30 waarnemings oor die besoek aan die VSA

Dirk Hermann

Bron: Maroela Media

Groot omwentelings vind tans in die wêreld plaas en Suid-Afrika is nie geïsoleer hiervan nie.

President Trump se uitvoerende bevel het Afrikaners in die middel van hierdie debat geplaas, met ʼn helder lig op Suid-Afrikaanse binnelandse en buitelandse beleid. Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel is, het ʼn afvaardiging na Amerika gestuur om aktief aan die debat deel te neem.

Die Suid-Afrikaanse regering bly egter afwesig. Hulle reaksie is beperk tot luidkeelse beskuldigings teen die Solidariteit Beweging. Die uiteindelike impak van die Solidariteit Beweging se besoek moet nog bepaal word, maar hier volg 30 waarnemings wat ek tydens die besoek gemaak het:

  1. Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is nie bloot ʼn misverstand wat verduidelik moet word nie, maar ʼn diplomatieke krisis. Hierdie krisis speel af teen die groter geopolitieke herstrukturering wat wêreldwyd plaasvind.
  2. Die ontevredenheid en selfs woede oor die ANC se beleidsrigtings is duidelik, veral weens die regering se romanse met Hamas, Iran, China en Rusland.
  3. Suid-Afrika se verbreking van neutraliteit deur die saak teen Israel, sonder enige direkte belang in die konflik, was ʼn belangrike katalisator. Suid-Afrika het ʼn simbool van anti-Westerse sentiment geword en word beskou as ʼn bedreiging vir Amerika se nasionale belange.
  4. Hierdie diplomatieke krisis spruit nie net uit ʼn enkele gebeurtenis, soos die onteieningswet nie, maar is die resultaat van ʼn lang reeks roekelose binnelandse en buitelandse beleidsbesluite deur die ANC, wat oor verskeie Amerikaanse administrasies heen spanning veroorsaak het.
  5. Die afwesigheid van die Suid-Afrikaanse regering was opvallend en dui op ʼn inploffing van diplomatieke vermoëns.
  6. Daar is ʼn hernude selfvertroue in die VSA en die Weste, wat selfs as ʼn rewolusie beskryf word. Enige bondgenoot van Amerika moet hierdie nuwe werklikheid verreken, iets wat Suid-Afrika blykbaar nie doen nie.
  7. Die VSA bly Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot. Dit is ʼn groot voordeel vir Suid-Afrika, maar van minder belang vir Amerika. Suid-Afrika is ook afhanklik van hulp, wat ander bondgenote nie gee nie. Dit plaas Suid-Afrika in ʼn posisie waar die land meer nederig moet wees.
  8. Suid-Afrika loop ʼn werklike gevaar om uit Agoa geskop te word. Agoa is die Amerikaanse wet wat handelstariefvoordele aan Afrikalande bied. Indien Suid-Afrika sy deelname aan Agoa verloor, sal die ANC die volle verantwoordelikheid dra. Dit kan tot die verlies van honderde duisende werksgeleenthede lei.
  9. Die ANC se beleidsrigtings verraai die land en sy mense. Dit skep ʼn omgewing van verhoogde werkloosheid, maar die regering is ideologies blind en is vasgevang in ʼn mislukte en uitgediende wêreldbeeld.
  10. Tydens geen van die besprekings is daar genoem dat die huidige diplomatieke krisis te wyte is aan valse inligting deur AfriForum of Solidariteit nie. Die oorsaak lê by die ANC se beleid. Daar was eerder waardering vir ons deeglike inligting.
  11. Dit is ʼn belediging vir die VSA se diplomatieke en intelligensie-agentskappe om te beweer dat hulle beleid baseer op valse inligting.
  12. Die enigste valse inligting is die bewerings dat die Solidariteit Beweging onwaarhede versprei. Nog niemand kon bewys lewer van valse inligting nie. Ons inligting is akkuraat en deursigtig. Die wêreld moet die waarheid ken, eerder as politiek korrekte inligting deur ʼn ANC-bril.
  13. Ironies genoeg het die Solidariteit Beweging, in die afwesigheid van die Suid-Afrikaanse regering, vir die land se belange ingetree deur te vra vir voortgesette deelname aan Agoa.
  14. Ons het spesifiek opgetree namens ons lede in die landbou-, mynbou-, metaal- en ingenieursbedrywe, sowel as die chemiese en motorvervaardigingsektore. Hulle moet nie verder benadeel word weens ANC-beleid nie.
  15. Die regering se swak diplomatieke hantering stel die land bloot. Hulle het brûe verbrand en toon geen begrip of voorneme om dit te herstel nie. Daar is ʼn oordrewe selfvertroue.
  16. Die Suid-Afrikaanse regering sal sukkel om ʼn sinvolle besoek aan die VSA te bring. Hul arrogante hantering van sake die afgelope paar weke het houdings verhard. Amerikaners lees wat die president se woordvoerder en ander sê.
  17. Die ANC se aanvalle en dreigemente teen die Solidariteit Beweging, insluitend beskuldigings van hoogverraad, is swak ontvang in Amerika en het die ANC se posisie verswak terwyl dit ons posisie versterk het.
  18. Suid-Afrika sal konkrete stappe moet neem om diplomatieke verhoudinge te herstel. Blote verduidelikings of groot afvaardigings gaan nie help nie.
  19. Die Solidariteit Beweging is met ope arms ontvang by die Withuis, die kongres, die departement van buitelandse sake en verskeie ander sleutelinstellings. Ons kon ons navorsing en feite duidelik stel.
  20. Daar moet voortgegaan word om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas vir beleidsveranderinge wat ook die hele land sal bevoordeel.
  21. Twee kwessies wat Amerikaners besonders grief, is onteiening sonder vergoeding en raswette. Suid-Afrika sal, ten spyte van ideologiese blindheid, hierdie kwessies moet herbesin. Ons sal deur druk en litigasie help om verandering te bring.
  22. Suid-Afrika moet besef dat die wêreld verander het. Die ANC se sosialistiese ideologie, aanvalle op eiendomsreg en raswette is nie meer aanvaarbaar nie.
  23. President Trump se uitvoerende bevel het Suid-Afrika in die wêreld se oë geplaas. Die ANC kan nie meer staatmaak op die nalatenskap van Nelson Mandela of Westerse skuldgevoelens nie. Hulle word nou beoordeel op wat hulle sê en doen.
  24. Afrikaners staan ook weer in die wêreld se kollig, hierdie keer nie as ʼn muishond nie, maar as ʼn gemeenskap met ʼn saak wat internasionaal erken word. Ons het met navorsing gewys hoe die ANC die 1994-skikking verbreek het.
  25. Ons het die bestaansbedreiging, wat wette soos Bela inhou vir Afrikaners, duidelik uiteengesit en daar is met begrip geluister.
  26. Die Solidariteit Beweging kon met vrymoedigheid namens Afrikaners intree, erkenning vra en steun vra vir die vestiging van kulturele infrastruktuur. Ons kon federalisme en konsentrasie ook op die tafel plaas.
  27. Daar bestaan steeds onsekerheid oor vlugtelingstatus. Dit lyk of ʼn hervestigingsprogram oorweeg word vir mense wat slagoffers is van ernstige geweldsmisdaad op grond van ras of groepsidentiteit. Niemand, wat dit wil opneem, moet weerhou word nie.
  28. Die uitvoerende bevel en nuwe herskikkings in die wêreld is ʼn unieke geleentheid vir Afrikaners. Die Trump-administrasie skep ʼn gunstige klimaat, maar Afrikaners moet self verantwoordelikheid neem en hierdie geleenthede benut.
  29. Ons is nou in ʼn sterker posisie as voor die uitvoerende bevel. Ons het nou oop kommunikasiekanale en waardevolle kontakte. Die aanstelling van die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika sal belangrik wees vir ons toekomstige verhouding.
  30. Ons moet aanhou bou, beskerm en veg. Ons leef in ʼn nuwe era wat groot geleenthede vir ons as ʼn Westerse gemeenskap in Afrika bied.

