Deur Werner Human, operasionele hoof van die Solidariteit Beweging
Dit grens aan die lagwekkende dat die ANC, meer as ooit tevore, volhou dat dit as ล party รฉn ล regering op onberispelike morele waardes gebou is โ en dat hul dade hierdie waardes weerspieรซl.
Wat die diepgewortelde korrupsie, misdaad en onbevoegdheid betref, word dit gerieflikheidshalwe afgemaak as die toedoen van ล paar โvrot appelsโ wat glo nie die suiwer morele wortels van die organisasie beรฏnvloed nie.
Daar is te veel voorbeelde van hierdie selfbedrog om op te noem, maar Ebrahim Rasool se opmerkings vroeรซr vanjaar โ gedurende sy kort ampstermyn van minder as twee maande as ambassadeur in die VSA โ vat waarskynlik die koek.
Sy bewering dat Suid-Afrika die โmorele supermoondheid van die wรชreldโ is, het weer opgeduik in ล onlangse artikel deur die voormalige DA-leier Tony Leon.
Hy het daarop gewys dat Suid-Afrika nie eens genooi is na die ondertekeningsgeleentheid van die vredesooreenkoms in die Gasa-strook nie โ ล byeenkoms waar meer as dertig lande, insluitend Pakistan, Jordaniรซ en Irak, wel teenwoordig was. Suid-Afrika se afwesigheid, skryf Leon, bevestig dat die ANC se aanspraak op โmorele supermoondheidโ eenvoudig nie met die werklikheid strook nie.
Die ANC verkeer duidelik in ล toestand van politieke werklikheidswaan โ ล vorm van werklikheidvervreemding waarin hulle, ten spyte van hul betrokkenheid by korrupsie, wanbestuur en misdaad, steeds glo dat hulle vermeende morele gesag hierdie sondes kan uitskakel.
Wat ons nou beleef, is dat selfs die internasionale gemeenskap nie meer hierdie illusie deel nie: Suid-Afrika se morele geloofwaardigheid is uitgeput, en die wรชreld weet dit.
Die filosoof en psigiater Karl Jaspers, wat die verskynsel van die werklikheidswaan bestudeer het, het dit sรณ verwoord:
โล Groep kan in ล waan van morele suiwerheid leef, terwyl hulle terselfdertyd aan skuld deelneem.โ
Dit is ล byna nommerpaste beskrywing van die ANC โ ล beweging wat nie meer as ล โmorele supermoondheidโ van die wรชreld kan optree nie, maar eerder as ล supermislukking ten aanskoue van almal.
Tydens die Solidariteit Beweging se onlangse besoek aan die VSA was dit duidelik dat die wรชreld nie blind is vir hierdie werklikheid nie. In gesprekke met verteenwoordigers van die Withuis, die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake en verskeie deelstate, het dit duidelik geword dat Suid-Afrika nie meer met morele gesag of geloofwaardigheid geassosieer word nie.
Juis daarom sal die instellings van die Solidariteit Beweging voortgaan om hoop te skep โ deur self te bou aan instellings, gemeenskappe en ล toekoms wat wรฉrklik op waardes van eerlikheid, werk en roeping gegrond is. En waar moontlik, sal ons ook steun van die internasionale gemeenskap in hierdie strewe soek: nie uit afhanklikheid nie, maar uit oortuiging dat slegs diegene wat hul eie huis bou, dit kan beskerm.
Soos ds. J.D. Kestell tereg gesรช het:
โล Volk red homself.โ
En in daardie eenvoudige waarheid lรช die beginsel van ons hoop.


