4 Junie 2022
Die verjaarsdagviering by die Voortrekkermonument beloof om ’n dag vol pret en plesier te wees.
Gesinsaktiwiteite (10:00–16:30)
Ontvang jou bordspeletjie by die ontvangsarea. Daar is tien afdelings en by elke afdeling ontvang jy ’n stempel. Onthou, dit gaan nie oor wie eerste klaar is nie, maar of jy aan al die aktiwiteite deelgeneem het en al jou stempels ontvang het. Ons sien uit daarna om julle te ontvang. Skryf nou jou span in!
Fort Schanskop:
Anglo Boereoorlog-skyngevegte
Boer-en-Brit-“laser tag”-gevegte
Boer-en-Brit-wynproe
Pioniersentrum:
Ons bou ’n hartbeeshuis. Kom maak ’n baksteen met jou naam op en bou saam aan ons hartbeeshuis!
Pioniersentrum-skattejag
Lewende laer:
Sweepslaankompetisie
Voortrekkerspeletjies:
Sakresies
Driebeenresies
Toutrek
Kettieskiet
Bok in die hok
Aartappelresies
Ballontrap
Gesigverf
Trekroetetuin:
Kom speel die trekroetespeletjie saam met ons.
Kom doen die trekroeteskattejag.
Voortrekkermonument- en Anglo Boereoorlog-uitstalling in die Erfenisstigting:
Kom besigtig die Voortrekkermonument en Erfenisstigting – gratis toegang vir kinders.
Pretloop (15:00–16:30)
Kom geniet ’n sosiale pretloop saam met jou familie en vriende.
Musiekkonsert (18:00–20:00)
Verskeie bekende kunstenaars gaan gaste vermaak met ’n musiekkonsert waarby al die Solidariteit Beweging se gewildste treffers ingesluit word. Bring asseblief ‘n kampstoel saam om jou sitplek te verseker. Onthou ook dat daar ’n opname van die konsert gemaak word.
Daar is heelwat kosstalletjies wat kosliefhebbers vanaf 12:00 sal verwelkom. Die Voortrekkermonument se restaurante sal ook tydens die geleentheid oop wees.
Helpende Hand se Ons Winkel sal op dié dag skenkings aanvaar. Bring asseblief enige oortollige klere, skoene, speelgoed en ander items saam wat jou huis vol staan. Ons gebruik dié skenkings om gemeenskapswelstand te verseker. Alle items kan deur die loop van die dag by die Voortrekkersaal ingehandig word.
5 Junie
Dankdiens (09:00)
Ons sluit die naweek af met ’n dankdiens wat deur Hannes Noëth gelei sal word. Die dankdiens sal in die Voortrekkermonument se Senotaafsaal gehou word.