Ramptoestand moet beëindig word; regstappe kom – Solidariteit Beweging

Die Solidariteit Beweging, waaronder Solidariteit en AfriForum, het vandag standpunt ingeneem deur te stel dat daar geen verdere rede bestaan waarom die huidige ramptoestand, wat al sowat 22 maande in werking is, van krag moet bly nie. Dit volg nadat die ramptoestand onlangs weer deur die regering verleng is.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, begin dit blyk dat die pandemie nou na ʼn endemiese fase beweeg. Voorts blyk dit dat daar nou verhoogde groepimmuniteit teen Covid-19 te bespeur is met die Omikron-variant wat tot minder ernstige siekte en sterftes gelei het. “Die feit dat die virus nou endemies is, beteken dat die virus nie gaan weggaan nie maar dat daar met die virus saamgeleef moet word. Dit beteken voorts dat uitsonderlike maatreëls deur die staat, soos wat onder ʼn ramptoestand ingestel kan word, nie meer nodig is om die virus in bedwang te probeer hou nie,” het Buys gesê.

Volgens Buys is die Beweging ook baie bekommerd oor die stand van skole in Suid-Afrika weens beperkings wat onderwys belemmer. “Die feit dat baie skole steeds nie na normale funksionering kan terugkeer nie, verdiep die kommer oor die toekoms van ʼn hele generasie leerders,” het Buys gesê.

Beide AfriForum en Solidariteit gaan voorts met regstappe begin om sodoende die howe te vra om die ramptoestand te beëindig.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, hou die ramptoestand ‘n bedreiging vir vryheid in, aangesien dit aan die regering buitengewone mag gee om burgerlike vryhede dramaties in te perk sonder dat sodanige mag op enige wyse aan parlementêre toesig en besluitneming onderwerp word. “Die feit dat die ramptoestand aanhoudend verleng kan word sonder parlementêre goedkeuring, is ʼn  ernstige skending van gesonde demokratiese beginsels,” het Kriel gesê.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, skep die huidige ramptoestand groot onsekerheid vir werkers, maatskappye en die ekonomie oor die algemeen, en dit moet dus beëindig word. “Die ramptoestand stel die regering in staat om op kort kennisgewing maatreëls in plek te stel wat besighede en werkers se lewensbestaan beïnvloed. Hierdie swaard wat oor die ekonomie hang skep onsekerheid vir kapitaalvorming en verdere uitbreiding in ʼn tyd waar ekonomiese groei nou van kardinale belang is,” sê Hermann.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, sal die organisasie eersdaags sy hofstukke indien.
“AfriForum het reeds verskeie van die regering se verregaande maatreëls aangevat, insluitend die aandklokreël, staatskwarantynkampe en die verbod op godsdienstige byeenkomste. Dit is nou hoog tyd dat die ramptoestand in sy geheel opgehef word,” sê Broodryk.

Hermann sluit af deur te sê dat argumente dat die ramptoestand nie op kort kennisgewing beëindig kan word nie, gerieflikheidshalwe vergeet van die regulasies wat met “onmiddellike effek” onder die ramptoestand ingestel en afgedwing is.

Verdere besonderhede oor die voorgenome regstappe word binnekort bekend gemaak.

