Suid-Afrika het konsekwente hoë werkloosheid, met die mees onlangse syfers wat dit op 32,3% bereken. Suid-Afrika is een van die min lande ter wêreld wat nie ʼn daadwerklike afname in werkloosheid ervaar het ná die wêreldwye resessie van 2008 nie, met werkloosheid wat eerder op onvolhoubare vlakke van meer as 25% gebly het. Meer as 75% van die werkloses in Suid-Afrika is vir meer as 12 maande werkloos, wat ‘n aanduiding is van langtermyn strukturele werkloosheid as ʼn sleutelprobleem van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Werkloosheid in Suid Afrika
Die Covid-19-pandemie het algehele verwoesting gesaai ten opsigte van werkloosheid. Hoewel onlangse syfers werkloosheid op 32,3% stel, spring werkloosheid tot 43,6% wanneer ontmoedigde werksoekers ook in ag geneem word. Dit impliseer dat byna die helfte van alle bekwame volwassenes nie werk het nie.
Alhoewel werkloosheid onaanvaarbaar hoog is, het Suid-Afrika die hoogste jeugwerkloosheidsyfer ter wêreld. Die mees onlangse vrystelling van werkloosheidstatistieke het jeugwerkloosheid op 74% geraam.[1] [2]
Ten spyte van die massiewe indiensnemingskrisis is die ANC-regering besig om streng regulasies ten opsigte van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging na te volg – wat dit moeiliker maak om ʼn sakeonderneming in Suid-Afrika te begin. Daarbenewens was die ANC se reaksie op werkloosheid wat 30% oorskry, om die minimum loon te verhoog.[3]
[1] https://www.biznews.com/thought-leaders/2021/04/24/unemployment-south-africa
[2] http://www.statssa.gov.za/publications/P0211/P02111stQuarter2021.pdf
[3] http://www.labour.gov.za/employment-and-labour-minister-tw-nxesi-announces-minimum-wage-increases
Volgens die verslag oor hoe maklik dit is om ʼn sakeonderneming te bedryf (“Ease of Doing Business”-verslag) deur die Wêreldbank beklee Suid-Afrika die 82ste plek uit 190 lande. In die afdeling oor hoe maklik dit is om ʼn nuwe sakeonderneming te begin (“Ease of Starting a New Business”) het Suid-Afrika tot die 134ste plek afgeskuif.
Deur streng inperkingsmaatreëls af te dwing op ʼn land met ʼn ernstige werkloosheidsprobleem en ʼn groot aantal mense wat in die informele sektor werk, het die regering in werklikheid 2 miljoen volwassenes uit diens gestel. Die uitwerking hiervan kan gesien word in hongersnood wat ná die inperkingstyd dramaties toegeneem het, met bykans die helfte van Suid-Afrikaanse huishoudings wat tans nie genoeg geld in ʼn maand het om kos te koop nie. [1]
Om dit eenvoudig te stel, die werkloosheidkrisis is eenvoudig ondeurgrondelik, veral gegewe die feit dat die regering se optrede die krisis net vererger. Te midde van die ekonomiese nagevolge van die pandemie het die regering daarop aangedring om ras as kriteria vir hulpfondse vir sakeondernemings te gebruik, asook om selfs strenger regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging te implementeer. Die mees onlangse voorbeeld hiervan is die Mededingingskommissie se besluit om die verkryging van Burger King Suid-Afrika deur ‘n internasionale maatskappy te verhinder omdat dit swart aandeelhouding sou verwater.[2] Dit bedreig byna 100 restaurante en duisende werknemers, terwyl dit ook buitelandse beleggings afskrik te midde van die hoogste werkloosheidsyfer op rekord.
[1] https://cramsurvey.org/wp-content/uploads/2021/02/10.-Van-der-Berg-S.-Patel-L.-Bridgman-G.-2021-Hunger-in-South-Africa-during-2020-Results-from-Wave-3-of-NIDS-CRAM-1.pdf
[2] https://www.news24.com/fin24/companies/sale-of-burger-king-south-africa-blocked-over-lack-of-black-ownership-20210601