Die Solidariteit Beweging fokus nie net daarop om strategiese planne daar te stel nie, maar ook om dié planne in werkbare oplossings te omskep. Saam bou ons aan ʼn toekoms. Die instellings van die Solidariteit Beweging fokus op projekte op die volgende gebiede:

Grondslae

Die belangrikste grondslae waarop die Beweging organiseer:
  • ‘n Christendemokratiese raamwerk;
  • ‘n Vryemarkekonomie en eiendomsreg;
  • Die oppergesag van die reg;
  • Gesonde rassebetrekkinge en wedersydse erkenning en respek;
  • Federalisme in plaas van sentralisme;
  • Gemeenskapselfstandigheid in plaas van staatsafhanklikheid;
  • Veilige gemeenskappe;
  • Goeie werk vir mense en ‘n produktiewe, goed opgeleide en goed betaalde werkmag;
  • Moedertaalonderwys en -opleiding;
  • Die gesin as bousteen van die gemeenskap;
  • Afrikaans, ons kulturele lewenswyse, geskiedenis en erfenisse;
  • Die republikeinse tradisie van burgerskap deur instemming en deelname in plaas van blote onderhorige onderdaanskap;
  • Vryheid van persone, kultuurgemeenskappe, die ekonomie, die howe en die media;
  • Maatskaplike sorg vir weerloses; en
  • Die aanneem van veelvoudige identiteite soos Afrikane, Afrikaners, Suid-Afrikaners en Afrikaanssprekendes.

ONS INSTELLINGS

Ons hoofdoelwit by die Solidariteit Beweging is bloot om ‘n normale lewe in ʼn normale land te lei. Ons staan nie vir ‘n vreemde ideologie nie en ons wil ook nie terugkeer na die verlede nie. Ons wil net ‘n normale lewe lei soos enige iemand anders in enige funksionerende land. Terselfdertyd gun ons ook vir alle ander mense die normaliteit wat ons vir onsself opeis.

Mense het al so gewoond geraak aan abnormaal dat sommige dink dit ís normaal (dat ons abnormaal is!)

Beweging se 12 doelwitte vir normaliteit:

Doelwitte

Ons hoofdoelwit by die Solidariteit Beweging is bloot om ‘n normale lewe in ʼn normale land te lei. Ons staan nie vir ‘n vreemde ideologie nie en ons wil ook nie terugkeer na die verlede nie. Ons wil net ‘n normale lewe lei soos enige iemand anders in enige funksionerende land. Terselfdertyd gun ons ook vir alle ander mense die normaliteit wat ons vir onsself opeis.

Mense het al so gewoond geraak aan abnormaal dat sommige dink dit ís normaal (dat ons abnormaal is!)

Beweging se 12 doelwitte vir normaliteit:

1. Veiligheid

Ons streef na 'n normale lewe in 'n normale land waar die misdadigers in tronke toegesluit is en wetsgehoorsame burgers vry en veilig kan voortbestaan.

2. Werk

Tweedens wil ons 'n normale werksbedeling hê sonder dat abnormale rassekwotas bepaal wie mag werk en bevordering kry, en wie nie.

3. Gelykheid

Derdens wil ons normale gelykheid hê. Ons is nie bó ander verhewe nie, maar wil ook nie deur die stelsel ónder ander ingedwing word nie.

4. Vryheid

Vierdens glo ons aan normale vryheid. Die bepalings van die Handves van Regte oor menswaardigheid, gelykheid en vryheid, geld mos vir wit en bruin ook. Dit is net normaal om inspraak te hê in besluite wat jou raak – dit is normale vryheid.

5. Onderwys en opleiding

Vyfdens wil ons die normale reg hê wat enige ander mens het om te kies in watter taal ons kinders moet skoolgaan en in watter taal hulle op universiteit of kollege onderrig moet word. Dit is nie normaal om jongmense met die verlede te belas nie.

6. Belastingwaarde

Sesdens wil ons normale waarde kry vir die belasting wat op ons swaar verdiende inkomste gehef word.

7. Werkende dienste

In die sewende plek eis ons normale staats- en munisipale dienste waarvoor ons betaal.

8. Eerlike en bekwame regering

Punt agt is 'n normale, eerlike regering wat nie belastinggeld steel of wanbestee nie en wat die burgery se dienaars in plaas van hul heersers is.

9. Rassebetrekkinge

Punt agt is 'n normale, eerlike regering wat nie belastinggeld steel of wanbestee nie en wat die burgery se dienaars in plaas van hul heersers is.

10. Reg en geregtigheid

Die tiende maatstaf vir normaliteit is dat almal gelyk moet wees voor die reg, ongeag ras of taal.

11. Taal, kultuur en geskiedenis

In die elfde plek wil ons net die normale reg hê om ons taal te gebruik; om ons kultuur normaal uit te leef; en om 'n normale geskiedenis te hê met al sy goeie en swakpunte. Ons wil soos enige normale gemeenskap plekke hê waar ons kan tuisvoel en waar ons die meerderheid is.

12. 'n Normale toekoms

Laastens wil ons 'n normale toekoms hê waar ons ook eersteklasburgers is. Ons wil tuis en welkom voel. Dit is abnormaal dat mense twyfel of hul kinders 'n toekoms in die land gaan hê en dat die meeste van hulle emigrasie oorweeg vanweë al die abnormaliteite wat hierin genoem is.