Onluste – Solidariteit Beweging sê aan lede: Bly kalm en organiseer

Die Solidariteit Beweging het vandag by ʼn mediakonferensie sy ondersteuners aangemoedig om te midde van die onluste wat sekere dele van die land teister, hul weerbaarheid op te skerp, kalm te bly en by hul plaaslike buurtwag aan te sluit.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die faksiegevegte in die ANC wat aanvanklik tot die plundery aanleiding gegee, ʼn platform gebied vir kriminele elemente om die situasie te misbruik om te steel en te buit. Buys het ʼn beroep op wetstoepassers gedoen om die orde te herstel en die skuldiges aan te keer. Volgens Buys moet die publiek egter nie hul veiligheid en dié van hul gesinne en gemeenskappe net aan die SAPD oorlaat nie want hulle kan self baie doen om hul eie weerbaarheid binne die raamwerk van die wet te verskerp. “As jy jouself en jou gesin kan beskerm, kan jy ook jou bure beskerm. As jy jou bure beskerm, kan julle saam julle gemeenskap beskerm,” het Buys bygevoeg. Buys het mense aangemoedig om by een van AfriForum se buurtwagte wat landswyd gevestig is, of by ander gemeenskapsveiligheidstrukture aan te sluit.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê georganiseerde gemeenskappe hoef nie in vrees te verval nie en kan kalm bly in die wete dat hul veiligheid in hul eie hande is. Dit is volgens Kriel nie ʼn vreemde verskynsel dat gemeenskappe self verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid aanvaar nie, soos wat verskeie gemeenskappe in KwaZulu-Natal die afgelope paar dae gewys het. Afrikaners het ook in die geskiedenis telkens self verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid aanvaar. “AfriForum het die afgelope paar jaar baie hulpbronne daarin belê om gemeenskapsveiligheidstrukture tot stand te bring en beskik reeds oor 159 buurtwagte, ʼn netwerk van beheerkamers, ʼn landswye radionetwerk, 12 500 buurtwag-vrywilligers, ʼn lugvleuel met 53 hommeltuig-vlieëniers en goed opgeleide personeel en vrywilligers. Benewens dit werk AfriForum saam met ʼn netwerk van ander buurtwagte, GPF-strukture, sekuriteitsmaatskappye en op talle plekke met plaaslike polisiestasies,” het Kriel gesê.

Volgens Kolonel Jan Wessels, AfriForum se veiligheidshoof, het AfriForum reeds by die aanvang van die onluste sy bestaande gemeenskapsveiligheidsplanne in werking gestel deur AfriForum se buurtwagte op bystand te plaas. Wessels het daarop gewys dat AfriForum se beheerkamers en grondvlakstrukture die situasie fyn monitor, dat riglyne aan AfriForum se buurtwagte gestuur is om hul bestaande veiligheidsplanne verder te verfyn met inagneming van die huidige omstandighede. Buurtwagte is gevra om sigbaarheid te verhoog en mekaar en ander rolspelers waar nodig by te staan. “AfriForum gaan nie by die konflikte op snelweë en ander prominente plekke betrokke raak nie, maar gaan wel al ons aandag fokus om binne die raamwerk van die wet gereed te wees om die veiligheid van woonbuurte waar ons funksioneer te help verseker,” het Wessels gesê.

Besoek www.afriforumbuurtwag.co.za om by een van AfriForum se buurtwagstrukture aan te sluit.

Die Solidariteit Beweging doen ook ʼn beroep op lede van die publiek om die Beweging se Krisisfonds te steun om Solidariteit Helpende Hand in KwaZulu-Natal in staat te stel om lewensmiddele aan lede van die gemeenskap beskikbaar te stel. Gebruik dié skakel om by te dra: www.krisisfonds.co.za.

Entstowwe: doeltreffend en veilig, maar elkeen moet kan kies – Solidariteit Beweging

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het in ʼn omvattende wetenskaplike verslag bevind dat entstowwe ʼn doeltreffende en veilige manier is om die Covid-19-pandemie te beëindig. Die verslag ondersteun ook mense se vryheid om self te kan kies. Sterk kritiek word ook op die regering se sentrale beheer van die entstofprogram gelewer en gevolglik is daar ook bevind dat die privaat sektor op groot skaal betrokke moet raak.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gaan groot getalle van die Solidariteit Beweging se lede en ander Suid-Afrikaners binne die volgende weke ʼn keuse oor entstowwe moet maak. “Ons wil ons lede en ander Suid-Afrikaners in staat stel om verantwoordelike keuses te maak. Covid-19 tref ons almal swaar en almal smag daarna om ʼn einde aan die pandemie te bring. Met al die menings, fopnuus en politieke agendas wat die rondte doen, is goeie wetenskaplike navorsing noodsaaklik. Uit die bevindinge in die verslag kan ons ons lede aanmoedig om wel die entstowwe te gebruik, maar op voorwaarde dat elkeen self ʼn  verantwoordelike besluit moet neem en sy eie unieke omstandighede in ag sal neem. Die data wys een risiko uit wat baie groter is as entstowwe vir die meeste mense: dit is om nié entstowwe te gebruik nie.”

