Kallie: Dís hoekom ons Juju vervolg

Bron: Netwerk24, 3 Mei 2018

AfriForum is en bly daarvan oortuig dat sy besluit om Julius Malema privaat te laat vervolg – sou die korrupsieaanklagte teen hom nie heringestel word nie – die regte ding is om te doen en gaan daarom beslis volstoom daarmee voort, skryf Kallie Kriel.

Die besluit om toe te sien dat Julius Malema, die EFF-leier, vervolg word, is ’n berekende besluit wat geneem is met die volle wete dat Max du Preez en ’n handjievol van sy medekommentators wat die een of ander fiksasie met AfriForum het, asook die anti-wit brigade op sosiale media, oudergewoonte histeries daarop sou reageer.

Daarom sal ongegronde kritiek soos dié in Du Preez se rubriek AfriForum nie afskrik nie; inteendeel, dit word eerder bestempel as ’n aanduiding dat AfriForum op die regte pad is.

Wat die negatiewe kommentaar teen AfriForum betref, dink ek die volgende Engelse slagspreuk is van toepassing: ‘Published opinion should not be con­fused with public opinion.’

Du Preez grond sy aanname, naamlik dat die reaksie op AfriForum se planne om Malema te vervolg “oorweldigend negatief” is, op die “reaksie in die hoofstroommedia en op sosiale media.”

Wat die negatiewe kommentaar teen AfriForum deur ’n paar kommentators in die “hoofstroommedia” betref, dink ek die volgende Engelse slagspreuk is van toepassing: “Published opinion should not be con­fused with public opinion.”

’n Goeie voorbeeld daarvan is Du Preez self.

Net omdat hy en ’n paar ander anti-AfriForum-kommentators se menings byna onbeperk week ná week deur sommige Afrikaanse en ander media aan luisteraars en lesers opgedis word, beteken nie Du Preez en sy paar bondgenote se standpunte is nou verteenwoordigend van die “openbare mening” nie. Die teendeel is eerder waar.

Max du Preez
Max du Preez

Malema misbruik sosiale media

Dieselfde geld Du Preez se aanname dat sosiale media ’n aanduiding gee van die “negatiewe” gevoel rakende AfriForum.

As sosiale media en veral die sogenaamde “black Twitter” as maatstaf gebruik word, sou ’n mens kon dink dat die meeste mense in die land anti-wit rassiste is, vir die EFF stem en grondonteiening en wit rassisme as die land se grootste brandpunte bestempel.

Dít terwyl ons almal weet dat die EFF se steun tot sowat 8% van die bevolking beperk is, asook dat navorsing deur die Instituut vir Rasseverhoudinge wys dat minder as 4% van mense in die land rassisme en grondhervorming as die grootste brandpunte sien en dat verreweg die meeste swart en wit mense gesonde menseverhoudinge met mekaar handhaaf.

Du Preez en andere wat so senu­agtig raak oor Malema en kie se dreigemente dat hulle besluit om eerder niks te sê nie speel inderwaarheid in Malema se hande deur die indruk by hom te versterk dat hy onaantasbaar is.

Malema en sy volgelinge gebruik sosiale en ander media om vrees te probeer saai onder die meerderheid wat van hom verskil.

Du Preez en andere wat so senu­agtig raak oor Malema en kie se dreigemente dat hulle besluit om eerder niks te sê nie speel inderwaarheid in Malema se hande deur die indruk by hom te versterk dat hy onaantasbaar is.

Wat Malema betref, het AfriForum voor die keuse gestaan om op een van drie wyses te reageer: Ons kan ter wille van ’n valse en nievolhoubare vrede besluit om niks te doen nie; ons kan as teenreaksie op Malema ons tot dieselfde soort haatspraak en geweldpraatjies wend; of ons kan kalm en beredeneerd, maar tog ferm optree deur vreedsame teenstand teen Malema se destruktiewe optrede te bied.

EFF-leier Julius Malema
EFF-leier Julius Malema

‘Teken van swakheid’

Anders as Du Preez glo AfriForum dat om niks te doen nie ’n opsie is nie.

Die niks-sê-opsie is reeds deur minderhede in Zimbabwe getoets en almal kan die resultaat daarvan sien. Toe die beledigings teenoor wit mense in Zimbabwe begin toeneem, het baie boere daar gehoop dat dit bloot politieke retoriek is.

Wanneer iemand soos Malema optree asof hy bo die reg verhewe is en almal te bang is om teen hom op te tree, sal hy dit óók as ’n teken van swakheid bestempel en al hoe meer vernietigend optree.

Soos Du Preez het hulle eerder geswyg uit vrees dat hulle polarisasie kon skep deur standpunt teen “ ’n populistiese swart politikus” in te neem.

Die regerende elite in Zimbabwe het die boere in die land se stilswye as ’n teken van swakheid bestempel, wat uiteindelik gedien het as ’n basis waarop die beledigings teenoor wit mense verskerp kon word en die grondgrypprogram sonder veel teenstand deurgevoer kon word.

Wanneer iemand soos Malema optree asof hy bo die reg verhewe is en almal te bang is om teen hom op te tree, sal hy dit óók as ’n teken van swakheid bestempel en al hoe meer vernietigend optree.

Destruktiewe optrede geen opsie

Die tweede opsie, naamlik om as teenreaksie op Malema onsself tot soortgelyke destruktiewe optrede te wend, is ook nie vir AfriForum ’n opsie nie.

AfriForum streef daarna om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder. Om oor Malema te swyg, sal nie respek tussen gemeenskappe bevorder nie, aangesien dit aan Malema die groen lig gee om sy polariserende optrede voort te sit.

Geregtigheid binne wetsraamwerk

AfriForum het daarom op die derde opsie besluit, naamlik om kalm en beredeneerd, maar tog ferm binne die raamwerk van die wet op te tree deur druk op die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te plaas om weer korrupsieaanklagte teen Malema in te stel.

Sou die NVG dit nie doen nie, sal adv. Gerrie Nel namens AfriForum met ’n proses begin om Malema privaat te vervolg.

Hierdie strategie wat AfriForum volg, is reeds suksesvol bewys.

Die aantyging dat optrede teen Malema sy posisie gaan versterk, is ook ’n wanvoorstelling.

Die NVG, wat geweier het om Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, weens strafbare manslag te vervolg, het omgeswaai en besluit om hom wel te vervolg nadat AfriForum aangekondig het dat hy hom namens die Dube-familie privaat sou vervolg indien die NVG nie sy werk doen nie.

Sou AfriForum uit vrees daarvoor om gebrandmerk te word eerder nie teen Zuma jr. opgetree het nie, sou daar vandag geen geregtigheid vir die Dube-familie gewees het nie.

Sou AfriForum – soos Du Preez voorstel – Malema nou nie vervolg nie uit vrees om gebrandmerk te word, sal daar ook geen geregtigheid vir belastingbetalers en ontvangers van staatstoelae wees nie, want dit is immers húlle wat benadeel is deur Malema se beweerde plundering van die staatskas weens die tenderkorrupsie wat hy glo gepleeg het.

Niemand bo reg verhewe

Die aantyging dat optrede teen Malema sy posisie gaan versterk, is ook ’n wanvoorstelling.

Dieselfde aantygings is ook in 2011 gemaak toe AfriForum Malema suksesvol van haatspraak aangekla het.

Malema se 8% beteken dat hy slegs inspraak kan kry indien die regerende party en die amptelike opposisie hom toelaat om sy gewig rond te gooi.

In daardie stadium was hy stewig in die saal as die regerende party se jeugligaleier.

Hoewel hy aanvanklik korttermynwins uit die saak probeer maak het, het dit uiteindelik daartoe bygedra dat die ANC hom uitgeskop en hy tot die leier van ’n 8%-party gereduseer is.

Malema se 8% beteken dat hy slegs inspraak kan kry indien die regerende party en die amptelike opposisie hom toelaat om sy gewig rond te gooi.

Ook wat die korrupsiesaak teen Malema betref, sal hy natuurlik korttermynwins daaruit probeer put, maar op medium tot lang termyn sal ’n skuldigbevinding aan korrupsie sy vlerke knip en ’n duidelike boodskap oordra dat niemand bo die reg verhewe is nie.

Kallie Kriel
Kallie Kriel
Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.