 

Die afvaardiging: (Links na regs) Jaco Kleynhans, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel
Die afvaardiging: (Links na regs) Jaco Kleynhans, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel

Wêreldwys met Jaco Kleynhans – episode 38

Wat sê ʼn sterk staatsrede van pres. Donald Trump oor die rigting waarin Amerika op pad is en hoe dit Suid-Afrika kan beïnvloed – veral in die lig van die feit dat Trump nie eers na Suid-Afrika in sy staatsrede verwys het nie. Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.

12 Bybelse riglyne oor hoe om armoede te takel

Deur Flip Buys

’n Paar kerngedagtes:

  • God se wil is nie armoede nie: Gelowiges het ʼn plig om weerlose armes te help en voorspoed te bevorder.
  •  Werk is die sleutel tot voorspoed: Mense wat kan werk, moet werk, terwyl dié wat nie kan nie, ondersteun moet word.
  • Hulp moet mense bemagtig: Ondersteuning moet afhanklikheid voorkom en mense help om hulself te help.
  • Vrygewigheid word deur God geseën: Wie gee, ontvang seën, maar dit moet met liefde en sonder selfsug geskied.
  • Reg en geregtigheid is noodsaaklik: Armes moet regverdig behandel word, en samelewings moet strukture skep wat voorspoed bevorder.

Twaalf Bybelse lesse vir die hantering van armoede

ʼn Historiese tydlyn van mense se inkomste wys dat die mensdom vir eeue en eeue in armoede gekluister was. Daaruit kan ons aflei dat die mens se natuurlike toestand een van armoede is. Die lewe was ʼn daaglikse stryd om oorlewing. As ons oor armoede besin, moet ons gevolglik nie vra hoe armoede ontstaan het nie, maar eerder hoe voorspoed ontstaan. ʼn Verbetering het eers met die Nywerheidsrevolusie ʼn begin intree toe mense in Europa begin agterkom het hoe om voorspoed te skep.

Die enigste betroubare padkaart uit armoede wat die geskiedenis vir ons gee, word treffend saamgevat deur ʼn Nobelpryswenner in ekonomie, Milton Friedman: “The record of history is absolutely clear. There is no alternative way, so far discovered, of improving the lot of the ordinary people that can hold a candle to the productive activities that are unleashed by a free enterprise system …” Dit sluit aan by die vader van die vryemarkstelsel, Adam Smith, wat gesê het dat die sterkste krag vir ontwikkeling die wil in elke mens is om sy omstandighede te verbeter.

Dit het nietemin meer as ʼn eeu geduur voordat die wêreld buite die Weste Friedman se padkaart na voorspoed gesnap het. Vandag is die einde van die algemene armoede, wat die mensdom vir soveel eeue geteister het en waarin sommige gemeenskappe steeds verkeer, minstens teoreties in sig.

Dit is net lande wat steeds aan uitgediende resepte van sosialisme vasklou wat nog hul bevolkings arm hou. ʼn Kaart wat Noord- en Suid-Korea se liggies vanuit die ruimte aantoon, wys hierdie waarheid onteenseglik uit.

Hoewel Westerse lande en al meer in Asië uit armoede gebreek het, beteken dit nie dat almal in daardie lande voorspoedig is nie. Daar is steeds armes, selfs in ryk lande soos die VSA en Switserland. Hierdie armes kan in twee groepe verdeel word. Die eerste groep is mense wat deur omstandighede arm is, byvoorbeeld kinders wie se ouers nie vir hulle sorg nie; mense met gestremdhede wat nie kan werk nie; ou mense met ʼn klein inkome; mense wat graag wil werk maar nie werk kry nie; of werkende mense met baie klein salarisse. Hierdie groep is eintlik weerlose armes, en dra nie skuld aan hul behoeftigheid nie. Dan is daar ongelukkig ook ʼn groep wat bloot net ʼn gebrek aan werksywer het – om dit prontuit te stel, wat luiaards is. Vir hulle gee die Bybel die bekende les in Spreuke 6:6-8: “Gaan na die mier luiaard, kyk na sy weë en word wys!” (1953-vertaling)

Dit is ʼn treffende beeld wat Salomo hier in Spreuke gebruik, omdat daar in ʼn miernes nie armoede is nie, elkeen het ʼn taak wat fluks uitgevoer word. Die miere sorg nie net vir hulself en vir mekaar se daaglikse behoeftes nie, hulle vergaar ook kos vir die wintermaande. In menslike taal sal ons sê hulle spaar en belê ʼn deel van hul inkomste! Werk is die enigste volhoubare oplossing vir armoede. Die Bybelse bevel van bewerk en bewaak is reeds vroeg gegee. Ná die sondeval, soos Genesis 3:19 dit stel, word werk moeitevol: “In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood eet.” Harde werk is dus ʼn Bybelse opdrag. Ons lees ook in ʼn gelykenis van Christus dat die mens moet woeker met sy talente.

Die Bybel gee belangrike lesse oor hoe ons met armes en armoede moet omgaan. Hier word verwys na die weerlose armes, dié wat nie vanweë hul eie toedoen behoeftig is nie. Daar is dus ʼn baie skerp onderskeid tussen armoede wat veroorsaak is deur omstandighede, en armoede weens eie toedoen. Die liefdesgebod moet gelowiges se optrede in hierdie verband rig. Gelowiges moet die weerlose armes help, moet mense help om hulself te help, en moet verdrukkende stelsels wat mense verhoed om te werk, met beslistheid teenstaan. ʼn Land kan net werk as sy werksmag werk. Die welstand van ʼn land word immers deur die welstand van sy werksmag bepaal.

