Skip to content
  • Afrikaans
  • English (English)
  • Search

    • Afrikaans
    • English (English)
    • Beweginginstellings
    • Oor Ons
    • Toekomsberaad
    • Kontak Ons
    • Beweginginstellings
    • Oor Ons
    • Toekomsberaad
    • Kontak Ons
    • Afrikaans
    • English (English)

    Ramaphosa moet vanaand regulasies verslap – Solidariteit Beweging

    Maandag | 01 Februarie | 2021
    Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat daar geen rede meer bestaan hoekom die huidige vlak van die inperkingsmaatreëls nie vanaand al na vlak 1 verslap behoort te word nie. Dit volg nadat dit vroeër vandag bekend geword het dat pres. Ramaphosa die land vanaand weer gaan toespreek.

    Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die aansteekkoers in die land tot so ‘n mate gedaal dat dit irrassioneel sal wees om die land op dieselfde inperkingsvlak te hou as wat dit op die kruin van die tweede vlaag was. “Die logika agter ‘n inperking is om die aansteekkoers tot so ‘n mate te verlangsaam dat die hospitale genoeg kapasiteit het om die aantal pasiënte wat versorging nodig het, te kan hanteer. Dit is egter tans nie meer ‘n risiko nie omdat die aantal gevalle so te sê gehalveer het, soos wat die tendens tydens die eerste vlaag ook was,” sê Buys.

    Volgens Buys bestaan daar geen rede om die ekonomie verder aan bande te lê en sektore soos  toerisme en die drankbedryf, wat reeds bykans op hul knieë is, te vernietig met verlengde vlak 3-regulasies nie.

    Voorts betoog Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, dat die regering se aandrang op inperkingsregulasies as enigste maatreël om die verspreiding van die virus te bekamp, baie kortsigtig is en boonop nie veel doen om die verspreiding van die virus te velangsaam nie. Dit slaag wel daarin om die publiek se wantroue in die regering te versnel.

    “Die instelling van inperkingsregulasies wat met onmiddellike effek in werking tree sonder om met die publiek en die nodige bedrywe te konsulteer, moedig slegs die publiek aan om hul vertroue in die regering se vermoë om verantwoordelik en rasioneel op te tree, te hersien.”

    Buys benadruk dat die tyd nou aangebreek het om die maatreëls dringend te verslap. “Ons boodskap is duidelik – maak die land oop en hou op om die publiek soos kinders te hanteer. Al wat erger is as die publiek wat hierdie krisis self bestuur, is die regering wat aanhou poog om dit te doen,” sê Buys.

    “Die Solidariteit Beweging glo dat die ekonomie tesame met gesonde werk en gesonde onderwys gesond oopgemaak kan word,” sluit Buys af.

    Ander Artikels

    Donderdag | 05 November | 2020

    ANC se ekonomiese beleid bly grootste bedreiging vir pensioengeld


    Sondag | 01 November | 2020

    Solidariteit Beweging maan Cyril aan oor moontlike verskerping van inperking


    Dinsdag | 27 Oktober | 2020

    Nederlandse politici opper ernstige vrae oor situasie in Suid-Afrika


    Donderdag | 17 September | 2020

    Die Solidariteit Beweging eis dat ramptoestand beëindig word


    Maandag | 14 September | 2020

    Rewolusie op die gholfbaan – Flip Buys


    SIEN NUUTSTE NUUS

    012 644 4300

    012 644 6493

    diens@solidariteit.co.za

    H.V. DF Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig

    012 644 4300

    012 644 6493

    diens@solidariteit.co.za

    H.V. DF Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig

    Bepalings en voorwaardes | © 2019 Solidariteit Beweging