Wat is die Solidariteit Beweging?

Die Solidariteit Beweging, oorkoepelend oor verskeie instellings, bestaan uit sowat 500 000 gesinne en is die grootste hoofstroom-Afrikanerorganisasie én een van die grootste organisasies in ons land.

Die hoofdoelwit van die Beweging is om sy lede te help om ’n normale lewe in ʼn normale land te lei. Elk van die instellings of onafhanklike vennote wat deel uitmaak van die Beweging, vervul ’n unieke rol in die verwesenliking van hierdie doelwit. Tans bestaan die Beweging uit 21 instellings en onafhanklike vennote.

 

Lede-organisasies

 

  1. Die vakbond: Solidariteit

Solidariteit vervul die rol van ’n tradisionele vakbond, maar bied daarmee saam ’n breër netwerk van werk waarby enige werkende of voornemende werkende persoon kan inskakel. Weens die veranderende werkplek het die vakbond Beroepsgildes gestig met die doel om mense ten eerste op grond van hul beroep, eerder as hul werksplek, te organiseer en sodoende ook in kontak met ander werkendes binne en buite hul beroepsveld in verbintenis te plaas.

 

  1. AfriForum

AfriForum is ’n nieregeringsorganisasie wat ten doel het om minderhede se regte te beskerm. Hoewel die organisasie op die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, het AfriForum ’n spesifieke fokus op die regte van Afrikaners as ’n gemeenskap aan die suidpunt van Afrika. AfriForum is dus die burgerregte-been van die Solidariteit Beweging.

 

  1. Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand is die Beweging se maatskaplike vleuel wat spesifiek fokus op die ontwikkeling van die Afrikanergemeenskap en die skep van ʼn maatskaplike struktuur wat die eise en uitdagings van kwesbare groepe (kinders, bejaardes en gestremdes) die hoof kan bied. Hulle probeer ook direkte nood sover moontlik verlig en geleenthede skep waar armoede voorkom kan word deur studie en opleiding.

 

  1. Die FAK

 Die FAK is een van die oudste kultuurorganisasies – die oudste organisasie in die Beweging – met die federasie wat reeds in 1929 gestig is. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste bied vir taal en kultuur, en die Afrikaner geskiedenis positief bevorder. Die FAK beoog om ’n kultuurtuiste vir Afrikaners te wees, Afrikaners te bemagtig om met trots hul identiteit uit te leef en op die uitbou en bevordering van die Afrikaanse taal en Afrikaner kultuur te fokus.

 

Onderwys en opleiding:

 

  1. Sol-Tech Beroepsopleidingskollege

 Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

 

  1. Akademia

 Akademia is ʼn Christelike wêreldgehalte hoëronderwysinstelling wat op ʼn oop, onbevange en kritieke wyse ʼn rigtinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel. Dít alles ten gunste van die

Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.

 

  1. Studiefondssentrum

 Die Studiefondssentrum (SFS) is ’n onderafdeling van Solidariteit Helpende Hand en het spesifiek ten doel om rentevrye studielenings aan hulpbehoewendes te voorsien en sodoende almal die geleentheid te gee om hul tersiêre studies te voltooi. Die SFS vorm deel van Helpende Hand se strategie om armoede nie net te verlig nie, maar ook te verbreek deur hulle die geleentheid te gee om verdere opleiding te ontvang.

 

  1. Skoleondersteuningsentrum

 Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is ’n privaat opleidingsinstansie gefokus op die professionele en persoonlike ontwikkeling van onderwysers in Suid-Afrika, die beskerming van Afrikaanse skole se regte én die ontwikkeling van oplossings vir probleme wat onderwys as ’n geheel in die gesig staar. Die SOS beoog om gesonde, volhoubare, bekostigbare, skaalbare, Christelike, Afrikaanse skole van wêreldgehalte daar te stel deur eerstens dít wat reeds bestaan en van wêreldgehalte is, in stand te hou en tweedens dít wat nou uniek nodig is, nuut te bou.