Volgens die verslag, waarin ’n behoorlike internasionale studie gedoen is, is bevind dat entstowwe wel doeltreffend is. In lande soos Israel, die Verenigde Koninkryk en Hongarye is daar ʼn regstreekse verband tussen die toediening van entstowwe, ’n afname in infeksies en veral ʼn afname in hospitalisasie en sterftes. Pfizer, Moderna, AstraZeneca en Johnson & Johnson is effektief. Dit is ook op grond van bevindinge in die betrokke verslag dat die Solidariteit Beweging nie die Chinese entstof SinoVac asook nie die Russiese Sputnik V-entstof kan aanbeveel nie. Die beskikbaarheid van bestaande data is onvoldoende, wat tot gevolg het dat geen gevolgtrekking tans oor die doeltreffendheid van hierdie twee entstowwe gemaak kan word nie.

Daar is ʼn grondige ondersoek gedoen na data van aanmeldings van newe-effekte, soos deur Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gestel. “Behoorlike wetenskaplike navorsing is gedoen en oorspronklike data is gebruik sodat afleidings waterdig is. Daar is bevind dat die entstowwe wel in ʼn groot mate veilig is. Soos ander medikasie is daar newe-effekte, maar vir die meeste mense is die risiko wat Covid-19 inhou baie hoër as die risiko wat die entstowwe inhou.”

Mulder sê ook dat nie een van die entstowwe totale beskerming teen Covid-19 kan bied nie, maar dat dit wel omvattende beskerming teen ernstige simptome en sterftes bied. Dit is waarskynlik nie nodig dat kinders die entstof ontvang nie, maar ouers kan goeie mediese advies by dokters inwin.

Die data wys dat die aansprake dat groot getalle mense weens die toediening van die entstof doodgaan, eenvoudig nie waar is nie. Die risiko vir bloedklonte en hartverwante newe-effekte is klein. Die meeste newe-effekte wat aangemeld is, is lig en stem ooreen met dié van enige ander entstof.

Die navorsers het ook  bevind dat dit belangrik is dat individue wat reeds gesondheidsprobleme ondervind, tans siek is en voorheen newe-effekte van entstowwe ondervind het, eers met hul dokter moet skakel om seker te maak of dit veilig is om teen Covid-19 ingeënt te word.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, moet mense wat ʼn keuse wil maak, ʼn keuse kan maak. “Die regering se sentralisasie van entstowwe veroorsaak ʼn bottelnek in die entstofproses. Dat die proses gemonopoliseer word, is onaanvaarbaar. Die privaat sektor moet op alle vlakke van die waardeketting op ʼn groot skaal betrokke raak. Dit is nie net belangrik dat mense moet kan kies of hulle ʼn entstof wil ontvang nie, maar ook watter entstof hulle wil ontvang.”

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, word Solidariteit se lede, soos talle ander Suid-Afrikaanse burgers, tans ernstig deur die derde golf van die Covid-19-pandemie getref. “Ons lede is moeg vir inperkings en wil daaruit kom. Inenting kan beslis ʼn groot rol speel om uit die pandemie te kom. Vertrouensvlakke in die regering is met reg baie laag. Daar is ʼn fyn lyn tussen vertroue in die regering en vertroue in entstowwe. Die regering het sy mag tydens die inperking misbruik, vryhede weggekalwe en ʼn teelaarde vir skeptisisme oor entstowwe geskep.

