Trump gaan Washington DC op sy kop keer
Daar is diepliggende frustrasies by Amerikaners oor massa-immigrasie, die land se ekonomie, die reuse-invloed van die woke-ideologie in skole, universiteite en elke kulturele ruimte, en toenemende internasionale bedreigings, om maar enkele uitdagings te noem. Trump wil duidelik vinnig wegspring met hervormings, en dit is duidelik dat sy beplande hervormings van die federale regering ook ʼn prioriteit is.
In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.
Wêreldwys is ‘n podsending van Maroela Media.