Die uitgangspunt van hierdie stuk is dat die mens – ook die arme – volgens Genesis 1:27 na die beeld van God geskape is. Armoede pas daarom nie by die mens nie.

Kom ons kyk na 12 Bybelse lesse oor armoede, en die gelowiges se plig om die weerlose armes by te staan.

  1. Die Here wil nie armoede hê nie

In Deuteronomium 15:4-6 sê die Here “Maar daar moet geen arme by jou wees nie …” (1953-vertaling). In die eerste Nuwe Testamentiese gemeente was daar nie behoeftiges wat aan hul eie lot oorgelaat is nie. Daar staan in Handelinge 4: 34: “Nie een van hulle het gebrek gely nie …” Christelike mededeelsaamheid is gegrond op gee – wat myne is, is joune. Dit staan lynreg teenoor sosialistiese herverdeling wat gegrond is op vat – wat joune is, is myne.

In God se volle genade en goedheid word armoede verbied. God se oorvloedigheid en genadige liefde is nie te rym met armoede en gebrek nie. Die liggaam van Christus, die Verbondsvolk, moet na mekaar kyk en God se goedheid deel en uitdeel – ook aan die wêreld.

Al sal ons die armes altyd by ons hê (Deut. 15: 11, Matt 26: 11), is dit vir ons geen alibi dat hulle altyd daar móét wees nie. Armoede is daar omdat die ongehoorsaamheid en verbondsverbreking vanweë die sondeval deel is van die werklikheid. Daarom moet ons hulpverlening só wees dat daar nie armes is as ons luister na die Here nie, want “Hy sal ons baie voorspoedig maak in die land wat Hy as besitting gee”. (Deut. 15: 4) (2020-vertaling).

Dit is belangrik om te besef dat armoede ʼn wye begrip met baie skakerings en grade is, en dat nie almal oor dieselfde kam geskeer kan word nie.

  1. Dit is ʼn goddelike opdrag om armes te help

Die Here gee op verskeie plekke in die Bybel opdrag dat die armes gehelp moet word. In Deuteronomium 15:10 staan daar: “Gee vryelik aan jou broer wat arm is …”, en ook in vers 11: “Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.” In 1 Johannes 4:17-18 word gevra: “Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde vir God in hom wees? Dan volg die opdrag in vers 11: “Ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word.” Ons lees ook in Psalm 82:3-4 die opdrag: “Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, ʼn regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer, julle moet die mens in nood en die arme bevry.”

In Hebreërs 13:16 staan geskrywe: “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.”

Jakobus 1:27 beklemtoon ook die belangrikheid van praktiese dade: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan …”

Christus se barmhartigheid is die beste voorbeeld vir gelowiges. Barmhartigheid vra ʼn offer, anders is dit betekenisloos. 2 Korintiërs 8:9 stel dit so: “Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.” Waar ʼn mens die arme help moet ʼn mens onthou dat alle barmhartigheid altyd gegrond is in die barmhartigheid van Christus.  Hy is die Barmhartige.  Daarom berus alle barmhartigheid in Hom. Godsvrug en liefdadigheid gaan hand aan hand, wat byvoorbeeld in Psalm112:3 en 9 gesien kan word.

 Gewers sal ontvangers word

Ons lees op verskeie plekke in die Bybel dat dié wat vir ander gee, ontvangers vanaf die Here sal word. Dit word kragtig en treffend in Lukas 6:38 gestel: “As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.”

In Spreuke 19:17 word dit net so mooi gestel: “Wie hom oor ʼn arm mens ontferm, gee ʼn lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.” In Psalm 41 vers 2 word dit so gestel: “Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood.” Die woord “swakke” verwys hier na “hulpelose,” en in die berymde weergawe van Totius staan daar digterlik: “Welsalig wie die arme in verdriet sy hulp en bystand bied! God sal hom red, en in die dag van kwaad is Hy sy toeverlaat.”

Dit blyk ook uit Deuteronomium 15:10 dat God oorvloed en voorspoed belowe vir diegene wat die armes help: “… want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak”.

  1. God het die blymoedige gewer lief

Dit staan uitdruklik geskrywe in 2 Korintiërs 9:7 dat God die blymoedige gewer liefhet, en dat dié wat volop saai, volop sal oes. Vrygewigheid word hoog aangeslaan in die Bybel. Benewens die opdrag om vrygewig teenoor jou naaste te wees waarvan ons in Deuteronomium lees, word dit ook in Psalm 37:26 beklemtoon met die belofte van voorspoed aan sy nageslag: “Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente, met sy nageslag sal dit goed gaan.”

Dit is nie altyd prakties moontlik vir mense om persoonlik by die opheffing van armoede betrokke te raak nie. Die oplossing is dan om bydraes aan verantwoordelike maatskaplike instellings te maak om hulle in staat te stel om armoede te bestry, die armes te help en groter voorspoed te help verseker.

  1. Die eerste plig is by die gesin en familie

Die plig om vir jou huisgesin en familie te sorg, word sterk beklemtoon in 1 Timoteus 5:3 en verder: “As iemand nie vir sy eie mense en veral vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ʼn ongelowige.” Benewens die gesin, word die plig van familie ook  in vers 16 beklemtoon: “As ʼn gelowige vrou weduwees in haar familie het, moet sy vir hulle sorg. Sy moet nie die las op die gemeente lê nie, sodat die gemeente die weduwees kan help wat alleen agtergelaat is.” Dit is insiggewend dat daar nie net ʼn plig op ouers is om hul gesin te versorg nie, maar ook op kinders en selfs kleinkinders om na hul ouers en grootouers om te sien. Dit staan in vers 4: “Maar as ʼn weduwee kinders of kleinkinders het, moet die kinders leer om as gelowiges allereers hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie na te kom en so hulle ouers en grootouers iets te vergoed. Dit is volgens die wil van God.”

Hieruit kan afgelei word dat die plig om armes te help eerste by die gesin, dan die familie, en daarna by die gemeente en gemeenskap lê. Dit is asof die Here die weerlose arme vanuit alle rigtings toevou: ouers moet kinders help, kinders moet oueres help, en die gemeenskap moet van die kante af help. Ondertoe, boontoe én sywaarts, 360 grade.

  1. Werk is ʼn plig

Dit is duidelik uit die Bybel dat behoeftiges nie net passiewe ontvangers van hulp mag wees nie, maar ʼn plig het om self te werk om in hul lewensonderhoud te voorsien. In 1 Tessalonisense 5:14 skryf Paulus: “Ons druk dit vir julle op die hart broers: ‘Wys die leegleêrs onder julle tereg.’”

Hy beklemtoon dit weer in 2 Tessalonisense 3 vanaf vers 6: “Ons beveel julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus: Onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie. … Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: ‘As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.’”