“Wat ons nou moet doen is om na die feite te kyk. Ons moedig almal aan om hul omstandighede te evalueer en hul besluit (verantwoordelik) te neem en hul vryheid van keuse uit te oefen,” sluit Hermann af.

Laai die verslag hier af: http://soli.online/2yr

Solidariteit Beweging verwelkom grondwethof-uitspraak teen Zuma; vra vir konsekwentheid

Die Solidariteit Beweging het vandag die grondwethof se uitspraak verwelkom waarin hy Jacob Zuma skuldig bevind het aan minagting van die hof en hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis het.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is die skuldigbevinding teen Jacob Zuma ʼn eerste stap om geregtigheid te laat geskied teen ʼn voormalige president wat die land tot op die rand van die afgrond gesleep het, hoewel sake teen hom oor dekades se misdrywe nog hangende is.

Buys het voorts gesê dat hoewel dié uitspraak in ʼn positiewe lig gesien moet word, daar nog baie moet gebeur om weer Suid-Afrikaners se vertroue in te boesem. “Die feit bly staan dat Suid-Afrika steeds geteister word deur ongekende hoë vlakke van korrupsie wat selfs tot so onlangs as verlede jaar met die skaamtelose plundering van hulpfondse te sien was. Die werklike toets gaan daarby berus of hierdie politieke elite ook suksesvol vervolg sal kan word, al dan nie,” het Buys gesê.

Buys het dit verder gestel dat die reaksie op die uitspraak wel Suid-Afrikaners se kollektiewe gevoel rakende regerende elite wat die reg straffeloos minag, weerspieël. “Dit kan hopelik ʼn era inlui waar meer verantwoordbaarheid onder politici en staatsamptenare verwag word,” het Buys gesê.

Volgens Buys is die Beweging wel skepties daaroor of Zuma homself gaan oorhandig en indien nie, of hy gearresteer sal word. “Dit is wyd bekend dat Zuma en sy volgelinge steeds verskeie ondersteuners binne die regerende party het. Indien Zuma homself nie oorhandig nie moet daar doelgerig opgetree word om sy inhegtenisname te bewerkstellig,” het Buys afgesluit.

Solidariteit Beweging wil samewerking tussen SA en Hongarye bevorder

Die Solidariteit Beweging het die afgelope week saam met verteenwoordigers van verskillende bedrywe in Hongarye ʼn vereniging in Boedapest opgerig wat samewerking tussen Hongarye en Suid-Afrika sal bevorder. Dit volg nadat ʼn afvaardiging van die Beweging die afgelope twee weke met politici, sakeleiers, akademici en ander leiersfigure in Hongarye ontmoet het.

Die Hongaars-Suider-Afrikaanse Vriendskapsvereniging is formeel as ʼn vereniging by die owerhede in Hongarye geregistreer en sal verskeie projekte fasiliteer. Die Solidariteit Beweging het verlede jaar reeds besluit om sy Europese netwerk ook na Sentraal- en Oos-Europa uit te brei met ʼn eerste sterk fokus op die vier lande wat deel van die Visegrad-groep is, naamlik Pole, Hongarye, Slowakye en Tsjeggië. Die vriendskapsvereniging sal ʼn voltydse kantoor in Boedapest hê wat deur Hongare gefinansier word.

Tydens die onlangse besoek is met verskeie senior regeringsleiers in Boedapest oor uitdagings en geleenthede samesprekings gevoer. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale Skakeling by die Beweging, het die Beweging vyf belangrike doelwitte met internasionale skakeling. Eerstens is dit om kulturele vriendskappe in soveel as moontlik lande te smee sodat daar veral ʼn groter bewustheid van Suid-Afrika se diversiteit geskep kan word. “Terwyl ons in alle internasionale skakeling Suid-Afrika se enorme uitdagings van swak regering, korrupsie, misdaad en die Afrikaners se unieke belewenis van Suid-Afrika oordra, maak ons dit ook duidelik dat Suid-Afrika ʼn land van ongekende geleenthede is en dat die land nie afgeskryf moet word nie. Ons bevorder dus vriendskap, eerder as om net buitelandse kritiek en druk te probeer ontlont.” Verdere doelwitte sluit in die bevordering van sake-geleenthede, akademiese samewerking, uitruiling van landboukennis en -tegnologie en kulturele projekte om groter bewustheid van die twee streke se kulturele verskeidenheid te skep.