 

  1. Wolkskool

 Wolkskool is die belangrikste en grootste produk van die innovasiespan van die SOS. Wolkskool is ’n volledige aanlyn skool wat aanvullend en verrykend tot bestaande skole aangewend kan word en wat gebruik kan word by plekke waar gehalte-onderrig in Afrikaans onder druk verkeer. Die uiteindelike doel van Wolkskool is om ’n volledige digitale Afrikaanse skoolkurrikulum, wat oor alle grade en vakgebiede strek, te bied.

 

  1. S-leer

 S-leer bestaan as onderafdeling van die vakbond Solidariteit en dien as sentrum vir voortgesette leer en ontwikkeling om die werkende te help om sy of haar loopbaandoelwitte te bereik. S-leer vorm deel van Solidariteit se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge, vaardigheidsontwikkeling en die breër netwerk van werk. S-leer dien as primêre diensverskaffer vir die Solidariteit Beroepsgildes en bied hul lede die geleentheid om hul vermoëns en vaardighede tot so mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou en sodoende vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

 

  1. De Goede Hoop

 De Goede Hoop is ’n privaat Afrikaans-Christelike koshuis vir mans- en vrouestudente wat aan die Universiteit van Pretoria studeer. Die koshuis is in 2017 deur AfriForum tot stand gebring. De Goede Hoop is gestig om as ʼn kultuurinstelling te dien wat verblyf vir alle studente, wat gemaklik binne die Afrikaanse gemeenskap voel, te bied.

 

Taal en kultuur:

 

  1. Maroela Media

 Maroela Media is ʼn Afrikaanse mediahuis wat daarna streef om die Afrikaanse gemeenskap

te bedien met nuus en ander inhoud wat van goeie gehalte is en wat betroubaar en

gebalanseerd is. Maroela Media is nie net die grootste Afrikaanse digitale platform nie, maar

is ook die grootste Afrikaanse mediagemeenskap van alle mediaformate – digitaal, koerante,

tydskrifte, televisie en radio ingesluit. Maroela het tans net meer as 2 miljoen unieke lesers

per maand en groei steeds.

 

  1. Forum Films

 Forum Films is ’n volspektrum produksiehuis vir televisie, rolprentgrafika, animasie en vollengtefilms. Forum Films wat amptelik deur AfriForum op die been gebring is, is amptelik op 30 Augustus 2016 bekendgestel, met die idee van Forum Films wat reeds in 2012 gebore is. Forum Films word so ook gesien as ’n belangrike middel om weer eienaarskap te neem van ons geskiedenis en dit te normaliseer. Een van die kern doelwitte van Forum Films is dus om te help om die Afrikaanse taal en Afrikaner kultuur te bevorder.

 

  1. Kraal Uitgewers

 

Kraal Uitgewers is ’n klein, maar gespesialiseerde uitgewersmaatskappy wat hoofsaaklik

fokus op die publisering van gehalte nie-fiksie boeke wat binne die Afrikanergemeenskap of

onder ’n spesifieke teikengehoor waardevolle bydraes tot debatte maak oor onder meer

politieke, geskiedkundige, kulturele en maatskaplike kwessies in die land. Dié uitgewer het tydens die 100-jaar herdenking van die Anglo-Boereoorlog in 1999 ontstaan en aanvanklik gefokus op die publikasie van versamelaarsboeke oor dié oorlog.

 

Stigting, fondse, trusts en kapitaalmobilisering:

 

  1. Solidariteit Regsfonds

 Die Solidariteit Regsfonds is die eerste van twee fondse wat deur die vakbond Solidariteit behartig en administreer word. Hierdie fonds het spesifiek ten doel om deur bepaalde regsaksies beleide, projekte of besluite van die regering wat gewoonlik teen die belange van minderhede is, teen te staan. Hoewel die Regsfonds spesifieke klem lê op die teenstaan van beleide wat vir minderhede skadelik is – soos die SEB-beleid – pak die vakbond dikwels sake aan wat nie net in die belang van lede en minderhede is nie, maar ook in die belang van die breër publiek.