In Efesiërs 4:28 word dieselfde opdrag gegee: “… hy moet deur harde werk op ʼn eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.”

Werk is nie net ʼn manier om inkomste te verdien nie, maar om ons Godgegewe roeping uit te voer en om ander te dien en aan die samelewing te bou. Werk is ook hoe mense in hul posisies hul rentmeesterskap teenoor God uitoefen en ons besittings in diens van God en ons medemens gebruik.

Die afleiding kan hieruit gemaak word dat werk vir diegene wat die vermoë het om te kan werk ʼn plig is. Dit berus duidelik op die vierde gebod wat onder meer beveel dat jy ses dae moet arbei, en al jou werk doen (Eks. 20:8). Die gesin, familie, gemeente en gemeenskap het wel ʼn verantwoordelikheid om diegene te help wat nie kán werk nie, soos bejaardes, kinders en mense met gestremdhede. Dit is natuurlik net so belangrik om mense wat wíl werk, maar nie werk kry nie, by te staan, en om ook te help om versperrings wat sulke mense verhoed om te werk, uit die weg te ruim. Verskeie profete tree sterk op teen armoedeverdrukking, byvoorbeeld Amos 2:6-7, Miga 6:8 en Jesaja 10:1,2.

  1. Hulp gaan oor God se eer

Hulp en bystand aan die armes en behoeftiges help hulle en lei daartoe dat God geëer en vir die gewers gebid word. Paulus skryf in 2 Korintiërs 9 vanaf vers 11 tot 14: “… julle vrygewigheid het tot gevolg dat God gedank word, want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was.”

Dit gaan nie net oor materiële armoede en rykdom nie, maar ook oor die geestelike rykdom wat volg op materiële hulp aan armes. Ons moet die armes by die gemeente betrek. So word die gemeenskap van die gelowiges verder uitgebou. Mense wat kerklos, kerkloos of selfs goddeloos geword het, sal só na die kerk van die Here teruggetrek word. Gelowiges wat die armes help moet dit nie doen om eer vir hulself in te oes nie, maar dit so doen dat God gedank en geëer word. Daar staan duidelik in Mattheus 6:2: “As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”

  1. Rykes se plig en ryke beloning

Diegene wat ryk is, het ʼn plig om ook ryk in goeie dade te wees, en kry ʼn belofte van ryke seëning daarvoor. Dit staan in 1 Timoteus 6:17 tot 19: “Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ʼn skat as ʼn goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.”

Dit is belangrik om te besef dat die aarde en alles wat daarop is, aan die Here behoort. (Psalm 24:1). Mense is nie die eienaars van hul welvaart nie, maar die rentmeesters van wat aan God behoort en wat ons volgens Sy wil moet bestuur. Ons moet ons geld, tyd, talente en hulpbronne só benut dat Hy die eer kry en dat dit vir ander mense nuttig is.

  1. Doen goed aan medegelowiges én vreemdelinge

Paulus skryf in Galasiërs 6:9 en 10: “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.”

Die beklemtoning van hulp aan medegelowiges sluit aan by ander dele van die Bybel waar hulp aan gesins- en familielede wat arm is, in die kollig geplaas word. Die gemeenskap van gelowiges moet mekaar dus help en deur naasteliefde, mededeelsaamheid en ʼn helpmekaargees gekenmerk word.

Christus se welbekende gelykenis van die barmhartige Samaritaan in Lukas 10 wys verder op die belangrikheid van hulp en bystand aan vreemdelinge in nood. Reeds in die Ou Testament word bepaal dat besondere sorg aan die vreemdeling, die nie-Israeliet, die nie-kerklidmaat, gegee moet word. Hy mag kos en klere en huisvesting nie ontbeer nie. (Deut.10: 18-19; Jes. 58:7; Jer. 7:6)

  1. Wie vir armes gee, gee vir God

Dit is duidelik uit Mattheus 25:34 en verder dat iemand wat vir die armes in hul nood gee, daardeur vir God self gee. Hulle sal as beloning die ewige lewe ontvang, omdat hulle die wil van God gedoen het.

“Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die Koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ʼn vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra wanneer het hulle hierdie alles vir Hom gedoen? Dan kom die Here se antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’” Die gedeelte sluit af met die heerlike beloning in vers 46: “Die wat die wil van God gedoen het, ontvang die ewige lewe.”

  1. Die liefde moet vrygewigheid onderlê

Die Bybel beklemtoon die grootste gebod, dié van die liefde, as die belangrikste beweegrede vir hulp. In 1Korintiërs 13:3 staan daar: “Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks”. Dit is juis die rede waarom die Here Jesus gekom het as Redder: “Ek het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Joh. 10:10. Ons mag reken op God se oorvloedige liefde en seëning wanneer ons armoede uitroei.

Vrygewigheid beteken nie net geld nie. Dit is baie maal belangriker om tyd, raad of meer van jouself te gee. Die armes mag nie net passiewe ontvangers van hulp bly nie, hulle moet aktiewe deelnemers aan hulle eie opheffing word.

  1. Reg en geregtigheid vir kwesbares

Hulp en bystand aan armes, behoeftiges en diegene in nood behels veel meer as materiële hulp. Salomo beklemtoon in Spreuke 31 vers 8 en 9 die belangrikheid van reg en geregtigheid vir die kwesbares in ons samelewing soos volg: “Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.”

Psalm 82:3 en 4 wys ook op die belangrikheid daarvan dat reg moet geskied: “Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, en ʼn regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer.”

In Jesaja 58: 6 tot 14 lees ons dat die Bybel reg en geregtigheid vooropstel, saam met bystand aan die armes en diegene in nood. Beloftes van voorspoed word daaraan gekoppel. Vers 7 stel dit duidelik: “Jy mag jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie.”

Slotwoord

Die mensdom was vir eeue in ʼn toestand van armoede totdat daar veranderings ingetree het wat tot groter voorspoed onder al meer mense gelei het. Die verhaal van die Protestantse Hervorming se bepalende rol in die opkoms van voorspoed moet nog geskryf word. Ten slotte: Gelowiges het ʼn Bybelse opdrag om weerlose armes te help. Dit is egter lewensbelangrik dat die Christelike naasteliefde van mededeelsaamheid rég gedoen moet word, anders kan dit armoede verdiep, vererger en verleng.

Die Bybel gee dus duidelike opdragte en riglyne oor hulp en bystand aan die armes en behoeftiges. Die uitdaging vir gelowiges, kerke, diakonieë en Christelike maatskaplike instellings, is om hierdie Bybelse beginsels in die praktyk neerslag te laat vind, en om só ons stukkende wêreld te help heel. As ons die oorvloed van God se genade besef, mag daar geen armes by ons wees nie. Die klem moet nie net op armoede val nie. Die doel moet groter voorspoed en welstand vir almal wees.