Die Beweging beplan veral om deur die nuutgestigte vereniging sakegeleenthede vir sy lede in Hongarye te help ontgin sodat lede van die Beweging hul internasionale bedrywighede kan diversifiseer. “Ons het tydens ons besoek ook met verskeie universiteite, akademici en politici wat akademiese beleid beïnvloed, vergader met die doel om ons eie opleidingsinstellings, insluitende Akademia en Sol-Tech, se internasionale bande te versterk. Ons verwag baie goeie samewerking oor die volgende paar jaar tussen ons instellings en universiteite in Hongarye. Die Beweging se planne om binnekort met landbou-opleiding te begin, sal ook ʼn hupstoot kry met samewerking uit Hongarye. Verder beplan ons om met die hulp van groepe in Hongarye meer studente uit Suid-Afrika te stuur om met spesiale beurse in Hongarye te gaan studeer.”

Die Beweging se afvaardiging na Hongarye het bestaan uit Kleynhans, dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, Werner Human, operasionele bestuurder van die Beweging, Ernst Roets, hoof van beleid en aksie van AfriForum, en Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

 

Solidariteit Beweging betuig meegevoel met Zoeloes na afsterwe van koning Zwelithini

Die Solidariteit Beweging het vandag sy innige simpatie teenoor die Zoeloes se koninklike familie en die Zoeloe-gemeenskap as ʼn geheel betuig nadat dit bekend geword het dat Sy Majesteit Koning Goodwill Zwelithini vanoggend oorlede is.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die Beweging, en AfriForum in die besonder, goeie verhoudings met die koninklike familie gehandhaaf om sodoende wedersydse erkenning en respek tussen verskillende kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Volgens Buys het koning Zwelithini ʼn beduidende rol in die kulturele uitlewing en identiteit van die Zoeloes gespeel en deurentyd ook respek teenoor ander kultuurgemeenskappe in ʼn diverse land betoon.

“Dit is vir ons as Beweging hartseer om van die afsterwe van koning Zwelithini te verneem. Die land en die Zoeloe-gemeenskap in die besonder is armer weens sy afsterwe,” het Buys gesê.

Ramaphosa moet vanaand regulasies verslap – Solidariteit Beweging

Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat daar geen rede meer bestaan hoekom die huidige vlak van die inperkingsmaatreëls nie vanaand al na vlak 1 verslap behoort te word nie. Dit volg nadat dit vroeër vandag bekend geword het dat pres. Ramaphosa die land vanaand weer gaan toespreek.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die aansteekkoers in die land tot so ‘n mate gedaal dat dit irrassioneel sal wees om die land op dieselfde inperkingsvlak te hou as wat dit op die kruin van die tweede vlaag was. “Die logika agter ‘n inperking is om die aansteekkoers tot so ‘n mate te verlangsaam dat die hospitale genoeg kapasiteit het om die aantal pasiënte wat versorging nodig het, te kan hanteer. Dit is egter tans nie meer ‘n risiko nie omdat die aantal gevalle so te sê gehalveer het, soos wat die tendens tydens die eerste vlaag ook was,” sê Buys.

Volgens Buys bestaan daar geen rede om die ekonomie verder aan bande te lê en sektore soos  toerisme en die drankbedryf, wat reeds bykans op hul knieë is, te vernietig met verlengde vlak 3-regulasies nie.

Voorts betoog Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, dat die regering se aandrang op inperkingsregulasies as enigste maatreël om die verspreiding van die virus te bekamp, baie kortsigtig is en boonop nie veel doen om die verspreiding van die virus te velangsaam nie. Dit slaag wel daarin om die publiek se wantroue in die regering te versnel.