 

  1. Solidariteit Boufonds

 Die Solidariteit Boufonds is die tweede fonds wat deur die vakbond Solidariteit behartig en administreer word. Die Solidariteit Beweging bou aan ’n beter samelewing en beter toekoms vir toekomstige generasies. Die Solidariteit Boufonds is een van die maniere waarop daar baie letterlik aan die toekoms gebou word. Dit vind plaas deur die bydraes aan die Boufonds wat die oprig van verskeie kulturele infrastrukture befonds.

 

  1. Geskiedenisfonds

 Die Geskiedenisfonds is onder bestuur van die FAK. Die Geskiedenisfonds het spesifiek ten doel om by te dra tot die ondersteuning, bewaring en normalisering van Afrikanergeskiedenis. Die FAK het in 2016 die Geskiedenisfonds gestig ter ondersteuning van die reeks geskiedenisprojekte wat die FAK in daardie jaar geloods het, wat op die beskerming en bewaring van Afrikanergeskiedenis gefokus het.

 

  1. Die Virseker-trust

 Die Virseker Trust het gevloei uit ’n samewerkingsooreenkoms tussen Virseker, as deel van Auto & General, en die Solidariteit Beweging waar verteenwoordigers van Solidariteit as trustees dien. Die oogmerke van die Virseker Trust is om Afrikaners die geleentheid te bied om deur middel van die gebruik van ’n diens in die privaatsektor terselfdertyd te belê in spesifiek opleidingsprojekte vir die Afrikaanse gemeenskap. Die Virseker Trust is sodoende daarop uit om Afrikaner-koopkrag te mobiliseer.

 

  1. De Kock-trust

 Die Arend Josias de Kock-trust is in 1863 tot stand gebring met die geboorte van Arend Josias de Kock en amptelik geregistreer in Januarie 1998 deur sy kleinseun. Hierdie Trust is aanvanklik deur Arend Josias de Kock gestig met die doel om hul familie se geld nie vir eie gewin aan te wend nie, maar dit eerder in ’n trust te belê wat daarop uit is om die Afrikanergemeenskap by te staan deur skenkings aan bepaalde projekte van die gemeenskap te maak.

 

  1. Kampus-trust

 Die Kampus Trust is daarop uit om ’n skenkingsfonds te wees wat spesifieke klem lê op die oprig van Afrikaanse opleidingsinstellings. Meer spesifiek fokus die Trust daarop om ’n volhoubare model te voorsien om skenkings te werf, uit te bou en aan te wend ten behoewe van die onderwys- en opleidingsinstellings van die Solidariteit Beweging – waaronder Akademia, Sol-Tech en die Skoleondersteuningsentrum.

 

  1. Kanton Beleggings

 Kanton is die beleggingsmaatskappy vir eiendomme wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word. Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om teen ʼn goeie opbrengs volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik. Kanton het uiteindelik ten doel om in die vennootskap tussen kultuur en kapitaal fisiese leefruimtes te skep waarin Afrikaans kan floreer.

 

Onafhanklike vennote:

  

  1. SAAI

 Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI) is ’n landboubelangenetwerk vír boere déúr boere, wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en te bevorder. As belangenetwerk speel SAAI ’n aktiewe rol in die uitvoer van daadwerklike strategiese oplossings vir landbou-probleme wat boere daagliks ervaar en beoog hulle om nie bloot te berus by die hoop van beleidsbeïnvloeding nie.

 

  1. Pretoria FM

 Pretoria FM, die voormalige Radio Pretoria, is ’n selfstandige en onafhanklike gemeenskapsgebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria, Suid-Afrika. Die reikwydte van Pretoria FM se uitsaaitorings is sowat 2 miljoen Afrikaanssprekendes. Pretoria FM behartig talle projekte ter bevordering van die Afrikaanse taalgemeenskap en die Afrikaner kultuurgemeenskap.

 

 

Deel

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.