 

VSA woede oor SA buitelandse beleid kan duisende hul werk kos

Daar is groeiende woede in die VSA regering oor Suid-Afrika se buitelandse beleid. Dit gaan Suid-Afrika duur te staan kom en tienduisende mense gaan met hulle werk betaal vir die regering se roekelose beleidsrigtings.

Dit is die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel is, se reaksie ná gesprekke gister  met senior lede van die buitelandse sakekomitee in die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat in die VSA. Dit volg ook na gesprekke vroeër die week met senior lede van die Trump-administrasie in die Withuis.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die ANC-regering het oor die jare heen die wêreld se grootste ekonomie vervreem – iets wat ʼn enorme invloed op Suid-Afrika kan hê.
“Dit blyk egter dat die Suid-Afrikaanse regering nie die erns van die situasie besef nie. Hulle soek sondebokke en glo dat die huidige situasie net ʼn diplomatieke misverstand is. In werklikheid is dit ʼn diplomatieke krisis, maar die ANC hou vol dat hulle nie geboelie sal word nie.

“Die vlakke van frustrasie in Washington is só hoog dat ʼn wetsontwerp oorweeg word om die bilaterale verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika te hersien,” sê Buys.

Dié konsepwetsontwerp is reeds in 2024 deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur, maar nie deur die Senaat opgeneem nie. Lede van die buitelandse sakekomitee oorweeg tans om die wet, gegewe die snelveranderende verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA, opnuut aan die Huis van Verteenwoordigers voor te lê.

Aangesien Republikeine nou ook die Senaat beheer sal die wet ʼn beter kans staan om aanvaar te word. Die klimaat vir nuwe wetgewing oor die VSA se verhouding met Suid-Afrika is selfs nou beter gegewe die kritiese houding wat die Withuis en lede van die Trump-administrasie jeens Suid-Afrika ingeneem het.

Hierdie wetsontwerp sit Suid-Afrika se historiese bande met die terreurgroep Hamas, en lande soos China, Iran en Rusland in detail uiteen en argumenteer dat Suid-Afrika sy beleid van neutraliteit prysgegee het.

Verder gaan die wetsontwerp ook in op Suid-Afrika se gebrekkige binnelandse beleid, die regering se onvermoë om die land te bestuur en sy laksheid teen korrupsie.

ʼn Omvattende hersiening van die bilaterale verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika word daarin voorgestel.
Indien dié wetsontwerp aanvaar word, sal dit uitsluitlik die regering, en spesifiek die ANC, se skuld wees. Hierdie situasie het oor baie jare opgebou, en die onlangse aanvaarding van die Onteieningswet was bloot die sneller.

Hierdie wetsontwerp kan rampspoedige gevolge inhou vir Suid-Afrika se deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) – ʼn wet wat tariefverligting aan Afrikalande bied.
Agoa en handel met die VSA skep tans werk vir sowat 500 000 Suid-Afrikaners.

Die Solidariteit Beweging het voorgestel dat, in plaas daarvan om gewone Suid-Afrikaners te straf, daar eerder gefokus word op sanksies teen korrupte individue en druk op ANC-leiers.

“Die Suid-Afrikaanse regering skitter egter in sy afwesigheid in die VSA. Dit blyk dat sy diplomatieke vermoëns ineengestort het.
Die Solidariteit Beweging kan nie en wil nie namens die regering optree nie, maar ons glo dat ons versoek vir verskerpte politieke druk om beleidsverandering te weeg te bring, ten behoewe van alle Suid-Afrikaners is,” sê Buys.

Verder het die Solidariteit Beweging lede van die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers versoek om by die Amerikaanse president aan te beveel dat Suid-Afrika ʼn lid van Agoa moet bly.
Daar is egter ook ʼn versoek om die diplomatieke druk op Suid-Afrika te behou om ʼn beleidsverandering te bewerkstellig.

Sien die wetsontwerp hier.

Wêreldwys met Jaco Kleynhans – episode 37

Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang word. Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.

Alles wat jy van die Solidariteit Beweging se besoek aan die VSA moet weet

ʼn Afvaardiging van die Solidariteit Beweging, Solidariteit en AfriForum het Dinsdag 25 Februarie  in die Withuis in Washington DC met senior verteenwoordigers van pres. Donald Trump se administrasie vergader ter bevordering van die belange van Afrikaners en Suid-Afrika.

Tydens die besoek is ’n memorandum aan die Trump-administrasie oorhandig en staan bekend as die “Washington Memorandum”.

Oor die volgende paar weke reis die afvaardiging deur die VSA om met belange groepe te vergader en inligting oor Suid-Afrika te deel.

(Links na regs) Jaco Kleynhans, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel
(Links na regs) Jaco Kleynhans, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel

Kyk Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se boodskap hier

Wat is die fokus van die besoek aan die VSA?

  1. Suid-Afrika se buitelandse beleid en die behoefte daaraan om deur middel van ʼn ooreenkoms tussen die VSA en Suid-Afrika te herbelyn.
  2. Die verbreking van die 1994-ooreenkoms tussen die ANC en Afrikaners en die behoefte aan ʼn kultuurakkoord om ons grondwetlike reg op kulturele outonomie te herbevestig.
  3. Meer inligting oor Afrikaners in Suid-Afrika.
  4. Die Solidariteit Beweging se rol as ʼn burgerlike organisasie wat baie staatsdienste sonder staatsinkomste verskaf.
  5. Die bevestiging van ʼn stel feite oor wetgewing (onderwys en opleiding, rassewette, die Onteieningswet) en beleid in Suid-Afrika.
  6. Humanitêre hulp aan Suid-Afrika.
  7. Die hernuwing van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) en Suid-Afrika se deelname daaraan.

 

Watter aanbevelings is aan die Trump-administrasie gemaak?

  1. Dat diskriminasie teen Afrikaners gestaak word deur die anti-Afrikaanse Bela-wet en alle rassewetgewing af te skaf.
  2. Dat daar sterk opgetree kan word teen individue wat haatspraak en geweld aanpor.
  3. Dat plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word.
  4. Dat eiendomsreg gerespekteer word.
  5. Dat daar ʼn kultuurakkoord met Afrikaners gesluit kan word wat kulturele ruimte vir Afrikaners in Suid-Afrika sal skep.
  6. Dat die Trump-administrasie seker maak dat gewone Suid-Afrikaners nie vir die ANC se foute gestraf word nie en dat die Agoa-handelsooreenkoms steeds behoue bly.
  7. Dat daar humanitêre bystand gebied word deur middel van bydraes aan ʼn  Afrikanerontwikkelingsfonds. Dit sal aangewend word vir die uitbou van veiligheidstrukture, maatskaplike strukture, werkstrukture, opleidingstrukture en infrastruktuur om Afrikaners wat hulle op kwesbare plekke bevind gekonsentreerd te vestig.