“Die instelling van inperkingsregulasies wat met onmiddellike effek in werking tree sonder om met die publiek en die nodige bedrywe te konsulteer, moedig slegs die publiek aan om hul vertroue in die regering se vermoë om verantwoordelik en rasioneel op te tree, te hersien.”

Buys benadruk dat die tyd nou aangebreek het om die maatreëls dringend te verslap. “Ons boodskap is duidelik – maak die land oop en hou op om die publiek soos kinders te hanteer. Al wat erger is as die publiek wat hierdie krisis self bestuur, is die regering wat aanhou poog om dit te doen,” sê Buys.

“Die Solidariteit Beweging glo dat die ekonomie tesame met gesonde werk en gesonde onderwys gesond oopgemaak kan word,” sluit Buys af.

ANC se ekonomiese beleid bly grootste bedreiging vir pensioengeld

Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat die ANC se skadelike ekonomiese beleid die grootste gevaar vir pensioene is. Dit bly die geval, of die regering sy vasbeslotenheid om voorgeskrewe bates op pensioenfondse af te dwing vir eers op die lange baan geskuif het, of nie.

Die Beweging het dit voorts gestel dat veral batebestuurders steeds besonder waaksaam moet wees en in die beste belang van hul lede moet optree.

Dit volg nadat eers minister Tito Mboweni dit in sy MTBR-rede gestel het dat die regering gaan poog om dit vir pensioenfondse makliker te maak om op ʼn vrywillige basis in staatsprojekte te belê, waarna die hoof van belegging en infrastruktuur in die presidensie, dr. Kgosientso Ramokgopa, ook daarna verwys het om pensioenfondse te oortuig om in staatsprojekte te belê.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, is dit te verstane dat Suid-Afrikaners bekommerd is oor die toekoms van hul pensioenfondse. “Dit is algemeen bekend dat die regering ʼn fiskale krisis in die gesig staar weens onder meer langdurige wanbestuur en korrupsie.”

“Pensioenfondse word as die spreekwoordelike pot goud gesien wat in plaaslike projekte belê kan word om die ekonomie te help aanwakker. Die regering het egter ʼn uiters swak rekord wanneer dit by die lewering van groot projekte kom. Om te aanvaar dat hierdie tendens oornag gaan verander en dat hierdie projekte nou ʼn wesenlike opbrengs vir pensioenfondslede gaan beteken, is bloot wensdenkery,” het Buys beklemtoon.

Volgens Buys is die ANC se skadelike ekonomiese beleid steeds die grootste meulsteen om die ekonomie se nek. “Indien die regerende party nie van sy skadelike idees, waaronder onteiening sonder vergoeding, uitermatige groot staatsalarisrekeninge en aanhoudende reddingsboeie aan uitgediende staatsentiteite afstand doen nie, sal die ekonomie bly steier,” het Buys gesê.

Solidariteit Beweging maan Cyril aan oor moontlike verskerping van inperking

Die Solidariteit Beweging het ‘n aanmaningsbrief aan President Ramaphosa en die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma gestuur, en gemaan dat enige verskerping van die bestaande inperkings ondoeltreffend en verwoestend vir die ekonomie en die landsburgers sal wees.

Dit is te wagte dat Ramaphosa vroeg volgende week die nasie sal toespreek, na oorweging van aanbevelings van ‘n verslag van die Departement van Gesondheid.

“Die regering het in die verlede maatreëls afgedwing wat dubbelsinnig, onprakties en  irrasioneel is. Ons maan Ramaphosa vriendelik aan dat ons enige verdere irrasionele en onredelike maatreëls in die hof sal uitdaag” sê Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging.

“Daar word deurlopend vrees aangejaag oor ‘n tweede golf en groot gewag gemaak van ‘n geringe styg in gevalle. Die werklikheid is dat positiewe gevalle onder 10% van toetsing bly, waar dit 30% van toetsing was toe Suid-Afrika sy kruin bereik het” sê Buys.

