Die afgelope tyd se opstande in Brittanje bevestig dat politieke geweld nie net tot armer lande soos Bangladesj en Venezuela beperk is nie. Volg hierdie interessante gesprek in vandeesweek se aflewering van Wêreldwys.
Wêreldwys is ’n podsending van Maroela Media.
Sedert Hamas se aanval verlede Oktober op Israel en die daaropvolgende oorlog in die Gaza-strook pak groter oorlogswolke vanuit verskeie hoeke om Israel saam. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die gebeure in die Midde-Ooste en die kanse vir ʼn groter oorlog.
Wêreldwys is ’n podsending van Maroela Media.
Die verlies aan identiteit in Westerse samelewings is die afgelope paar jaar deeglik geboekstaaf. Die onlangse openingseremonie van die Olimpiese Spele het die reuseverlies aan identiteit en selfs die aanslag op die Christelike grondslag van die Weste bevestig.
Wêreldwys is ’n podsending van Maroela Media.
Wie sou drie weke gelede kon dink dat die voormalige Amerikaanse president en huidige presidentskandidaat Donald Trump ʼn sluipmoordaanval nouliks sou oorleef? En dat die Demokrate hulle presidentskandidaat, ten spyte van sy onwilligheid, sou oortuig om hom aan die verkiesingswedloop te onttrek?
In hierdie week se episode van Wêreldwys neem ons die gebeure sedert die debat tussen Biden en Trump in oënskou. Hoe het die Amerikaners hier beland? Wat moet ons daarvan maak?
Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.
SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning
Na aanleiding van verlede week se Navo-beraad in die Amerikaanse hoofstad en die toenemende spanning tussen die Weste aan die een kant en Rusland en China aan die ander kant, word die vraag gevra of Suid-Afrika se huidige buitelandse beleid in diens van die mense van die land staan.
Hoe moet ons die uitslae van Frankryk, Brittanje en Iran se verkiesings interpreteer? In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons al die belangrike vrae oor hierdie en ander internasionale nuusgebeure.
Willem van Oranje, Napoleon en die toekoms van Nederland en Frankryk
In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met bekende Nederlandse joernalis Wierd Duk oor belangrike politieke verwikkelinge in Nederland en Frankryk.
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met ‘n Hongaar wat in Suid-Afrika grootgeword het oor Hongarye, Orbán, die onlangse verkiesings in Europa en hoe dit Hongarye raak.
Nuwe regering moet SA se ekonomiese belange uitbou
Prof. Koos Malan gesels saam oor die huidige persepsies van Suid-Afrika in die buiteland en hoe dié land beter bande kan smee om uiteindelik buitelandse beleggings te verhoog en groter handelsgeleenthede te ontsluit.
Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas.