konvensie 111 van die IAO is, wat bepaal dat rasprosesse toelaatbaar is, maar buigsaam moet wees.
Die uitkoms van die proses het ingrypende gevolge vir enige rasprogram in Suid-Afrika.
Die belangrikste bepalings van die ooreenkoms is soos volg:
- Daar mag geen diensbeëindiging van enige aard as gevolg van rasprogramme wees nie.
- Rasprogramme moet tydelik wees en spesifiek op regstelling gefokus wees.
- Rasprogramme moet buigsaam wees, en ras is slegs een van vele faktore wat in ag geneem kan word met die voorbereiding, implementering en voldoening.
- Daar mag geen absolute plafonne vir indiensneming of bevordering vir enige groep wees nie.
- Die volgende moet in ag geneem word met die voorbereiding, toepassing en voldoening:
- die inherente vereistes van ’n pos;
- die poel van toepaslik gekwalifiseerde persone;
- kwalifikasies, vaardighede en ondervinding;
- natuurlike personeelomset; en
- werwings- en bevorderingstendense in die werkplek.
- Geregverdigde gronde vir nie-voldoening kan die volgende insluit:
- werwings- en bevorderingsgeleenthede;
- onvoldoende persone uit die aangewese groep met die regte opleiding, vaardighede en ondervinding;
- nige KVBA-toekenning, hofbevel, oordrag van besigheid, samesmelting en oornames wat ’n rol kan speel; en
- ie sakeonderneming se ekonomiese omstandighede.
Die uitkoms is in die vorm van ’n ooreenkoms wat tussen Solidariteit en die regering vasgemaak is. Die ooreenkoms gaan nou as regulasies in die Staatskoerant gepubliseer word en ’n bevel van die hof gemaak word.
Dit is die einde van ras as enigste maatstaf.
Alhoewel dit die geskil oor die rigiede toepassing van ras by die IAO ontknoop, is dit nie die einde van alle rasprogramme in Suid-Afrika nie. Die stryd duur voor.
My oproep aan elkeen van julle is om hierdie ooreenkoms onder die aandag van julle maatskappye te bring en sorg te dra dat hulle dit toepas.
Om julle in staat te stel om te help om rigiede rasbeleide die nek in te slaan, is hierby ook ’n skakel ingesluit wat julle na die oooreenkoms self sal neem.
Hierdie oorwinning is ’n strategiese stryd wat gewen is, maar die oorlog teen die regering se rasse-ideologie duur voort.
Groete
Dirk Hermann
Bestuurshoof: Solidariteit
Let op, laat mooi mismoed verjaag
Lees gerus hier Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand se rubriek Twyfelhoekie2023 23 15 Junie
Ouma se raad met “ek kan nie” herroep
Lees gerus Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, se rubriek in Twyfelhoekie 2023 24 22 Junie
Wêreld gaan oor meer as net jy
Lees gerus hier Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, se rubriek Twyfelhoekie2023 22 8 Junie
Welkom voel is soos ma se kombuis
Lees gerus hier Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, se rubriek Twyfelhoekie2023 21 1 Junie
‘n Geesvervulde kerk is ‘n barmhartige kerk – Die Boodskapper
Een van die moeilikste vrae waarmee ’n gemeente voortdurend gekonfronteer word, is wat die taak en plek
van die kerk in die nood van hierdie wêreld is. ’n Mens voel magteloos teen die omvang van die nood. Die
antwoorde is min en die uitdagings blyk te groot te wees. Tog, die kerk is Geesvervuld, daarom mag die bruid
van Christus nie terugdeins van haar roeping nie.
Lees gerus Hannes Noëth se insetsel in Die Boodskapper – Amptelike blad van die Afrikaanse Protestantse Kerk (Mei 2023) op bladsy 26.
Verlange loop ver pad met onthou
Lees gerus Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand se rubriek Twyfelhoekie2023 20 25 Mei
Wanneer lewe vooruit snel, hou kop
Lees gerus Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand se rubriek Twyfelhoekie2023 19 18 Mei