“Positiewe gevalle kan maklik manipuleer word om die skyn van ‘n tweede golf te skep, deur die toetsing op te stoot. Die ware maatstaaf is egter om die verhouding tussen toetsing en positiewe gevalle te meet” sê Buys.

Die Solidariteit Beweging voer sterk aan dat skerp inperkings nie ‘n tasbare verskil maak in positiewe gevalle nie. Maar, daar is beslissende tasbare ekonomiese gevolge in ‘n skerp inperking.

•    In die tweede kwartaal was 2.2 miljoen mense hul werk kwyt, waar ‘n wesenlik gedeelte van die getal die mees kwesbaarstes in Suid-Afrika.
•    ‘n Verwagte tekort van meer as R 300 miljard aan die invordering van belasting.
•    Die BBP het in een kwartaal 16.4% gedaal, waar die daling 51% op ʼn jaargrondslag is.

Die Solidariteit Beweging maan die regering ernstig aan om nie enige verskerping van die maatreëls in te stel nie, en sal die nodige regstappe neem sou enige onsinnige en onredelike maatreëls ingestel word.

Nederlandse politici opper ernstige vrae oor situasie in Suid-Afrika

Drie Nederlandse parlementslede het in ʼn reeks vrae aan die Nederlandse minister van buitelandse sake, Stef Blok, opnuut hul kommer uitgespreek oor aanvalle op plase en die ANC-regering se beplande grondonteiening sonder vergoeding. Dit volg nadat die Nederlandse parlement verlede jaar ʼn mosie teen grondonteiening sonder vergoeding aanvaar het. Volgens dié mosie moes minister Blok Nederland se veroordeling van hierdie beleid aan die Suid-Afrikaanse regering oordra.

Die Solidariteit Beweging is die afgelope twee jaar aktief besig om regerings in Europa te versoek om meer druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, is die 12 vrae verlede week deur twee parlementslede van die sentristiese Christen-Democratisch Appèl (CDA), Martijn van Helvert en Jaco Geurts, en die leier van die Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP), Kees van der Staaij, aan minister Blok gerig. Verlede jaar se mosie is deur die CDA en SGP ingedien en is ook deur premier Mark Rutte se regerende party, die Volkspartij voor Vrijheid en Demokratie (VVD), sowel as die ChristenUnie, 50Plus, Forum voor Demokratie en die Partij voor de Vrijheid (PVV) ondersteun.

In die vrae wat aan minister Blok gerig is, wil die drie parlementslede duidelikheid hê oor die Nederlandse regering se skakeling met pres. Ramaphosa oor plaasmoorde en grondonteiening. Hulle vra die minister ook om dit te oorweeg om plaasaanvalle by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te meld.

Volgens Kleynhans is daar steun vir ʼn goeie verhouding tussen Suid-Afrika en Nederland onder ʼn meerderheid van Nederlandse politici. “Tydens my ses besoeke aan Nederland die afgelope 18 maande en in gesprekke met politici oor die hele politieke spektrum heen is dit duidelik dat Nederlandse politici en sakelui graag die sterk verhouding tussen die twee lande wil voortsit en selfs verder wil uitbrei, maar dat daar ernstige kommer oor regeringsverval, korrupsie, veiligheid (insluitende plaasaanvalle) en eiendomsreg bestaan. Verskeie Nederlandse maatskappye doen sake in Suid-Afrika en oorweeg verdere uitbreiding hier, maar die beplande grondonteiening sonder vergoeding sal sulke investering in die wiele ry.”

“Ons boodskap aan politici in twaalf lande in Europa met wie ons die afgelope tyd geskakel het, is dat ernstige druk op die Suid-Afrikaanse regering uitgeoefen moet word.” Die Solidariteit Beweging is ook besig om steun by partye in die Europese Parlement te werf in die hoop dat die Europese Unie standpunt sal inneem oor die situasie in Suid-Afrika.

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.