 

Wat is AGOA?

Die African Growth and Opportunity Act (AGOA) is ‘n belangrike handelsooreenkoms wat Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA bevoordeel. In 2024 was die waarde van hierdie uitvoere R156,8 miljard, wat ongeveer 576 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika ondersteun het. Daarvan is 250 000 werke direk of indirek aan AGOA gekoppel.

Die ANC se roekelose buitelandse beleid en ekonomiese bestuur plaas Suid-Afrika se deelname aan AGOA in gevaar. Indien die land uit AGOA geskop word, sal dit die landbousektor, nywerhede en veral kwesbare gemeenskappe swaar tref. Ironies genoeg sal die elite, wat deur swart bemagtigingstransaksies bevoordeel word, grotendeels onaangeraak bly.

Die Solidariteit Beweging hoop dat Suid-Afrika in AGOA ingesluit bly, terwyl alternatiewe metodes oorweeg word om druk op die ANC te plaas om beleidsverandering teweeg te bring.

 

Wat is die Solidariteit Beweging se standpunt oor Suid-Afrika se verhouding met die VSA?

Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA het oor die afgelope jare al hoe meer gespanne geraak weens die ANC-regering se buitelandse beleid en sy negatiewe houding teenoor Westerse lande. Die Solidariteit Beweging het lank reeds gewaarsku teen hierdie vervreemding, en toe president Trump ʼn uitvoerende bevel onderteken wat ekonomiese druk op Suid-Afrika plaas, het dit ʼn diplomatieke krisis ontketen.

Solidariteit beskou die VSA as ʼn strategiese vennoot en verwelkom die Amerikaanse regering se besorgdheid oor sekere ANC-beleidsrigtings soos rassediskriminasie, die Onteieningswet en die regering se buitelandse beleid. Die Beweging het daarom besluit om ʼn afvaardiging na die VSA te stuur om die belange van Afrikaners en alle Suid-Afrikaners in die gesprek te vestig. Dit is noodsaaklik om alternatiewe oplossings te vind, veral rakende Agoa en handelsooreenkomste wat duisende werkgeleenthede in Suid-Afrika ondersteun.

 

Die Solidariteit Beweging verskil met die ANC, maar is lief vir ons land. Ons besoek aan die VSA is om ʼn positiewe uitkoms vir ons land te vind.

Solidariteit Beweging-afvaardiging vergader in Withuis met Trump-administrasie

Die afvaardiging vra vir verskerpte druk op ANC-leiers in belang van Afrikaners en Suid-Afrika. Die afvaardiging is dankbaar teenoor die Trump-administrasie nadat Trump die kollig op die menseregteskending van Afrikaners, én die ANC se roekelose beleidsrigtings en swak regering van die land geplaas het.


ʼn Afvaardiging van die Solidariteit Beweging, Solidariteit en AfriForum het vandag in die Withuis in Washington DC met senior verteenwoordigers van pres. Donald Trump se administrasie vergader ter bevordering van die belange van Afrikaners en Suid-Afrika.

Die afvaardiging het tydens dié vergadering sy dank teenoor die Trump-administrasie uitgespreek nadat Trump die kollig op die menseregteskending van Afrikaners, én die ANC se roekelose beleidsrigtings en swak regering van die land geplaas het.

Die Beweging is ook dankbaar vir die VSA se bereidwilligheid om bystand aan Afrikaners te bied. “Ons neem graag die hand van vriendskap wat die VSA-regering na Afrikaners uitsteek,” het Flip Buys, voorsitter van die Beweging, aan die verteenwoordigers van die VSA-regering gesê.

Die Solidariteit Beweging het ook ʼn memorandum, getiteld die Washington Memorandum, tydens die vergadering aan die Trump-administrasie oorhandig. In dié memorandum word aangedui dat die belange van Suid-Afrika se inwoners, insluitend Afrikaners, ten beste bevorder kan word deur verskerpte druk op ANC-leiers, eerder as druk op die land.

Hierdie druk moet onder meer poog om eiendomsreg te beskerm, diskriminasie teen Afrikaners te staak deur omvattende rassewetgewing en die Bela-wet te keer, kulturele ruimte aan Afrikaners te bied deur ʼn kultuurakkoord met Afrikaners te sluit, en toe te sien dat ANC-leiers hulle noue bande met Iran en terreurgroepe, soos Hamas, beëindig.

Verskeie ondersteunende dokumente en navorsingsverslae is saam met die memorandum aan die Trump-administrasie oorhandig.

Die VSA word ook in die memorandum versoek om die humanitêre bystand wat die VSA aan Afrikaners bied, beskikbaar te stel om die kulturele infrastruktuur te help bou wat Afrikaners nodig het om voorspoedig in Suid-Afrika te bly.

Die Solidariteit Beweging se afvaardiging na die Withuis is gelei deur die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, en het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, ingesluit.

Suid-Afrika se deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) is ook bespreek. Volgens Buys is Suid-Afrika se voortgesette deelname aan Agoa in belang van al die gewone mense, ondernemings en boere in die land en daarom word die VSA versoek om nie Suid-Afrika te straf deur Suid-Afrika se deelname aan Agoa op te sê nie, maar om eerder druk te plaas op ANC-leiers wat verantwoordelik is vir Suid-Afrika se onverantwoordelike beleidsrigtings.

“Diegene wat Agoa wil red deur probleme in Suid-Afrika as ‘disinformasie’ af te maak, sal ongelukkig nie daarin slaag om Agoa te red nie. Die Solidariteit Beweging is lojaal teenoor die land, en besef dat Agoa slegs gered kan word deur met druk op ANC-leiers toe te sien dat Suid-Afrika voldoen aan die vereistes wat Agoa stel.
“Deelnemende lande moet eiendomsreg en menseregte respekteer en nie direk teen die VSA se belange optree nie,” het Buys gesê.

Volgens Kriel het ANC-leiers in die regering minagtend opgetree teenoor AfriForum en die Solidariteit Beweging se opbouende pogings om die ondertekening van die Bela-wet, wat Afrikaanse skole en gevolglik die kulturele voortbestaan van Afrikaners en Afrikaanssprekendes bedreig, en die Onteieningswet te verhoed.

“Sou die ANC-leiers weier om hierdie wette, diskriminerende rassewette en Suid-Afrika se roekelose buitelandse beleid te hersien, sal hulle net hulself kan blameer indien die VSA teen hulle as individue optree.
“Dit is veral ANC-leiers wat hulle aan menseregteskendings en die skending van eiendomsreg skuldig maak. Diegene in die land wat korrupsie pleeg, oproepe tot geweld teen Afrikaners maak of bande met terreurorganisasies het, kan swaar gestraf word.”

