
Onderwys in Suid-Afrika verkeer soos talle ander staatsbeheerde instellings onder geweldige druk. Die staat poog al hoe meer om sy mag by skole te vergroot en om alle besluitneming uit die gemeenskap se hande te neem en aan homself toe te eien.
Die Solidariteit Beweging glo dat daar verreikende gevolge sal wees indien ons die toekoms van ons kinders goedsmoeds aan die staat oorlaat.
Drie instellings van die Solidariteit Beweging is aktief betrokke in die onderwyssfeer om sodoende te verseker dat die omvang van die onderwyskrisis daadwerklik aangepak word.



Deel jou bekommernisse en stories aangaande onderwys met ons: