Afrika: Die kontinent van risiko’s en geleenthede
In hierdie week se episode van Wêreldwys doen ons saam met dr. Jakkie Cilliers ʼn deeglike ontleding van die probleme op die Afrika-kontinent, die oorsake daarvan en wat nodig is om uiteindelik meer Afrika-lande op ʼn pad van sukses te plaas. Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.