Kriel het namens AfriForum se privaatvervolgingseenheid name van leiersfigure, wat volgens die Zondo-kommissie met bedrog en korrupsie verbind word, aan die Trump-administrasie oorhandig. Die VSA het spesiale wetgewing, soos die Magnitsky-wetgewing, vir korrupte politieke leiers wat reeds gebruik is om byvoorbeeld teen die Zimbabwiese regeringsleiers op te tree.

Hermann het tydens die vergadering in die Withuis ook ʼn verslag namens Solidariteit aan die Trump-administrasie oorhandig waarin die wye omvang van diskriminerende rassewetgewing in Suid-Afrika uitgewys word. Volgens Hermann is Suid-Afrika die mees rasgereguleerde land ter wêreld.

Dit misken nie net Afrikaners en ander minderhede se menseregte nie, maar vererger die land se probleme soos rekordhoë werkloosheidsyfers. Dit skrik beleggers af, benadeel ekonomiese groei en vernietig werksgeleenthede. Suid-Afrika moet beleggersvriendelik gemaak word en daarvoor moet rassewetgewing uitfaseer word.

Daarom vra die Solidariteit Beweging dat die Suid-Afrikaanse regering ter wille van Suid-Afrika en al sy mense hierdie uitgediende rassewetgewing moet uitfaseer. Die regering kan nie meer rassewette regverdig deur na die verlede te verwys nie, omdat die uitkoms ná dekades van rassewette wys dat dit nie werk nie, maar net armoede vererger omdat dit werkskeppers en belastingbetalers landuit dryf.

“Die huidige diplomatieke krisis is deur die ANC veroorsaak. Dit is nie net ʼn klein diplomatieke misverstand nie. Die Solidariteit Beweging is nie in die VSA om te paai nie, maar om antwoorde vir Suid-Afrika te kry deur die waarheid aan die lig te bring.
“Die uitkoms waarvoor ons sal werk is tot voordeel van die land ten spyte van die ANC. Druk vir harde beleidsveranderings sal juis goed vir die land wees,” het Hermann bygevoeg.

Die Washington Memorandum, wat aan die Withuis oorhandig is, asook foto’s van die besoek word hierby aangeheg.

Memorandum

(Links na regs) Jaco Kleynhans, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel
(Links na regs) Jaco Kleynhans, Flip Buys, Dirk Hermann, Kallie Kriel

 

Hier is Solidariteit se rasverslag wat saamgaan VSA toe

Bron: Solidariteit  

Solidariteit gaan tydens sy besoek aan die VSA vra dat druk op die regering volgehou word tot die regering aandui wanneer raswetgewing uitgefaseer gaan word. Lees meer oor Solidariteit se rasverlsag hieronder.

(Links na regs) Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann en Jaco Kleynhans is deel van die afvaardiging van die Solidariteit Beweging wat die VSA gaan besoek.
(Links na regs) Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann en Jaco Kleynhans is deel van die afvaardiging van die Solidariteit Beweging wat die VSA  besoek.

 

Jaco Kleynhans
Jaco Kleynhans

Solidariteit gaan tydens sy komende besoek aan die VSA vra dat druk op die regering volgehou word tot die regering aandui wanneer raswetgewing uitgefaseer gaan word.

Dit is volgens ‘n verslag oor Suid-Afrika se rasbedeling wat aan die Amerikaanse regering oorhandig gaan word. Solidariteit beplan ook om die G20-lande van Suid-Afrika se rasbeleid bewus te maak.

‘n Opvolgverslag oor die koste van rasbeleide vir die ekonomie en die invloed daarop op werkloosheid gaan later vanjaar gepubliseer word.
Solidariteit voer in die verslag aan dat rasgebaseerde beleide volgens internasionale norme en ooreenkomste, insluitend dié van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) en die Konvensie oor die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (ICERD), van ‘n tydelike aard moet wees.

“Die werklikheid in Suid-Afrika is egter dat hierdie beleide permanent geraak het, sonder enige duidelike einddatum of meetbare doelwitte om ongelykheid regtig aan te spreek,” het Connie Mulder hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gesê.

Die verslag wys hoe Suid-Afrika na 30 jaar een van die mees rasgereguleerde lande ter wêreld geword het met nagenoeg 140 rassewette,
Mulder, sê Suid-Afrika is weens sy G20-voorsitterskap én politieke omwentelinge in die VSA meteens in die kollig en die wêreld is ontnugter oor Suid-Afrika. Hy sê ook dat die VSA en ander G20-lande druk op Suid-Afrika moet plaas om van rasbeleide ontslae te raak om Suid-Afrika meer beleggersvriendelik te maak.

“Hierdie rasbeleide, wat veronderstel was om ongelykhede van die verlede reg te stel, het beslis nie daarin geslaag om werkloosheid of armoede te verminder nie. Pleks daarvan het ʼn nuwe elite van tenderpreneurs en kaderontplooiing die lig gesien,” sê Mulder.

Die verslag wys op verskeie absurde gevolge van Suid-Afrika se rasbeleide. Dit sluit in:

• Eskom: Ingenieurs is vervang op grond van ras, wat bygedra het tot die energiekrisis.
• COVID-19-hulp: Fondse is slegs aan besighede gegee met ‘n meerderheid swart eienaarskap.
• Sportkwotas: Spanne verloor wedstryde weens hul sogenaamde “onverteenwoordigende” samestelling. Daar is selfs rasskeidsregters.
• Waterlisensies: Nuwe lisensies vereis nou 75% swart eienaarskap.
• Internasionale belegging: Starlink kon nie in Suid-Afrika sake doen sonder om 30% van sy aandele aan ‘n swart aandeelhouer af te staan nie.

Klik hier vir die volledige verslag.

Wêreldwys met Jaco Kleynhans – episode 36

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding. Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.

Wêreldwys met Jaco Kleynhans – episode 35

Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd of gewillig is om te doen wat hul kiesers van hulle verwag nie. Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.

Inleiding
Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 5
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 12
Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 25
Hoofstuk 27
Hoofstuk 28
Hoofstuk 31
Hoofstuk 32
Hoofstuk 34
Slot

Ons Sentrum

Die Gemeenskapstrukture-afdeling bestaan tans uit twee mediese ondersteuningsprojekte en drie gemeenskapsentrums, naamlik Ons Plek in die Strand, Derdepoort en Volksrust. Die drie gemeenskapsentrums is gestig om veilige kleuter- en/of naskoolversorging in die onderskeie gemeenskappe beskikbaar te stel. Tans akkommodeer die gemeenskapsentrums altesaam 158 kinders in die onderskeie naskoolsentrums, terwyl Ons Plek in die Strand 9 kleuters en Ons Plek in Volksrust 16 kleuters in die kleuterskool het.

