Skip to content
  • Afrikaans
  • English (English)
  • Search

    • Afrikaans
    • English (English)
    • Beweginginstellings
    • Oor Ons
    • Toekomsberaad
    • Kontak Ons
    • Beweginginstellings
    • Oor Ons
    • Toekomsberaad
    • Kontak Ons
    • Afrikaans
    • English (English)

    Beweging-krisisfonds steek die drie miljoen rand kerf verby – Gemeenskap skenk hul “twee hoenders”

    Donderdag | 09 April | 2020

    Die krisisfonds wat deur die Solidariteit Beweging van stapel gestuur is om gemeenskappe tydens die Covid-19 krisis by te staan, het op die oggend van 9 April reeds R3 mljoen sterk gestaan.

    Dit volg nadat die Beweging ’n gesamentlike Helpmekaardag op 7 April geloods het, waarby instellings soos Solidariteit, Helpende Hand, AfriForum, die FAK, Akademia en die Skoleondersteuningsentrum onder andere kragte saamgespan het om die fonds so sterk as moontlik te maak.

    Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, herinner hierdie aksie aan die helpmekaar aksie van sowat ’n honderd jaar gelede waar gewone mense bygedra en saamgewerk het om gemeenskaplike nood te verlig.

    Almal was in nood, maar almal het ingespring en gehelp. ’n Bankrot boer het twee hoenders gegee met die woorde: “…ik is geheel uitgeboer en dit is alles wat ik kan gee.”

    Hermann se boodskap was: “Ons gaan almal onseker wees. Ons gaan almal swaarder kry, maar juis daarom moet ons mekaar help. Dis tyd dat ons moet saamdra en saamwerk. Dis tyd dat ons ons twee hoenders gee.”

    Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Solidariteit Beweging, is die organisasie oorstelp en verheug deur die ongelooflike ondersteuning wat hierdie fonds oor die afgelope twee dae vanaf die sakegemeenskap en gewone mense ontvang het. “Allerlei skenkings is vanaf verskeie oorde gemaak. Van groot skenkings deur die Virseker Trust en Sakeliga, tot klein bydraes van gewone mense wat saam ’n reuse-verskil maak,” het Redelinghuys gesê.

    Hierdie fonds, sal veral aangewend word deur Solidariteit Helpende Hand om weerloses soos ouer mense en kinders, wat weens die uitbreek van die koronavirus uitgelewer is, by te staan. Voorts sal die fonds ook gebruik word om te verseker dat skoolgaande kinders soomloos kan voortgaan met hulle onderrig deur middel van die Wolkskool-platform wat deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS) gratis aan leerders beskikbaar gestel is.

    “Die krisis is nog nie verby nie, en die kruin kom nog. Dus gaan die Beweging nie stop om so veel te doen as wat hy kan om die nood te verlig nie. Hierdie fonds sal nog ’n baken van hoop vir ons gemeenskap wees,” het Redelinghuys gesê.

    Skenkings kan hier gemaak word: www.krisisfonds.co.za

    Ander Artikels

    Donderdag | 05 November | 2020

    ANC se ekonomiese beleid bly grootste bedreiging vir pensioengeld


    Sondag | 01 November | 2020

    Solidariteit Beweging maan Cyril aan oor moontlike verskerping van inperking


    Dinsdag | 27 Oktober | 2020

    Nederlandse politici opper ernstige vrae oor situasie in Suid-Afrika


    Donderdag | 17 September | 2020

    Die Solidariteit Beweging eis dat ramptoestand beëindig word


    Maandag | 14 September | 2020

    Rewolusie op die gholfbaan – Flip Buys


    SIEN NUUTSTE NUUS

    012 644 4300

    012 644 6493

    diens@solidariteit.co.za

    H.V. DF Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig

    012 644 4300

    012 644 6493

    diens@solidariteit.co.za

    H.V. DF Malan en Eendrachtstraat, Kloofsig

    Bepalings en voorwaardes | © 2019 Solidariteit Beweging