Ons Winkel

Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se skenkingswinkels. Daar is bykans 120 winkels landwyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

Saai

ʼn Familieboer-landbounetwerk wat hom daarvoor beywer om na die belange van familieboere om te sien deur hul regte te beskerm en te bevorder.

Pretoria FM en Klankkoerant

ʼn Gemeenskapsgebaseerde radiostasie en nuusdiens

Sakeliga

ʼn Onafhanklike sake-organisasie

Begrond Instituut

Die Begrond Instituut is ʼn Christelike navorsingsinstituut wat die Afrikaanse taal en kultuur gemeenskap bystaan om Bybelse antwoorde op belangrike lewensvrae te kry.

Ajani

Ajani is ‘n privaat geregistreerde maatskappy wat dienste aan ambagstudente ten opsigte van plasing by werkgewers bied.

Ajani is a registered private company that offers placement opportunities to artisan students in particular.

Wolkskool

Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn niewinsgewende organisasie met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Wolkskool bied ʼn platform waar leerders 24-uur toegang tot video-lesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assessering kan kry.

Kanton Beleggingsmaatskappy

Kanton is ʼn beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.

Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap teen ʼn goeie opbrengs te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

Maroela Media

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter vorm die kern van sy redaksionele beleid.

AfriForum Publishers

AfriForum Uitgewers (previously known as Kraal Uitgewers) is the proud publishing house of the Solidarity Movement and is the home of Afrikaans non-fiction, products related to the Afrikaner’s history, as well as other prime Afrikaans products. The publisher recently shifted its focus and will only publish internal publications of the Solidarity Movement from now on.

Akademia

Akademia is ’n Christelike hoëronderwysinstelling wat op ’n oop, onbevange en kritiese wyse ’n leidinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese speel.

Akademia streef daarna om ʼn akademiese tuiste te bied waar sowel die denke as die hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle en vrye toekoms.

Sol-Tech

Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is en Afrikaans as onderrigmedium gebruik.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende, bruikbare kwalifikasies lei. Sol-Tech het dus ten doel om jongmense se toekomsdrome met betrekking tot loopbaanontwikkeling deur doelspesifieke opleiding te verwesenlik.

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou.

Die SOS se doel is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied en wat tred hou met die nuutste navorsing en internasionale beste praktyke.

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

SFD is ʼn gemagtigde finansiëledienstemaatskappy wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die instelling se visie is om die toekomstige finansiële welstand, finansiële sekerheid en volhoubaarheid van Afrikaanse individue en ondernemings te bevorder. SFD doen dit deur middel van mededingende finansiële dienste en produkte, in Afrikaans en met uitnemende diens vir ʼn groter doel aan te bied.

Geskiedenisfonds

ʼn Fonds wat help om die Afrikanergeskiedenis te bevorder.

Solidariteit Boufonds

ʼn Fonds wat spesifiek ten doel het om Solidariteit se opleidingsinstellings te bou.

Solidariteit Regsfonds

ʼn Fonds om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan.

Solidariteit Jeug

Solidariteit Jeug berei jongmense voor vir die arbeidsmark, staan op vir hul belange en skakel hulle in by die Netwerk van Werk. Solidariteit Jeug is ʼn instrument om jongmense te help met loopbaankeuses en is ʼn tuiskomplek vir jongmense.

S-leer

Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer is ʼn opleidingsinstelling wat voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aanbied. S-leer het ten doel om werkendes met die bereiking van hul loopbaandoelwitte by te staan deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waarin relevante temas aangebied en bespreek word.

Studiefondssentrum

DIE HELPENDE HAND STUDIETRUST (HHST) is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is ʼn geregistreerde openbare weldaadsorganisasie wat behoeftige Afrikaanse studente se studie moontlik maak deur middel van rentevrye studielenings.

Die HHST administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens verskeie donateurs en het reeds meer as 6 300 behoeftige studente se studie moontlik gemaak met ʼn totaal van R238 miljoen se studiehulp wat verleen is.

De Goede Hoop-koshuis

De Goede Hoop is ʼn moderne, privaat Afrikaanse studentekoshuis met hoë standaarde. Dit is in Pretoria geleë.

De Goede Hoop bied ʼn tuiste vir dinamiese studente met Christelike waardes en ʼn passie vir Afrikaans; ʼn tuiste waar jy as jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug is die amptelike jeugafdeling van AfriForum, die burgerregte-inisiatief wat deel van die Solidariteit Beweging vorm. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels en ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) is die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging en is die tuiste van Afrikaanse niefiksie-, Afrikanergeskiedenis- én prima Afrikaanse produkte. Dié uitgewer het onlangs sy fokus verskuif en gaan voortaan slegs interne publikasies van die Solidariteit Beweging publiseer.

AfriForumTV

AfriForumTV is ʼn digitale platform wat aanlyn en gratis is en visuele inhoud aan lede en nielede bied. Intekenaars kan verskeie kanale in die gemak van hul eie huis op hul televisiestel, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-app gebruik te maak. AfriForumTV is nóg ʼn kommunikasiestrategie om die publiek bewus te maak van AfriForum se nuus en gebeure, maar ook om vermaak deur films en fiksie- en realiteitsreekse te bied. Hierdie inhoud gaan verskaf word deur AfriForumTV self, instellings binne die Solidariteit Beweging en eksterne inhoudverskaffers.

Forum Sekuriteit

Forum Sekuriteit is in die lewe geroep om toonaangewende, dinamiese en doeltreffende privaat sekuriteitsdienste in

Suid-Afrika te voorsien en op dié wyse veiligheid in gemeenskappe te verhoog.

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand fokus op maatskaplike welstand en dié organisasie se groter visie is om oplossings vir die hantering van Afrikanerarmoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand se roeping is om armoede deur middel van gemeenskapsontwikkeling op te los. Solidariteit Helpende Hand glo dat mense ʼn verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap het.

Solidariteit Helpende Hand is geskoei op die idees van die Afrikaner-Helpmekaarbeweging van 1949 met ʼn besondere fokus op “help”, “saam” en “ons.”

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is reeds in 1929 gestig. Vandag is die FAK steeds dié organisasie wat jou toelaat om kreatief te wees in jou taal en kultuur. Die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en die trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder.

AfriForum

AfriForum is ʼn burgerregte-organisasie wat Afrikaners, Afrikaanssprekende mense en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hul regte beskerm.

AfriForum is ʼn nieregeringsorganisasie wat as ʼn niewinsgewende onderneming geregistreer is met die doel om minderhede se regte te beskerm. Terwyl die organisasie volgens die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, fokus AfriForum spesifiek op die regte van Afrikaners as ʼn gemeenskap wat aan die suidpunt van die vasteland woon. Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom of haar met die inhoud van die organisasies se Burgerregte-manifes vereenselwig, kan by AfriForum aansluit.